In hierdie episode gesels ek daaroor dat die lewe moeilik en moeisaam sal wees en bly solank as wat dit primêr oor jouself en jou eie begeertes gaan. Wanneer jy aanvaar dat God jou vir iets anders bestem het, as 'n ligdraer in die wêreld wat sy lig weerkaats, dan kan jy rus vind oor jou lewe.