EWE ANDERS đŸŽ™ïž

EWE ANDERS đŸŽ™ïž

By Ricia Bester en Mia KnoesenComedy
Download on the App Store

EWE ANDERS đŸŽ™ïž episodes

  • Episode 11 - Jy sal nie glo waar dit begin het nie..

    In hierdie insiggewende episode delf Ricia en Mia in die fassinerende herkoms van alledaagse sĂȘ-goed, tradisies en moderne gebruike wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.


    Hoekom dra bruidjies wit? Wat maak diamante sĂł waardevol? En kan ’n appel rĂȘrig die dokter weghou? Hulle ondersoek diĂ© en ander interessante vrae met ’n mengsel van humor, nuuskierigheid en verrassende feite.


    As jy al ooit gewonder het waar ons gewoontes en uitdrukkings regtig vandaan kom – dan is hierdie episode net vir jou!


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    59 min
  • Episode 10 - Die wonders van AI


    In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor ChatGPT en hoe diĂ© slim AI deel van hul alledaagse lewe geword het. Van voorberei vir werksonderhoude en beplan van reisroetes tot noodsituasies by die huis, self-terapie, kleurkodeskep en selfs toesprake skryf—ChatGPT is altyd daar om te help. Luister saam vir ’n lekker, gemaklike gesprek vol humor, praktiese idees en dalk ’n paar wenke wat jy self wil uittoets!


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    55 min
  • Episode 9 - Instaskool

    In diĂ© episode scroll Ricia en Mia ‘n bietjie op Instagram – en kyk insiggewende videos en gesels oor “life hacks” en hoe moeilik dit soms is om te weet wat regtig waar is. Is alles net vir die likes, of is daar tog iets om van te leer?


    Hulle deel ook wat hulle wens hulle op skool geleer het – soos hoe om belasting te doen en n band om te ruil. Hulle debateer ook oor watter tipe skoolopvoeding hulle vir hulle kinders sal wil hĂȘ.


    Sit terug en ontdek saam met hulle watter lesse jy nie op die skoolbanke kry nie, maar dalk op jou feed!


    P.S. Mia het bietjie die kat aan die stert beet as dit kom by SSRI en Histamine. Hiermee meer akkurate inligting: SSRIs interfere met die afbreek van histamine (omdat SSRI ‘n sekere ensiem inhibeer)- wat beteken daar is meer histamine in die sisteem. Dit lei dan tot erger allergiese reaksies. Wel dit is wat ChatGPT sĂȘ.


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    57 min
  • Episode 8 - Ons eerste gas - Tineke die dieetkundige

    In hierdie episode gesels ons met Tineke, ’n dieetkundige met ’n passie vir gesondheid en voeding. Ons leer haar eers bietjie beter ken en hoor van haar persoonlike reis tot in die wĂȘreld van dieetkunde.


    Sy deel insiggewende feite oor wat haar beroep behels en gee ons ‘n kykie in die werklikhede van voeding – met spesiale fokus op dieet tydens swangerskap, die rol van voeding in borsmelk, en algemene gesondheidsmittes


    Tineke gee praktiese raad oor hoe om ‘n gebalanseerde dieet te handhaaf en deel haar mening oor gewilde dieet-“hacks” en “crash diets”.


    Ons sluit af met ‘n vinnige “true or false”-rondte waarin Tineke klassieke wanpersepsies in die gesondheidswĂȘreld uitklaar.


    Krediet aan Tineke Wilson, Dieetkundige.


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    1 hr 21 min
  • Episode 7 - Dis nie jy nie dis Ick

    In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die groot buzzword in dating - “ick” – daardie klein (of groot!) dingetjies wat skielik iemand minder aantreklik maak. Hulle deel hul eie “ick” lyste (moenie oordeel nie), en wonder of dit regverdig is om só kieskeurig te wees en hulle wonder hoe mense in “arranged marriages” verby “icks” kyk.


    Is dit oppervlakkig om “icks” te hĂȘ? Of is dit bloot ’n manier om grense te stel? Hulle delf ook in die vraag: Watse “icks” sou mense dalk van hĂșlle hĂȘ? En wat verklap hierdie lysies regtig – meer oor die persoon wat dit ervaar, of die een wat dit ontlok?


    Kom join ons om te hoor hoe ons cringe, introspeksie doen en hopelik laat dit jou ‘n bietjie lag.


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    56 min
  • Episode 6 - Tussen TikTok en Tradisie

    In episode 6 delf ons in die generasie-gaping tussen Gen Z en Millennials — en waar ons onsself daarbinne plaas. Ons gesels oor hoe Gen Z dikwels misverstaan word, en hoe daardie misverstande ook op ons persoonlike identiteite afspeel.


    Ons deel hoe ons albei op maniere konserwatief is
 en ook glad nie. Ons vra vrae oor waar konserwatiwiteit vandaan kom, hoe dit gemeet word, en of dit ooit so eenvoudig is soos mense dit probeer maak. Dis ’n episode vol selfrefleksie, nuance, en ’n paar filosofiese afdraai-lyne.


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    55 min
  • Episode 5 - Wat meisies regtig doen by sleepovers


    In hierdie episode van Ewe Anders, gee ons julle insights oor wat gebeur by ‘n sleepover. Ons verduidelik die betekenis agter die podcast se naam — “Ewe Anders”


    Mia deel van haar avonture oorsee en Ricia vertel van haar honeymoon se boujee business class ervaring — was dit die moeite werd? Dan droom hulle saam oor die tipe vakansies waarop hulle wil gaan: luxury met ‘n uitsig of culture met karakter? En hoe balanseer mens die twee?


    Maar dis nie net sunsets en suitcases nie — ons vat bietjie ‘n detour en gesels oor implantate, figure skating ongelukke en bome wat uit mense se neuse groei (ja, regtig).


    Dis grappig, weird, eerlik en net so bietjie skrikwekkend — dis Ewe Anders.


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    50 min
  • Episode 4 - Gelukkig Getroud vs Skepties oor Sielsgenote

    In hierdie episode gesels ons met Mia oor haar sieninge oor “dating” en hoe haar perspektief oor verhoudings die afgelope paar jaar verander het.


    Sy deel haar gedagtes oor die invloed van aanlyn dating op verhoudings in die moderne era.


    Ons kyk ook na die impak van die Covid-19-pandemie en die lockdowns op die manier waarop mense romantiese verhoudings bou en onderhou.


    Laastens deel Mia haar gedagtes oor die idee van trou en wat die toekoms vir haar in die liefdesafdeling inhou. Is sy optimisties oor die idee van huwelik, of sien sy dit dalk op ‘n ander manier?


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    44 min
  • Episode 3.1 - Terugvoer op Ricia se groot besluit


    In hierdie spesiale episode deel Ricia haar eerlike reaksie op die oorweldigende terugvoer wat sy ontvang het nĂĄ sy haar video gedeel het waarin sy aankondig dat sy gaan uittree as prokureur.


    Sy lees ‘n paar van julle kommentaar en boodskappe hardop en gesels oor hoe dit haar laat voel het – van ondersteuning en inspirasie tot vrae en kritiek.


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    14 min
  • Episode 3 - Stuurwielstories: Mia rits rond saam met ‘n afgetrede prokureur


    In hierdie episode gesels ons lekker tydens ‘n girls chat on the go – daai tipe geselsie wat net in die kar gebeur, waar die stories spontaan vloei.


    Ricia vertel ook wat haar oorspronklik geïnspireer het om prokureur te word, en hoekom sy uiteindelik besluit het om uit te tree uit die regsberoep. Ons praat eerlik oor hoe sy nou familie en balans bo ambisie en werkdoelwitte kies – en hoekom dit vir haar sin maak.


    Ons raak ook aan iets waarmee baie van ons kan identifiseer: hoe ons generasie dikwels ons beroepskeuses bevraagteken, en wat dit beteken om sukses op ons eie terme te definieer.


    Kom klim in die kar saam met ons!


    Follow ons op Instagram:


    Ewe Anders podcast:

    https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==


    Ricia Bester:

    https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qr


    Mia Knoesen:

    https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==


    Jou Afrikaans Podcast :)

    35 min

About EWE ANDERS đŸŽ™ïž

From the publisher's feed

Welkom by Ewe Anders, ‘n Afrikaanse podcast waar twee twintig-ietsie-jarige vriendinne, Ricia en Mia, hulle lewens en al die chaos wat daarmee gepaard gaan deel. Van vriendskappe en stories tot