Lilian is 'n bobaas-sjef wat oorreed word om haar suksesvolle bistro te verruil vir 'n posisie by 'n gastehuis op 'n spoggerige wynplaas. Gou blyk dit 'n positiewe verandering te wees, as sy nuwe hoogtes bereik met haar verruklike geregte... Maar is alles so idillies as wat dit voorkom?