Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid: Uitbranding is soveel meer as gewone moegheid

    26 Mei 2026: Johan van Lill praat met Lynette Beer oor uitbranding, en waarom dit soveel meer as gewone moegheid is. Die gesprek fokus op die tekens van uitbranding, die verskil tussen stres en uitbranding, veerkragtigheid, grense, herstel, en hoe mense weer hoop, energie en betekenis kan vind.

    44 min
  • Geestesgesondheid: Die pad na ’n betekenisvolle lewe
    19 Mei 2026: Johan van Lill praat met Antoinette Pienaar oor die pad na ’n betekenisvolle lewe. Die gesprek fokus op geestesgesondheid, verlies, verandering, lewenskeuses en die dinge wat ons in ’n gejaagde moderne lewe maklik vergeet. Antoinette is bekend as aktrise, sangeres, skrywer en kruiekenner, maar ook as iemand wie se lewenspad haar na die Karoo, stilte, stories, herstel en die wysheid van die natuur gelei het.
    44 min
  • Geestesgesondheid 12 Mei 2026
    Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor hoe gewone mense onsekerheid, vrees en nuuskierigheid oor kunsmatige intelligensie kan bestuur. Ons hoor al hoe meer mense sê: “KI kom vir jou werk!” Die gesprek fokus op wat hierdie verandering prakties en emosioneel beteken, hoe ons KI verantwoordelik kan begin gebruik, en hoe ons menslik kan bly dink in ’n tyd van groot tegnologiese verandering.
    40 min
  • Geestesgesondheid 5 Mei 2026
    Johan van Lill praat met Madre Fraenkel, ‘n arbeidsterapeut en kenner van demensie, oor die brose kant van ouer word. Die gesprek fokus op die emosionele, praktiese en sosiale uitdagings wat dikwels saam met ouer word kom, veral wanneer mense begin wonder oor hulle gesondheid, versorging, veiligheid, geldsake en ondersteuningsnetwerk.
    41 min
  • Geestesgesondheid 28 April 2026
    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe volwassenes se goeie bedoelings nie altyd aan kinders se ontwikkelingsbehoeftes voldoen nie. Die gesprek fokus op hoe volwassenes kinders dikwels met liefde en goeie bedoelings probeer help, maar tog soms optree op maniere wat nie by ’n kind se werklike ontwikkelingsfase en emosionele behoeftes pas nie.
    43 min
  • Geestesgesondheid 21 April 2026
    Johan van Lill praat met Hazel Hatting oor ’n werklikheid waarmee baie mense elke dag saamleef: Wat gebeur as jy weet jy is in die verkeerde beroep, maar jy het eenvoudig nie die vryheid om iets anders te kies nie? Die gesprek fokus op die emosionele en sielkundige impak daarvan om vasgevang te voel in werk wat jou nie pas nie, terwyl finansiële druk, beperkte geleenthede en verantwoordelikhede jou dwing om aan te hou.
    39 min
  • Geestesgesondheid 14 April 2026
    Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die verskil tussen florerende en verwoestende huwelike. Die gesprek fokus op die patrone wat oor tyd in verhoudings ontwikkel – die klein oomblikke wat bou of breek, die manier waarop paartjies met konflik werk, en hoe emosionele veiligheid en konneksie ’n verhouding dra, of stadig laat verbrokkel.
    43 min
  • Geestesgesondheid 7 April 2026
    Johan van Lill praat met Rouxlene Badenhorst, ‘n integratiewe gesondheidspraktisyn en psigoterapeut, oor ’n onderwerp waaroor daar selde openlik gepraat word – Wat gebeur ná ’n selfdoodpoging waar die persoon oorleef het? Dit is die stil deel van die storie: jy leef nog, maar alles het verander. Die vrae, die skaamte, die verwarring en die realiteit om weer mense in die oë te kyk, word deel van elke dag.
    44 min
  • Geestesgesondheid 31 Maart 2026
    Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n meester-lewensafrigter, internasionale spreker en spesialis in menslike gedrag en emosionele intelligensie, oor verwerping. Dis ’n ervaring wat byna elke mens raak, maar wat dikwels onderskat word in terme van die impak wat dit op ons emosionele welstand het. Of dit nou in verhoudings, die werkplek, vriendskappe of binne families gebeur, verwerping kan diep sny en lank by ’n mens bly.
    45 min
  • Geestesgesondheid 24 Maart 2026
    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor tienerselfdood en die komplekse emosionele wêreld waarin baie jongmense hulleself bevind. Die gesprek word gevoer teen die agtergrond van onlangse gebeure in die nuus en die groeiende besef dat ons nie genoeg oor hierdie onderwerp kan praat nie.
    44 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.