God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Here Sal By Jou Wees

    Send a text

    2 Timoteus 4:16-18 Toe ek die eerste keer voor die regter gebring is, was daar niemand by my nie. Almal het my verlaat. Ek hoop nie dit sal teen hulle tel nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee om die Goeie Nuus in al sy volheid te verkondig sodat al die nie-Joodse nasies dit kan hoor. En Hy het my van ’n gewisse dood gered. Ja, en die Here sal my verlos van enige kwaad en my veilig in sy hemelse koninkryk bring. Aan God kom die heerlikheid toe, vir ewig en ewig. Amen. (NLV) 

    Om elke dag te leef om God te eer en Jesus te volg waarheen Hy jou ook al mag lei, en om jouself af te sonder van die boosheid, wat die wêreld as die norm in hierdie “verligte era” waarin ons leef, beskou, kan 'n eensame reis wees om te onderneem.

    Daardie sosiale en morele eensaamheid behoort nie vir jou onverhoeds te betrap nie, want wanneer jy God te midde van die verlorenheid van hierdie wêreld dien, swem jy voorwaar stroom-op. En weet jy, daar is absoluut niks nuuts daaraan nie.

    In die jare wat gevolg het op die dood, opstanding en hemelvaart van Jesus, toe die Christendom uit Judaïsme ontstaan het – het baie mense dit heeltemal as onvanpas beskou om die “Evangelie,” die goeie nuus van Jesus, met die heidene te deel. Die Jode was immers God se uitverkore volk.

    Maar die apostel Paulus is geroep om die Goeie Nuus van Jesus met daardie heidense mense te deel. Hier is hoe dit gebeur het:

    2 Timoteus 4:16-18 Toe ek die eerste keer voor die regter gebring is, was daar niemand by my nie. Almal het my verlaat. Ek hoop nie dit sal teen hulle tel nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee om die Goeie Nuus in al sy volheid te verkondig sodat al die nie-Joodse nasies dit kan hoor. En Hy het my van ’n gewisse dood gered. Ja, en die Here sal my verlos van enige kwaad en my veilig in sy hemelse koninkryk bring. Aan God kom die heerlikheid toe, vir ewig en ewig. Amen. (NLV)

    Moet dus nie verbaas wees wanneer jy eensaam voel omdat jy stil, rustig en vriendelik, in gehoorsaamheid jou geloof in Jesus uitleef nie. En mense mag jou ook vermy wanneer jy tyd saam met sondaars deurbring, om God se liefde met hulle te deel, sonder om hulle gedrag goed te keur. Maar moenie bang wees nie. Die Here sal jou tot aan die einde toe beskerm.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Jesus het Gekom Om ...

    Send a text

    1 Johannes 3:8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. 

    Ek het vandag die behoefte om met jou te gesels oor die klein kompromieë wat dalk onverhoeds in jou lewe insluip. Jy weet, daardie "klein jakkalsies wat die wingerd verwoes", dié sondetjies wat volgens jou regtig nie saak maak nie; dié wat jy sommer maklik verdoesel.

    God maak byna geen onderskeid tussen “groot sondes” en “klein sondes” nie. In Galasiërs 5:19 - 21 word onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap en uitspattighede… alles in een lys ingesluit.

    Sien jy, om by die werk onenigheid te veroorsaak, is net so erg soos dronkenskap en orgies. Daar is geen onderskeid nie. Laat ons onsself dus nie bluf dat ons kan wegkom met die kompromieë wat ons aangaan, wat in werklikheid volgens God se Woord … sonde is nie.

    Maar kom ons fokus ons gedagtes 'n bietjie meer...

    1 Johannes 3:8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

    Dit is ‘n ontstellende vers, nè? Dit praat baie duidelik van daardie sondetjies wat ons graag wil wegpraat en regverdig. Hoor wat God vandag vir jou en my sê? Enigeen wat aanhou sondig, behoort aan die duiwel. Laat die Heilige Gees jou vandag van daardie waarheid oortuig.

    Maar hier kom die goeie nuus; baie goeie nuus. Die Seun van God het na die aarde gekom om die duiwel se werk te vernietig. Dit is die rede waarom Jesus vir jou na die aarde gekom het. Hy het gekom om jou sondeskuld uit te wis. Hy sê Hy sal jou sonde van die verlede vergeet en jou die krag gee om van jou sonde weg te breek en oor te begin. Om die werke van die duiwel … in jou lewe te vernietig.

    Dit is hoekom Jesus gekom het ... vir jou!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Lief en Leed

    Send a text

    Jakobus 5:13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. 

    Ek weet nie van jou nie, maar die plan wat ek vir my lewe het, is dat alles net mooi rustig en bestendig moet verloop. Daar moet dikwels gelukkige tye wees en baie, baie selde (indien ooit) ongelukkige tye. Dit klink mos redelik?

    Maar natuurlik is die lewe nie so eenvoudig nie. Voorspoed en teëspoed bekruip ons dikwels uit die bloute sonder enige waarskuwing. Ja, ons kan die teëspoed beperk, deur die doelbewuste sonde in ons lewens te stop en so die verskriklike gevolge daarvan vry te spring. Maar dan is daar gebeure buite ons beheer, wat binne 'n oomblik vir ons óf af in die diepste donkertes intrek óf na die verruklikste bergtop kan wegvoer. Dis die lewe...

    Maar as jy in Jesus glo, as jy besluit het om Hom te volg net waarheen Hy jou ook al lei, en as jou hart waarlik daarna smag om Hom te eer en te gehoorsaam, dan is Hy by jou net waar jy is, al is die lewe nie altyd rosegeur en maanskyn nie. Ons lees in  sy Woord hoe om daardie goeie en slegte tye – of moet ek sê die slegte en die goeie in jou lewe, te hanteer:

    Jakobus 5:13 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.

    Dit is mos nou kort en kragtig. Ons weet dat probleme altyd daar sal wees, maar wanneer hulle kom, bid! Wanneer probleme jou in die gesig staar, moet God jou eerste toevlugsoord wees. Vra Hom om sy hulp en glo dat Hy by jou is. Ja, net daar waar jy in daardie diep kuil van ellende sit, is Hy gereed, Hy’s gewillig en in staat om jou deur daardie probleem te lei.

    En wanneer die goeie tye aanbreek - daardie gelukkige dae - moet jy sing en juig en blywees; loof God vir sy goedheid; dank Hom vir sy seëninge. Ek dink soms vier ons nie daardie goeie tye soos ons moet nie - want jy weet mos God is ook daar in jou tyd van vreugde en Hy moet verheerlik en geprys word!

    As jy swaar kry, moet jy bid. As jy opgeruimd is, moet jy lofliedere sing.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Meer Krag

    Send a text

    Jakobus 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking. 

    Die realiteit is, dat dit nie saak maak hoe sterk jy is nie; maar dat daar tye kom wanneer ons almal magteloos voel – magteloos om dié dinge in ons lewens te konfronteer en te hanteer en die bul by die horings te pak.

    Ek is seker jy het ook al gevoel dat jy net nie opgewasse is om ‘n spesifieke uitdaging die hoof te bied of om ‘n hindernis te oorbrug nie. En nou praat ons van iets daar buite, sowel as iets in jou gedagtes of emosies.

    En as jy slim is, sal jy bid en bid en bid. En ek weet, jy het al gebid, maar daar het nog steeds niks gebeur nie. Nouja, wat doen jy nou? Ek wil graag daardie vraag met 'n ander vraag beantwoord. Hoe bid jy wanneer jy bid? Ek bedoel, hoe groot is jou geloof wanneer jy die troon van genade nader?

    Jakobus 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.

    Daardie vers kom te midde van 'n bespreking oor gebed vir genesing. Maar die twee dinge wat ek wil hê jy moet raaksien, is eerstens die gedeelte oor belydenis. Jy moet jou sonde bely, en as die sonde teenoor iemand anders is, of ‘n ander persoon op een of ander manier betrek, moet dit ook eers hanteer word. Hoekom? Omdat sonde baie dikwels die gewoonte het om God se verhoring van ons gebede, te blokkeer.

    En die tweede is die feit dat wanneer ons, vergewe, rein, suiwer en "geregverdigd" voor God staan, op grond van ons geloof in Jesus, dan het ons gebed 'n kragtige uitwerking!

    Glo jy dit? Jy behoort dit te glo, want dit is waar!

    Verstaan my mooi, God sal nie altyd ons gebede op ons tyd en op die wyse wat ons dit verwag, beantwoord nie; maar wanneer jy biddend lewe, sal jy ook 'n lewe vol krag ervaar.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Nie Wat jy Graag wil Hoor Nie

    Send a text

    Markus 12:6,7 Hy het nog net een oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. Maar daardie boere het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s'n wees.’ 

    Om kritiek te ontvang, is nooit aangenaam nie. Dit raak 'n gevoelige snaar aan. Dit maak seer. Ja wel, ek weet, ja, ek weet ek is nie perfek nie, maar dis nie lekker om dit by iemand anders te hoor nie. Konstruktiewe kritiek is ‘n ander ding – dit help jou om te groei, reg?

    As deel van 'n leierskapskursus waarby ek betrokke is, het ek onlangs aan 'n ‘360 grade oorsig’ deelgeneem; waar meerderes, eweknieë en mense wat aan my rapporteer, almal 'n lang vraelys oor my moes voltooi. 

    Hulle antwoorde is tegnologies verwerk in 'n verslag van 30 bladsye.

    Nouja, daar was baie positiewe aanmoediging in die verslag, maar ek is nie perfek nie, met die gevolg dat daar een of twee dinge was wat seergemaak het. Hoe nou gemaak? Wel, jy kan dit verwerp (soos baie mense sal) óf jy kan verantwoordelik daarop reageer, en dit is wat ek probeer doen het.

    Jesus het 'n gelykenis vertel van hoe die Israeliete baie profete wat God na hulle gestuur het, verwerp het. Die valse profete het vir die mense gesê wat hulle wou hoor en hulle was geliefd onder die mense. Die ware profete het vir die mense gesê wat hulle nodig het om te hoor … en hulle is gestenig. Kom ons kyk na die gelykenis in:

    Markus 12: 6,7 Hy het nog net een oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. Maar daardie boere het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s'n wees.’

    Jesus sê nie altyd vir jou wat jy graag wil hoor nie - dis hoekom hulle Hom doodgemaak het. Maar luister in elk geval na Hom. Luister en reageer in elk geval op wat Hy vir jou sê.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Dringende Waarskuwing

    Send a text

    Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV) 

    Weet jy wat my regtig bang maak? Dis mense wat hulself oortuig het, dat omdat hulle redelike goeie mense is, en hul lewens op "Christelike beginsels" baseer, hulle op die Oordeelsdag gered sal word. Dit maak my regtig bang!

    Daar is net een antwoord. Jesus is die antwoord. Kyk wat sê:

    Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV)

    Dit is die hart van die Evangelieboodskap. Dit is die kern van Christenskap. Jy sal nie gered kan word van die komende oordeel en toorn van God deur 'n goeie lewe te lei nie. Jy sal ook nie 'n vrypas na die hemel kan kry, om die ewige pyniging van die hel te ontsnap, deur jou lewe volgens Christelike beginsels te leef nie.

    Jy kan slegs gered word deur jou vertroue in Jesus te stel. Glo in Jesus wat aan die Kruis gesterf het om vir jou sondes te betaal en weer opgestaan het om vir jou 'n nuwe lewe; ‘n verhouding met God te gee - 'n verhouding wat oneindig beter sal word wanneer jy uit hierdie lewe na die volgende gaan. 

    Te veel mense sit op die draad wanneer dit kom by vertroue in Jesus. En dit maak my regtig bang. Soos die bekende Amerikaanse country-sanger Johnny Cash dit gestel het: "Ek het geleer dat daar geen draad tussen die hemel en hel is om op te sit nie."

    My vriend, ek wil jou vandag baie ernstig waarsku. Jou lewe, jou ewigheid hang in die weegskaal. Goedheid en “Christelike beginsels” sal nie – luister na my, sal nie! – op die Oordeelsdag. vir jou red nie! Slegs 'n diep geloof in wat Jesus vir jou gedoen het; 'n geloof wat van 'n lewe wat vir Christus geleef word, getuig, kan jou red. Om op die draad te sit, sal nooit nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Trots Beroof Jou

    Send a text

    Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. 

    Ek het al oor die jare 'n paar baie slim, suksesvolle mense teëgekom. Wat van jou? Mense wat soveel meer kan bereik as wat ek of jy ooit sou kon bereik. Maar daar is een ding wat baie van hulle in die voet skiet.

    Die probleem is dat jy terselfdertyd slim en wreed kan wees. Jy kan ook terselfdertyd ongelooflik suksesvol en ongelooflik onaangenaam wees. Jy kan selfs terselfdertyd groot oorwinnings behaal en groot verliese ly. Dit is 'n vreemde kombinasie, maar ons sien dit tog die hele tyd in soveel mense voorkom.

    Dit is regtig tragies, want wanneer trots sy kloue in ‘n persoon inslaan, loop dit op ontworteling uit. Ek het eenkeer iemand hoor sê dat trots elke deug van sy waarde voor God beroof, en ek sal byvoeg, ook voor mense.

    Jy kan die slimste persoon op die planeet wees, maar ook die eensaamste persoon omdat ander mense (om nie van God self te praat nie) jou trots afstootlik vind. Daarom is dit so belangrik om die trots in jou hart uit te roei, voordat dit jou vernietig, want dit sál jou vernietig. Hoogmoed kom altyd voor die val. En wat is die beste manier om trots te vernietig? Kom ons kyk in:

    Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Louter Vreugde

    Send a text

    Johannes 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. 

    Soms voel dit asof jy deur 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is – dat jy om en om en om getuimel is, totdat al die lewe uit jou gedreineer is.

    Ateïste sê graag dat Christenskap ‘n kruk vir swakkelinge en verloorders is. Maar jy hoef nie lewenslank ’n verloorder te wees nie. Dis nie net swakkelinge wat in die rondte rondgeskommel en uitgespoeg word nie. Jy hoef nie 'n swakkeling te wees vir mense en omstandighede om jou fisiese, emosionele en geestelike energie te dreineer nie. Dit gebeur met die sterkste, die slimste, die vinnigste en die beste ook.

    En wat ons onder hierdie omstandighede broodnodig het, is vrede; ons smag daarna te midde van die verskriklike gevoel van mismoedigheid.

    Die probleem is dat wanneer jy voel asof die lewe jou onderkry, het die goedbedoelde raad en hulp waarmee mense jou wil ophelp, op een of ander manier nie die krag om jou daar diep in jou donkerte te bereik nie. En enige vrede wat die wêreld jou in jou moedeloosheid bied, is maar uiteindelik vlietend. Jy was ook al daar, of hoe?

    Dit is juis om daardie rede dat Jesus – die einste Seun van God, wat vir jou gely en gesterf het – vandag vir jou ‘n antwoord het:

    Johannes 14: 27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

    En wanneer Jesus sy vrede in jou hart uitstort, word jy versterk deur die krag van God se Gees. Luister na my: Jesus gee vir jou vrede oor jou verlede, Hy gee jou ‘n doel vir die hede en hoop vir jou toekoms.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Jou Vingerafdruk

    Send a text

    Psalm 139:13-18 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê. 

    Dit is 'n hartseer dag wanneer ons onsself met ander mense vergelyk en tot die gevolgtrekking kom, dat ons by hulle afsteek. Ek is nie so slim, so vinnig, so mooi, en so suksesvol soos die volgende persoon nie. Ja-nee, voorwaar 'n hartseer dag.

    Hierdie vergelykings laat nie net ons emosies wipplank ry nie, maar dit beroof ons van ons entoesiasme, ons potensiaal; dit belemmer ons natuurlike begeerte om ons Godgegewe gawes en vermoëns tot voordeel van ander te gebruik. Dit neem ook die gevoel van vervulling, wat God wil hê ons moet beleef, weg. Jy sien dit die hele tyd.

    Nouja,  indien jy jouself ooit in daardie slagyster bevind, glo ek dat God, deur die Psalmdigter vandag met jou wil praat.

    Psalm 139:13-18U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.

    My vriend, jy is uniek. Jy is keurig handgemaak deur God vir die spesifieke lewe waarvoor Hy jou geskep het. Weet jy, Hy het vir jou 'n vingerafdruk gegee wat niemand anders het nie, sodat jy jou unieke stempel kan afdruk, een wat niemand anders kan nie. Hou op om jouself met ander te vergelyk.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Moenie jou Vryheid Misbruik Nie

    Send a text

    Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. 

    Kan jy dit glo, dit is alweer die vierde Julie. Dit maak nie saak waar op hierdie planeet jy woon nie, maar jy is seker bewus daarvan dat die VSA, die rykste land ter wêreld, vandag Onafhanklikheidsdag vier.

    Onafhanklikheid gaan oor vryheid. Ek wil nie ou koeie uit die sloot grawe nie, maar dit is 'n historiese feit dat Amerika se welvaart op die rug van slawerny gebou is; die verskriklike onderdrukking van mense op grond van hul etnisiteit en velkleur.

    Prys die Here dat dit nie meer die geval is nie. Maar het jy geweet dat die klein Wes-Afrikaanse land Liberië met 'n bevolking van net minder as 5 miljoen, in die middel 1800's gestig is deur geëmansipeerde slawe uit Amerika? Dit is die rede waarom sy vlag so baie soos die Amerikaanse vlag lyk, behalwe dat hulle net een ster in plaas van vyftig het.

    Teen die laat 1900's het militêre staatsgrepe en die wrede diktatuur van Charles Taylor tot ‘n burgeroorlog en verskriklike onderdrukking daar gelei. ‘n Mens sou dink dat geëmansipeerde slawe in vrede sal wil lewe, veral in ‘n land waar hulle naam – Liberië – vryheid verkondig, nè?

    Maar nee. Ek wil jou nie 'n kort geskiedenisles gee nie, die rede waarom ek Liberië as ‘n voorbeeld noem, is om vir jou te wys dat ons mense 'n wonderlike vermoë het om ons vryheid te verkwis; om die oorwinning met soveel negatiewe gedrag uit te kanselleer. 

    Galasiërs 5:13Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.

    Hierdie waarskuwing is nie slegs aan Amerikaners of Liberiërs nie, maar aan ons almal, want wanneer ons begin doen wat ons sondige natuur behaag, verkwis ons ons Godgegewe vryheid.

    Dien mekaar met liefde.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners