Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 6 Februarie 2024
    Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die hantering van die onophoudelike druk en eise wat die moderne lewe op ons plaas. Wat is die impak daarvan op ons mees intieme kring – ons geliefdes, gesinne en familielede? En meer nog, op ons geestesgesondheid?
    42 min
  • Geestesgesondheid 30 Januarie 2024
    Johan van Lill praat met lewensafrigter, dr. Jan Niemand, oor mense se gesindheid, houding en ingesteldheid. Watter rol speel dit in jou geestesgesondheid en sukses in die lewe? Hoe verander ‘n mens jou houding of ingesteldheid?
    42 min
  • Geestesgesondheid 23 Januarie 2024

    Johan van Lill praat met kliniese pastorale berader, Fanie Kriel. Ons begin so maklik die jaar met voorspoedige nuwejaar, maar wat beteken dit? Wat beteken voorspoed in jou lewe, en wat is die impak op jou geestesgesondheid?

    52 min
  • Geestesgesondheid 16 Januarie 2024

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met psigiater, dr Chris van den Bergh, oor positiewe manlikheid en die impak wat dit op mans se geestesgesondheid het. Wat is die algemene wanopvattings oor manlikheid wat veral met geestesgesondheidsuitdagings gepaard gaan. 

    45 min
  • Geestesgesondheid 9 Januarie 2024

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met opvoedkundige sielkundige, dr Elzette Fritz, oor hoe ‘n vrees vir mislukking jou geestesgesondheid kan beinvloed? Waar kom hierdie vrees vir mislukking vandaan en hoe kan ‘n mens dit hanteer? 

    46 min
  • Geestesgesondheid 2 Januarie 2024

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lynette Beer, motiveringspreker en -skrywer oor hoe om goed te wees vir jouself en die impak wat dit op jou geestesgesondheid het. Hier aan die begin van die nuwe jaar het baie van ons die idee dat ons ‘n nuwe kans het om van voor af te begin – hoe realisties is dit?

    45 min
  • Geestesgesondheid 26 Desember 2023

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met lewensafrigter, Jan Niemand, oor hoekom dit belangrik is dat ons nooit ophou om persoonlik te ontwikkel nie. Wat is die impak van persoonlike ontwikkeling op jou geestesgesondheid? 

    42 min
  • Geestesgesondheid 19 Desember 2023

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met psigiater, dr Chris van den Bergh, oor “wat is ‘n man sonder sy werk?”. Ons fokus op manlike geestesgesondheid en praat oor mans wat hulle identiteit rondom hulle werk bou en hoe ons op nuwe manière na manlikheid moet kyk om mans se geestesgesonheid te bevorder.

    41 min
  • Geestesgesondheid 12 Desember 2023

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizelle de Bruin, radiojoernalis en kenner van ekspressiewe kunsterapie. Hoe en wanneer kan kunsterapie ‘n bydrae maak tot jou geestesgesondheid? 

    41 min
  • Geestesgesondheid 5 Desember 2023

    In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met kliniese pastorale terapeur, Fanie Kriel, oor die familie-dinamika en geestesgesondheid. Oor die feestye kom families byeen om saam te kuier en die interaksie tussen familielede kan ‘n groot impak hê op jou geestesgesondheid. 

    44 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.