Vrees staan 100% teen geloof. Die wêreld se stem deel vrees, so moet nie daardie beker van gif drink nie! Laat die dinge van die Gees jou vul en die vrees uitdreef.
As jy 'n "label" om iemand se nek hang, deur wat jy sê, kan dit groot probleme veroorsaak. Jannie deel wat die negatiewe impak van "labels" kan wees...
Leer ons onself of ons kinders om dinge te vrees? Kom ons bid en seën mekaar sodat ons uit liefde kan leef en nie vrees nie, en 'n verskill kan maak in ons land
Moet nie 'n slagoffer van die lewe word nie/ Probeer om die mooi uit mense te haal. Wat kan ons vandag doen om ander mense se lewens beter te maak? Dit maak ons kampioene.
Dit gebeur dat jy goed doen, en die regte dinge doen, en dan word jy nog steeds onregverdig behandel.Maar, jy moet nie teen die wereld se sisteme probeer rebelleer nie. Jy moet of uitklim, of dinge anders hanteer.
Hoe reageer jy teenoor die Stem van Die Heilige Gees?Hy wil jou lei en ons moet die dissipline hê om Sy stem duidelik te kan hoor en te doen wat Hy sê. Ons geloof het aksie en gehoorsaamheid nodig.
Voel jy asof jy hoop verloor? Waar kan jy dan hoop kry? Dis nou tyd om bemoediging to kry en dit ook met ander te deel.
8 min
About GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER
From the publisher's feed
Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.
Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.