In die episode deel ek dat die klem van die goeie nuus wat ons deel, nie is om vir mense te vertel hoe om "in die hemel te kom nie", maar dat God die Koning van die heelal is wat in alle mense wil woon en heers. Die goeie nuus is dat ons nou al kan leer om onder sy heerskappy te leef en sodoende, kan ons volledig deel word van sy koninkryk wat besig is om te kom.