
Sign up to save your podcasts
Or


Send us Fan Mail
Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
Die versoeking om die verkeerde ding te doen, is iets wat ons omtrent elke dag in die gesig staar. En ons kan óf daarvoor swig – soos wat baie mense doen - óf ons kan volhard en dit weerstaan. Wat doen jy?
Soos met enigiets in die lewe, kan ons óf passief óf proaktief in die hantering van die versoekings wees. Passiewe mense gaan saam met die stroom. Passiewe mense blameer dikwels ander vir hul ellende. Passiewe mense het 'n teiken op hul bors geverf waarna ons vyand, die duiwel, maar te gewillig is om keer op keer te mik.
Dink mooi, is jy passief of proaktief as dit by die versoekings in jou lewe kom?
Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
Die uitdaging is om getrou te bly wanneer jy versoek word en daardeur jou geloof te bewys. Geloof sonder werke is dood, nie waar nie? Ons goeie werke is die bewys van ons opregte geloof. Dit is 'n tema wat van begin tot einde, dwarsdeur die Bybel, loop.
Jy weet watter dinge vir jou ‘n struikelblok is. Jy ken jou swak punte. Jy moet voorbereid wees vir die situasie wanneer daardie versoeking jou aanval - nie ás nie, want dit sal verseker gebeur. Wat is jou plan wanneer iemand jou woede ontketen? Wat is jou plan wanneer jy in die versoeking kom om te kul? Wat is jou plan?
Wie, sal sonder 'n plan om die vyand af te weer in ‘n oorlog ingaan wanneer hulle 100% seker is dat die vyand hulle gaan aanval? Dit sal sommer dom wees, nie waar nie?
Nouja, maak 'n plan. Ons weet almal die versoeking sal kom. Dit is proaktief om te volhard.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Jakobus 1:22-25 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen
Een van die grootste dryfvere in ons lewens wat 'n positiewe of ‘n negatiewe invloed kan uitoefen, is die gewoontes wat ons óf tot ons voordeel aankweek óf tot ons nadeel in verval. Hoe gesond is jou gewoontes?
As iemand wat fisieke oefening met ‘n passie haat, het ek vir 'n lang tyd die kenners hoor sê: "Jy moet oefen wanneer jy ouer word," maar ek het nie na hulle raad geluister nie. Totdat ek eendag vroeër vanjaar, so ‘n sterk oortuiging gehad het dat, tensy ek iets doen, my spiermassa en beendigtheid sal aanhou agteruitgaan … en dit, my vriend, hou niks goeds vir my toekoms in nie.
Ek het dadelik daaraan aandag gegee. Ek doen nou elke oggend, behalwe Sondae, sodra ek uit die bed opstaan, soveel opstoot- en hurkoefeninge as wat ek kan, en drie dae per week doen ek 'n paar hoë intensiteit interval-oefeninge om my hartklop op te jaag. En weet jy, ek voel eerlikwaar fantasties. Maar die verandering het nie gekom bloot deur na die kenners se raad te luister nie. Ek was besig om goeie gewoontes te kweek.
Jakobus 1:22-25 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vrymaak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.
So … moenie net daar sit nie. Kom aan die gang.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Hebreërs 10:23-25 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Wanneer ons ons vertroue in onsself en in ons eie vermoëns stel, kan ons vinnig selfvoldaan raak. Maar wanneer jy jou vertroue in God plaas, dan is jy op die wenpad – ja, beslis! Jy kan nooit te veel vertroue in Hom hê nie.
Soos ons gister gesien het, kan ons vashou aan die belydenis van ons hoop op God, want … Hy is getrou; altyd getrou. Hy sal jou nooit, nooit in die steek laat nie. Dit is fantastiese nuus, veral wanneer jou geloof 'n bietjie wankelrig voel.
Maar om dit op jou eie te doen; om jou vertroue in God in isolasie te behou, selfs vir die sterkstes en die vurigstes onder ons, kan 'n opdraande stryd wees. Ons lees in:
Hebreërs 10: 24,25 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Ons geloof, ons vertroue in God, is soos 'n spier. Ons moet gereeld oefen om dit sterk te hou. Daarom is dit so 'n wonderlike gewoonte om saam met medegelowiges tyd te deur te bring, mekaar lief te hê, mekaar te dien en gereeld saam te kuier.
Maar om dit te versuim, is die ergste gewoonte waarin jy moontlik kan verval, want God het ons gemaak om as broers en susters in Christus 'n gesin te wees waar ons mekaar ondersteun, dien en bemoedig. Hierdeur bly jy sterk in jou geloof. Dit word "kerk" genoem - alhoewel daar baie verskillende modelle van saamwees as die liggaam van Christus bestaan.
Maar hoe jy ook al kies om “kerk” te bedryf … moenie van die samekomste af wegbly soos party se gewoonte is nie, moedig mekaar eerder aan om daarheen te gaan,
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Hebreërs 10:23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het
Myns insiens is daar niks lekkerder as om goeie nuus oor te dra nie. En vandag het ek nie net goeie nuus vir jou nie, ek het ontsettende goeie nuus vir jou. En my gebed is dat jy dit ter harte sal neem.
Soos ek verlede week genoem het, het een van ons luisteraars dringende raad en hulp gevra oor haar kwynende geloof. Sy het die begeerte om haar geloof weer te herstel en te laat bloei. Dit is waarom ons die afgelope paar dae daaraan gewerk het - deur die Woord van God oop te maak, sodat Hy oor daardie geloofsprobleem met ons kan praat.
Hierdie afkoelingsproses gebeur maar een of ander tyd met ons almal. Nouja, kom ons gaan voort met die volgende Bybelvers; die volgende boodskap, die volgende hulpmiddel wat God gebruik om jou geloof te versterk in:
Hebreërs 10: 23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het
Dit is maklik om te sê ons moet vashou aan die hoop en daardie hoop met oortuiging bely, maar dis amper onmoontlik om dit te doen wanneer dinge hopeloos voel, tensy jy 'n rotsvaste anker het om jou hoop op te baseer. En net hier gee God jou daardie rede. Kyk weer … Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
Hoekom kan jy vashou aan daardie hoop? Hoekom kan jy daardie hoop bely? Hoekom kan jy dit doen sonder om te wankel? Omdat God altyd getrou aan sy beloftes is. Hy is getrou om jou deur die offer van Jesus aan die Kruis van jou sonde skoon te was. Hy is getrou om jou tot aan die einde toe styf vas te hou.
In die Naam van Jesus: Hou vas, sonder om te wankel, aan die hoop wat jy bely.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Hebreërs 10:32-36 Dink terug aan die mooi tye van vroeër toe God se lig vir die eerste keer in julle lewens geskyn het. Onthou hoe julle ten spyte van al die opoffering en lyding volhard het. Party van julle was blootgestel aan openbare bespotting; ander weer het hulle vereenselwig met dié wat so behandel is. Julle het saam gely met hulle wat in die gevangenis was en toe hulle julle van julle besittings beroof het, het julle dit met blymoedigheid aanvaar omdat julle geweet het dat julle ’n beter en permanente besitting het. Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV)
Vertroue kan 'n sterk dryfveer in ons lewens wees, mits ons ons vertroue in die regte dinge plaas. Met al die chaos waarin ons deesdae leef, wil ek jou vra: Hoe sterk staan jy?
As jy in Jesus glo, aanvaar ek dat jy op 'n stadium, dalk pas nadat jy Hom as jou Verlosser en Koning aanvaar het, 'n groot ywer, en 'n onwrikbare geloof in Hom gehad het. Jy het destyds na ‘n lewensreis saam met Hom uitgesien.
Maar gaandeweg het die wrede werklikheid van die lewe jou getref. Die daaglikse druk om te oorleef, het aan die vertroue wat jy eens gehad het, begin vreet. Geleidelik het jou geloof eenvoudig begin kwyn … is ek reg?
Die goeie nuus is dat dit nie ‘n nuwe ding is nie. Jy is nie alleen nie, maar ek glo dat God vandag, deur sy Woord en sy Gees, daardie ywer en vertroue gaan herstel; dat Hy vir jou alles gaan gee wat jy nodig het. Is jy gereed?
Hebreërs 10: 32-36 Dink terug aan die mooi tye van vroeër toe God se lig vir die eerste keer in julle lewens geskyn het. Onthou hoe julle ten spyte van al die opoffering en lyding volhard het. Party van julle was blootgestel aan openbare bespotting; ander weer het hulle vereenselwig met dié wat so behandel is. Julle het saam gely met hulle wat in die gevangenis was en toe hulle julle van julle besittings beroof het, het julle dit met blymoedigheid aanvaar omdat julle geweet het dat julle ’n beter en permanente besitting het. Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV)
Deur die krag van die Heilige Gees vra ek jou: moenie jou vertroue laat vaar nie, want dit bring groot beloning.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.
Byna almal wil 'n beter lewe hê - wat dít ook al vir hulle mag beteken! Maar vir baie mense ontbreek daar iets, iets wat hulle dalk verwaarloos, wat hulle keer om daardie lewe te leef.
Sê my, leef jy jou "beste lewe"? Is jy op die plek wat God begeer jy moet wees? Is jy gevul met vreugde en tevredenheid, selfs wanneer jy daardie hobbels in die pad tref? Of moet jy, as jy eerlik wil wees erken, dat daar iets in jou lewe skort?
En as jy werklik daardie vervulde lewe begeer, hoe ernstig is jy daaroor? Smag jy werklik daarna om die lewe in al sy volheid te leef; om die oorvloedige lewe wat Jesus vir jou kom gee het, te leef en baie vrugte te dra?
Ek verstaan dat hierdie vrae selfondersoek vereis en selfs 'n bietjie ongemaklik kan wees. Maar die rede waarom ek jou vra om hierdie vrae te oorweeg, is dat indien jy voel dat jou lewe nie is, wat dit kan of behoort te wees nie; en as jy regtig, met jou hele hart daardie lewe, wat God vir jou wil gee, wil hê, dan is hier drie dinge in jou lewe, wat dalk ontbreek:
Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.
Sommige mense is, sonder om doekies om te draai, nie bereid om ‘n poging aan te wend om erns met God te maak nie. Die oorspronklike Griekse begrip hiervan is dat ons “traag” is om te volhard, wat presies die teenoorgestelde van ywer of spoed of gretigheid en deeglikheid beteken.
Ja, dis ongelukkig so, sommige mense wil daardie beter lewe hê, hulle wil die Here dien, maar hulle is net nie ernstig genoeg daaroor nie. Ken jy so iemand?
Wees gretig, wees vurig, wees passievol, kom aan die gang! God wag vir jou met 'n lewe wat veel beter gaan wees as enigiets wat jy jou kan voorstel.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Jesaja 41:9,10 jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
Glo jy in Jesus? Indien wel, dan is jou geloof in Hom veronderstel om jou oorwinning te gee. Oorwinning oor jou sonde en oorwinning oor jou omstandighede. Die kombinasie van die twee kan dikwels problematies en intimiderend wees.
Jy weet baie goed wanneer jy deur jou rebellie teen God jouself in ‘n doodloopstraat bevind, en dan kom die onweerswolke ingerol; die weerlig; die donderweer ... dit is 'n skrikwekkende plek om te wees. Des te meer omdat dit ten minste gedeeltelik jou eie skuld is.
Maar dit is die lewe, die lewe van 'n onvolmaakte mens soos ek of jy. En as ons gaan praat oor jou geloofsgroei – dit is wat ons hierdie week op VARS doen – moet ons vir 'n oomblik saam in die donker, skrikwekkende doodloopstraat tot stilstand kom … en toelaat dat God sy Lig op daardie plek laat skyn.
Jesaja 41: 9,10 Maar jy, my dienaar, Israel,... jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
My gebed is dat jy vandag hierdie Lewende Woord van Hom in jou hart sal ontvang, en sonder ‘n sweempie twyfel, sal weet dat God jou sal red daar waar jy in jou doodloopstraat sit op moedverloor se vlakte.
Weet jy, dat dit juis op daardie plek van wanhoop is, waar God se genade en barmhartigheid in oormaat vir jou beskikbaar is. Moet nooit moed verloor nie. Moet nooit die oorvloedige liefde van Christus onderskat nie. Want daar in jou desperate doodloopstraat is die beste plek om sy liefde eerstehands te ervaar.
God wil jou geloof in Hom versterk, daar waar jy vassit in ‘n doodloopstraat en jy totaal van Hom afhanklik is.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Romeine 10:17 Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
Hoekom moet ouers en onderwysers oor en oor vir kinders aanmoedig en vermaan om hulle selfvertroue te bou en hulle plek in die samelewing te vind? Oor en oor. Hoekom is dit so?
Al moet ek dit self sê, is dit 'n baie goeie vraag. Hoekom kan jy jou kinders nie net een keer berispe of vermaan en dit word ‘n permanente deel van hul mondering nie? Enigiemand wat 'n ouer is, ken die frustrasie daarvan om 'n miljoen keer vir kinders dieselfde ding te moet sê! Hoe frustrerend is dit nie? Hoekom luister hulle nie net die eerste keer nie?
Kinders is kinders! Maar kan jy dan net vir ’n oomblik jouself indink in hoe God oor mense soos ek en jy moet voel - daardie gevoel van frustrasie … Hoekom luister hulle nie net na My nie?
Wel, dit is 'n groot vraag Here. Hoekom luister ons nie? Die antwoord is … ons luister eenvoudig nie.
Romeine 10:17 Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
Die rede vir hierdie antwoord is vir baie van God se mense tweeledig. Eerstens lees hulle nooit hul Bybels nie en tweedens, wanneer hulle dit doen (of wanneer hulle 'n boodskap hoor), maak hulle nie erns daarmee nie. Dit bly kop-kennis en sak nie na hulle harte toe af nie.
Gister het ons gesels oor die gevare om onsself deur ongelowiges te laat beïnvloed. Dié soort mense wat ons geloof ondermyn. Wel, hier is die positiewe keersy van daardie muntstuk: wanneer ons na God luister, en sy Woord in ons harte ontvang; versterk dit ons geloof en dít laat ons groei.
Wat van jou? Wat beïnvloed jou die meeste? Jou ongelowige vriende, die politieke bog wat op jou sosiale platforms flits, of die gewaagde programme wat jy op Netflix kyk … of die Woord van God? Dit is 'n ontnugterende vraag, nè?
Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
2 Korintiërs 6:14,15 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?
Ons geloof in God, joune en myne, is nie veronderstel om soos die maan in grootte toe te neem en af te neem nie. Nee, God se plan is om ons geloof te laat groei en dit deur al die lief en leed in ons lewens, tot ons voordeel en tot sy eer te versterk.
Gister het ons, op versoek van iemand wat elke dag hierdie VARS boodskappe volg, 'n klein mini-reeks afgeskop oor die versterking van ons geloof. En gister het ons gesels oor twee geloofsaboteurs – die bagasie wat ons uit die verlede ronddra wat ons groei belemmer, en die sonde wat ons laat struikel.
Vandag gaan ons kyk na 'n derde geloofsaboteur - mense in wie se geselskap ons tyd deurbring.
2 Korintiërs 6:14,15 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?
Natuurlik gaan ons altyd deur mense, wat nie in Jesus glo nie, omring wees. Dit is hoe dit moet wees. Ons behoort die lig van sy liefde in hulle lewens te laat skyn. Maar let op hoe God praat van die aard van daardie verhoudings, wanneer Hy sê ons moet nie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg, of hoe kan ons dieselfde belange hê?
Wat God hier sê, is dat hoe sterker daardie verhoudings word, en hoe meer ons toelaat, dat diegene wat nie in Jesus glo nie, selfs diegene wat hul lewens proaktief teen Jesus leef, ons beïnvloed, hoe meer sal ons beginsels deur hul boosheid in gevaar gestel word.
Wil jy jou geloof in God laat groei? Moet dan nie toelaat dat ongelowiges jou van Jesus af wegtrek nie. Dit gaan alles oor die mense in wie se geselskap ons tyd deurbring.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Hebreërs 12:1,2 Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
Het jy al ooit gevind dat jou geloof in God afneem? Lank gelede, ja, lank-lank gelede, was jy aan die brand vir die Here. Maar nou het daardie vuur uitgebrand tot net ‘n paar gloeiende kole op jou beste dag, en ‘n hoop grys as op jou slegste dag.
'n Rukkie gelede het een van die mense wat elke dag hierdie VARS-boodskappe ontvang, hulp gevra met haar kwynende geloof. Sy wil hê dit moet die hele tyd sterk wees. Kan jy dit asseblief in jou daaglikse boodskappe behandel om my te help, het sy gevra. Ek doen dit graag; daarom skop ons vandag af met 'n mini-reeks om haar geloof, en joune, te versterk!
God wil graag hê dat jou geloof in Hom groei! Maar om dit te doen, het Hy jou en my samewerking nodig. Omdat daar dinge is wat óns doen, wat ons geloof skade aandoen.
Hebreërs 12:1,2 Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
Die groot geloof van die geloofshelde van die Bybel en die gelowiges wat ons omring, is bedoel om ons op ons geloofsreis aan te moedig. Dis goed en wel, dis hoe dit moet wees. Maar hier lê die vangplek:
...laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik,
Watter bagasie dra jy rond wat jou spoed vertraag? Aan watter sonde hou jy vas, wat jou laat val? Jy sal ontslae moet raak van daardie dinge wat teen jou geloof werk. Dit is 'n belangrike eerste stap om jou geloof te laat groei.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners