
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
1 Johannes 2:17 Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd. (NLV)
Eendag sal al die dinge wat ons in hierdie wêreld as kosbaar beskou – ons verhoudings, ons besittings, selfs ons reputasies – tot niet gaan. Alles wat ‘n hoë prioriteit in jou lewe en in myne is, sal heeltemal irrelevant word.
Dit is 'n ontnugterende gedagte, maar in 'n wêreld wat soveel bied, is dit dalk tyd dat ons nugter daarna kyk. Daar is niks verkeerd daarmee om op jou gesin te fokus, 'n loopbaan met alles wat dit behels, te hê nie, maar eendag sal hulle almal weg wees.
Ja, hier is ons. Ons leef te midde van soveel alternatiewe met die risiko om van die belangrikste, die kragtigste werklikheid van almal: God self, weggerokkel te word.
Mag ek jou vandag vra: het jy bietjie vir bietjie meer begin fokus op jou omstandighede - meer op die tydelike dinge - en minder op wat Jesus, God se Seun, wat gesterf het, en weer opgestaan het om jou vry te maak, om vir jou 'n nuwe en 'n ewige lewe te bring? Ek vra maar net, want ons lees in:
1 Johannes 2:17 Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd. (NLV)
Ons lewens hier op hierdie aarde is minder as 'n enkele sandkorrel in die oneindige heelal, want die lewe wat ons anderkant die graf sal lei, sal vir alle ewigheid voortduur. Dit sal nooit eindig nie. En daardie lewe sal óf in die Teenwoordigheid van God geleef word, óf in pyniging, geskei van Hom.
My vriend, hierdie wêreld gaan verby, en al die dinge wat ons in die wêreld begeer, gaan verby. Maar wie doen wat God wil, sal vir ewig lewe.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Johannes 2:15,16 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.
Skynheiligheid is een van die gevaarlikste dinge wat ons kan toelaat om in ons lewens wortel te skiet - veral as ons onsself bedrieg. Ons sê ons glo in Jesus, maar ons lewens weerspieël nie dat ons in Hom glo nie.
Ons is almal geneig om die Evangelie van Christus deur die lens van ons huidige werklikheid te beskou. As jy, net soos ek, in 'n grootliks welvarende samelewing leef, is jy geneig om die Evangelie deur daardie lens van welvaart te sien. Diegene in arm omstandighede, sien die Evangelie deur hulle lens van armoede en ‘n drang na meer. Mense wat onderdruk word, sien die Evangelie van Christus deur die lens van hulle begeerte na bevryding, ensovoorts.
Die kruks van die saak is dat, te midde van die realiteit van ons huidige omstandighede, ons uiteindelik almal maar die dinge van hierdie wêreld begeer. Ja, die wêreldse dinge word vir ons belangriker as die koninkryk van God; die heerskappy van Christus. En dinge word belangriker as ons geestelike groei en die doel om ons wêreldbeskouing en ons gedrag te transformeer. Dit is die werklikheid, nè! Kom ons kyk die wêreld vierkantig in die oë:
1 Johannes 2:15,16 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.
Dit laat jou regop sit, nè? Met watter lens sien jy die Evangelie van vergifnis en bekering? In watter mate verhinder jou wêreldse suksesbeheptheid en begeertes jou om verander te word in die vriendelike, saggeaarde, nederige en vrygewige individu wat Jesus wil hê jy moet wees?
Moenie hierdie bose wêreld of die dinge daarin liefhê nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Kolossense 1:9 -11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.
Vandag wil ek iets met jou deel waaroor ek ongelooflik passievol is; iets wat my motiveer en my inspireer om te doen wat ek doen. Dit is om jou te sien groei na volwassenheid in 'n ryk, kragtige en dinamiese verhouding met Jesus.
Die apostel Paulus het byna die helfte van die boeke in die Nuwe Testament geskryf. Daardie "boeke" is in die vorm van briewe aan verskillende gemeentes; talle van die gemeentes wat hy en sy medewerkers self geplant het. En dwarsdeur daardie briewe, selfs wanneer hy hulle vermaan, soos hy byvoorbeeld met die Korintiërs en die Galasiërs gedoen het, is sy pastorale hart vir hulle so duidelik waarneembaar - ja, hy het beslis nie ‘n moordkuil van sy hart gemaak nie! Jy kan dit nie miskyk nie.
En dis hoe ek oor jou en die talle ander wat deel aan hierdie daaglikse VARS oordenkings het, voel. Toe ek hierdie woorde van Paulus aan die gemeente in Kolosse gelees het, het dit my diep ontroer:
Kolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.
Terwyl ons elke dag saam die VARS-boodskappe deel, bid ek hierdie woorde van Paulus vir jóú.
En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 2:15 Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak
Ons leef vandag in 'n wêreld waar die dinge wat ons nog altyd geweet het verkeerd is, soos hebsug, wellus, onsedelikheid en dies meer - nou nie slegs aanvaarbaar geword het nie, maar sommer toegejuig word. En wee elkeen wat nie daarmee saamstem nie.
Ek het eens op ‘n tyd saam gejuig! En ek was so diep gekrenk deur daardie Heilige-Hendrik-Christene wat my wou help! Die sondige wêreld is een wat ek baie goed verstaan het. Voor ek 'n Christen geword het; voordat ek aanvaar het dat wat God vir ons leer, inderdaad reg is, en dat wat Hy as verkeerd bestempel, beslis verkeerd is, was ek verlore.
Alhoewel ek dit destyds nie sou erken nie, het Christene se geregtigheid tog my gewete aangekla, want diep binne-in het ek geweet hoe groot my sonde was en hoe laakbaar my verkeerde optrede was, maar ek was nie bereid om daarmee op te hou nie. Ek het die Christene in my lewe baie sleg behandel.
Ja, wanneer jy opstaan teen 'n onreg, wanneer jy weier om te lag vir die vuil grap wat iemand vertel, wanneer jy weier om te lieg of wanneer jy weier om die onsedelikheid wat deesdae in ons kele afgedruk word, as die norm te aanvaar ... sal die wêreld jou daarvoor haat. Nouja, wat is die antwoord?
Staan ons terug? Of swem ons saam met die stroom? Ek dink nie so nie!
1 Petrus 2:15 As jy goed doen, keer jy onkundiges om dwase dinge van jou te sê. Dit is wat God wil hê. (NLV)
Die goedheid sal seëvier. Dít wat jy doen, in kontras met die boosheid van ander en die prys wat jy daarvoor betaal, sal meer lewens beïnvloed as wat jy kan dink. Die goedheid van daardie Christene wat ek vervolg het; hul nederigheid, hul aanvaarding, hul vergifnis … het 'n ongelooflike kragtige rol daarin gespeel, dat ek tot geloof in Jesus gekom het.
Hou aan om goed te doen. Dis wat God wil hê.
En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)
Om onregverdig te ly is ‘n nagmerrie, nè? As jy ly omdat jy doen wat reg is, is dit al klaar baie erg. Maar, wanneer ons wel ly, omdat ons doen wat reg is, moet ons onthou dat ons nie die enigstes is, wat al gely het nie.
Ons het gister daaroor gesels - hierdie realiteit dat lyding ons geleentheid is om te groei na volwassenheid in Christus. Maar wanneer die lyding onregverdig is; wanneer ons gestraf word omdat ons doen wat reg is, is ons trots geneig om sy lelike kop uit te steek en om sodoende enige goeie werk wat God aan ons karakter wou doen, te blokkeer.
Daarom is die les van die Kruis so kragtig en leersaam:
1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)
Dit is die ergste onreg in menseheugenis, toe Jesus, die Seun van God, wat nooit een keer gesondig het nie, en altyd goed aan ander gedoen het, aan die Kruis vasgespyker is om vir my en jou sonde te betaal. En net daar het ons ons rolmodel in Jesus, na wie ons kan kyk wanneer ons onregverdig ly. Hy was nie skuldig nie, maar Hy het dit vir ons gedoen. Alhoewel Hy deur mense doodgemaak is, kon die dood Hom nie gevange hou nie en is Hy weer deur die Gees lewend gemaak.
En dit … dit is die geestelike dimensie in lyding; in Jesus se lyding destyds en in ons lyding vandag. Want wanneer ons toelaat dat die Heilige Gees in ons en deur ons werk wanneer ons ly, bring Hy lewe. 'n Nuwe lewe. 'n Opstandingslewe, vry van die vernietigende kloue van ons sonde.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Petrus 3:17 As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.
Lyding is 'n tema waarna ek graag weer en weer wil terugkeer – in my eie leerproses en ontwikkeling, en ook in joune. Want dit is in die proses van lyding, waar ons die beste geleentheid wat God ooit vir ons kan gee, kry!
Enige atleet sal jou vertel dat hulle swaarkry en ly wanneer hulle oefen. Dit maak seer om spiere te bou. Dit neem pyn om uithouvermoë te kweek. Maar vir hulle het die lyding 'n doel. Die swaarkry is daar om beter, vinniger, slimmer en meer vaardig in hul sport te word. Daarom ly hulle.
En dieselfde geld ook in ons lewens. Ons weet dat daardie moeilike tye, die grootste geleentheid vir God bied om ons karakter te vorm; om ons te leer hoe om op Hom te vertrou en om ons growwe kante glad te slyp, sodat ons meer en meer soos Jesus sal lyk.
Maar – daar moet altyd ’n ‘maar’ wees, nie waar nie? – te dikwels behels lyding dat ons onregverdig behandel word en dit tas ons trots aan. Daardie onreg veroorsaak dat ons 'n verkeerde gesindheid kry. En net daar, word enige voordeel wat God deur lyding in ons karakter bewerkstellig het, geblokkeer. Trots blokkeer altyd die goeie dinge van God, nie waar nie?
As jou trots geneig is om jou te pootjie, luister dan hier:
1 Petrus 3:17 As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.
Petrus het daardie woorde aan Christene, wat wreed en onregverdig vir hulle geloof in Jesus gely het, geskryf. As God 'n seisoen van lyding oor jou bring, en as dit sy Wil is, ly met grasie. Ly met 'n goeie hart en 'n goeie gesindheid - dit maak nie saak hoe onregverdig dit voel nie ... want God is besig om iets goeds vir jou te leer.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 119:17,18 Doen goed aan u dienaar, dan sal ek lewe en u woord gehoorsaam. Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar.
Ons is maar altyd op soek na wonderlike dinge; die goeie dinge wat vir ons tot seën sal wees. Die goeie dinge wat ons lewens en die lewens van diegene vir wie ons lief is, sal verryk. Maar die begeerte na daardie wonderlike dinge kan ons dikwels op ‘n dwaalspoor lei.
Wie van ons het nie al gehoop dat daar 'n paar wonderlike dinge in ons lewens gebeur nie? Miskien het jy al 'n groter huis, 'n mooier motor, 'n heerlike, rustige vakansie, of dalk die regte huweliksmaat of, as jy getroud is, 'n beter huwelik, begeer?
Ons het almal sekerlik al party van daardie dinge begeer – en nie een van hulle is op sigself sleg nie – en wanneer ons hulle met al ons energie begin najaag, ontdek ons dat geluk maar net ‘n dag lank is. . .
Nouja, waar vind ons daardie wonderlike dinge wat blywende waarde het?
Psalm 119:17,18 Wees goed vir my, u dienaar, sodat ek kan lewe om u woord te gehoorsaam. Maak my oë oop sodat ek al die wonderlike dinge in u leringe kan sien.
Wat 'n opwindende gebed! Wat 'n briljante ding om van God te vra! Dat Hy vir ons goed sal wees; dat Hy ons sal help om sy Woord te gehoorsaam, dat Hy ons oë sal oopmaak om - wat te sien? Wonderlike dinge in sy Woord van Waarheid.
Kom ek sê vir jou, wanneer ons só bid voor ons ons Bybel oopmaak, begin wonderlike dinge gebeur. Die Heilige Gees gee ons sy wysheid, sy liefde en sy krag vir ons lewens. Hy seën ons met die wonderlikste ontdekkings en die wonderlikste dinge, deur sy lewende Woord.
Wysheid en insig oor onsself, oor ander, oor ons verhoudings, en oor ons wandel met God, sal ons lewens oneindig verryk!
Maak my oë oop sodat ek al die wonderlike dinge in u leringe kan sien.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jeremia 20:9 En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.
Omdat dit deesdae so moeilik is om openlik van God se liefde, in Jesus Christus te praat, het baie Christene opgehou om te getuig. En tog is daar iets binne-in ons wat, wel, jy weet …
Het jy die afgelope tyd gesukkel om die goeie nuus van Jesus met ongelowiges, te deel? Het jy dalk, al 'n bietjie sku geword, omdat jy al so dikwels stilgemaak is?
Die waarheid is dat baie Christene stil geword het. En so word die Goeie Nuus van Jesus gekniehalter; die Evangelie van vergifnis en bekering word nie gedeel nie.
Ek praat nie hier van predikers nie. Nie almal is daartoe geroep om te preek nie. Ek praat ook nie daarvan om, soos sommige vuur-en-swawelpredikers, godsdiens in mense se kele af te druk nie. Nee. Ek verwys na die eenvoudige, natuurlike, liefdevolle en vriendelike oordra van die Jesus-verhaal – nie slegs deur ons woorde nie, maar ook deur ons dade.
Die Ou Testamentiese profeet Jeremia het ook hierdie probleem ondervind toe hy geskryf het in:
Jeremia 20:9 En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.
Mag die Woord van Christus soos 'n vuur, wat binne-in jou brand, diep in jou hart, diep in jou gebeente, wees. En my gebed vir jou is dat jy moeg sal word om die vuur te onderdruk; dat jy dit in jou eie ruimte, op jou eie manier, met jou eie gawes – op een of ander manier – sal deel.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Filippense 4:6,7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Angs is van die vroegste tye af al 'n chroniese toestand wat ontelbare, miljoene mense van die kwaliteit van lewe beroof. En in die tegnologiese, media-gedrewe wêreld waarin ons vandag leef, is daar bewyse dat dit meer intensief en meer vernietigend as ooit tevore is.
En, waaroor is jy nou angstig? Wat is daar wat besig is om aan jou siel te knaag en jou so te pla dat jy snags rondrol? Ja, natuurlik weet ek dat daar uitdagings in ons lewens is. En dit is 'n natuurlike, menslike reaksie om jou oor hulle te bekommer.
Maar vir die persoon wat sy vertroue in Jesus gestel het, is dit beslis nie nodig om in 'n konstante toestand van angs te leef nie. Kyk wat sê Paulus uit sy dodesel in:
Filippense 4:6,7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Waaroor moet ons bekommerd wees? Niks!
Hoe kry ons God se vrede wanneer ons in ‘n probleemsituasie verkeer? Ons moet in elke situasie vir Hom vertel wat ons dink en nodig het - deur ons harte met dankbaarheid sonder om te mor en te kla, voor Hom uit te stort.
Maar hier is die gedeelte wat my regtig raak; dit oorweldig my gedagtes! As ons ons begeertes aan Hom bekend maak, dan sal sy vrede, die soort vrede, wat te midde van ons omstandighede nie sin maak nie, nie slegs ons harte vul nie – maar ons harte bewaar van enigiemand en almal (die duiwel inkluis) wat ons wil beroof van hierdie Godgegewe, Heilige-Gees-bemagtigde vrede.
My vriend, luister mooi. Dit is God se beproefde en bewese belofte aan jou. 'n Vrede wat alle verstand te bowe gaan is joune.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.
Wanneer jy iets doen wat jy voor jou siel weet, is verkeerd, talm die realiteit van daardie sonde soos 'n bloedvlek op 'n wit lap. Dit voel onmoontlik om daarvan ontslae te raak - die skuldgevoelens vreet aan jou siel soos 'n kanker.
Dit is 'n nare prentjie, nè? Maar daar is niks nuuts aan nie. In een van Shakespeare se beroemde werke, kyk Lady Macbeth, wat deur die skuld van moord verteer word, na haar bloedbevlekte hande en roep “Gaan uit vervloekte vlek! Uit sê ek.”
Daardie begeerte na vryskelding; die begeerte dat die verkeerde daad ongedaan gemaak moet word en die skuld uitgewis moet word, is universeel en deel van die menslike bestaan. Dit verduidelik waarom God die Vader bereid was om die drastiese stap te neem om sy toestemming te gee, dat sy Seun namens ons gekruisig word.
Maar hoe werk dit? Kan ons ooit van ons sonde vrygespreek word? Kan ons ooit werklik vry wees van die skuldgevoelens wat aan ons gebeente vreet? Of is ons, soos Lady Macbeth, tot in alle ewigheid gedoem tot die gevolge daarvan?
Maar kyk wat God vandag vir ons oor daardie vernietigende dilemma sê:
Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.
Daar is een plek – net een – waar daardie vlek verwyder kan word. Daar is een Persoon – net Een – wat jou daarvan kan reinig. Jesus, die Seun van God, wat gesterf het om vir jou sondes te betaal. En wanneer ons in Hom glo, is ons sondes vergewe. Heeltemal.
Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.
Glo in Christus en Christus alleen.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners