Ons soek dadeliek 'n resultaat. Maar ons moet baie keer op God wag. Dinge lyk goed, maar is dit wat God will hê? Ons moet mos die Here vertrou. Wat sê die Here dan oor die besluite wat jy wil maak? Het jy Hom ooit gevra?
As jy nie saad in die grond sit nie, kan jy nie 'n oes verwag nie. Mense wil maklik geld maak, maar daar is nie waarde daarin as daar nie ook moeite ingesit word nie.
Begin jou dag met 'n gesprek oor wat goes werk in jou lewe in plaas van die negatiewe gesprekke wat die mederheid sal kies om op te fokus. Kyk liewers na die dinge wat jou opgewonde maak.
Vrees staan 100% teen geloof. Die wêreld se stem deel vrees, so moet nie daardie beker van gif drink nie! Laat die dinge van die Gees jou vul en die vrees uitdreef.
9 min
About GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER
From the publisher's feed
Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.
Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.