Sign up to save your podcasts
Or

Send us Fan Mail
1 Korintiërs 4:20 Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om 'n lewe in die krag van God. (NLV)
Ek wonder tot watter gevolgtrekking jy kom, wanneer jy die emosionele en geestelike gesondheid van jou gesin evalueer? Is jy redelik tevrede … of is 'n tragedie besig om voor jou oë af te speel?
Terwyl ons die afgelope paar dae oor gesinne gepraat het en elkeen oor sy eie gesin nagedink het, het dit redelik duidelik geword dat "die perfekte gesin" vandag net so ‘n realiteit soos die tandmuis is.
Elke gesin het sy probleme, sy onenighede, sy konflikte en sy swart skape. En tog het God jou gesin baie liewer as wat jy ooit kan dink. Dit is die rede waarom Hy Jesus gestuur het om te sterf en weer op te staan. Sy doel was om vergifnis en nuwe lewe vir elke lid van jou gesin te bring.
Maar hier lê die knoop. Ek en jy kan gebedsbyeenkomste, bywoon, ons kan kerk toe gaan, ons kan vir ons gesin preek totdat ons blou in die gesig is en niks verander nie. Soms is dit God se tydsberekening. Ander kere is dit ons eie skynheiligheid. Ja, indien dit nie die kernprobleem is nie, kan dit beslis 'n groot bydraende faktor tot ons disfunksionele gesin wees.
Wanneer ons gesindhede en optrede nie met ons woorde stryk nie, kan óns self die grootste struikelblok wees, wat verhoed dat God ons gesinsverhoudings genees. Ons vind die rede in …
1 Korintiërs 4:20: Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om 'n lewe in die krag van God. (NLV)
Jesus wil eers jóú lewe verander. Jesus se doel is om jou te snoei, jou te vorm, jou nederig te maak en jou daardeur te bemagtig om sy ambassadeur vir jou gesin te wees.
Jou woorde sal nie die liefde van Christus aan jou gesinslede bewys nie, maar jou optrede en jou houding sal. Hou dus op met praat en begin doen. Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om 'n lewe in die krag van God.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Deuteronomium 5:8-10 Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek die Here jou God eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.
Dis tragies wanneer sonde van geslag tot geslag oorgedra word. ’n Alkoholis se seun loop ‘n baie groter risiko om ook een te word. 'n Kind wat mishandel is, is baie meer geneig om ook te mishandel en te misbruik wanneer hy groot word. Erfsonde wat so oorgedra word, is ‘n groot werklikheid.
Ek het 'n wonderlike pa gehad wat 'n dobbel-verslawing gehad het, waarvan ek as kind nooit bewus was nie. Dis iets waarteen hy my beskerm het en waarvoor ek hom ewig dankbaar sal wees, omdat hy dit nie aan my oorgedra het nie.
Maar dit is nie altyd die geval nie. Soos ons gesien het, word sonde dikwels van geslag tot geslag oorgedra. Ek wonder watter oorgeërfde invloed jy vandag beleef en watter stryd jy dalk ervaar.
Oordink dit in die lig van hierdie kragtige Woord van God in:
Deuteronomium 5: 8-10 Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek die Here jou God eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.
Net hier gee God ons die keuse om óf voort te leef met ons oorgeërfde sonde óf om die ketting te breek. Ons moet besluit om voort te gaan om die pyn en ellende van hierdie sonde op toekomstige geslagte oor te dra, of om deur ons bekering, ‘n bron, waaruit sy goedheid en seën sal vloei, te word. Wat kies jy?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Romeine 5:3-8 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Jy het seker al somtyds gedink: "As my gesin maar net so normaal soos al die ander mense s'n was!" Nouja, dis snaaks, maar op een of ander manier glo ons steeds in die sprokie van die "perfekte gesin." Regtig? Ons kan net sowel in die tandmuis en Kersvader glo.
Ek wil vandag ‘n gedeelte uit die Bybel met jou deel, wat op die oog af niks met jou gesin te doen het nie, en tog …
Romeine 5:3-8 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Jesus het vir my en vir jou gesterf toe ons nog sondaars was; ja, terwyl ons opstandig en oneerbiedig was. Hierdeur het Hy vir ons gewys hoe lief Hy ons het.
Nouja, sal jy dieselfde vir jou gesin doen, wanneer hulle deur ‘n moeilike tyd gaan? Sal jy vir hulle deur jou geduld, jou hoop en jou opoffering wys hoe lief jy vir hulle is? Wel, sal jy?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Genesis 3:11-15 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”
‘n Mens hoor baie dikwels predikers soos ek praat oor hoe die perfekte Christelike gesin veronderstel is om te lyk. Maar wat van die disfunksionele gesinne? Wat van die gebroke huisgesinne?
Daar is baie gebroke huisgesinne daar buite en as jy toevallig een van hulle is, of ken, dan is vandag se boodskap vir jou. Weet jy, Adam en Eva was gelukkig en tevrede, totdat hulle in opstand gekom het en die vrugte van dié een boom geëet het, wat God hulle uitdruklik verbied het om van te eet.
Genesis 3:11-15 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.” En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”
Sonde skeur gesinne uitmekaar. Wanneer ons God verwerp en kies om ons eie paadjie te loop, is die impak op ons gesinne rampspoedig.
In watter toestand jou gesin ook al is, kan jy die verlede nie verander nie, maar jy kan 'n baie beter toekoms omhels. Jy kan sommer nou besluit om jou trots te sluk en die Here jou God met elke asemteug te eer.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Josua 24:15 Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
Elkeen van ons, moet een of ander tyd kies – óf om in Jesus te glo en Hom as Here te dien, óf om Hom te verwerp en ons eie pad te volg. Daar is geen middeweg nie.
Om Jesus te volg is 'n keuse, wat ek hoop jy ook, soos ek, reeds gemaak het. Maar dit bly 'n keuse wat ons voortdurend moet maak, dag vir dag, gedagte vir gedagte … in alles wat ons sê en doen, vir die res van ons dae hier op aarde.
Deesdae is die neiging om selfsugtig te leef en meer aan jouself te dink, as aan jou gesin en familie. Ja, ek weet, sommige kulture is inderdaad familiegesentreerd. Maar hierdie Westerse lewenstyl met sy welvaart het sy tentakels so stewig om ons almal gevou, dat selfs mense in daardie kulture besig is om hul kollektiewe, familie-georiënteerde leefwyses te verloor.
Dis waarom hierdie Bybelvers so tydig is. Dit maak nie saak waar jy woon of uit watter kultuur jy kom nie, luister wat staan in:
Josua 24:15 Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
Maar weet jy, dat die besluit om God lief te hê en om in Jesus Christus te glo, en ons lewens vir Hom te leef, net soveel oor ons gesinne gaan, as oor ons as individue.
Jou gesin is baie belangrik vir God, baie belangrik! Jy moet kies wie jy en jou gesin sal jy dien!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
1 Korintiërs 7:32-38 Ek wil hê julle moet vry wees van sorge. Die ongetroude man gee aandag aan die dinge van die Here, aan hoe hy die Here kan behaag. Die getroude man gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe hy sy vrou kan behaag, en sy aandag is verdeel. Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag. Dit alles sê ek vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe en in onverdeelde toewyding aan die Here. As iemand meen dat hy teenoor sy verloofde onbehoorlik handel deur nie te trou nie, en sy begeertes te sterk word en hy voel dat hulle behoort te trou, laat hom doen wat hy graag wil: laat hulle gerus trou. Dit is nie verkeerd nie. Maar as iemand in sy eie gemoed oortuig is dat hy nie moet trou nie, en hy nie onder enige dwang verkeer nie, maar volle beheer oor sy eie wil het, en hy by homself besluit het om nie te trou nie, doen hy 'n goeie ding. Dus, hy wat met sy verloofde trou, doen goed. Wie egter nie trou nie, doen beter.
Vandag wil ek graag 'n belangrike waarheid oor enkellopendes bespreek. Miskien is dit nie van toepassing op jou nie, maar jy ken seker iemand met wie jy dalk vandag se boodskap kan deel.
Of ons daarvan hou om dit te erken of nie, diegene wat getroud is, het die neiging om neer te sien op diegene wat nie getroud is nie. Het jy al ooit gevind dat jy wonder, wat is verkeerd met hom; of hoekom is sy nog enkellopend?
In Japan, byvoorbeeld, is daar ‘n neerhalende term vir 'n enkellopende vrou - hulle noem haar ‘n "mooi Kersfeeskoek." Maar ons wys nie die vinger na die Japannese nie, want daardie neiging, om te wonder wat die probleem met volwasse enkellopendes is, strek oor alle kulture. En dit is daardie neiging wat ek graag vandag wil aanspreek en in perspektief wil plaas:
1 Korintiërs 7:32-38 Ek wil hê julle moet vry wees van sorge. Die ongetroude man gee aandag aan die dinge van die Here, aan hoe hy die Here kan behaag. Die getroude man gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe hy sy vrou kan behaag, en sy aandag is verdeel. Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag. Dit alles sê ek vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe en in onverdeelde toewyding aan die Here. As iemand meen dat hy teenoor sy verloofde onbehoorlik handel deur nie te trou nie, en sy begeertes te sterk word en hy voel dat hulle behoort te trou, laat hom doen wat hy graag wil: laat hulle gerus trou. Dit is nie verkeerd nie. Maar as iemand in sy eie gemoed oortuig is dat hy nie moet trou nie, en hy nie onder enige dwang verkeer nie, maar volle beheer oor sy eie wil het, en hy by homself besluit het om nie te trou nie, doen hy 'n goeie ding. Dus, hy wat met sy verloofde trou, doen goed. Wie egter nie trou nie, doen beter.
Moenie neersien op diegene wat enkellopend is nie. Hulle s'n is verreweg die hoër roeping!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
1 Korintiërs 7:8,9 Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek. Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie, moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.
Alhoewel die meeste mense uiteindelik trou, is daar heelwat mense wat nie trou nie. Om deesdae ongetroud te bly, kom baie meer algemeen voor as wat ons kan dink. Maar ongelukkig kyk sekere mense na die enkellopendes en wonder wat fout is met hulle.
Ek is nie geroepe om enkellopend te wees nie. Ek is mal oor die feit dat ek 'n hegte, warm en intieme verhouding met my pragtige vrou het. Maar dit is nie vir almal die geval nie. Ons lees in:
1 Korintiërs 7:8,9 Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek. Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie, moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.
Waarom sê die apostel Paulus dat dit goed is om ongetroud te bly? Wel, ons sal môre daarna kyk, want om enkellopend te bly, is ‘n hoër roeping.
Indien jy dus nie die behoefte voel om te trou nie, moet dan nie trou nie! Moenie toelaat dat sosiale druk of die verwagtinge van ander mense jou in 'n verhouding dwing wat nooit bestem was nie. Jy is nie minder van 'n mens as gevolg van jou enkellopende status nie.
Maar as jy enkellopend is en jy smag daarna om te trou, moenie ‘rondkuier’ nie. Wag vir God om vir jou die regte sielsgenoot te bring. Wag vir die een wat Hy vir jou gekies het. Want dit is baie erger om met die verkeerde persoon getroud te wees, as om nie getroud te wees nie!
En terloops, aan al ons getroudes ... kan ons in hemelsnaam ophou om diegene wat enkellopend is, te oordeel. Deur die eeue was van die grootste geloofshelde enkellopende mans en vroue.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Hebreërs13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
In die wêreld waarin ons leef, waar ons toestelle, wat 'n paar jaar gelede as superrekenaars beskou sou kon word in ons handpalms kan vashou, was die versoeking om ontrou te wees aan jou huweliksmaat, nog nooit so groot soos vandag nie.
Ja, dit is 'n ontsaglike sosiale probleem. Hierdie toestelle skeur huwelike op ‘n groot skaal uitmekaar - of dit nou is om onbehoorlike aanlyn-verhoudings aan te knoop of om na pornografiese inhoud te kyk ... Maar kyk wat staan in:
Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
Wanneer ek so ‘n versie lees, wil ek graag die oorspronklike Grieks waarin dit geskryf is, opsoek. En hierin sê die skrywer dat die huweliksbed nie besoedel moet word nie.
Dit is een ding om te sê ... moet dit nie doen nie! Dit is 'n ander ding om te vra: Hoe kry ek dit reg? Maar hoe op dees aarde kry ons dit reg om nie toe te gee aan die versoeking om ontrou te wees, wanneer die verskriklikste, onvanpaste inhoud die hele tyd onder ons neuse gevryf word?
Die antwoord is: deur jou huwelik te eerbiedig. Maak seker dat jou huwelik met die emosionele en fisiese intimiteit, wat God van die begin af vir die huwelik bedoel het, gevul is. Dit is sy geskenk vir beide man en vrou.
Moenie julleself van mekaar weerhou nie. Moenie jou lewe met jou neus in jou selfoon leef, waar jy permanent deur nuusflitse op jou sosiale media verlei word nie.
Daardie verwaarlosing is op sigself ‘n ontering van jou huwelik. Nee moenie moeilikheid soek nie!
Die huwelik moet deur almal geëer word. En elke huwelik moet deur beide man en vrou rein gehou word.
Meneer en mevrou … eer jul huwelik. Gee julleself aan mekaar sodat julle nie in versoeking beland en onder die oordeel van God kom nie!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
1 Korintiërs 7:15 Maar as die ongelowige huweliksmaat daarop aandring om te skei, laat dit dan so wees. In sulke gevalle is die Christenbroer of -suster nie verplig om met die huwelik voort te gaan nie. God wil immers hê dat julle in vrede lewe.
So baie mense vra: “Laat God egskeiding toe?” Dis nogal ‘n netelige kwessie. Baie kerke hanteer egskeiding as 'n onvergeeflike sonde en glo dat wanneer jy geskei is, jy nie weer kan trou nie. Maar wat sê God se Woord hieroor?
Vir my is dit nie 'n teoretiese vraag nie. Ek het my hart vir die Here Jesus gegee juis toe my eerste vrou my vir 'n ander man verlaat het. Drie jaar later het ek vir Jacqui, ‘n wonderlike vrou met wie ek nou getroud is, ontmoet. Destyds, soos vandag nog, is die belangrikste ding vir my om God bo alles te eer, dis selfs belangriker as my begeerte om met Jacqui te trou.
Ek moes dus teruggaan na die Bybel en vasstel of hertrou Bybels is … of nie?
1 Korintiërs 7:15 Maar as die ongelowige huweliksmaat daarop aandring om te skei, laat dit dan so wees. In sulke gevalle is die Christenbroer of -suster nie verplig om met die huwelik voort te gaan nie. God wil immers hê dat julle in vrede lewe. (NLV)
Dit beteken letterlik, dat die een wat agterbly “nie meer gebind is nie,” met ander woorde dat die persoon vry is om weer te trou. Maar die een wat in die eerste plek egbreuk gepleeg het, sal ongelukkig steeds 'n egbreker wees, al trou hulle weer. Wat 'n ontsettende tragedie!
Maar luister. God is 'n God van barmhartigheid en van genade. Egskeiding en egbreuk is nie onvergeeflike sondes nie. Nee, dit is nie.
Jesus het aan die Kruis gesterf sodat elkeen wat hul geloof in Hom stel, volkome vergewe kan word. Hy het sy bloed gestort om ons skoon te was. Onthou dit, indien jy, of iemand vir wie jy lief is, hulself in hierdie moeilike, pynlike situasie bevind ….
Die bloed van Christus reinig ons van alle sonde. Plaas jou vertroue in Jesus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Matteus 19:8,9 Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie. Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk.”
Ek is al deur die pyn en die trauma van egskeiding en ek kan vir jou sê dat hierdie “maklik trou, maklik skei-houding” van die hedendaagse samelewing teenoor die huwelik, skokkend is.
Die houding teenoor egskeiding verskil van kultuur tot kultuur. Maar selfs in die plekke waar die egskeidingsyfer uiters laag is, is daar baie huwelike wat op papier bestaan, maar in praktyk nog net begrawe moet word.
Ek verstaan dat sommige mans skobbejakke is. En God haat dit. En dan is daar sommige vrouens wat hulself fisies en emosioneel van hulle mans afsluit. God haat dit ook.
En daar is tye wanneer egskeiding die enigste opsie is. Wanneer ’n vrou en haar kinders geslaan word, moet hulle vlug. Wanneer 'n vrou keer op keer egbreuk pleeg, moet die huwelik baie keer beëindig word. Maar hierdie “maklik trou, maklik skei-houding” … was nooit God se plan nie. Dit is steeds nie. Toe die godsdiensleiers gevra het waarom Moses uiteindelik egskeiding toegelaat het, het Jesus geantwoord:
Matteus 19: 8,9 Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie. Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk.”
Soos ek gesê het, God laat in uiterse gevalle egskeiding toe. Ongelukkig kom daardie "uiterse gevalle" deesdae heeltemal te dikwels in hierdie wêreld voor. Maar behalwe vir owerspel of geweld, word ons beveel om by mekaar te bly, om as één te leef en om hard te werk om die huwelik te herstel.
Hoekom vind egskeidings plaas? Omdat ons weier om God se leiding te aanvaar.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners