Francois Rossouw het onlangs op 76-jarige ouderdom, met meer as 2 miljoen kilometer agter die blad, 13 000 voertuie en 33 000 medereisigers, sy laaste amptelike 4x4-rit gelei. Johan Rademan het 30 jaar saam met dié RSG 4x4-aanbieder en motortydskrifskrywer die pad geloop, en ná sy laaste rit met hom gesels. Tegnologie het oplaas oor drie dekades verander, en daarom was dit moontlik vir Shane Beck om met KI en die nodige opdragte en stylversoeke, ‘n afskeidlied te komponeer.