Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
February 03, 2020DriesestigBy die Chatty-gemeenskapsaal in Port Elizabeth blom die groentetuine danksy water uit lekkende munisipale pype. Die groentetuin-inisiatief is deur raadslid Helga van Staaden begin. Sy het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom sy daarmee begin het....more6minPlay
January 31, 2020DriesestigIsabelle Grobler gesels met Martelize oor haar lewensomwenteling in die ouderdom van 21. Sy was 'n junior Springbokhokkiespeler, maar 'n besering het haar hokkieloopbaan beëindig. Sy is nou 'n kunstenaar wat met verskeie mediums werk....more13minPlay
January 31, 2020DriesestigEen van Afrika se voorste natuurbewaringssorganisasies, Leadership for Conservation in Africa, bring al hoe meer jongmense vanoor die vasteland bymekaar om hulle stories te vertel. Lizma van Zyl gesels met Ruaan Schlebusch wat help om die LCA Spark Talks byeenkomste in Kaapstad te fasiliteer. Ons hoor onder meer waarmee hierdie innoverende jongmense vorendag kom om klimaatsverandering te help beperk....more9minPlay
January 31, 2020DriesestigMurray La Vita is 'n bekroonde joernalis en rubriekskrywer. Hy is gewoonlik die een wat die vrae vra, maar Haidee Muller het by hom gaan kuier, en hom in die warm stoel laat sit....more9minPlay
January 30, 2020DriesestigAdelaide Abrahams van Worcester vertel vir Haidee Muller hoe sy dit regkry om met min, steeds aan ander mense te gee. Sy vertel dat haar sopkombuis swaar trek, maar sy maak plan om te sorg dat honger kinders steeds iets in hulle magies kry. Adelaide het twee jong kinders aan die dood afgestaan - eeen in 2006 en die ander vroeg vanjaar. Sy vertel hoe sy daardie verlies hanteer....more10minPlay
January 30, 2020DriesestigDr. Johann Neveling, 'n seniorgeoloog by die Raad vir Geowetenskappe, gesels oor 'n 10 jaar lange karteringsprojek om die geologie van Suid-Afrika vas te vang....more13minPlay
January 29, 2020DriesestigHulle sê n boer maak n plan, maar in Chatty in Port Elizabeth, maak stadsboere 'n beter plan deur water uit lekkende munisipale pype na hulle groentetuine te lei. By die Chatty-gemeenskapsaal het vrywilligers só 'n lekkasie-groentetuin begin. Shaleen Joseph het vir Mariska Spoormaker gewys hoe hulle groentetuine lyk....more10minPlay
January 29, 2020DriesestigDieetkundige Irene Labuschagne gesels oor Sjiritaki-noedels, en die gesondheidsvoordele daarvan....more14minPlay
January 28, 2020DriesestigJohan Rademan gesels met Marius Sky, 'n inwoner van die Tsitsikamma (plek van baie water) wat hom self bekwaam het om 'n veldgids te word. Hy neem gereeld toeriste op die Dolfynstaproete, maar spandeer ook baie tyd by The Fernery, waar hy sy liefde vir varings van die omgewing deel. Hy gee ook wenke hoe om varings te hanteer buite hulle natuurlike habitat....more9minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.