God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Wat is die Belangrikste?

    Send a text

    Kolossense 3:14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 

    Dit is moeilik om jou prioriteite te bepaal wanneer jy baie hooi op jou vurk het. Jy moet dít doen, jy moet dát doen, en jy moet nog die ander ding ook doen, en dan jaag jy soos 'n afkop hoender rond en probeer om alles gedaan te kry.

    Ek en my vrou het onlangs verhuis om nader aan ons kleinkinders te woon. Dit was 'n besluit waaroor ons baie opgewonde was. Maar menige mense wat al ooit getrek het, sal beaam dat dit een van die mees stresvolle dinge is wat jy kan doen.

    Jy moet jou goedjies uitsorteer, oppak, water en elektrisiteit by albei huise organiseer, jou adres verander, ensovoorts, ensovoorts - en dit moet alles gedoen word voor die dag wanneer die groot trek aanbreek! Dan kom die trek, die uitpak van die bokse, die besluite oor waar om goed te sit - dit is soos twee dolle weke van fisiese en geestelike uitputting.

    Halfpad deur ons verhuisingsproses het ek skielik besef dat ek en my vrou, onder al daardie druk, kortgebonde met mekaar geraak het. Ons het kortaf met mekaar begin praat op 'n manier wat ons nie gewoonlik doen nie.

    "Wag 'n oomblik," het ek gedink. “Dit is nie reg nie.” En dit was nie! Dit is nooit reg nie. ‘Druk’ is geen verskoning vir daardie soort gedrag nie.

    Kolossense 3:14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

    Soms moet jy, wanneer jy onder sulke druk verkeer, net stop en diep asemhaal – en dis presies was ons tydens ons verhuising gedoen het – ons het net weer besef dat die belangrikste ding van ons nuwe lewe is, om mekaar lief te hê.

    Snap jy dit? Dit is dié belangrikste ding! Liefde is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

    Dit maak nie saak hoe deurmekaar dinge rondom jou is nie, onder hoeveel druk jy verkeer nie, onthou altyd: die belangrikste ding is liefde.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vergewe Mekaar

    Send a text

    Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 

    Woede is 'n emosie wat af en toe in ons harte ontketen word in situasies waar ons verontreg voel, of wanneer iemand anders soos ‘n volslae dwaas optree, of wanneer … wel, daar’s baie redes. Dit is nogal 'n natuurlike reaksie.

    Maar so natuurlik as wat dit mag wees, is daar twee, baie werklike gevare. Die eerste is, dat ons in die hitte van die stryd dinge kan sê of doen, wat so skadelik is dat dit nooit uitgewis kan word nie. Die tweede is, dat wanneer ons ons woede toelaat om te ontvlam, daar ‘n verterende verrotting intree, wat ons perspektief verdraai en ons verhoudings vernietig. 

    So natuurlik as wat die woede-reaksie ook al mag wees, word dit ongelooflik vernietigend wanneer ons dit as ‘n wapen gebruik. Nou wat is dan die sleutel om daardie woede vinnig en veilig te ontlont, wanneer jou hele wese reg is om te ontplof?

    Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

    Regtig? Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar. Dis baie makliker gesê as gedaan! Vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Dit vertel ons wat ons moet doen, maar nie hoe ons dit gaan regkry nie. Maar wat ek en jy in die hitte van die stryd moet weet, is nie soseer wat ons moet doen nie, maar hoe om ons woede te beteuel.

    Hier is die antwoord! Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

    Jesus het met sy lewe aan die Kruis die prys vir ons sonde betaal, sodat ek en jy vergewe kan word. Die teenmiddel is dus om in die daardie plofbare situasie na die Kruis te gaan en te besef dat Jesus se vergifnis die oplossing is. Dié besef sal ons woede laat bedaar en ons toelaat om te vergewe soos ons vergewe is. Dit is die resep wat ons nog altyd nodig gehad het, die manier om te weet hoe dit gedoen moet word.

    Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Jou Nuwe Lewe Behoort so…

    Send a text

    Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 

    Wanneer dinge nie heeltemal uitwerk soos jy beplan het nie en wanneer ander mense, volgens jou opinie, nie reg optree nie, is dit maklik om hulle, of jou omstandighede, of selfs vir God daarvoor te blameer. Dit is tog so ‘n natuurlike reaksie?

    Ons leef in 'n wêreld waar mense meer en meer die skuld vir hul ellende aan ’n ander persoon, ‘n regering, die ekonomie, of … wel, wie ook al in die spervuur is, toeskryf.

    Maar kyk hulle ooit in die spieël en neem verantwoordelikheid vir hul eie emosies, hul eie gedagtes, hul eie gedrag … Nooit nie! Absoluut nie! Hoekom sal ‘n mens daarvoor verantwoordelikheid aanvaar, hoekom moet jy verander, wanneer jy die ander ou kan blameer? Ons het almal mos al iemand anders vir ons foute blameer, en sommige mense – selfs Christene – doen dit steeds en sal vir ewig daarmee volhou.

    ‘n Paar dae gelede was ek regtig baie moeg. Ons het gaste ontvang vir, wat veronderstel was om 'n kort middagtee te wees, maar hulle het gesit en gesit en gesit... Ek het in my binneste ongeduldig en moeg gevoel.

    Nouja, wat doen jy wanneer so iets gebeur?  

    Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.

    Kom ons pas dit toe op die situasie wat ek sopas beskryf het. As gevolg van God se liefde en omdat Hy jou en my uitgekies en aangestel het om namens Hom te praat, is ons bestem om te verander, om 'n nuwe lewe te lei en om genade aan ander te bewys.

    Wat behels dit? Wees meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam.

    Dietrich Bonhoeffer, die bekende 20ste eeuse predikant, teoloog en martelaar, het eenkeer gesê: Om God te ken beteken dat jy verander!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Marta of Maria

    Send a text

    Lukas 10:38-42 Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”

    Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” 

    Sommige dae is ek so besig met al die dinge wat ek moet doen, dat dit moeilik is om tyd eenkant te sit om saam met Jesus deur te bring, en dan praat ek nie eers van die emosionele energie nie! Wat van jou?

    Ek weet, nie almal is die hele tyd besig nie. Ek is beslis nie, maar dis net omdat ek spesifieke tye in my dag en in my week beplan om rustig saam met Hom te wees. Maar jy verstaan wat ek sê, nè?

    Dit word ‘n nagmerrie om jouself, in hierdie komplekse rekenaar era waarin ons leef te organiseer, om al die eise wat aan jou gestel word na te kom - jou gesin, jou werk en om vir Jesus te dien. Maar weet jy, dis nie ‘n nuwe verskynsel uniek aan die 'n 21ste-eeu nie. Ons sien in:

    Lukas 10:38-42 Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: "Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!"

    Maar die Here antwoord haar: "Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie."

    Of, soos Charles Spurgeon dit eenkeer gestel het: Ek kan soms saam met Marta rondhardloop om te doen wat Christus van my nodig het, maar ek dink ek moet meer gereeld by Maria sit om van Christus te ontvang, wat ek van Hom nodig het.

    Maak tyd om saam met Jesus deur te bring.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Skuld en Vrees

    Send a text

    2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. 

    Skuldgevoelens oor die foute wat jy in die verlede gemaak het en angs oor wat die toekoms inhou, is twee kante van dieselfde muntstuk. En vir baie mense voer daardie twee vyande ‘n ewigdurende oorlog wat hulle lewe tot diep in hul siele vernietig.

    As jy in Jesus glo, ja, ek praat nou met jou, as jy jou lewe werklik in sy hande gegee het, en as jy jou lewe werklik vir Hom leef, dan is daar een groot waarheid waaraan jy kan vashou: al jou sondes, en al jou foute uit die verlede is totaal en al vergewe. Die vraag is, het jy jouself vergewe?

    En daar is nog 'n ander groot waarheid waarvan jy seker kan wees. Elke oomblik van jou lewe is in sy hande; elke tree wat jy gee, gee Hy saam met jou. Jy is nooit alleen nie. Hy vergeet jou nooit nie. Die vraag is, leef jy jou lewe asof jy dit werklik glo?

    Want luister na my, geen mate van skuldgevoelens kan die verlede verander nie en geen mate van angs kan die toekoms verander nie. Dis net deur Jesus dat jy heeltemal vergewe is. En wat ook al mag gebeur, kan jy, as Jesus in jou hart leef, veilig oor die toekoms voel.

    En om dit alles vir jou ‘n werklikheid te maak, het Hy sy Heilige Gees vir jou nagelaat om in jou te woon, om jou te seën en om jou heel te maak:

    2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

    As jy werklik in Jesus glo, het jy sy krag, het jy sy liefde, en het jy al die wysheid en selfbeheersing wat jy nodig het om vry te wees van enige skuldgevoelens of angs, wat jou kan beroof van die oorvloedige lewe, waarvoor Hy gesterf en weer opgestaan het. Dis die waarheid!

    Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Les Jou Dors

    Send a text

    Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” 

    Het jy al ooit op ‘n dag wakker geskrik en gevoel asof jou geloof in Christus uitgedor is en opdroog het. Het jy al gevoel asof jou geloof soveel swakker is as wat jy weet dit behoort te wees? Jy het seker al so gevoel – ek het! Die vraag is ... wat moet ‘n mens daaraan doen?

    Ek weet nie hoe dit met jou gesteld is nie, maar vir my raak die lewe soms só besig, dat ‘n mens by tye so moeg raak, dat jou ryk, lewendige, dinamiese verhouding met Jesus (soos dit altyd was en natuurlik tans behoort te wees) ‘n roetine geword het - alledaags en dor.

    Jy het dit nooit beplan nie. Jy het nooit besluit om dit so leweloos te laat word nie. Maar die lewe het hierdie snaakse geneigdheid om jou te dreineer tot op die punt dat daardie verhouding met jou Here vir jou droog en selfs alledaags voel.

    En net daar het die vreugde wat jy eens gehad het, verdamp. Die dinge wat jy voorheen in sy naam kon doen, soos om jou Godgegewe gawes te beoefen en om diegene rondom jou te dien, word al hoe moeiliker. Iets moet drasties verander. Kom ons kyk wat het Jesus gesê in:

    Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

    Daar is net een oplossing vir daardie verskriklike droogte; Jesus kan jou dors les; Jesus self. Is jy dors? Kom na Hom toe en drink en dan sal ... lewende water uit jou binneste vloei. En weet jy, dit sal nie slegs genoeg vir jou wees totdat jy genoeg het nie, maar totdat jy soveel van sy Gees in jou het, dat jy sal oorloop van Hom.

    Soos iemand eenkeer gesê het, met Jesus word 'n beker water 'n rivier - eintlik sommer baie riviere. Kom na Jesus toe en drink.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Basuin dit uit van die Bergtop Af

    Send a text

    1 Kronieke 16:8,9 Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer vertel van al sy magtige dade. 

    Ek probeer my soms indink, hoe dit vir die mense moes gewees het toe vrede na die Eerste en Tweede Wêreldoorloë gesluit is. Dit moes absoluut ongelooflik gewees het. En ons almal het seker al die voorstellings van die groot feesvieringe wat plaasgevind het, gesien. Uiteindelik … vrede!

    My ouers was tydens die Tweede Wêreldoorlog in Europa. My pa het in die Duitse leër aan die Russiese front geveg. Hy was by Stalingrad voordat hy gevange geneem is en in 'n Britse krygsgevangenekamp aangehou is. En alhoewel hy nooit baie daaroor gepraat het nie, weet ek dat toe vrede verklaar is en hy uiteindelik vrygelaat is … hy met onuitspreeklike vreugde gevul was.

    Nou ja, jy kan verstaan dat 'n man nie eintlik oor die gruwels van oorlog praat nie, maar kan jy jou voorstel dat 'n man wat weet dat vrede verklaar is, dit nie met sy vriende sal deel nie? Dit sou heeltemal ondenkbaar wees.

    Nou sê my, waarom is daar so baie mense wat hulself Christene noem, wat so bedees en selfs stilswyend is, wanneer dit kom by die verstommende goeie nuus dat Jesus vir ons sonde gesterf het om vir ons die gratis gawe van die ewige lewe te gee? Hoe is dit dan dat jy nie vir mense daarvan vertel nie? Kyk wat is ons opdrag in:

    1 Kronieke 16: 8,9 Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer vertel van al sy magtige dade.

    Waarom roep God se mense nie hierdie goeie nuus van die bergtoppe af uit nie? Hoekom dank ons Hom nie, met ons hele hart nie? Hoekom loof ons Hom nie en vertel ons nie vir ander mense van die wonderlike dinge wat Hy gedoen het nie? Hoekom het ons so blasé geword oor iets oneindig beter as die einde van 'n wêreldoorlog?

    Kom nou! Vrede is verklaar. Vertel die goeie nuus.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Groot Ommekeer

    Send a text

    Psalm 107:35 Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld 

    Daar is tye wanneer ons so swartgallig is, dat ons dink dat daar slegs teenspoed vir ons voorlê. Maar dit is juis in daardie tye dat God, vanuit die balkon van die hemel, al die wonderlike geleenthede raaksien; meer geleenthede as waaraan ons selfs kan begin dink.

    Miskien klink dit te goed om waar te wees. Miskien dink jy dat dit fiksie is en nie feite nie; dat dit ‘n onbereikbare fabel is. En as dit inderdaad is wat jy dink, verstaan ek dit heeltemal. Want wanneer jy in 'n woestyn verdwaal is, is dit meer waarskynlik dat die plas water wat jy net so 'n kilometer voor jou sien, 'n lugspieëling is. O ja, ek verstaan dit.

    Maar dan op ‘n dag … dan laat jy vir God toe om in daardie prentjie in te kom. Dan laat jy Hom toe om in jou woestyn ervaring met jou te praat en dinge te verander. Trouens, alles verander dan.

    Psalm 107:35 Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld.

     Hierdie psalm handel oor al die wonderlike dinge wat God vir sy volk gedoen het; of hulle nou verlore was, of hulle in die tronk was, of hulle onderdruk was, of hulle honger en dors was, of hulle dwaas was en selfs wanneer hulle teen God in opstand gekom het en hulle probleme oor hulleself gebring het.

    Dit is beslis die moeite werd om die hele Psalm te lees, want in enige en elke omstandigheid wat jy jou kan voorstel, is God se begeerte om verlossing te bring. Die begeerte van sy hart is om te red, te verlos en te troos. Dit is 'n psalm wat getuig van God se nimmereindigende getrouheid en liefde. Dit is 'n psalm oor God se krag om dinge reg te stel – dit maak nie saak wat die probleem is, of wat die beproewing is nie. 

    Hy verander die woestyn in 'n land met poele water. Hy laat fonteine uit droë grond vloei.

    Dit is ons God en dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Van Vader tot Seun

    Send a text

    1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. 

    Een van die mees besondere verhoudings wat ons in hierdie lewe kan hê, is dié van ‘n ouer en sy kind. Ek weet dit is nie van toepassing op almal nie, maar die meeste mense, selfs al is hulle nie ouers nie, kan hierby aansluiting vind. 

    Ouers wil die allerbeste vir hul kinders hê. Kom ons dink aan watter soort wysheid jy graag aan ‘n kind sou wou oordra? Wat sal jou heel beste raad aan hulle wees, om hulle vir die lewe toe te rus, lank nadat jy nie meer daar is nie?

    In sy laaste dae het koning Dawid van Israel hierdie kosbare kleinood van wysheid aan sy seun, Salomo, oorgedra. Ons lees in:

    1 Kronieke 28:9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.

    Dit is so eenvoudig en so kragtig. Dien God met jou hele hart, met jou hele wese. Ken God en dien Hom. En doen dit met 'n rein hart, 'n goeie hart, 'n dankbare hart. Want wanneer jy Hom nodig het, is Hy bewus daarvan en gereed om jou te help.

    Wat 'n wonderlike ding is dit, om wanneer jou hart teenoor Hom, teenoor diegene rondom jou en teenoor die lewe self, suiwer is; kan jy vir God vra om hulp en Hy sal jou antwoord. 

    My vriend, in watter moeilike situasie jy nou ook al verkeer, luister na Dawid se raad aan Salomo. Laat die Heilige Gees toe om dit te gebruik om jou hart sag te maak.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vreugde Te Midde van Swaarkry

    Send us a text

    Psalm 119:143 Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. (NLV) 

    Kan ek jou ‘n vraag vra: wat gee jou vreugde in jou lewe? Wat is daar in die diepste hoekie van jou hart, in die kern van jou wese, wat jou met vreugde vul? En wat gebeur met daardie vreugde wanneer dinge in die lewe skeef loop?

    Een van die dinge wat vir my groot vreugde gee, is wanneer my driejarige kleindogter by ons huis aankom op dae wanneer my vrou haar oppas. Ek sit gewoonlik in my studeerkamer en werk; maar dan skielik hoor ek hoe die deur oopgaan en die volgende oomblik hardloop sy in die gang af met 'n luide "Oupaaaaaaa" en  gee my 'n wonderlike drukkie. Wat 'n vreugde!

    Maar eendag gaan sy groot word. Eendag is sy dalk nie heeltemal so opgewonde soos sy vandag is om haar Oupa te sien nie? En dit is hoe dit is, dis verganklik - selfs die heel beste dinge wat hierdie wêreld vir ons kan bied, verander. Eendag …

    En dan, aan die ander kant van die spektrum, is daar daardie tye van swaarkry waardeur ons almal van tyd tot tyd gaan. Ek praat van die werklike moeilike tye, wanneer die lewe 'n malhuis is. Kan jy dink aan iets, enigiets, wat jou te midde van daardie swaarkry, vreugde bring? Hm? Die psalmdigter skryf in:

    Psalm 119:143 Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. (NLV)

    Jy weet, daar is iets baie spesiaal daaraan om goed te doen. Dit is om God se wil, in daardie moeilike situasie, wanneer jou pyn besig is om jou van binne te verteer, te doen. Tye wanneer jy kies om God se roeping op jou lewe te volg. Tye waar jy Hom eer deur sy weë te volg - al is elke tree seer. En om bo alles sy opdragte uit te voer.

    Terwyl daar in daardie verskriklike situasie, trane oor jou gesig stroom, kan jy die blydskap van die Here, waarskynlik nog dieper as op enige ander tyd, ervaar.

    Al het ek probleme en al ervaar ek moeilike tye, gee u bevele my vreugde.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners