Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Chris Oosthuizen van Sterkspruit
    Hy staan aan die hoof van ‘n privaatskool in die Aliwal-Noord, Zastron en Lady Grey-driehoek, maar in sy prille jeug het Chris Oosthuizen ‘n interresante jaar of wat beleef. Johan Rademan vind meer uit.
    9 min
  • Vuil x-strale
    ‘n X-straalmasjien het tot die redding gekom om verlore trouringe tussen saamgeperste mediese afval te vind.
    2 min
  • Ilne Fourie se FAKSIE op RSG
    RSG se nuwe middagvervolgverhaal, FAKSIE deur Ilne Fourie, skop op Maandag 5 Januarie 2026 af. Phil Loots gesels met haar oor die storie en karakters.
    9 min
  • DIE NUWE BUURMAN deur Braam van der Vyfer
    ‘n Glyjakkals van ‘n buurman word op sy plek gesit. Die drama is tydens die 2025 Oppiwaterkunstefees ter see opgeneem. Die spelers is Philru van Achterberg, Elma Potgieter, Danel Britz, Marissa Claassen en Stefanie Baartman. Die regie is deur Johan Rademan behartig.
    30 min
  • Nuuseum se glasplaatversameling
    Die Harold Gribble-glasplaatversameling het in Nuuseum se skoot geval. Johan Rademan het met die driesestig-mikrofoon Stellenbosch toe gery om meer hieroor uit vind by Nuuseum se bestuurshoof, prof. Lizabé Lambrechts.
    5 min
  • Ds. André Boezak tree uit
    Die bekende en geliefde gemeenskapsleier, digter, skrywer en leraar van die VGK Oudtshoorn-gemeente, ds. André Boezak, tree na meer as drie dekades uit die amp. Hy en Haidee Muller-Isaacs het al te lekker op Oudtshoorn gesels oor sy planne vorentoe, en sy boodskap van hoop aan ieder en elk.
    9 min
  • Agterpaddorpies: Rhodes-omgewing
    Reis-en-ontdek is ‘n groot geskenk. Op die vooraand van Kersdag kan jy jou geliefdes dalk met ‘n spesiale rit verras. Dalk ‘n bergpas in die Rhodes- en Lady Grey-omgewing? Ons ry stadig oor die klippe met Johan Rademan en Jurgens Schoeman.
    5 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.