Die siel van 'n mens moet kleef aan iets. Soms maak die Here Homself "skaars", soos water in 'n woestyn, sodat ons kan sien waaraan ons siele werklik kleef. Van nature kleef ons siele aan die stof, maar die siele van sommiges word Bonatuurlik verkleef aan Christus. Hiervan sing Dawid. Hy verlang, vertrou en verwag die Here, want sy siel is verkleef aan die Here. Die Here versterk ook die verkleefde siel.