God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Skeiding en Egskeiding (1)

    Send us Fan Mail

    Maleagi 2:13-16 Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie, en julle vra: “Waarom dan nie?” Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar 'n nageslag moet wees wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie. Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie. 

    Huweliksontrou en egskeiding word deesdae dikwels eerder as ‘n aanvaarbare leefstylkeuse beskou, as gruwelike verraad. Maar dit was nooit God se plan nie. Nooit nie!

    Ek praat vandag met julle as iemand wie se eerste vrou hom vir 'n ander man verlaat het; ‘n man wat ek as 'n goeie vriend beskou het. Egskeiding...Dit gebeur net. Mense koel af. Beweeg aan. Maar die tragedie van ontrouheid maak so diep seer, dat geen woorde dit kan beskryf nie. Indien jy dit al ooit oorweeg het om ontrou te wees; jou verbeel het dat jy nie meer so verlief op jou vrou is nie en begeer het om in die arms van ‘n ander een, wat nie joune is nie, te wees, luister wat staan in:

    Maleagi 2:13-16 Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie, en julle vra: “Waarom dan nie?” Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar 'n nageslag moet wees wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie. Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.

    Ja, moenie ontrou aan mekaar wees nie. Moenie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Om Uitmekaar te Dryf

    Send us Fan Mail

    Hooglied 2:15 “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot. 

    Ons gesinne is ongelooflik belangrik vir ons. Ongelukkig is daar soveel gesinne wat probleme ondervind. Soveel gesinne het, kom ons noem hulle maar ... "issues". En dan is daar baie gesinne wat reeds uitmekaar geskeur het.

    Die meeste Christelike boodskappe wat jy oor gesinsverhoudings sal vind, val onder die opskrif: "Hoe om 'n Goddelike Gesin te wees" en dit is goed en wel. Ja, ons wil hê dat ons gesinne onder die liefdevolle hand van God moet saamstaan.

    Maar wat van gesinne wat sukkel? Wat van gesinne met egskeidings, of ontrouheid, of … wel, jy weet? Wat van hulle? Vandag en vir die volgende twee weke, is dit waaroor ons hier op VARS gaan gesels. Sukkelende gesinne. Gebroke gesinne. Enkellopendes. Allerhande dinge waaroor daar nie eintlik baie in Christelike kringe van gepraat word nie.

    Begin met hierdie werklikheid in:

    Hooglied 2:15 Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

    Daar is heeltemal te veel huwelike wat as gevolg van die kompromieë wat mense maak, uitmekaar geskeur word. Kom ons kyk na ‘n paar sulke kompromieë: Jy flankeer met iemand anders, in plaas van met jou huweliksmaat. Jy laat daardie klein irritasies toe om 'n wig tussen jou en die een vir wie jy lief is, in te dryf. Julle vergeet om tyd vir mekaar te maak. Jy stel meer belang in jou selfoon as in dít wat jou geliefde sê.

    Hierdie kompromieë is die begin van die einde vir jou gesin. Moet hulle nie toelaat om wortel te skiet nie. Doen iets daaraan!

    Vang daardie jakkalsies - die klein jakkalsies wat jou wingerd verniel. Want jou huwelik is veronderstel om te blom.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Foute Wat Vrouens Maak (2)

    Send us Fan Mail

    Spreuke 21:19; 27:15 Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.… Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf.

    Om beskryf te word as ‘n ‘twisgierige vrou’ is baie onaangenaam en ‘n onwelkome stereotipe wat baie vroue sal ontstel. En dis geregverdig. Maar daar is sommige vroue wat só aan hul mans neul, dat dit hul huwelike skade berokken.

    Kyk, as 'n man sê hy sal iets doen, sal hy. Dit is nie nodig om hom elke ses maande daaraan te herinner nie!!! Ja, toemaar, ek weet ons mans kan uiters frustrerend wees. Hoeveel keer het 'n vrou al vir haar man gevra om iets te doen en hy doen dit nie; of om iets nie te doen nie, en hy doen dit!

    Maar hier is die vangplek, vrouens - as jy jou man as jou eie, persoonlike selfdoen-verbeteringsprojek begin sien! Hy is stukkend. Hy moet reggemaak word! En dit … dit is waar die gekerm begin. En hoe meer sy neul, hoe meer sal hy 'n Bybelse reaksie hê en haar ignoreer. Ja, dit staan in die Bybel! Glo jy my nie? Hier in:

    Spreuke 21:19 Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.… 

    Hierop kan vrouens met verontwaardiging uitroep: "Dit moes 'n man gewees het wat dit geskryf het!" Ja, dit was! Maar dit is waar. Kyf sal haar verhouding met hom nog verder versuur, want dit beroof hom van sy rus en vrede.

    Spreuke 27:15 Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf.

    Ja-nee, dis ook deur 'n man geskryf – dapper koning Salomo, wyse ou kêrel wat hy was! Grappies op ‘n stokkie, daar is 'n paar dinge wat 'n vrou nooit aan haar man sal verander nie (en dit werk ook omgekeerd). ‘n Gedurige geneul vernietig huwelike.

    Dis jul besluit vrouens: sal julle hom liefhê net soos hy is, met al sy gebreke en swakhede, of sal julle jul huwelik dood-neul?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Foute Wat Vrouens Maak (1)

    Send us Fan Mail

    Spreuke 31:10-12 'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

    Die grootste fout wat ek ervaar wat vrouens in hul huwelike maak, is om sodra die kinders bykom, hul mans na die derde, vierde of vyfde plek in die gesinshiërargie te verskuif. Dis ‘n groot fout.

    Net ingeval jy dink dat ek besig is om vroue te probeer afkraak, wil ek net verduidelik dat ons die afgelope paar dae gesels het oor die grootste foute wat mans maak. Ek gaan konsentreer op die vrou se rol om God se wysheid aan haar gesin oor te dra en om haar gesin te herstel en te versterk.

    Die verhouding wat 'n ma met haar kinders het, is inderdaad baie spesiaal. Sy het hulle immers in haar liggaam gedra en aan hulle geboorte gegee - 'n band wat ons as mans beslis nie kan begryp nie.

    Maar sonder 'n man en pa, sou daar geen kinders wees nie. En sonder 'n sterk verhouding tussen ‘n vrou en haar man, sê ek vir jou, gaan daardie kinders die spoor byster raak en gaan daardie gesin uitmekaar val. As jy 'n vrou is, luister wat staan in:

    Spreuke 31:10-12 'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

    Die perfekte vrou is iemand op wie haar man kan staatmaak; sy is haar hele lewe lank goed vir hom, sy veroorsaak nooit moeilikheid vir hom nie. Dit stel ‘n baie hoë standaard, nè?

    Vrouens, jou man moet op jou kan staatmaak as jy verwag dat hy jou sal beskerm en vir jou sal voorsien. As jy jou huwelik sterk wil hou, is dit hoe jy dit doen. Moenie hom afskeep en ander prioriteite bo hom stel nie, maar wees altyd goed vir hom en moenie vir hom moeilikheid veroorsaak nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Foute Wat Mans Maak (2)

    Send us Fan Mail

    Efesiërs 6:1,2,4 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod... En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

    Te veel mans het hulself, beide as eggenote en vaders, emosioneel van hul gesinne afgesluit. En juis daar is een van die grootste foute wat ons as mans ooit kan maak, want in die afwesigheid van godvrugtige, betrokke manne, breek gesinne op groot skaal uitmekaar.

    Jy weet hoe dit gaan. Ons is so verdiep in ons werk en bring sulke lang ure by die werk deur, dat ons teen die tyd wat ons by die huis kom, geen meer brandstof in ons tenks oor het nie.

    Wat gebeur, is dat ons onsself in ons eie wêreld terugtrek om ons batterye te herlaai. Ja, dit is tot op 'n punt geregverdig, maar die probleem ontstaan nou, dat ons nooit uit daardie afgetrokke selfgesentreerde plek kom nie. Dit lei daartoe dat soveel mans nie meer deel is van die alledaagse dingetjies waarin die gesin betrokke is nie.

    Ons hou op om dié dinge te doen, wat ons as mans veronderstel is om te doen, naamlik om ons vrouens lief te hê, ons kinders te dissiplineer, ons tienerdogters aan te moedig, en om 'n steunpilaar vir ons seuns te wees wanneer hulle deur 'n moeilike tyd gaan. 

    Ongelukkig sal baie vrouens vir jou sê dat hul mans hul leiersrol geabdikeer het en opgehou het om die moeilike kwessies tuis te hanteer.

    Efesiërs 6:1,2,4 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod... En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

    Manne, dit is julle taak om julle kinders te leer om hulle pa en hulle ma te eer. Dit is harde werk. Dit gaan nie daaroor om hulle te irriteer nie, maar om die wysheid en die liefde van God by hulle te vestig. Hoe? Deur hulle te wys hoe om te lewe op 'n manier wat die fondamente van die lewe vir toekomstige geslagte sal lê. Dit verg enorme energie. Dit vra diep emosionele betrokkenheid.

    Meneer, raak betrokke, begin om jou plek vol te staan.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Foute Wat Mans Maak (1)

    Send us Fan Mail

    1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

    'n Man kan so 'n klipkop wees wanneer dit by gesinsake kom. Regtig! Op een of ander manier stop ons nooit om te dink aan wat ons gesinne werklik van ons nodig het nie. Gevolglik hou ons aan om dieselfde foute telkemale te herhaal.

    Die grootste fout wat mans maak – en dit is een wat ek al te dikwels gemaak het – is om hulle vrouens oneerbiedig te behandel. God se plan vir ons gesinne is dat die gesin op 'n rotsvaste, dog teer eenheid tussen man en vrou gebou moet word.

    Dit is 'n eenheid wat elke keer gebreek word wanneer ons, as mans - luister gerus mooi, ouens - 'n gebrek aan respek toon vir die een persoon op hierdie planeet, wat die belangrikste persoon in ons lewe behoort te wees. 

    1 Petrus 3:7 … Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

    Die moeilikste ding vir enige man is om sy vrou ten volle te verstaan - ek dink dit is nogal 'n lewenslange ontdekkingsreis! Nietemin, word ons as mans geroep om met meer begrip met ons vrouens saam te leef, want hulle is immers baie anders as ons.

    Ja, ons weet, sy is fisies swakker, tog is dit juis in daardie konteks wat God mans beveel om vir hul vrouens respek te toon. Hoe? Moenie kwaai woorde gebruik nie. Moenie haar voor ander verneder of haar waarde as persoon ondermyn nie. Moet nooit enige fisiese geweld gebruik nie. Nee, onder geen omstandighede nie!

    En weet jy, God voel so ernstig oor hierdie opdrag, dat indien ons ongehoorsaam is, Hy sal ophou om na ons gebede te luister.

    Mans, leef met begrip saam met julle vrouens en respekteer hulle!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Onvolmaakte Mense

    Send us Fan Mail

    Matteus 7:3-5 Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

    Is jy dapper? Want hier kom 'n ongemaklike vraag! Wie, in jou familie, irriteer jou die meeste? Ek het jou gewaarsku! Komaan! Is dit jou man of vrou, een van die kinders, 'n ouer, die skoonfamilie? Watter een pla jou die meeste?

    Ja, hulle sê mos jy kan jou vriende kies, maar jy kan nie jou familie kies nie. In sommige kulture slaag mense nogal daarin om baie beter familieverhoudings te hê as ander, maar hoe ryker en meer individualisties ons word, hoe meer werk sommige familielede op ons senuwees.

    Wat in baie gevalle gebeur, is 'n skeuring in die familie. So praat ouers, kinders, broers en susters of skoonouers al jare lank nie met mekaar nie. Wag, hier is 'n onthulling! Dit is nie wat God in gedagte gehad het nie! Nouja, hoe gaan jy dit regstel? Hoe word jy 'n instrument in sy hande om genesing vir jou gesin te bring? Wat sê Jesus hieroor:

    Matteus 7:3-5 Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

    Dit is tyd om van jou troontjie af te klim, hand in eie boesem te steek en te erken dat jy dalk 'n rol in jou familie se probleme speel! En dalk is dit tyd om verantwoordelikheid vir jou aandeel in die verbrokkeling te aanvaar?

    My maat, God het jou familie lief. Hy wil jou familie genees. Laat dit by jou begin.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Dis Nie Maklik Nie!

    Send us Fan Mail

    Genesis 3:16,17 Vir die vrou sê Hy: “Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers.”

    Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak.

    Kan ek jou vandag ‘n netelige vraag vra: hoe gaan dit met jou gesin? Hoe diep en hoe sterk is julle gesinsverhoudings? Want kom ons erken dit, in hierdie vinnige, tegnologie-ontwrigte wêreld waarin ons leef, is gesinsverhoudinge nie eenvoudig nie.

    Het jy al ooit gedink: “Dit behoort tog baie makliker as dít te wees!” Maar om een of ander rede het jou gesin probleme wat ander mense se gesinne blykbaar nie het nie.

    Ons het onlangs tydens ‘n vakansie 'n lieflike paartjie ontmoet wat blykbaar alles het – hulle is afgetree, welgesteld, hulle het 'n pragtige huis buite die dorp, hulle is gelukkig getroud ... ja, dit lyk na die perfekte prentjie.

    En tog, agter die fasade van hul oënskynlik idilliese lewe, lê 'n baie belangrike probleem met hul volwasse kinders. Dit het my net weer laat besef dat daar nie iets soos die perfekte gesin bestaan nie. En daar is 'n rede daarvoor:

    Genesis 3:16,17 Vir die vrou sê Hy: “Ek sal jou swangerskap moeilik maak; met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers.”

    Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak.

    Ons leef in 'n gevalle wêreld, 'n sondige wêreld. 'n Wêreld vol spanning en druk. 'n Wêreld vol onvolmaakte mense. Sien jy, dit is nie net jou gesin nie. Elke gesin het sy eie probleme. Elke gesin het sy eie stryd. Maar onthou dat God ontsettend lief is vir elke gesin. Hy het jou gesin … ook liewer as wat woorde ooit kan beskryf.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God se Meesterplan

    Send us Fan Mail

    Genesis 2:24 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

    Ons is geneig om ons gesinne as vanselfsprekend te aanvaar. Die meeste van ons het as deel van 'n gesin grootgeword. Baie van ons het al ons eie gesinne. Maar hierdie sogenaamde idee van "gesin" voldoen nie heeltemal aan ons verwagtinge nie, of hoe?

    Die ideale gesin is 'n gelukkige en liefdevolle man en vrou, die perfekte pa-en-ma-kombinasie, met 'n klomp gelukkige, gesonde, goed aangepaste kinders. Dis die prentjie wat ons elkeen in ons koppe het. Vir baie gesinne, miskien selfs vir die meeste, verskil die werklikheid hemelsbreed.

    Soveel mense, oud en jonk, is verwond deur hul gesinsverhoudings, of gebrek daaraan. Laat ons dus 'n tree terug gee. God het die mensdom geskape, manlik en vroulik. Hy het ons geskep, sodat ons ... 'n gesin kan word.

    Genesis 2:24 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

    Almal is natuurlik nie getroud nie ... maar ons sal anderdag oor enkellopendes praat. Die meeste mense trou, maar hoe maklik is dit om van God se bloudruk te vergeet: dat 'n man sy ouers sal verlaat en letterlik aan sy vrou verbind word. Hy verplaas dus sy lojaliteit van sy ouers na sy vrou. Die twee word een – fisies, emosioneel en geestelik. Hierdie man en hierdie vrou, twee aparte mense, word een. En net daar is die fondament van gesin en dan familie. Dit is God se plan; dis sy bloudruk.

    Twee … word … een.

    Nouja, as jy 'n getroud is, kan ek jou vra … is jy en jou sielsgenoot een, of is julle nog twee? Wees eerlik. Want as julle steeds twee is … dan is jou gesin reeds besig om uitmekaar te skiet.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Praat met God oor jou Gewoontes

    Send us Fan Mail

    Lukas 5:16 Maar Jesus het Hom gereeld in 'n verlate plek afgesonder om te bid. (NLV). 

    Hier is 'n kragtige waarheid wat ons nooit moet vergeet nie. God wil ons, vir jou en vir my, help om ons lewens in die oorwinning, waarvoor Jesus gesterf en opgestaan het, te leef. Oorwinning oor ons sonde en oorwinning oor ons omstandighede.

    Die ander waarheid, wat ons nooit uit die oog moet verloor nie, is dat ons inwillig om te sondig. Ja, jy weet dit is die slegte gewoontes waarin ons verval het, wat ons telkens van die oorwinning beroof.

    Dit is juis om daardie rede dat ons dit so nodig het om ons lewens, ons gewoontes, ons passies, ons begeertes en ons planne in gebed na God te neem. Want die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, is die soort wat kragtige resultate het - soos jy my al ‘n duisend keer hoor sê het. 

    Lukas 5:16 Maar Jesus het Hom gereeld in 'n verlate plek afgesonder om te bid. (NLV).

    Kom ons beskou die saak:  Jesus het nooit die kleinste, kleinste titseltjie sonde gedoen nie. Maar, wanneer het Hy gegaan om te bid?– Dikwels. – Waarheen het hy gegaan? – Weg na ‘n verlate plek. – Waarom het Hy weggegaan? – Om alleen te wees sodat Hy kon bid. Weet jy, nadat Jesus sy krag en heerlikheid prysgegee het om 'n mens te word, het Hy geweet dat Hy die wysheid en die krag wat Hy nodig het om alles te doen waarvoor Hy geroep is, by sy Vader kon kry.

    Hoeveel te meer het ek en jy dan nie nodig om ons hele menswees in gebed voor God te bring nie? Om met Hom te praat oor daardie ingeburgerde gewoontes wat ons keer op keer in sonde laat struikel.

    Bring dit dus dikwels in gebed voor God. Vra vir sy krag en sy wysheid in jou stryd om werk te maak van jou verkeerde gewoontes, om jou vry te maak ….

    Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners