
Sign up to save your podcasts
Or


Send us Fan Mail
Prediker 4:5,6 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. Tog is ’n hand vol met rus beter as twee hande vol met moeite en ’n gejaag na wind. (NLV)
As iemand na jou toe kom met ‘n aanbod wat ‘lewenstevredenheid’ waarborg - daardie diep bevrediging wat spruit uit 'n vrugbare en gebalanseerde lewe - sou jy die aanbod aanvaar? Ek is redelik seker die meeste van ons sal.
Ja, ons weet dis waarna ons diep in ons hart smag. Ons begeer ‘n balans in die lewe wat tevredenheid bring. Aan die een kant wil ons ons gawes en vermoëns gebruik om sukses te bereik, aan die ander kant, wil ons genoeg tyd hê om die vrug van ons arbeid te geniet.
Deesdae noem ons dit balans tussen werk en lewe. Nouja … hoe lyk jou werk-lewe-balans? Vir sommige mense tiep die skaal na die kant van te veel werk, nie genoeg plesier nie, en vir ander is dit presies die teenoorgestelde.
In 1965 het die beroemde Britse rockgroep: ‘The Rolling Stones’ 'n treffer gehad met hul liedjie I Can't Get No, Satisfaction. Dit het 'n gevoelige snaar geprikkel (‘n doelbewuste woordspeling) met die ongebalanseerde lewens wat mense in die sestigs gelei het.
Met al die tegnologie wat ons lewens vandag oorheers, het die lewe dalk sedertdien baie meer ongebalanseerd geraak. Is dit iets nuuts? Glad nie. Kyk wat sê koning Salomo in die jaar ongeveer 960 v.C. in:
Prediker 4: 5,6 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. Tog is ’n hand vol met rus beter as twee hande vol met moeite en ’n gejaag na wind. (NLV)
Is dit nie beter om tevrede te wees met die paar dinge wat jy het, as om altyd te sukkel om meer te kry nie? God het reeds drie duisend jaar gelede hierdie hele werk-lewe-balans wat ons hier in die 21ste eeu so ontwrig, deur Salomo laat opteken.
Kan ek jou vra om mooi na te dink oor hierdie vraagstuk: Is jou begeerte om bloot meer besittings te hê, besig om jou lewe te verwoes?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Prediker 4:4 Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
Ek glo in harde werk! Maar soos ek ouer en hopelik 'n tikkie wyser geword het, het ek agtergekom dat harde werk 'n donker en gevaarlike skadukant het. Dis daardie kwesbare deel waaroor ons vandag gaan gesels.
Deesdae is die begeerte na sukses in baie mense se lewens die middelpunt van hulle bestaan. En in ‘n mate is dit seker ‘n goeie ding om ambisieus te wees. Maar heeltemal te veel mense offer die belangrikste dinge in hul lewens op. Ek was destyds self skuldig hieraan. Sukses word vir jou belangriker as jou huwelik. In jou brandende begeerte om suksesvol te wees, loop jy ‘n belangrike deel van jou kinders se grootword mis, en jy maak ook nie tyd om ‘n positiewe bydrae tot jou gemeenskap te lewer nie.
Hoekom werk mense so hard? Of, ‘n belangriker vraag is: hoekom werk ék so hard? As dit jou pla, dan sal jy nie die eerste wees nie. Kyk wat die wyse koning Salomo van Israel sowat drieduisend jaar gelede gesê het in:
Prediker 4:4 Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
Hier is ‘n strikvraag vir jou: As jy iemand is wat geneig is om jouself te oorwerk, hoeveel daarvan, spruit uit jaloesie; doodeenvoudige jaloesie? Hoeveel daarvan doen jy omdat jy nie wil hê iemand anders moet meer as jy hê nie?
Hier is ‘n woord van waarskuwing: Salomo het destyds al geweet dit is sinneloos. Dit is net so betekenisloos soos om die wind te probeer vang.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Rut 2:4 Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”
Enige getroude persoon onder ons sal vir jou kan sê dat hulle huweliksmaat so nou en dan iets heeltemal onverwags doen. Jy het gedink jy ken hulle ... maar helaas!
En dit is wonderlik, want dit hou die lewe interessant. Die waarheid is dat jy ‘n ander persoon nooit regtig honderd persent sal ken nie, selfs al is jy al vir vyftig jaar of langer met hulle getroud.
Kom ons pas nou daardie verskynsel op ons verhouding met God toe. Weet jy, al smag ons daarna om Hom te ken, is Hy so groot, almagtig, alomteenwoordig, vry van die beperkings van tyd - wat ons lewens beheer - dat Hy ons so dikwels, en baie meer as enigiemand wat ons ken, verras.
As jy al ooit die boek, Rut, in die Ou Testament gelees het, sal jy weet dat sy op 'n jong ouderdom, as weduwee na 'n vreemde land getrek het. Sy was so lojaal teenoor haar skoonma, Naomi, dat God, sonder dat sy dit geweet het, besluit het om haar te seën.
Rut was besig om gerwe op te tel, toe die eienaar van daardie landery haar opgemerk het.
Rut 2:4 Boas het toe juis self uit Betlehem daar aangekom en hy het vir die snyers gesê: “Mag die Here by julle wees,” en hulle het hom geantwoord: “Mag die Here u seën.”
En as jy die res van die verhaal volg, sal jy sien dat Rut en Boas uiteindelik trou, en dat Rut, ‘n Moabitiese vrou, een van slegs drie vroue is, wat in die geslagsregister van Jesus, in Matteus Hoofstuk een, genoem word.
Met watter doel praat ek vandag oor die geskiedenis van ‘n vrou wat as ‘n heiden beskou was? Ek wil beklemtoon dat God nie in 'n boksie gesit kan word nie. Moenie toelaat dat jou verwagtinge van Hom so onbeduidend klein is, dat jou verhouding met Hom afdaal tot op ‘n menslike, alledaagse vlak nie, want Hy sal baie dikwels jou voete onder jou uitslaan en jou met groot seëninge verras.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
1 Petrus 4:8-10 Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.
Ek is 'n feilbare, onvolmaakte mens net soos jy, en ek begeer om onder alle omstandighede eerlik, openlik, deursigtig en eg te wees. Wel, vandag is een van daardie dae waar ek myself as 'n voorbeeld gaan gebruik en my swakhede aan die kaak gaan stel.
Dis hoe my daaglikse roetine lyk: Ek berei boodskappe soos hierdie voor. Ek gaan na radio-en televisie-ateljees om die boodskappe op te neem en ek is verantwoordelik vir ‘n bediening wat letterlik miljoene mense daagliks met die Goeie Nuus van Jesus bereik. Dit klink fantasties, nè?
Maar weet jy, ek is nie van nature die soort persoon wat by 'n bushalte gaan sit, 'n gesprek met iemand aanknoop en van Jesus begin vertel nie. Dit is 'n talent waaroor ek nie beskik nie.
Hier is die probleem – ek troos myself, dat ek my deel bydra, en dat ek nie daardie persoonlike gesprekke hoef aan te knoop nie. Ek sal dit aan iemand anders met daardie talent oorlaat. Maar kyk wat sê Petrus hieroor in:
1 Petrus 4: 8-10 Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.
Om mense innig lief te hê, 'n maaltyd met hulle te deel, aan hulle God se genade te bewys ... dit is alles dinge wat van aangesig tot aangesig geskied. Hulle is soms morsig, moeilik en ongerieflik. Maar hulle is vir God baie belangrik!
Wat ook al ons gawes en roeping mag wees, dit bly jou en my plig om mense persoonlik op te soek, om hulle innig lief te hê en om hulle te dien. Dit geld vir ons albei, vir jou en vir my … want dit is hoe God lewens verander – hulle s’n en ons s'n.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.
Ek dink ek kan met honderd persent sekerheid sê, dat ek en jy albei mense ken wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Hulle probeer dit dalk wegsteek, maar jy kan sien dat hulle beslis swaarkry.
Kom ons praat maar kaalkop die waarheid en erken dat ons dikwels, so gefokus, so selfgesentreerd, so besig is met al die verskriklike belangrike dinge wat ons moet doen, dat ons nie tyd maak om daardie mense by te staan nie.
Ons kan baie maklik vinnig raadgee, 'n klop op die skouer uitdeel, 'n oplossing vir hulle probleme voorstel ... maar is dít wat hulle regtig wil hê? Is dít wat hulle regtig nodig het?
Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.
Dit lyk vir my om hierdie gesindheid van deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld en verdraagsaamheid te kweek, tyd neem. Dit gaan nie daaroor om 'n vinnige pleistertjie op te plak nie; dit vereis 'n omgee-hartsgesindheid. Die teoloog en skrywer Paul Allen het gesê:
In moeilike tye wil mense nie vertel word om die blink kant bo te hou nie. Hulle wil weet jy is aan hulle kant. Al kan jy hulle nie help om beter te voel nie, kan jy hulle altyd help om te voel dat jy omgee. Die beste manier om mense te ondersteun, is nie om hulle op te beur nie. Dit is om by hulle te wees wanneer hulle jou nodig het.
Wie is daar in jou invloedsfeer wat nou deur ‘n moeilike tyd gaan? Het jy al tyd gemaak om te stop, om te kyk, om hulle te raak te sien, om daar te wees vir hulle, en om vir 'n slag aan hulle kant te wees? Wel, het jy?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Jesaja 9:5 : Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Hierdie vraag wat ek nou aan jou gaan stel, mag effens absurd klink: Het jy al ooit in Juliemaand Kersfees gevier? Nee, ek is ernstig. Het jy al ooit daar by jou Kersfees in Julie gevier?
Ek woon in die Suidelike Halfrond en met Kersfees wat in Desember gevier word, beteken dit natuurlik dat dit gedurende die warmste deel van die somer val.
En nou het sommige restaurante hier by ons besluit om in Julie (wat vir ons die koudste maand van die winter is) 'n “Kersfees-in-Julie-ete” met al die tradisionele kosse en garnering aan te bied, sodat ons daardie maaltyd te midde van die kouer weer kan ervaar. Raar, maar waar...
En dit het my aan die dink gesit. Waarom beperk ons die koms van God se Seun, Jesus, na hierdie aarde toe, tot 'n paar dae in Desember? John MacArthur, die bekende pastoor en Bybelonderwyser stel dit so:
Baie mense vier met entoesiasme die geboorte van Christus tydens Kersfees, net om Hom die res van die jaar te ignoreer, te vermy en te verwerp.
Hy slaan die spyker op die kop, nè? Hoeveel mense gaan slegs een keer per jaar, op Kersdag, kerk toe? Is dít die ware betekenis van Kersfees? Kyk wat het die profeet Jesaja eeue voor Jesus se geboorte, oor Jesus gesê in:
Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
‘n Wonderlike Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors - dit lyk vir my of die koms van Jesus - die moeite werd is om dwarsdeur die jaar te vier. Kan ek jou nou maar weer vra, het jy al ooit Kersfees in Julie gevier?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Matteus 6: 33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Christene praat sommer baie maklik oor die “Koninkryk van God”- dit klink so eenvoudig. Maar wag 'n oomblik. Weet ons regtig wat dit beteken? Is ons bereid om te aanvaar wat dit beteken?
Deesdae is daar ‘n handjievol konings wat oor hul lande regeer. Hulle het beperkte uitvoerende mag en beklee eintlik hoofsaaklik net simboliese posisies. Maar in Jesus se tyd het ’n koning die mag van lewe en dood oor sy onderdane gehad.
Dit was dwarsdeur Israel se geskiedenis so, en beslis van toepassing op Caesar, toe die land deur die Romeine beset was. Wanneer Jesus dus van “die koninkryk van God” praat, praat Hy van absolute heerskappy en gesag. Kom ons kyk wat Jesus hieroor sê in:
Matteus 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Met ander woorde, in plaas daarvan om al die dinge wat ek en jy in hierdie lewe wil hê na te jaag (en as ons eerlik is, is daar baie wêreldse dinge om te begeer), behoort die ding wat ons die meeste begeer, die koninkryk van God te wees. Dit behels om sy absolute heerskappy en gesag te aanvaar en om Hom te gehoorsaam en sy wil uit te voer. Is jy bereid om Hom Koning van jou lewe te maak - jou absolute prioriteit te maak … of nie?
Glenn Bleakney, ‘n Bybel-getroue leraar stel dit so: Sommige mense behandel God soos Saul vir Dawid behandel het: hulle wil hê Hy moet die reuse doodmaak en demone wegjaag, maar Hy moet nie as Koning regeer nie!
Om Jesus te volg beteken om tot bekering te kom; om weg te draai van jou sonde en om sy Gees toe te laat om jou lewe te transformeer, sodat, terwyl jy sy heerskappy as jou eerste prioriteit in jou lewe najaag, jy Hom gehoorsaam. Is dit wat jy regtig wil hê?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Romeine 1:5 Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.
Ek sien deesdae nogal baie mense op sosiale media wat beweer dat hulle apostels, profete en soortgelykes is. Ja, dis reg, dit is tog gawes waarvan die Nuwe Testament praat. Maar is hulle eg? Bestaan hulle werklik?
Dit is ou nuus dat die waarheid van die Evangelie van Christus vir gemene gewin misbruik en verdraai word. Dit gaan al vir eeue aan.
Maar tussen die swendelaars is daar diegene wat werklik deur God gesalf is om sy wil aan die samelewing en in ons lewens te openbaar. Soos ek gesê het, in Efesiërs 4:11 in die Nuwe Testament, is dit baie duidelik dat daar wel begaafde apostels, profete, evangeliste, herders en leraars is.
Die dilemma is hoe om te bepaal watter van hulle eg is - wie praat die waarheid en openbaar die wil van God, en wie verdraai die waarheid vir hulle eie gewin?
Wel, hier is die antwoord, soos die apostel Paulus in die 1ste eeu n.C. aan die kerk in Rome skryf:
Romeine 1:5 Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.
Paulus het beweer dat hy 'n apostel is. Die werk van 'n apostel is om mense te lei om in Jesus te glo en Hom te gehoorsaam, en om dit alles te doen om Christus te eer. Ek het al gehoor dat mense sê dat ons 'n profetiese kultuur geskep het, wat verslaaf is daaraan om God te hoor, maar allergies is om Hom te gehoorsaam.
Daar steek baie waarheid daarin. As iemand beweer dat hy namens God praat, moet hulle jou tot geloof in Jesus en gehoorsaamheid aan sy Lewende Woord oproep. As hulle dit nie doen nie, moet jy nie na hulle luister nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Romeine 8:35,37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
Baie van ons sukkel om kop bo water te hou met alles wat deesdae in die wêreld daar buite aangaan; om nie eens te praat van die normale daaglikse goedjies wat ons moet hanteer nie. Maar is die lewe nie veronderstel om meer betekenisvol te wees as om net bloot te oorleef nie?
Ek het absoluut geen idee wat op die oomblik in jou lewe aangaan nie - die goeie, die slegte en selfs die lelike. Maar jy weet presies wat aangaan, nè? En God weet ook. En jy kan seker wees dat die duiwel dit ook weet. En weet jy, hy sal jou swakhede probeer uitbuit, om jou van God af weg te lok en jou te verniel.
En wanneer jy sukkel; wanneer die duiwel rondomtalie met jou emosies speel, voel dit inderdaad asof God al hoe verder van jou af wegbeweeg.
Maar, as jy jouself ooit in so ‘n situasie bevind, dan is dit tyd om heeltemal anders na jou penarie te kyk. Omdat gevoelens wispelturig is, is hulle alte dikwels ver van die van werklikheid verwyder. Maar kom ons kyk waarna ek verwys, as ek praat van die werklikheid in jou situasie:
Romeine 8:35,37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
God se liefde is so ongelooflik, so geweldig groot, so diep, so sterk, so getrou dat niks – niks – jou van die liefde van Christus kan skei nie. Nie eers verdrukking of benoudheid of vervolging of hongersnood of naaktheid of geweld, kan ons van sy Liefde skei nie. Niks nie!
En as gevolg van daardie groot liefde, wil Hy hê dat jy ‘n oorwinnaar moet wees - dat jy jou emosies, en die moeilike situasie waarin jy verkeer, of wat jou ook al pla of teister, oorwin; nie net om dit te hanteer nie. Trouens, die waarheid is dat jymeer as ‘n oorwinnaar is, deur Hom wat vir jou liefhet.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Johannes 15:16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.
Het jy jouself al ooit beskou as iemand wat in die vrugtebedryf werk? Iemand wie se werk dit is om goeie vrugte te dra, dit te produseer en te versprei? Want as jy 'n volgeling van Jesus is, is dit presies die bedryf waarin jy betrokke is.
Jy is absoluut uniek. Onder die meer as 8 miljard mense op die planeet wat op hierdie oomblik leef, dié wat voor ons gelewe het, en diegene wat na ons sal kom; was daar, is daar tans en sal daar nooit weer, iemand soos jy wees nie.
Wat 'n wonderlike gedagte om jou eie te maak en oor na te dink. Jy is absoluut enig in jou soort! Dit beteken dat jy dinge het waaroor jy passievol is, wat dalk nie eers in my gedagtes opkom nie; dinge waartoe jy in staat is, wat die res van ons nooit eers sal kan doen nie.
En as jy in Jesus glo, weet dit:
Johannes 15:16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.
Kan jy dit dink, dat Jesus jou - ja, vir jou - gekies het, al het Hy presies geweet wie jy is, waaroor jy passievol is en waarvan jy nie hou nie. En Hy het vir jou hierdie opdrag gegee: om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. Prys die Here, dat die vrugte wat jy produseer, heeltemal anders sal wees as die vrugte wat ek produseer.
Verstaan jy dus dat die dinge waaroor jy passievol is, nie toevallig is nie; dit is jou roeping. Weet jy wat gebeur wanneer jy daardie passie van jou in die naam van Jesus, vir Sy eer, najaag?
Jy is daar buite in die wêreld en produseer ewige vrugte in jou eie lewe en die lewens van ander. Dit is presies hoe dit veronderstel is om te werk.
En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners