Fearless  Unfiltered

Fearless Unfiltered

Download on the App Store

Fearless Unfiltered episodes

  • Episode 22 | Ashwin Afrikanus Thyssen

    Ashwin Afrikanus Thyssen: Dosent | PhD student | Aktivis

    Ek en Ashwin gesels oor sy PhD studie: '"O My Body": Constructing a Black and Queer Theological Anthropology', oor die interseksie van geloof, sekusualiteit en ras, en hoe hierdie diskoerse in die samelewing uitspeel. Ons praat ook oor die moontlikheid van rasgelykheid en soveel meer.

    Ashwin is iemand wat gebore is om 'n impak op die wêreld te maak! Hierdie gesprek het my gelos met soveel stof te nadenke en ek hoop dat dit dieselfde vir jou sal wees.

    1 hr 11 min
  • Episode 21 | Ruhan Fourie

    Ruhan Fourie: Geskiedkundige | Akademikus

    Ek en Ruhan gesels oor sy navorsing, die kerk, oor hoe ons geskiedenis teenwoordig is in ons hede, plundering (looting), aktiewe burgerskap, oor wat versoening en inklusiwiteit vir ons beteken en meer.

    "Ons moet besef dat as dit sleg gaan daar buite, daan dit sleg met my ook."

    - Ruhan Fourie

    2 hr 15 min
  • Episode 20 | Rudi Swanepoel
    Rudi Swanepoel: Dominee | Skrywer | Foodie | Aktivis Ek en Rudi gesels oor Andrew Murray NG Kerk waar hy in die bediening staan, oor sy hart vir versoening, witwerk, die neem van verantwoordelikheid, en meer. Dit was so 'n voorreg om met Rudi te gesels. Rudi is 'n vriend, leier, kritiese denker en die verpersoonliking van nederige diensbaarheid. "Een ding wat ons moet doen is om ons harte sag te maak. Ons moet aanhou om met oop en sagte harte te probeer leef, itv versoening en insluiting. God se liefde raak nie op nie. Dis nie soos die gas in my verwarmer nie. Hoe meer ek dit oopdraai, hoe meer word dit." - Rudi Swanepoel
    1 hr 12 min
  • Episode 19 | Mercy Kannemeyer

    Mercy Kannemeyer: Skrywer | Regisseur | Teatermaker

    Ek en Mercy gesels oor wat dit beteken om 'n aktiewe burger te wees, oor wit bevoorregting, versoening en ons geskiedenis.

    Ons embrace die ongemaklikheid waarmee hierdie onderwerpe kom en laat onsself toe om so bietjie daarin te sit. Hierdie was 'n besonderse lekker en stimulerende gesprek vir my en ek hoop regtig dat dit vir jou ook sal wees.

    "As jy daarin belangstel om 'n aktiewe burger in hierdie land te wees moet jy saam praat en wanneer die tyd kom, moet jy saam begin doen."

    - Mercy Kannemeyer

    1 hr 17 min
  • Episode 18 | Helené Prinsloo
    Helené Prinsloo: Reklame koördineerder | Professionele boekwurm | Foodie | Vriendin Lidia en Helené gesels oor bevoorregting, die kompleksiteit en die verskeie weergawes daarvan. Hulle vat 'n deep dive in die onbekende en embrace die messiness van wat hulle dink dit beteken om goeie mense te (begin) probeer wees. Baie van ons probleme gebeur omdat ons nie die kuns verstaan van wat dit beteken om goeie mense te wees nie. - Helené Prinsloo
    1 hr 37 min
  • Episode 18 | Helené Prinsloo
    Helené Prinsloo: Reklame koördineerder | Professionele boekwurm | Foodie | Vriendin Lidia en Helené gesels oor bevoorregting, die kompleksiteit en die verskeie weergawes daarvan. Hulle vat 'n deep dive in die onbekende en embrace die messiness van wat hulle dink dit beteken om goeie mense te (begin) probeer wees. Baie van ons probleme gebeur omdat ons nie die kuns verstaan van wat dit beteken om goeie mense te wees nie. - Helené Prinsloo
    1 hr 37 min
  • Episode 17 | Wilken Calitz

    Wilken Calitz: Musikant | Skrywer | Vriend

    Ek en Wilken gesels oor sy boek, oor die belangrikheid van luister en foute maak, oor die gebrek aan integrasie in die kunste en soveel meer.

    Dit was so lekker om met jou te gesels, Wilken.

    Dankie dat jy so oop, eerlik en real is en dat jy jouself toelaat om diep te dink oor die moeiliker onderwerpe van die lewe. Baie waardering vir jou, my vriend.

    1 hr 22 min
  • Episode 16 | Esté Rabé

    Esté Rabé: Kunstenaar | Entrepreneur | Gesondheidsaktivis

    Ek is so opgewonde oor hierdie episode met die lieflike Esté Rabé, wie ek bevoorreg genoeg is om 'n baie goeie vriendin te noem. Wat 'n ongelooflike voorreg was dit nie om met Esté te gesels nie. We took a real deep dive from the beginning. Ons gesprek was oop, eerlik en vulnerable.

    Ek en Esté het gesels oor witheid, die Afrikaner kultuur, gesondheid en soveel meer.

    Kom vat 'n deep dive saam met ons!

    1 hr 29 min
  • Episode 15 | Werner Wessels

    Werner Wessels: Kreatiewe direkteur van Mej. Suid-Afrika | Stilis | Vriend

    Ek en Werner gesels oor Mej. Suid-Afrika se benadering tot en viering van diversiteit, oor onderdrukking, wit bevooregting, die bou van opregte verhoudings en vriendskappe en soveel meer.

    Lief jou, Wer!

    1 hr 26 min
  • Episode 14 | Schalk Van Heerden

    Schalk Van Heerden: Betereinder | Skrywer | Leraar

    Ek en Schalk gesels oor wat dit vir ons beteken om Afrikaners te wees, oor Betereinders, oor hoe verantwoordelikheid neem, versoening en restitusie in aksie lyk, oor victimhood, witwerk en soveel meer.

    Hierdie was vir my 'n ongelooflike insiggewende gesprek. Schalk is 'n amazing voorbeeld van iemand wat sy agentskap gebruik om aktief te help heel maak, reg maak, homself toelaat om mens te wees in die proses en sodoende ook die mense rondom hom daardie toestemming gee. Ons almal kan so baie by hom leer.

    Baie dankie Schalk, dit was vir my 'n voorreg!

    1 hr 31 min

About Fearless Unfiltered

From the publisher's feed

I speak to South Africans from all walks of life about what inclusivity and transformation mean to them, and how they believe our agency can be used to effectively address inequality.