
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Efesiërs 5: 18 b,19,20 Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)
Het jy al op ‘n dag terneergedruk gevoel, en toe kom daar iemand na jou toe met 'n eenvoudige woordjie van bemoediging en net daar het jou dag dalk selfs jou lewe, verander?
Kom ons stop net daar en verbeel ons, dat ek en jy vandag, of dalk môre, daardie inspirerende persoon in iemand anders se lewe is, wat ‘n daadwerklike verskil maak. Weet jy, dat die Heilige Gees daarna smag om ons, as ons in Jesus glo en as ons onsself Christene noem, begeer om ons met 'n vloedgolf van sy blydskap te vul.
En dit is 'n tsunami wat lewe kan bring vir menige dorre, seer harte om jou. Maar ongelukkig voel ons nie altyd asof ons genoeg van ons eie vreugde het om te deel nie, wat nog te sê om van oor te borrel! Kyk wat staan hier in …
Efesiërs 5: 18 b,19,20 Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)
Musiek is so 'n wonderlike geskenk van God. Die gesange en liedjies wat oor die radio, of deur die een van die baie digitale kanale uitgesaai word, is so kragtig. En God gee nie om hoe vals jou sang vir die menslike oor mag klink nie, Hy verlustig Homself daarin wanneer jy sy lof besing. Hy waardeer dit wanneer jy in jou hart musiek maak. Hy is dol daaroor wanneer jy Hom vir alles in Christus se Naam dank!
En as jy Hom met oorgawe loof, sal daardie vloedgolf van vreugde, wat uit jou uitborrel, vir diegene om jou, wat dit so broodnodig het, as kragtige aanmoediging dien!
Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 9:4-6 Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!”
Een van die dinge waarmee die meeste van ons sukkel is om, voordat ons iets sê of doen ander mense se emosies te lees. Maar weet jy, daar is ‘iets anders’ waarmee ons nog slegter is.
En daardie ‘iets anders’ is dat ons nie, voordat ons praat of optree, bewus is van ons eie emosionele toestand nie. Miskien voel jy 'n bietjie neerslagtig, en in plaas daarvan om iemand te bedank, behandel jy hom soos 'n voorwerp en nie soos 'n persoon nie. Of dalk is jy kwaad, en dan jy sê iets, sonder om eers te besef dat jy kwaad is, en weet jy, jy kan daardie woedende woorde nooit weer terugneem nie.
Die studiegebied van emosies kan so duister soos die nag wees, nè? En hoe ons ons eie en ander mense se emosies herken en daarop reageer, het 'n radikale uitwerking op die soort lewe wat ons uiteindelik sal lei. Vandag se wysheid – God se wysheid – nooi ons uit:
Spreuke 9:6 Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!”
Jy kry die antwoord by God. Hy nooi jou uit om Hom vir duidelikheid oor emosies te vra. En sy Woord – die Bybel – is propvol daarvan. Die soort insig en inderdaad, die Heilige Gees, is so nodig om ons te laat weet hoe ons voel, voordat ons iets sê of doen.
Ons kry ook die soort wysheid en insig, wat ons nodig het om uit te vind hoe die ander persoon voel, van Hom af. Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!
Dis wat God begeer. Dit is die antwoord wat Hy jou bied.
Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.
Nouja, kom ons verbeel ons dat jy iewers diep in jou hart die regte ding wil doen; jy wil doen wat God jou beveel om te doen. Maar soos ons gister gesien het, is dit nie altyd so maklik nie ... is dit?
Nee dit is nie! Trouens, party dae voel dit heeltemal onmoontlik. Dit is ‘n feit soos ‘n koei. Jy begin elke oggend met die beste bedoelings, maar dan kom daar iemand of iets oor jou pad, en jy struikel oor dieselfde hindernis as wat jy gister, en die vorige dag en die dag voor dit, gestruikel het.
Maar Here, ek wou die regte ding doen … en toe kom daardie idioot en ek vererg my so, dat ek sy kop afgebyt het.
Dis hoe dit gaan. Wat ook al die situasie, wat ook al die omstandighede, dit gebeur met ons almal. Nouja, kom ons wees paraat - kom ons raak proaktief en besluit om die regte ding te doen.
Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.
Wat 'n kragtige vers. Ja, daardie mense wat ons irriteer, het hulle eie swakhede, hul eie probleme en spanning, hul eie seer en hul eie demone om te hanteer. Ons het dikwels geen idee waardeur hulle gaan nie. En ek glo – eintlik weet ek – dat God vandag, deur Sy Woord, vir ons die krag gee om hulle anders te behandel. Om in plaas daarvan om te reageer, soos wat ons gewoonlik doen, hulle te help wanneer hulle in ‘n moeilike situasie verkeer.
Kom ons stop net hier en dink daaroor na; laat dit insink. As ons kies om in daardie oomblik van versoeking, hulle lief te hê en om hulle te help, in plaas daarvan om hulle koppe af te byt, dan gehoorsaam ons die wet van Christus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.
Miskien is jy iemand wat God wil behaag, maar (en ek is seker jy het dit al self agtergekom) dit is nie altyd so maklik nie. Nouja … hoe lê jy 'n stewige basis om dit te bereik; om werklik 'n lewe wat God behaag, te lei?
So dikwels isoleer ons slegte gedrag en ons sonde ons van die werklikheid. Jy swig weer voor daardie een versoeking … en dit voel asof jy die enigste een is. Wel, kom ons maak vandag 'n belangrike ontdekking: Jy is nie die enigste een nie!
Dit gebeur met enigiemand en almal wat hulle harte daarop fokus om Jesus te volg. Dit het selfs met die apostel Paulus gebeur. Hy skryf in Romeine 7:15: Ek verstaan my eie doen en late glad nie. Wat ek graag wil doen, laat ek na, maar wat ek verafsku, juis dit doen ek. (NLV)
Die vraag is, hoe verander ons dit? Hoe hou ons op om die sonde wat ons haat, te doen en begin ons om die goeie wat ons wil doen, te doen? Nouja, dit begin alles diep binne in ons harte.
Psalm 19:14 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.
Die dinge waaroor jy mediteer, is die dinge wat jy uiteindelik sal sê en doen. En hier spreek die psalmis 'n diep begeerte uit, dat sy gedagtes en sy woorde aanneemlik vir sy Here, wat sy Rots en Verlosser is, sal wees.
Hoe gereeld bid jy dit? Hoe gereeld gaan jy na God toe, en bid hierdie woorde uit jou hart?
Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.
Vra God om jou te help om 'n godvrugtige lewe te lei.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
1 Konings 19:5,6 Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
Soms kan jy jouself in 'n diep, donker gat bevind. Dit is maar die verloop van die lewe. Ja, daardie gate kom in baie verskillende vorms en groottes voor, maar hulle is altyd diep en altyd donker.
Wanneer laas het jy jouself in daardie gat bevind? Was dit as gevolg van jou eie dom besluit? Of dalk was dit as gevolg van omstandighede buite jou beheer in 'n wêreld wat net sommer onregverdig is?
'n Diep, donker gat is steeds 'n diep, donker gat. Dit maak nie saak wat die oorsaak is nie. En dan kom mense met goeie bedoelings om vir jou te preek of om jou selfs te blameer.
Maar wanneer een van God se kinders so voel, is God daar met ‘n ander oplossing:
1 Konings 19:5,6 Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
Iemand het eenkeer gesê: toe Elia met depressie gesukkel het, het God nie 'n engel gestuur om vir hom te preek en om hom te vertel om meer te bid of om hom te veroordeel oor hoe hy gevoel het nie; Hy het 'n engel gestuur om hom te troos terwyl hy gerus het.
Maar weet jy, daardie persoon in jou lewe wat seerkry, die een wat verlies ly, het vertroosting nodig. En daar sal tye in die nabye toekoms wees, wanneer die engel wat God vir hulle stuur, jy of ek is.
Sommige mense moet net vertroos word.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.
Ons praat heeldag met onsself. Ons noem dit ‘n self-gesprek. Ons skep 'n verhaal van ons lewens, wat ons oor en oor en oor aan onsself herhaal. Dit beïnvloed nie net ons lewens nie, maar dit definieer wie ons is.
Wanneer iemand van kleins af vertel word dat hulle dom is, kan jy seker wees dat hulle agter hul dapper fasade, oor en oor vir hulself sê dat hulle dom is. In ‘n geval waar ouers ‘n kind bederf het, kan jy seker wees dat die kind glo dat hy die middelpunt van die heelal is.
Ek wonder watter negatiewe self-gesprek, watter verwronge verhaal het jou lewe beroof van alles wat God vir jou beplan het? Enige sielkundige sal vir jou sê dat daardie leuens wat jy vir jouself vertel, moeilik is, en soms onmoontlik is, om van ontslae te raak.
As dit iets is wat jou teister, dan het jy krag; bonatuurlike, Heilige Gees krag nodig om jou vry te maak. En met my hele hart weet ek dat God vandag daardie krag gaan ontketen. Hier is dit in:
Psalm 19:14 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.
Daar is krag in God se Woord, want Hy is jou Rots; Hy is die Een wat jou red. En wanneer jy na Hom toe gaan en bid: Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, sal Hy daardie gebed verhoor.
Sy Gees en sy Woord sal 'n krag in jou ontketen - 'n krag om te verander. Dis 'n krag, wat geen hoeveelheid wêreldse hulp ooit kan ewenaar nie. Net sy Krag kan die verwronge verhaal wat jou stadigaan kan doodmaak, vervang met sy Waarheid.
Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)
Kan ek jou vandag ‘n vraag vra? Wat is jou planne vir môre en oormôre … en volgende week, en volgende maand en volgende jaar? Party mense beplan baie deeglik, ander beplan baie minder, maar ons het almal hoop en drome vir die toekoms, nie waar nie?
Die lewe is ongelooflik onseker en tog, wanneer dinge net goed op dreef is, is dit maklik om met 'n vals gevoel van veiligheid gesus te word. Ons verbeel ons dat ons toekoms heeltemal in ons eie hande is.
Aan die einde van verlede jaar was dinge in my lewe net mooi op dreef. Ek en my vrou was op die punt om met 'n vakansie, wat ons al lankal beplan het, te vertrek.
Maar die week voor ons beplande vertrek, het my 92-jarige ma geval en my 82-jarige skoonma is vir 'n noodoperasie hospitaal toe gejaag. En skielik is al ons plannetjies deurmekaar gegooi.
Jy het sekerlik ook al ‘n ontwrigting van jou planne ondervind. Alles is reg, totdat dit skielik nie meer reg is nie.
Spreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)
Die waarheid is dat, alhoewel ek en jy dinge kan beplan, en hoewel sommige, of die meeste van daardie planne, waarskynlik sal uitwerk, weet ons nooit wat môre gaan gebeur nie. Ons toekoms is in God se hande, nie in ons eie nie.
Dit is waarom dit so belangrik is om nader aan Hom te leef, en wanneer ons ons planne maak, na daardie sagte fluistering van sy Gees in ons hart te luister. Hy weet wat die toekoms inhou en omdat Hy ons so lief het, sal Hy ons deur sy Gees in die planne wat ons maak, lei.
Ons sal steeds soms verrassings ervaar, maar wees gerus, dit is geen verrassing vir God nie. Moenie spog oor wat jy môre gaan doen nie, maar plaas jou beplanning nederig in sy hande.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe
Ek is anderdag stomgeslaan deur iets wat Des Ong, vir my gesê het. Hy het gesê: "Ek is moeg daarvoor dat mense 'emosionele intelligensie,' of EQ, as 'n mindere vaardigheid bestempel. Nonsies! Emosionele intelligensie is jou superkrag!” Beslis!
Nouja, ons is almal anders. My IK is heel oukei, maar ek het beslis ontdek dat my EQ (my emosionele intelligensie) beslis nie so wonderlik is nie.
Ander mense is gelukkig minder krities as wat ek is in die veroordeling van myself, maar ons weet almal dat ons tekortkominge het - elkeen van ons. En dit is, ag so maklik, om ons tekortkominge te regverdig, om grappies, of verskonings oor hulle te maak.
Ek is heeltemal eerlik teenoor jou. Ek sal altyd my talent in die veld van emosionele intelligensie om daardie rede, onderbeklemtoon, maar ek probeer terselfdertyd om dít wat God in sy Woord vir my gesê het, doelgerig uit te leef. Wat van jou? Oorweeg dit aan die hand van:
Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.
Ons moet ophou om verskonings vir ons gebreke te maak - ons is immers deur God uitgekies en geliefd; ons is sy uitverkore volk. En waarna sou jy sê verwys hierdie Skrifgedeelte? Dis reg, emosionele intelligensie. Betoon genade. Wees vriendelik, nederig, saggeaard en geduldig, moenie gedurig kwaad word nie, wees vergewensgesind.
Hoe ontwikkel jy jou emosionele intelligensie? Begin hier by hierdie goeie raad. Net hier in God se Woord. En, hou tog dadelik op om verskonings te maak.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
Onthou jy, hoe moeilik daardie jare gevoel het, toe jy 'n tiener was? Daar was jy - nog vis nog vlees. Dit was dikwels so verwarrend en niemand het jou verstaan nie. . .
Daar is niks erger as om misverstaan te word nie! Jy voel asof niemand anders al ooit deur die moeilike tyd is, waardeur jy nou gaan nie. Hulle het tog nie die dinge met hul eie oë gesien of die dinge gevoel wat jy nou voel nie … En ten spyte van die feit dat jy deur 'n groep mense met goeie bedoelings omring word, voel jy eensaam en desperaat.
En dis presies hoe dit vir ander mense voel, wanneer ek en jy hulle nie verstaan nie. Ja, voordat ons probeer om onsself in hulle posisie te plaas en om werklik te probeer begryp wat in hul koppe en in hul harte aangaan, veroordeel ons hulle so maklik.
Gister het ons gesels oor die feit dat alhoewel God reeds alle dinge weet en verstaan, Hy gekies het om 'n mens, Jesus, te word. Hy het gekies om in elke opsig net soos ons, versoek te word en om Homself in ons posisie te plaas.
Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
Daarom (omdat Hy ook ‘n mens was) kan ons sy troon nader. En syne is nie ‘n troon van oordeel nie, maar van genade. Ja, in ons uur van nood hoef ons nie bedees en bang na Hom te gaan om genade en guns en hulp te bedel nie, ons kan dapper en met vrymoedigheid gaan. Halleluja!
Maar dink net – wag, dink net – hoe wonderlik sal dit wees as die mense in ons lewens dieselfde genade by ons sou kon ontvang? Ja, as hulle seker was van die feit, dat wanneer hulle na ons toe kom, hulle 'n veilige ruimte binnegaan - dat ons hulle nie sal veroordeel nie, maar met barmhartigheid en genade sal help?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Hebreërs 4:15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.
Jy het ongetwyfeld al gehoor dat om iemand te verstaan, jy jouself in sy posisie moet plaas. Met ander woorde, probeer om die saak vanuit sy perspektief te sien, voordat jy oordeel.
Gister het ons gesels oor hoe geredelik ons ander mense oordeel – ons oordeel hulle volgens hoe hulle lyk en wat hulle sê en doen. Die eerste stap om iemand werklik te leer ken, is om oordeel te weerhou. Die tweede is om hulle situasie in aanmerking te neem, met ander woorde, om die saak vanuit hulle perspektief te sien.
En, as jy daaraan dink, is dit presies wat Jesus vir mense soos ek en jy, gedoen het. Ons sien in:
Hebreërs 4:15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.
Ja, ons verstaan dat God ons geskape het; dat Hy weet hoe ons voel en waarom ons optree soos ons optree, want God is God en Hy weet alle dinge. Tog het Jesus, toe hy 'n mens geword het, gekies om die saak vanuit ons perspektief te beskou.
God verstaan nie slegs hoe dit vir ons is om mens te wees omdat Hy God is nie, maar omdat Hy ook 'n mens geword het.
Ons verstaan nie alle dinge soos Hy nie, maar ons kan kies om dinge vanuit die ander persoon se perspektief te sien; om hulle versoekings te verstaan, om begrip te probeer hê vir die omstandighede waardeur hulle gaan.
En watter doel dien dit? Dit gee ons die geleentheid om hulle as mense te sien, sodat ons hul stryd kan begryp en sodat ons empatie met hulle kan hê.
Jesus gee vir ons kragtige voorbeelde van hoe om verhoudings met diegene rondom ons te hanteer – om onsself in hulle posisie te plaas.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners