
Sign up to save your podcasts
Or


Solank as wat jy skuld het, is dit feitlik onmoontlik om welvaart te begin opbou. Skuld bring ook dikwels emosionele spanning mee.
As jy werklik welvaart wil skep en ’n finansieel sorgvrye lewe wil lei, moet jy eers jou skuld afbetaal. Om skuld af te betaal, bly een van die beste beleggings wat jy kan maak!
Luister saam vir 10 praktiese stappe om jou te help om skuldvry te leef!
· Die 1ste stap is om te weet wat jy skuld
· Die 2de stap is om seker te maak jou begroting is op datum
· Die 3de stap is om onnodige uitgawes te snoei
· Die 4de stap is om jou skuld nou met ʼn doeltreffende strategie te begin afbetaal
· Die 5de stap is om met jou krediteure te onderhandel en skuld te konsolideer
· Die 6de stap is om enige nuwe skuld te vermy
· Die 7de stap is om jou inkomste te vermeerder
· Die 8ste stap is om ʼn noodfonds op te bou
· Die 9de stap is om boek te hou van jou vordering en gemotiveerd te bly
· Die 10de en laaste stap is om konsekwent en geduldig te bly
Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.
MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za
’n Begroting is die begin van finansiële sukses. Dit verg selfdissipline, maar jy kry waardevolle insig in jou inkomste en uitgawes. Hoe vroeër jy begin, hoe beter – betrek jou gesin én hersien dit gereeld.
· Stel jou eerste begroting op met duidelike inkomste en uitgawes
· Skei vaste en veranderlike uitgawes vir beter finansiële bestuur
· Rangskik jou uitgawes volgens noodsaaklikheid en belangrikheid
· Balanseer jou uitgawes met inkomste om skuld te voorkom
· Bou ’n noodfonds vir onvoorsiene uitgawes en begroting-skokke
Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.
MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za