Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 16 April 2024
    Johan van Lill praat met lewensafrigter dr. Jan Niemand oor motivering. Watter impak het motivering, nie net op my sukses in die lewe nie, maar ook op my geestesgesondheid?
    45 min
  • Geestesgesondheid 9 April 2024
    Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans en hulle lywe, en hoe dit mans se geestesgesondheid kan beïnvloed. Hoe beïnvloed 'n man se geestesgesondheid sy risiko vir hartverwante siektes? Watter rol speel stresbestuur en emosionele welstand in die voorkoming daarvan?
    44 min
  • Geestesgesondheid 2 April 2024
    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat ‘n kankerdiagnose op 'n mens se geestesgesondheid het. Met soveel van die koninklikes van Engeland wat tans met kanker gediagnoseer is, is die gesprek oor so ‘n diagnose en die impak wat dit op jou en die mense om jou het, tans hoofopskrifte.
    45 min
  • Geestesgesondheid 26 Maart 2024
    Johan van Lill praat met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor hoekom verandering vir soveel mense uitdagend is en vir ander energie en nuwe lewenslus gee. Wat is die impak van verandering op ons geestesgesondheid?
    43 min
  • Geestesgesondheid 19 Maart 2024
    Johan van Lill praat met prof. Dap Louw, 'n kliniese sielkundige met doktorsgrade in sielkunde en kriminologie, oor geestesgesondheid vanuit ‘n forensies-sielkundige perspektief, en hulle stel ondersoek in na wanneer misdade gepleeg word. Watter belangrike aspekte van sielkundige versteurings moet in aanmerking geneem word by die evaluering van ‘n persoon?
    48 min
  • Geestesgesondheid 12 Maart 2024
    Johan van Lill praat dr. Chris van den Berg, 'n psgiater, oor positiewe vaderskap en die rol wat positiewe manlikheid daarin speel. Watter uitwerking het positiewe vaderskap op die geestesgesondheid van kinders en lewensmaats?
    41 min
  • Geestesgesondheid 27 Februarie 2024
    Johan van Lill praat met Jacques Botes, ‘n geestesgesondheidspraktisyn, oor wat die mees algemene oorsake van angs is, en hoe jy kan identifiseer wat dit veroorsaak. Watter hulp is daar vir mense wat elke dag saam met angs leef?
    47 min
  • Geestesgesondheid 20 Februarie 2024
    Johan van Lill praat met 'n ontwikkelingskenner oor die impak van swaartekrag op ons geestesgesonheid. Watter rol speel die vestibulêre stelsel, ‘n sintuiglike stelsel in die binne-oor, in ons geestesgesondheid?
    43 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.