Spanbou-oefeninge maak dalk nie in almal se ideale naweek ’n verskyning nie, maar die Nuwe Kampusweekblad se nuusredakteur is vasbeslote om hegter bande met die res van die groep te smee.
Gaan Grethe die redaksie-uitstappie oorleef sonder om weer ’n kwaai brief te skryf? Waarheen neem Melissa die res van die span nou éíntlik? Is dit donderweer wat hulle in die verte hoor ...? Gaan Thomas en Jessica mekaar uitmoor voor enigiets opgelos word? En sê nou maar Amanda neem nie die weervoorspelling ernstig op nie?
Luister nou na die laaste aflewering van En In Ander Nuus. Sewe Dinge Wat Jy Van Groep-Uitstappies Móét Weet! is by underknees.com beskikbaar.