Dis maklik om die realiteit van die lewe om ons te sien en dit so uit te spreek. Maar, wat as ons die lewe sien en uitspreek van 'n plek van geloof en nie realiteit nie?
Wanneer laas het jy iets gedoen wat jou jare gelede vreugde gebring het? Gaan drink 'n melkskommel, of gaan dans! Onthou daardie dingle wat jou so laat glimlag het!
Hoe gaan die wereld in 20 jaar lyk? Dinge verander so vinnig, so ons moet die beleef, en geniet, want ons weet nie hoe dinge oor die volgende dekades gaan lyk nie.
As jy iemand help, is dit 'n kans om iets van jouself te gee. Wys hulle dan om help vir hulle te leen is 'n goeie ding en hulle is nie 'n las nie. Saai hoop!
God is altyd met ons, en ons is nooit alleen nie. Maar, ons moet leer om 'n verhouding met God te hê waar ons sy teenwoordigheid kan voel en hom geniet.
My en jou realiteite kan anders wees, selfs het ons baie in gemeen en is soortgelyke mense. Ons maak net verskillende besluite en het ander realiteite want alles is 'n keuse.
9 min
About GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER
From the publisher's feed
Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.
Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.