Sign up to save your podcasts
Or

Send us Fan Mail
Matteus 2:3-6 Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe: “En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.”
Daar is kragte in hierdie wêreld wat poog om die Evangelie - om die Goeie Nuus van Jesus - stil te maak en om God se mense die geleenthede te ontneem om oor God se liefde vir hierdie wêreld, te praat.
Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Hulle harte is in werklikheid swarter as swart en wil, soos die satan self, mense van daardie ewigheid in die Teenwoordigheid van God, wegtrek.
Toemaar, ek is nie ‘n samesweringsteoretikus nie. Dit is presies wat in die Bybel staan. Dit het, duisende jare gelede alreeds begin toe koning Herodes probeer het om Jesus as 'n baba dood te maak.
Matteus 2:3-6 Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe: “En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.”
Jy ken dalk die res van die storie, van hoe Herodes die wyse manne, wat Jesus kom aanbid het, probeer manipuleer het; en hoe Maria en Josef met Jesus na Egipte gevlug het, voordat Herodes al die Joodse seuntjies onder twee jaar oud vermoor het.
Daardie magte van die bose het van die begin af probeer om die Goeie Nuus van Jesus Christus stil te maak. Maar dit was tevergeefs. Want – en luister hierna – die Goeie Nuus van Jesus sal en kan nie stilgemaak word nie!
Al ervaar jy ook al baie teenstand, moenie bang wees om mense van die liefde van God in Jesus Christus, te vertel nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
1 Korintiërs 1:4,5 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. (NLV)
Wat is bo-aan jou gebedslys? Wat is die seëninge wat jy hoop om binnekort uit die hand van God te ontvang? Waarvoor vra jy Hom gereeld?
Ons het almal iets waarna ons hunker… en partykeer is dit so seer en sensitief dat ons dit nooit met enigiemand behalwe God self kan deel nie. Ons gaan vandag oor jou onopgeloste saak gesels.
1 Korintiërs 1:4,5 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. (NLV)
Terwyl jy na daardie een ding smag, is dit so maklik om te vergeet dat jy, volgens God se Woord, reeds in elke opsig geseën is. En dit is die waarheid. A.W. Tozer stel dit so:
Soms gaan ek na God en sê vir Hom: 'God, as U nooit weer terwyl ek op hierdie aarde lewe een van my gebede verhoor nie, sal ek U steeds solank ek lewe en in die eeue wat kom, eer vir die gebede wat U reeds verhoor het.' Ek is al so ver in die skuld by God, dat as ek een miljoen millennia sou leef, ek Hom nooit sal kan betaal vir alles wat Hy vir my gedoen het nie.” Tozer gaan voort om te sê ...
God is nooit haastig nie. Daar bestaan geen spertye vir Hom nie. As ons dit verstaan, het ons vrede in ons harte en ons senuwees bedaar … Miskien verg dit ‘n sterker geloof om God te loof vir seën wat ons nog nie ontvang het nie; as vir dié wat ons reeds ontvang het.
My vriend, jy is met genade oorlaai. Wees dus rustig terwyl jy wag vir die daardie één spesiale gebedsversoek se vervulling.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Psalm 100:4,5 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
Wanneer jy op 'n klipperige pad ry, wanneer die lewe meer opdraandes as afdraandes het, is die realiteit dat selfs die vriendelikste en mees bemoedigende dinge wat iemand vir jou sê, op een of ander manier die teiken mis; op een of ander manier slaag dit nie daarin om te help nie.
Gedurende hierdie week het ons gesels oor die lief en leed van die lewe en hoe om, veral teen daardie lang opdraandes, daarop te reageer.
As ons kyk na wat ons tot dusver geleer het, kom dit op drie beginsels neer: Eerstens, eer God in alles wat jy doen en ten spyte van hoe moeilik die lewe raak, doen dit alles vir Jesus. Tweedens, God is op hierdie reis saam met jou en smag daarna om jou te vertroos en te red. En derdens hoe jy 'n gesindheid van dankbaarheid kan hê, omdat daar geen einde aan sy onvoorwaardelike liefde is nie.
Dis alles net mooi klinkende woorde indien jy nou besig is om deur 'n moeilike tyd gaan. En daar bestaan ‘n groot moontlikheid dat daardie kragtige waarhede soos vet op ‘n warm klip sal wees. Maar wanneer God daardie selfde dinge deur sy Woord sê, is daar krag, wat ‘n seer hart sal aanraak en tot die bron van pyn sal deurdring, op 'n manier wat die woorde van geen mens ooit sou kon doen nie. Kyk na wat hierdie God vir jou sê in:
Psalm 100:4,5 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
Wat ook al jou probleem is, of wat jou ook al op hierdie oomblik pla; mag sy Woord jou gees laat sweef; mag die lewensveranderende waarheid van God se getroue liefde op hierdie oomblik, en vir ewig, 'n diepe vreugde in jou hart bring.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Psalm 34:17,18 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.
Ek weet nie van jou nie, maar ek staan elke dag met ‘n lied in my hart uit die bed uit op. ’n Nuwe dag, nuwe geleenthede … maar party dae werk dinge eenvoudig nie so fantasties uit nie.
Jy weet waarvan ek praat. Jy staan op met 'n positiewe gesindheid en dan is dit asof die lewe 'n hele vrag vol rommel op jou kop gooi, en dit stink... Ek het dan sulke goeie planne vir hierdie dag gehad!
Wel, raai wat, dinge gaan nie elke dag fantasties uitwerk nie. Ons ken die ou, ou storie, nie waar nie? Jy voel moedeloos wanneer daardie gevoel van magteloosheid en teleurstelling jou beetpak. En as hierdie negatiewe dinge te lank aanhou, tree moedeloosheid in.
In hierdie lewe gaan daar moeilikhede wees wat ons uitdaag. Kyk op wie het koning Dawid van Israel vertrou toe hy hierdie woorde neergeskryf het in:
Psalm 34:17,18 As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.
Sien jy dat God, te midde van jou probleme, daar by jou is? Wanneer jou emosies besig is om jou lewe te verwoes, wanneer teleurstelling jou jou selfvertroue ontneem, wanneer moedeloosheid dreig om jou lewe te ontspoor … is God daar, in die hitte van die stryd, met jou. Ja, by jou!
En dit, my vriend, is die goeie nuus. Die soort nuus wat ek bid dat die Heilige Gees vandag in die situasie waarin jy dit nodig het, onuitwisbaar op jou hart sal skryf. Maak dit jou eie, vind jou vrede daarin en bowenal …
Bid tot die Here, want die Here hoor.... Hy sal jou deur al jou benoudhede, gebrokenheid en moedeloosheid nie alleen laat nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Dit maak nie saak wie jy is, waar jy woon of wat jou omstandighede mag wees nie, daar gaan altyd 'n paar dinge wees wat jy net nie wil doen nie. En hoe meer daar van hulle is, hoe moeiliker word die lewe.
Sommige mense staan in beroepe wat hulle haat. Sommige mense is in huwelike wat hulle haat. Sommige mense … wel, jy verstaan die trant van die gesprek. En al is jou situasie oor die algemeen redelik aangenaam, gaan daar steeds 'n paar dinge in jou lewe wees, wat jy net nie geniet nie.
As jy saam met my in Jesus glo, is die vraag: wat maak jy met daardie onaangename dele van jou lewe? Hoe hanteer jy hulle op 'n wyse wat eer aan God bring? As jy ernstig daaroor is om Jesus te volg, en om Hom te eer, en om Hom te behaag, en om Hom te verheerlik, en as Hy jou nommer een prioriteit is, dan is dit presies die vraag wat jy moet vra: Hoe eer ek God deur daardie aaklige dele in my lewe?
Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Die antwoord is redelik eenvoudig: doen dit alles vir Jesus. Wat van daardie moeilike persoon wat jou gereeld afkraak? Staan sterk en wees lief vir hom met die liefde waarmee Christus jou liefgehad het toe jy jou rug op Hom gedraai het. Daardie werk wat jy verafsku? Gaan soek nuwe geleenthede, gaan elke dag en doen meer as jou plig om die lig van Christus se liefde in daardie mense se lewens te laat skyn.
Kom ons kry 'n openbaring: die lewe gaan nooit perfek wees nie!
En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Psalm 136:1 Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Dankbaarheid is 'n gesindheid wat baie voordele inhou. Trouens, navorsing toon dat dankbare mense gelukkiger en gesonder is en selfs beter slaap! Die vraag is dus, pluk jy die vrugte daarvan?
Wel, ek dink dit hang af van hoe dankbaar jy oor jou lot in die lewe is. Ja, ek weet, soms gaan ons deur situasies waar dit voel asof ons nie baie het om voor dankbaar te wees nie. En vir party mense lyk dit of daardie situasies net nooit ophou nie.
Dit lyk asof party mense die lotto gewen het, want hulle lewe lyk na 'n voorspoedige, gesonde en gelukkige lewe. Ander mense woon in oorlog sones, of te midde van erge armoede, onderdrukking, mishandeling, siekte en epidemies. Deel daarvan is die selfsugtige politiek en ekonomiese stelsels waaronder ons leef. Ja, dit kan wees, maar dit is nie altyd nie. Soms blyk dit dat party mense blote geluk het.
Maar wie jy ook al is, wat ook al jou lot in die lewe is, daar is tog 'n paar goeie dinge om oor opgewonde te raak en 'n paar moeilike dinge wat ons verwar, nie waar nie? Hoe jou omstandighede ook al vir jou voel; hier is 'n kragtige stukkie goddelike raad vir jou in:
Psalm 136:1 Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Maar onthou, deur al jou voor- en teëspoed is daar een konstante ding: die onwankelbare liefde van die Here vir jou wat vir ewig voortduur. Vir altyd en altyd! Deur die mooi herinneringe en deur die beproewinge. Deur elke vreugde en elke hartseer. Deur elke geboorte en elke dood.
En dit is om daardie rede dat ek en jy met 'n gesindheid van dankbaarheid kan leef. Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Dankbaarheid. Geniet die voordele.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Kolossense 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
Tradisies het hul voordele en hul nadele. Aan die een kant gee hulle binne die samelewing 'n morele struktuur aan ons gedrag ... wat 'n positiewe ding is. Aan die ander kant, wel ... kom ons kyk.
Ek wonder of jy aan 'n goeie tradisie in jou konteks kan dink; een wat waarde tot die gemeenskap waarin jy woon, toevoeg. Vir my is iets so eenvoudig soos om die deur vir 'n dame oop te maak en haar toe te laat om voor my deur te stap, 'n goeie tradisie (alhoewel selfs dít word deesdae bevraagteken).
Maar daar is ander sogenaamde “tradisies" wat openlik beperkend is; daar is byvoorbeeld leiers wat, in plaas daarvan om die mense wat onder hulle is, te dien, oor hulle heers. Sulke reëls is self ontwerpte reëls wat die elite pas. En wanneer dit in 'n Christelike gemeenskap by geloofsake kom, is daar talle selfgemaakte reëls wat ongelooflik gevaarlik is.
Toe ek 'n kind was, was ek verplig om die ring aan die biskop se vinger te soen – iets wat ek duidelik geweier het om te doen. Dit blyk dat my instinkte destyds nogal in die kol was.
Kolossense 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
Dit is redelik duidelik, nè? Ja, in enige sosiale konteks, ook in ‘n Christelike gemeenskap, is daar, na regte, beperkings op ons gedrag. God vergewe nie slegs al ons verkeerde dade deur die dood en opstanding van Jesus nie, maar Hy beveel ons ook om gehoorsaam te wees.
Die beste raad is om maar altyd seker te maak dat ons Hom gehoorsaam – dat ons doen wat Hy in sy Woord, die Bybel, sê – en nie mensgemaakte reëls of menslike tradisies volg nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail
Kolossense 2:6,7 Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. (NLV)
As sosiale wesens moet ek en jy ons onafhanklikheid, sowel as ons interafhanklikheid ontwikkel – die vermoë om op onsself te vertrou, en die vermoë om met ander mense saam te werk. Dit maak sin, nè?
Maar weet jy, daar bestaan 'n werklike gevaar om dit alles te ver te voer. Ons word so maklik wêreld-afhanklik, eerder as Christus-afhanklik. Ons begin leef asof ons lewens net van ons, en diegene rondom ons, afhang.
En dit is 'n probleem, want elke mens op hierdie planeet het hul swakhede. En elke persoon in jou wêreld (insluitend jy self!) sal jou uiteindelik in die steek laat.
Dit is hoekom 'n ongebalanseerde afhanklikheid van mense uiteindelik 'n uitputtende stryd word, want dit kom noodwendig ten koste van 'n regte en behoorlike vertroue op God self.
Kolossense 2: 6,7 Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. (NLV)
Dit is tog vanselfsprekend, dink jy nie so nie? Jy moet net op Christus staatmaak en lewe en krag uit Hom put.
Die waarheid is dat hoe meer afhanklik ons van mense word, hoe meer wêrelds sal ons gesindheid wees. Hoe meer Christus- afhanklik ons word, hoe meer sal ons soos Christus word. En die kruks van die saak is, dat hoe meer Christusgesentreerd ons word, waar die sonde in ons lewens oorwin is, hoe meer sal ons 'n gesonde selfkennis hê en hoe meer sal ons in harmonie met ander mense kan saamwerk.
Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Jy moet net op Christus staatmaak en lewe en krag uit Hom put.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Hebreërs 12:26 b, 27-29 “Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien. Want daar staan ook: “Ons God is ’n verterende vuur.” (NLV)
Die onmenslik en wrede aanslag van hierdie wêreld teen die Christene duur al tweeduisend jaar lank. Maar dit het deesdae ‘n hoogtepunt bereik, aangesien meer Christene in die laaste honderd jaar gemartel is, as in die volle19 eeue voor dit tesame.
Die argumente wat die wêreld teen die Christelike geloof opper, kan so oortuigend lyk. Die argumente dek ‘n wye front onder andere: die slagveld van seksualiteit; die heiligheid van die lewens van jonk en oud en die eenvoudige argumente van ateïsme, wat almal as skietgoed teen 'n hoogs onvolmaakte kerk gemik is. Ja, my vriend dit is beslis nie maklik om in die 21ste eeu 'n nederige, Bybelgehoorsame Christen te wees nie! Miskien het jy dit ook al beleef?
Maar kom ons tree net vir 'n oomblik terug en kry dinge in perspektief:
Hebreërs 12: 26-29 “...Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien. Want daar staan ook: “Ons God is ’n verterende vuur.” (NLV)
Elke vesting wat teen die koninkryk van God opgerig word, elke argument wat daarteen gemik word, sal eendag vernietig word. Trouens, alles wat geskep is, sal vernietig word en die een ding wat sal oorbly, is die volkome en totaal onwrikbare koninkryk van God.
Wel, te midde van hierdie stryd (wat, terloops deur Christus, alreeds oorwin is) is jou en my werk om nie bekommerd te wees nie; om nie terug te deins voor die aanslag nie en om nie hoop te verloor nie – maar om God te aanbid, Hom te eer en om Hom te vrees.
Skep dus moed. Die koninkryk van God kan nie wankel nie. Skep moed.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Psalm 61:2-5 Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees. U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand. Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels.
Een van die take van enige ouer is om sy kinders te beskerm. En as 'n eggenoot, pa en nou ook ‘n oupa, is dit 'n taak wat ek baie ernstig opneem. Nouja, waarom twyfel ons dan dat God, ons Hemelse Vader, nie sy kinders ook sal wil beskerm nie?
Ons het nou die dag gesels oor die voorspoed en teëspoed van die lewe. Maar soms – hopelik nie te dikwels nie – ontwikkel die negatiewe ervarings tot groot krisisse. Hier is 'n gebedsversoek wat ek nou die dag ontvang het:
Ek het opgehou werk omdat ek aan angs en depressie lei. Ek sukkel finansieel en alles wat ek doen, misluk. Ek kan nie eers in my kinders se behoeftes vir hulle skool se skryfbehoeftes, uniform en fooie voorsien nie.
Sulke situasies neem baie verskillende vorms en groottes aan. Kom ons kyk vandag ‘n bietjie meer indringend na hoe om oor probleme te dink en wat om te doen wanneer ons op moedverloor se vlakte sit.
Psalm 61:2-5 Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees. U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand. Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels.
Koning Dawid, die skrywer van die Psalm, was die grootste koning wat Israel ooit gehad het, totdat 'n heel ander Koning, Jesus, 'n duisend jaar later verskyn het. Tog roep hierdie groot krygsman-koning na God – kyk wat sê hy … . in wanhoop, roep ek na U.
En my vriend, weet jy, as dit goed genoeg is vir 'n dapper krygsman soos Dawid, is dit goed genoeg vir jou en my. Jou God is jou beskermer. Roep na Hom, want dit is 'n taak wat Hy baie, baie ernstig opneem.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners