Wanneer laas het jy na die detail in iets om iemand gekyk; regtig fyn gekyk? As jy die dinge kan raaksien is daar selfs groter dankbaarheid en waardering vir wat jy het en wat en wie om jou is.
As jy aan iemand dink, wat is die koneksie? Laat hulle jou aan slegte of goeie dinge dink? Wees versigtig, moenie soon 'n slagoffer oorkom nie, maar laat dit jou leer om jou gedagtes te verander.
Voel jy jy wil jou lewe verander? Die geheim is om jou gedagte te hernuwe. Selfs as jy dinge om jou verander, as jy nie jou gedagtes verander nie, gaan dinge weer dieselfde begin lyk.
As ek en jy sekerheid het, is die geloofsfaktor laag . Ons raak gemaklik en ons gedrag en besluite is verskoonbaar. Ons moet sontyds ongemak keis om 'n nuwe seisoen in te gaan.
Het jy ooit gewonder waar jy ingepas het toe jy op skool was? Voel jy nog onseker oor waar jy inpas? Ons moet in Christus ons identiteit vind en onthou...jy is genoeg!
Moenie in die seisoen vaskyk nie, want dan begin jy wanhoping raak. Sien die doel daarvan en wat dit eintlik in jou gaan bereik.
12 min
About GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER
From the publisher's feed
Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.
Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.