
Sign up to save your podcasts
Or


In hierdie kort bonus-episode gee ons terugvoer oor ons persoonlike uitdagings van die afgelope twee weke.
Ricia het haar grense getoets deur meer spontaan te wees – hoe het dit vir haar gewerk en dink sy dis iets wat sy weer sal aanpak?
Mia het aan die ander kant probeer om meer gestruktureerd te leef en ‘n roetine te volg. Het sy dit reggekry of het chaos gewen?
Ons sluit af met ‘n paar gedagtes oor hoe jou persoonlikheid dalk die grootste faktor is in wat vir jou werk. Is jy ‘n roetine-mens of floreer jy in vryheid? Luister saam en laat weet wat vir jou!
Follow ons op Instagram:
Ewe Anders podcast:
https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==
Ricia Bester:
https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr
Mia Knoesen:
https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==
Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode deel Ricia en Mia die stories van hoe hulle paaie gekruis het en die onverwagte vriendskap wat ontstaan het. Mia deel dat sy Ricia en Morné se roetine interessant vind. Hulle bespreek Ricia se liefde vir roetine, en hoekom dit haar sekuriteit en balans gee in haar daaglikse lewe. Mia, aan die ander kant, is ‘n bietjie meer spontaan en buigsaam, maar sy deel haar besluit om ‘n bietjie meer roetine te probeer in haar eie lewe. Kom luister na ‘n lekker gesprek oor vriendskap, roetine en die balans tussen die twee!
Follow ons op Instagram:
Ewe Anders podcast:
https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==
Ricia Bester:
https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr
Mia Knoesen:
https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==
Jou Afrikaans Podcast :)
Welkom by die eerste bonus-episode van Ewe Anders!
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor wat om te verwag deur die loop van die Ewe Anders podcast.
By Ewe Anders gesels ons oor al die dinge wat ons lewens interessant en soms uitdagend maak – van roetine versus spontaniteit, die verskille tussen enkellewe en getroude lewe tot eerlike gesprekke oor ADHD en angs. Ons delf ook in hoe die samelewing ons identiteit en waardes vorm, deel ons reis-ervarings, gesels oor beroepsveranderinge, en die onsekerheid wat grootmenswees soms bring.
Ons release elke tweede Dinsdag ’n nuwe episode, en in elke episode fokus ons op een tema. Ons brei uit op onderwerpe waarvan julle in ons eerste episode al ’n voorsmakie gekry het.
Subscribe gerus, en sluit by ons aan elke tweede Dinsdag vir Ewe Anders!
Follow ons op Instagram:
Ewe Anders podcast:
https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==
Ricia Bester:
https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr
Mia Knoesen:
https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==
Jou Afrikaans Podcast :)
Welkom by die heel eerste episode van Ewe Anders!
In hierdie episode vertel ons, Ricia en Mia, hoekom ons besluit het om ons ervarings en gedagtes met julle te deel. Ons gesels oor wie ons is, hoe ons elkeen angs en/of ADHD in ons daaglikse lewens ervaar, en hoe dit ons denkwyses vorm.
Ons sieninge verskil gereeld (en nogal sterk), en in hierdie episode debateer ons onder andere oor die vrees vir die dood – en of dit werklik sin maak om daarvoor bang te wees.
Kry jou gunsteling drankie, kom sit saam met ons op die bank en gesels en lag saam met ons.
Follow ons op Instagram:
Ewe Anders podcast:
https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==
Ricia Bester:
https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr
Mia Knoesen:
https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==
Jou Afrikaans Podcast :)
From the publisher's feed