Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 2)
    4 Augustus 2026: Johan van Lill praat verder met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die verhoudings wat gesinne kan help om moeilike tye saam te hanteer. Hulle praat oor sosiale media, aanlynafknouery en die vyf kernbehoeftes van kinders: aandag, liefde, aanvaarding, waardering en ruimte om hulleself te wees. Christelle verduidelik hoe narratiewe terapie gesinne kan help om ’n kind van sy of haar probleem te onderskei, en vertel meer van haar Building Bridges-kaartspel, wat betekenisvolle gesprekke binne gesinne wil aanmoedig.
    43 min
  • Geestesgesondheid: Die stories wat ons oor onsself vertel
    21 Julie 2026: Johan van Lill praat met Kobus Burger, RSG se programbestuurder, oor narratiewe terapie, 'n benadering wat mense help om anders na hulle lewensverhale en hulleself te kyk. Kobus, wat hom tans in hierdie rigting bekwaam, verduidelik hoe die stories wat ons oor onsself glo, ons identiteit, verhoudings en welstand kan beïnvloed. Die gesprek fokus op identiteit, betekenis, hoop en die moontlikheid om nuwe perspektiewe op moeilike lewenservarings te ontdek.
    43 min
  • Geestesgesondheid: Wanneer jou liggaam jou dwing om anders te leef
    14 Julie 2026: Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter en die menslike leuenverklikker, oor haar lewe met myasthenia gravis, 'n seldsame outo-immuunsiekte wat spiere verswak en die eenvoudigste daaglikse take uitdagend kan maak. Lizette deel haar persoonlike ervaring van diagnose, behandeling en herstel, en hoe sy geleer het om haar lewe teen 'n nuwe pas te leef. Die gesprek fokus op hoop, aanpassing, identiteit en die emosionele impak van 'n onsigbare siekte.
    37 min
  • Geestesgesondheid: Wat is die impak van leuns op geestesgesondheid?
    7 Julie 2026: Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor leuens en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Hulle praat oor kinders wat jok, volwassenes wat die waarheid verdraai, en die emosionele uitputting wat ontstaan wanneer ’n mens saamleef met iemand wat konstant oor alles lieg. Die gesprek fokus op vrees, skaamte, vertroue, selfbeskerming en die moeilike vraag: Hoe leef jy saam met iemand wanneer jy nie meer weet wat om te glo nie?
    39 min
  • Geestesgesondheid: Hoe kry ons weer sin, energie en rigting?
    30 Junie 2026: Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor wat gebeur wanneer mense ophou floreer. Hulle praat oor daardie stille innerlike moegheid wat dikwels insluip terwyl ’n mens steeds werk, funksioneer en aangaan met die lewe. Die gesprek fokus op hoe ons weer sin, energie en rigting kan vind deur eerlik te kyk na genot, tevredenheid, betekenis, aandag en verbinding.
    40 min
  • Geestesgesondheid: Hoe lewensverandering jou geestesgesondheid raak
    Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor verandering, die verskillende seisoene in ons lewe en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Sy het onlangs ná baie jare in Johannesburg opgepak en Vermont toe getrek. Hierdie groot skuif vorm die vertrekpunt vir ’n eerlike gesprek oor verlies, aanpassing, weerstand, hoop en die emosionele moed wat verandering van ons vra.
    44 min
  • Geestesgesondheid: Waarom werkgewers anders oor produktiwiteit moet dink
    16 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die rol wat werkgewers speel in mense se geestesgesondheid, produktiwiteit en vermoë om te herstel. In baie Suid-Afrikaanse werksomgewings word lang ure, voortdurende beskikbaarheid en sigbare besigwees steeds maklik met toewyding en harde werk verwar. Tog kan hierdie kultuur mense stadig uitput en uiteindelik ook prestasie benadeel.
    41 min
  • Geestesgesondheid: Rus is nie luiheid nie
    9 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die dieper betekenis van rus. In ’n kultuur waar besig wees dikwels soos sukses lyk, voel rus vir baie mense amper verkeerd. Tog is ons nie ontwerp om heeltyd beskikbaar, produktief en op volle spoed te wees nie. Ons praat oor gesonde ritmes, grense, skuldgevoelens oor rus en klein praktiese maniere om weer ruimte vir herstel te skep.
    42 min
  • Geestesgesondheid: Die lewe ná ‘n egskeiding
    2 Junie 2026: Johan van Lill praat met Albie Jordaan oor die pad vorentoe ná ‘n egskeiding. Die gesprek fokus nie op die regskant, skuld, bakleiery of wie verkeerd is nie, maar op wat met ’n mens gebeur wanneer die drama verby is en ’n nuwe soort herstel begin. Baie mense dink hulle sal onmiddellik beter voel sodra die egskeiding afgehandel is. Tog kom daar dikwels daarna ’n leë stilte - die huis voel anders, roetines verander, vriendskappe skuif, finansies lyk anders en ’n mens moet jouself amper van voor af leer ken.
    43 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.