Jesus Christus genees die skoonmoeder van Petrus - sonder dat sy uitreik, vra of by hom pleit. By haar vind ons op die oog af geen "bewyse" vir geloof in Hom nie. Mattheus vertel verder, dat Jesus ook daardie aand almal wat demonies besete en siek was genees het. Ons sien vandag dat Jesus nie net (1) die koors van Petrus se skoonmoeder genees nie, maar ook (2) ons "koors". Dit is die Blye Boodskap, dat Jesus op Hom neem wat ons nie kan dra nie en vir ons gee wat ons nie kan bewerk nie.