GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

Download on the App Store

GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER episodes

  • JANNIE PUTTER - Vriendskap, Integriteit en Vergewing: Die Sleutels tot Gesonde Verhoudings
    Jannie Putter gesels oor die belangrikheid van vriendskap, integriteit, en die krag van vergewing in ons lewens. Hy bespreek hoe gesonde verhoudings, of dit nou in die familie, op die werkplek, of in die gemeenskap is, ons algehele welstand en geluk kan bevorder. Jannie beklemtoon die belangrikheid om ander te beskerm, mekaar te ondersteun, en om nie te oordeel nie. Hierdie gesprek bied praktiese wenke vir die bou van sterk vriendskappe, die bevordering van persoonlike groei, en die positiewe invloed wat ons in ander se lewens kan hê.
    11 min
  • Jannie Putter - Die Strikke van Satan
    Ons het al almal foute gemaak en ons het baie in satan se lovalle getrap. Ons het soms hulp nodig om uit so 'n strik te kom en ons soek iemand met die letsels wat self uit so 'n strik ontsnap het. So...vra vir hulp!
    9 min
  • Jannie Putter - Praat die Waarheid
    As ons verantwoordelik is vir iets wat gebeur, hoe kan ons die waarheid vertel selfs as daar gevolge is. Kom ons kom uit met die waarheid en lewe vry en nie as slawe van ons foute nie. Bely en wees vry!
    13 min
  • Jannie Putter - Wees Waardevol
    Ons wil nie mense moeite aandoen nie, maar dan beroof ons mense van die kans om waardevol te wees. Kom ons gee ander kans om waarde by te voeg in ons lewens, want dit sal hulle seën.
    9 min
  • Jannie Putter -Wees die Kameeldoring
    Mense wat kla en altyd 'n slagoffer van die lewe is, is soos hout wat net met rook brand. Ons moet soos 'n stuk Kameeldoring hout wees wat warm brand en die rook hout aan die brand steek. Wees die hitte wat ander se lewens aand die brand steek.
    10 min

About GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

From the publisher's feed

Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.