Die breë Afrikaanse kultuurerfenis kry ’n nuwe digitale lewe met die bekendstelling van Nuuseum, ’n nie-winsgewende organisasie wat daarop gemik is om Suid-Afrika se diverse Afrikaanse geskiedenis, kuns, musiek, landbou, en sport vir toekomstige geslagte te bewaar. Johan Rademan het met die hoof van Nuuseum, prof. Lizabé Lambrechts, gesels.