God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Iets Interessant

    Send us a text

    Johannes 17:17 Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. 

    Elke Woord van Jesus is so propvol betekenis en krag dat ek en jy behoorlik aan sy lippe kan hang. En die spesifieke woorde van Jesus wat ek vandag met jou wil deel, is net absoluut tjokkeblok vol betekenis.

    Ek weet nie hoe jou verhouding met Jesus vandag lyk nie. Miskien glo jy dat Hy die Seun van God is, wat gesterf het om vir jou sonde te betaal, miskien nie. Of dalk het jy eens op ‘n tyd geglo, maar nou gaan jy net aan met die lewe. Of dalk beskou jy jouself as een van sy dissipels en is jou hart daarop ingestel om Hom te dien.

    Ek weet nie, maar jy weet waar jy staan, en jy kan seker wees dat Jesus dit weet. O, en daar is nog iemand wat weet waar jy staan – Satan self, want sy doel is om jou te mislei, jou verder en verder van Jesus af weg te lei. Hy gebruik nie blatante, openlike leuens, soos wat ons as mense sou gebruik nie, maar baie meer subtiele, halwe waarhede. Jy is immers tog nie 'n slegte mens nie. Jy leef 'n baie goeie lewe. Jy hoef nie nou fanaties te raak oor hierdie hele Jesus-ding nie, hoef jy? Ag nee wat, dis nie nodig nie, gaan net soos gewoonlik aan, en jy sal reg wees!

    In sy laaste gebed voor Hy gekruisig is, het Jesus begin bid vir mense soos ek en jy:

    Johannes 17:17 Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

    Die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie. God se lering, God se Lewende Woord. En die waarheid is dat sy Woord ten doel het om ons te verander. Sy Woord is daar om ons lewens op 'n ander koers te plaas. Sy Woord is daar om ons gereed te maak, nie vir die afgesaagde lewe wat ons tot nou toe aan gewoond was nie, maar vir diens in sy naam. Dis die waarheid.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Eenvoudige Waarheid

    Send us a text

    Hebreërs 13:16 Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is. 

    In die tyd van die Ou Testament is diere op altare vir God geoffer. Dit lyk nou alles baie vreemd vir ons, maar dit was destyds die gebruik. Gelukkig hoef ons dit nie meer te doen nie ... of doen ons dit miskien nog op ander maniere?

    Nee, natuurlik, offer ons nie deesdae diere nie. Mense het dit gedoen om vir hul sondeskuld te betaal om sodoende met God te versoen, en ook vir 'n verskeidenheid ander redes. Maar as jy in Jesus glo, hoef jy nie vir jou sondes te betaal nie, want deur sy uiteindelike offer aan die kruis, word jou sondes vir eens en vir altyd vergewe.

    Halleluja. Geen offers is meer nodig nie. Maar wag net 'n oomblik - hierdie "al my sondes is vergewe"- beteken nie dis 'n eenmalige ooreenkoms nie. Dit is die begin van 'n proses van 'n nuwe lewe; 'n veranderde lewe; 'n lewe wat daarop gefokus is om Jesus te volg; 'n lewe wat daarop gemik is om sy liefde te deel en 'n lewe wat geleef word om 'n werklike verskil in hierdie wêreld te maak.

    Hebreërs 13:16 Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

    ‘n Mens hoef nie geniaal te wees om dit te snap nie, nè? Maar dit is tog maklik om te vergeet om te midde van die gejaagdheid van die lewe aan ander mense goed te doen. Dit is te maklik om só selfbehep te raak en om vir onsself 'n lewe van gemak en gerief te bou, dat ons vergeet om dít wat ons het, met behoeftiges te deel. Ja, ons skram weg daarvan om werklike opofferings vir ander te maak. Maar weet jy, hierdie opofferings behaag God.

    Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

    Dit is eintlik redelik eenvoudig.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Beloftes Gewaarborg

    Send us a text

    Psalm 138:2,3 Ek wil u Naam loof op grond van u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alle dinge verheerlik. Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag. (NLV) 

    Sê my: kan jy die beloftes van God vertrou? Ek bedoel, regtig? As jy na jou lewe kyk, na al die dinge wat met jou gebeur het, was die beloftes van God waar, of lê dit vir jou op ‘n skaal van tussen 'n bietjie wankelrig en suiwer fiksie?

    Ja, ek weet, wanneer dit broekskeur gaan, is dit moeilik om op die beloftes van God te staan. Wanneer jou omstandighede, of wanneer mense, of die lewe oor die algemeen, sommer lyk asof hulle almal teen jou is, is dit swaar om diep in jou hart te weet dat God se beloftes waar is; dat Hy jou ook hierdeur sal dra; dat die uitkoms beslis goed sal wees.

    Een van die redes waarom ek van die Psalms hou, is dat baie van hulle deur Dawid, die koning van Israel geskryf is. Hy kyk met die wysheid van terugskouing op sy lewe terug - na sy oorlewingstryd, sy stryd om lewe en dood - terwyl hy besin oor die rol wat God daarin gespeel het. Kom ons kyk na David se perspektief in:

    Psalm 138:3 Ek wil u Naam loof op grond van u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alle dinge verheerlik. Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag. (NLV)

    Omdat God God is, is sy Naam betroubaar; sy reputasie is betroubaar. Wanneer God sy Naam op iets stempel, beteken dit dat dit absoluut betroubaar is! Alhoewel Dawid dankbaar is vir die baie kere wat God ingegryp het om sy lewe te red, verstaan hy dat dit nie oor hóm gegaan het nie.

    God was besig om sy doel te bereik; God het, deur die gesalfde koning van sy uitverkore volk, te red, in werklikheid sy Naam onder die nasies verhef.

    Hoe kan ons weet dat God se beloftes waar is? Omdat hulle deur sy Naam en sy Woord onderskryf word.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Leef in Oorwinning

    Send us a text

    1 Korintiërs 10:13 Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. 

    In 'n era waar sosiale, politieke en godsdienstige opinies al hoe meer gepolariseer word; die gesprekke al hoe driftiger word en die kloof in die samelewing al hoe wyer word, blyk dit dat ons meer en meer op ander mense se foute fokus.

    Dit is waar, nè? Veral as jy op sosiale media rondkuier. Haarklowery was nog nooit so maklik soos vandag nie. Groepe word gevorm rondom idees, rondom wêreldbeskouings, rondom godsdienste... en ons voel verplig om ons groep te verdedig deur die vyand te verslaan. Maar is dit regtig waaroor die lewe gaan? Regtig?

    Die Griekse filosoof Aristotel het dit eenkeer so gestel: “Ek ag die persoon wat sy eie begeertes oorwin dapperder as die persoon wat sy vyande oorwin; want die moeilikste oorwinning is oor die self.”

    Ja, kou maar daaraan - dis die waarheid. Om jou eie begeertes te tem – hm, selfs om jou tong te tem – kan party dae amper onmoontlik lyk. Maar gelukkig is ons nie alleen om ons sondige begeertes te oorwin nie. Want vir enigiemand wat hul hart en siel ten volle daarop ingestel het om Jesus opreg te volg, is daar krag, oorvloedige krag, kitskrag … meer krag as wat ons ooit nodig sal hê om dít, wat ons weet binne-in ons verkeerd is, te oorkom. 

    1 Korintiërs 10:13 Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

    Ons kan nie al daardie mense daar buite verander nie, al probeer ons hoe hard. Maar ons kan in die spieël kyk, eerlik met onsself wees en aan onsself begin werk. ’n Taak waarin jy nie alleen is nie, want God werk hier in jou, saam met jou.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • ‘n Gehoor van net Een

    Send us a text

    Galasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie. 

    Dis ‘n bietjie meer as dertig jaar sedert my dierbare pa oorlede is. En ek dink steeds aan hom. Ek wens steeds ek kon vandag met hom gesels. Hy was immers my pa. Maar ek wonder hoeveel ander mense in hierdie wêreld hom nog onthou.

    Ek glo nie veel onthou hom nie. Ek dink nou aan die mans en dames wat saam met hom by die staalwerke gewerk het; of die koor wat hy gelei en gedirigeer het. Ja, natuurlik is baie van daardie mense ook oorlede, maar as ek nou 'n raaiskoot sou waag, is daar, behalwe my ma en ek, niemand anders op planeet aarde wat ooit eers aan hom dink nie; al was hy 'n baie goeie mens. Hoekom vertel ek julle dit?

    Johannes Chrysostom wat ongeveer 387 nC geleef het, het dit so gestel: "As jy net geweet het hoe vinnig mense na jou dood van jou sou vergeet, sou jy nie in jou lewe probeer het om enigiemand behalwe God te behaag nie."

    Natuurlik moet ons goed doen aan ander mense. Maar dit gaan 'n vlietende beloning wees indien ons dit doen vir hul erkenning en hulle applous. Die apostel Paulus het dit so gestel:

    Galasiërs 1:10 Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.

    Met ander woorde, in alles wat Paulus op hierdie aarde gedoen het, selfs in al die goeie dade wat hy vir ander gedoen het – en ek en jy trek steeds voordeel daaruit – het hy in werklikheid voor 'n gehoor van Een gespeel. Hy het dit vir God en alleenlik vir God gedoen.

    Om mense tevrede te stel, lewer wisselvallige resultate. Eendag klap hulle hande. Die volgende skree hulle, "kruisig hom," nie waar nie? Moenie dat mense jou gedrag bepaal nie, doen buitendien goed. Maar doen dit vir God.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Om Foute te Begaan

    Send us a text

    Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. (NLV) 

    Een van die lewe se groot frustrasies, is dat wanneer jy die regte ding wil doen, jy nie daarby uitkom om dit te doen nie. Of is dit net ek wat hiermee sukkel? Nee, ek dink nie so nie. Ons het die beste voornemens, maar dan loop dit skeef.

    Noem dit wat jy wil - mislukking, 'n struikelblok, sonde. Die benaming maak nie soveel saak as die uitkoms nie. Ek het 'n diep begeerte om Jesus te volg. 'n Ware passie, om die waarheid te sê. Ek hoop en bid dat dit met jou ook die geval is.

    En wanneer ons die ware betekenis verstaan van wat Hy vir ons gedoen het toe Hy aan die kruis gesterf het om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal, word die begeerte om Hom te eer, om Hom te volg, om Hom te dien en ja, om Hom te gehoorsaam, nog sterker.

    En ons weet uit die Skrif, dat God dit begeer. Maar, wat nou gedaan? Wat doen ons as ons struikel? Wat doen ons as ons Hom faal?

    Psalm 34: 23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. (NLV)

    Die Here wys inderdaad vir ons hoe ons moet lewe. Hy is inderdaad bly wanneer Hy sien dat ons so leef. Maar kyk nou ‘n bietjie na die volgende:

    Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.

    Hy is hier. Hy is gereed. Hy wag om ons te ondersteun wanneer ons struikel, sodat ons nie val nie. Dit is goeie nuus, nie waar nie?

    Dit lyk vir my dat 'n struikeling wat jou nederig maak, baie beter is as 'n prestasie wat jou trots maak, want dit maak jou afhanklik van God se genade.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Om God te Behaag

    Send us a text

    Matteus 14:6-10 Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in 'n skottel die kop van Johannes die Doper. ”Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word. Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof. 

    Ons koester almal die geheime hoop, dat as ons Jesus volg, en Hom gehoorsaam, Hy ons sal seën op die manier wat ons graag geseën wil word. Ons wil gesond, ryk en wys wees. Ja, dit is tog mos wat ons toekom.

    Maar iewers diep binne-in ons is ons bang dat dit nie so sal uitwerk nie; dat slegte dinge nog steeds sal gebeur en dat al daardie harde werk om Jesus te volg, tevergeefs was. Ons beskou dit as 'n risiko om Jesus te volg, en daarom verwag ons 'n beloning. En tog weet ek en jy dat slegte dinge wel gebeur. Sommige mense, neem byvoorbeeld vir Johannes die Doper, ly baie, al het hulle al die regte dinge gedoen.

    Matteus 14: 6-10 Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in 'n skottel die kop van Johannes die Doper.” Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word. Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof.

    Johannes die Doper het God ten volle gehoorsaam en tog het God toegelaat dat hy onthoof word. Nou wat is dan die antwoord? Wel, die antwoord is beslis nie in die snuisterye en goedjies van hierdie wêreld nie. Nee. Om God te behaag, is die beloning. Hy skuld ons niks nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Maak Dit ‘n Verskil?

    Send us a text

    Efesiërs 4:18,19 hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met 'n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen. 

    Terwyl Jesus die stofpaaie van die eerste eeuse Israel bewandel het, het Hy 'n paar kragtige dinge gedoen en gesê. Ontelbare lewens is aangeraak en getransformeer. En dit is die kruks van die saak. Wanneer ons uiteindelik vir Jesus ontmoet, is daardie ontmoeting daar om ons lewens te verander.

     

    Dit is snaaks hoe ons almal aan die een kant 'n beter lewe wil leef, maar aan die ander kant wil ons nie die dinge wat ons lewens verwoes, prysgee nie en dit keer ons om te verander; dit verhoed ons om te groei.

     

    Jesus het 'n paar ongelooflik konfronterende dinge om oor ons sonde, joune en myne, te sê. Soms dring sy woorde ons harte binne. Ander kere is ons, tot ons eie nadeel, hardnekkig ontoeganklik daarvoor.

     

    Ek wonder hoeveel aansluiting jy hierby vind? Ek wonder hoe jy in 'n oomblik van eerlike selfondersoek die volgende vrae sou beantwoord: Hoeveel verskil het my ontmoeting met Jesus in my lewe gemaak? Hoeveel is ek getransformeer? Hoeveel het ek verander? Hoe verander ek daagliks as gevolg van sy invloed in my lewe?

     

    Van diegene wat Christus regtig nie in hulle harte toegelaat het nie, skryf die apostel Paulus in:

    Efesiërs 4:18,19 hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met 'n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen.

     

    Dit is 'n baie verdoemende aanklag, nè? Maar die vraag, wat ons elkeen met erns vir onsself moet afvra, is, in watter mate beskryf dit my? Daar word gesê dat kerk baie soos 'n hospitaal is. Sommige pasiënte reageer op behandeling, ander … nie.

     

    Hoeveel verskil maak Jesus in jou lewe?

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dis Regtig Baie Eenvoudig

    Send us a text

    1 Petrus 4:8 Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. (NLV) 

    Het jy al opgelet hoe moeilik mense kan wees? Ek bedoel, regtig, regtig moeilik. Soms irriteer hulle ons. Ander kere is dit baie erger. Maar sê my, hoe gereeld gaan ons uit ons pad om aan daardie moeilike mense 'n bietjie vriendelikheid, 'n bietjie liefde te bewys, hm?

     

    Baie van ons, ek inkluis, is geneig om die lewe teen honderd kilometer per uur te leef. Natuurlik is nie almal so nie. Maar selfs al het jy 'n meer rustige ritme in jou daaglikse bestaan, is dit steeds ongelooflik maklik om selfbehep te wees; om die welsyn van diegene rondom jou te ignoreer.

     

    En ek sal bely daar was tye in my lewe toe ek so selfbehep was; toe ek daardie mense om my nie as mense nie, maar as voorwerpe behandel het. Ek was so behep met my eie groot drome wat ek gedroom het oor wat ek vir God kan doen.

     

    Waar jy ook al op jou geestelike reis is, wat ook al jou lewenstempo, in watter lewensfase jy jou ook al bevind, en wat ook al jou houding teenoor die lewe mag wees, kom ons staan stil en steek hand in eie boesem:

    1 Petrus 4:8 Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. (NLV)

     

    Die belangrikste van alles, belangriker as enigiets anders wat julle doen … wees innig lief vir mekaar. Bewys onselfsugtige liefde, selfs aan mense wat jou seermaak of irriteer, want daardie liefde sal 'n menigte sondes bedek. 

     

    Daardie liefde sal genesing en hoop, geduld en vrede bring.

    Die skrywer en spreker, Amy Klutinoty, som dit so op: "Wanneer, die opdrag om die persoon voor jou lief te hê, vir jou nie as ‘n belangrike bedieningsgeleentheid lyk nie, dan het jy die eenvoud van die Evangelie vergeet."

     

    Dit is regtig so eenvoudig.

     

    Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. (NLV)

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Onbillike Liefde

    Send us a text

    Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was 

    Sommige mense hou nie van jou nie. Dit voel so onredelik en so onregverdig. Ja, ek weet geen mens kan, ten spyte van al jou pogings, almal tevrede stel nie. Maar dit maak seer wanneer jy verwerp word. Dis tog lekker as mense van jou hou!

     

    Dit is maar net die wrede waarheid - sommige mense hou nie van jou nie; sommige haat jou selfs. Soms is dit geregverdig, soms is dit, wel, indien dit nie geregverdig is nie, miskien tog verstaanbaar, maar soms is dit sommer net onomwonde onregverdig.

     

    As ek vinnig moet dink, sou ek sê ek kan 'n halfdosyn mense opnoem wat regtig nie van my hou nie. Daar is ongetwyfeld baie meer as dit. En ja, in sommige gevalle, gegewe my gedrag oor die jare, is dit geregverdig of ten minste verstaanbaar. Maar in sommige gevalle is dit beslis onregverdig.

     

    En wat nou gedaan? Hoe hanteer jy dit? Laat jy dit aan jou vreet, of hanteer jy dit? En as jy besluit om dit te hanteer, presies hoe hanteer jy dit?

     

    Die apostel Paulus het dit so gestel in:

    Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

     

    Ek weet nie van jou nie, maar wanneer ek stil word en dit herkou, en wanneer ek toelaat dat die Heilige Gees my hart deursoek, oorweldig dit my. God het elke rede gehad om my te haat. Hy het vandag nog steeds! En ek vermoed, dat wanneer jy aan alles dink wat jy in jou lewe gedoen het, voel jy ook baie skuldig. Maar in plaas daarvan om ons te straf, stuur Hy Jesus om te sterf, om vir óns sonde te betaal, as die grootste van alle liefdesverklarings. 

     

    Die Amerikaanse teoloog R.C. Sproul het dit so gestel: "Wanneer ek dink ek word onregverdig gehaat, probeer ek onthou dat ek onregverdig geliefd is."

     

    Dis hoe jy dit hanteer!

     

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners