Is jy bang vir jou drome? Gaan skryf jou drome neer, en deel hulle met iemand, dat hulle jou verantwoordelik kan hou sodat jy jou drome kan begin leef.
Het jy 'n 'teiken' gehad om raak te skiet in 2023 - Daardie doelwitte in die jaar om na te mik? Hoe anders sal jy weet of jy 'n goeie of slegte jaar gehad het? "If you don't know where you're going, any road will get you there!"
Dis die einde van die jaar, en ons voel moek en ons moet tyd vat om af te skakel. Vat tyd om te rus, te dink, te beleef, en om asem te haal, en selfs om niks te doen nie!
Jy is deel van 'n span - in jou gesin of op die sportveld. Wees 'n goeie skakel in jou span end werk jou sisteme, deur goeie dissipline en 'n goeie roetine.
Ons vermy soms die klein dinge, want ons dink dit is sinneloos, en kan nie 'n verskil maak nie. Dan hou ons op om die goeie klein dinge te doen. Soos Cheslin teen Frankryk, moet ons die klein dinge goed doen.
Weet ons wat om te doen, met wie en hoe om dit te doen? Dan is ons wys!
12 min
About GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER
From the publisher's feed
Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.
Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.