Sign up to save your podcasts
Or

Send a text
Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.
Kan jy dit glo, dit is alweer die vierde Julie. Dit maak nie saak waar op hierdie planeet jy woon nie, maar jy is seker bewus daarvan dat die VSA, die rykste land ter wêreld, vandag Onafhanklikheidsdag vier.
Onafhanklikheid gaan oor vryheid. Ek wil nie ou koeie uit die sloot grawe nie, maar dit is 'n historiese feit dat Amerika se welvaart op die rug van slawerny gebou is; die verskriklike onderdrukking van mense op grond van hul etnisiteit en velkleur.
Prys die Here dat dit nie meer die geval is nie. Maar het jy geweet dat die klein Wes-Afrikaanse land Liberië met 'n bevolking van net minder as 5 miljoen, in die middel 1800's gestig is deur geëmansipeerde slawe uit Amerika? Dit is die rede waarom sy vlag so baie soos die Amerikaanse vlag lyk, behalwe dat hulle net een ster in plaas van vyftig het.
Teen die laat 1900's het militêre staatsgrepe en die wrede diktatuur van Charles Taylor tot ‘n burgeroorlog en verskriklike onderdrukking daar gelei. ‘n Mens sou dink dat geëmansipeerde slawe in vrede sal wil lewe, veral in ‘n land waar hulle naam – Liberië – vryheid verkondig, nè?
Maar nee. Ek wil jou nie 'n kort geskiedenisles gee nie, die rede waarom ek Liberië as ‘n voorbeeld noem, is om vir jou te wys dat ons mense 'n wonderlike vermoë het om ons vryheid te verkwis; om die oorwinning met soveel negatiewe gedrag uit te kanselleer.
Galasiërs 5:13Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.
Hierdie waarskuwing is nie slegs aan Amerikaners of Liberiërs nie, maar aan ons almal, want wanneer ons begin doen wat ons sondige natuur behaag, verkwis ons ons Godgegewe vryheid.
Dien mekaar met liefde.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Hebreërs 11:13-16 Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.
Het jy al ooit gevoel asof die beloftes van God jou ontwyk het? Jy wil vasstaan op sy beloftes, maar op een of ander manier het hulle soos mis voor die son verdwyn. Wel, ek kan jou onomwonde sê, jy is nie alleen nie.
En daar is 'n rede daarvoor. Jy sien ek en jy, in ons menslike broosheid, wil ten diepste glo, dat die beloftes van God net om ons draai. God se beloftes moet in ons tydraamwerke en netjies by ons lewens inpas. Maar as ons 'n oomblik sal neem om terug te tree, sal ons besef dat God, vir wie 'n duisend jaar soos 'n dag is, baie beslis nie so werk nie.
En tog weier ons om van ons selfgesentreerde idees af te sien. Dit is die fout wat ons maak. Kom ons herfokus. Kom ons verstaan ‘die beloftes van God’ vanuit sy perspektief:
Hebreërs 11:13-16 Terwyl hulle steeds geglo het, het al hierdie mense gesterwe sonder om te verkry wat beloof is, maar hulle het dit uit die verte gesien en daaroor gejuig, en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. Mense wat so praat, gee daarmee duidelik te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.
Die beloftes van God is soveel groter, soveel beter as enigiets wat ons onsself vanuit ons eng perspektief kan voorstel. Dit is die sleutel om sy beloftes te verstaan. Dit is die sleutel om volgens sy beloftes te leef. Dink groot!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Hebreërs 11:11,12 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.
Soms neem God ons tot op die rand van ‘n onmoontlike situasie, sodat ons vir 'n tyd, waar ons wik en weeg in ons geloof tot stilstand kan kom. Hoe lank gaan jy aanhou? Wanneer moet jy feite in die oë staar en tot jou sinne kom?
Enigiemand wat ‘n groot stap in die geloof geneem het, het hulself al afgevra: "Is dit God se opdrag, of het ek my dit net verbeel?" Net daar is die dilemma van geloof. Kyk na Abraham en Sara. Hulle kon nooit kinders hê nie en teen die tyd dat God vir hulle 'n kind van hul eie belowe het, was hulle hopeloos te oud daarvoor.
Hebreërs 11:11,12 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.
Abraham was vyf-en-sewentig jaar oud toe hulle hul gemaklike bestaan opgegee het om op hierdie onbekende reis te vertrek. Hy was reeds nege en negentig toe God vir hom ‘n nageslag belowe het en toe hy ‘n honderd jaar oud was, dat God vir hulle 'n kind, Isak, uit hul eie (bykans lewelose liggame) laat voortkom het.
Luister mooi. Wanneer jy met jou hele hart glo dat dit ‘n woord van God is (ja, al is dit onvolmaak, al twyfel jy soms, al is daar mislukkings en worstelings langs die pad), al lyk dit asof daar geen lewe is nie, is daar!
Want wanneer God 'n plan het, is dit nooit afgehandel voordat sy plan vervul is nie. Nooit!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Hebreërs 11:9,10 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.
Een van die grootste foute wat ek en jy kan maak, is om ons te verbeel dat God se planne net om ons, en ons gemak en ons gerief wentel. Sy planne is soveel groter as ons.
Ek het 'n paar maande gelede met my vriend, wat boer, gesels oor sy plaas wat deur die ergste vloed in menseheugenis oorstroom is. Ons gesprek het op die dag wat die vloed 'n hoogtepunt bereik het, plaasgevind. Sy kommentaar was dat ons die fout maak om teen die vloed te bid, eerder as om onder die omstandighede na God se wil soek en te kyk na die geleenthede wat Hy daardeur vir ons bied om goed te doen.
Wat 'n kragtige, getuienis van die man se geloof is dit nie? Hy het inderdaad die ramp gebruik om goed te doen. Hy het sy buurman gehelp om 600 koeie twee keer per dag te melk, toe die buurman se melkery oorstroom is. Hy het die nooddienste in die omgewing met toerusting gehelp. Hy het selfs vroeg op Kersoggend in sy klein bootjie gespring om die dominee aan die oorkant van die rivier in volle vloed te gaan haal, sodat hulle hul Kersdiens kon hou.
En kyk na Abraham:
Hebreërs 11:9,10 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.
Abraham het op 'n onsekere en ongemaklike reis van vyf-en-twintig jaar na die Beloofde Land gegaan - maar hy was al lankal dood toe Jerusalem eers eeue later gebou is.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Hebreërs 11:8,9 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,
Enige ouer weet hoe gefrustreerd jy raak wanneer jy vir jou kinders ‘n opdrag gee, en hulle vra "Hoekom?” vóórdat hulle gehoorsaam. Soms is daar 'n gepaste antwoord. Ander kere, nie.
Die antwoord is, dat jy nie kan verwag dat jou kinders dinge uit jou perspektief sal sien nie, omdat hulle nie jou lewenservaring het nie. Toe my pa my destyds elke Saterdagoggend my kamer laat skoonmaak het, of toe my ma daarop aangedring het dat ek elke dag vir ten minste 'n halfuur klavier oefen (albei dinge wat ek destyds gehaat het om te doen), kon hulle nooit die vrug daarvan verduidelik nie, maar daardie dissipline sou baie jare later deel van my karakter vorm.
Net so roep God ons soms om dinge te doen waarvan ons nie hou nie; dinge wat nie vir ons sin maak nie; dinge wat ons net nie wil doen nie. En dis hier waar geloof (of die gebrek aan geloof) ter sprake kom.
Hebreërs 11:8,9 Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom. Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,
God het Abraham en sy vrou Sara uit hul ryk, gemaklike bestaan geroep om 'n onsekere, onmoontlike en baie ongerieflike reis van vyf en twintig jaar te onderneem. Hulle het geen benul gehad waarheen God hulle gaan lei nie, maar hulle het God onvoorwaardelik gehoorsaam en in geloof getrek.
"Geloof" is om God te volg en te gehoorsaam, selfs wanneer dit nie vir ons sin maak nie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Hebreërs11:4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.
Jy het dalk gehoor dat daar gesê word: As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Ja, dis waar. Dit kom direk uit sy Woord, die Bybel – Hebreërs hoofstuk 11, vers 6. Maar wat beteken dit nou eintlik vir my en vir jou in ons alledaagse lewe?
Ek is 'n groot voorstander daarvan om te probeer om God se Woord prakties toe te pas. As jy in Jesus gaan glo en as jy Hom gaan volg (en jy is gewaarsku dat dit altyd, ja, altyd, beproewinge en opofferings van jou gaan vra... ) wil jy per slot van rekening hê dat dit 'n kragtige, positiewe verskil in jou lewe moet maak, nie waar nie?
Kyk weer na hierdie stelling - As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Goed, kom ons kyk nou in die Bybel na 'n praktiese voorbeeld wat verduidelik wat dit beteken.
Hebreërs 11:4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.
Onthou jy, Kain en Abel was Adam en Eva se seuns. Kain het uiteindelik sy broer Abel uit jaloesie vermoor, want God het Abel se offer aanvaar, maar nie syne nie. Waarom was God tevrede met Abel se offer, terwyl Hy Kain s’n verwerp het?
Dit is omdat Abel sy offer in die geloof dat God goed is, gebring het, terwyl Kain met boosheid in sy hart, sonder geloof in God se goedheid, net gedoen het wat van hom verwag was. Ons sien tog duidelik hoe Kain se boosheid na vore kom, as hy sy broer vermoor.
As jy al ooit gevind het dat jy net dinge doen omdat dit van jou verwag word, is dit tyd vir 'n hartsverandering, want sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Hebreërs 11:1,3 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. ....Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.
Wetenskaplike teorieë beweer dat die heelal miljoene jare gelede as gevolg van "die oerknal" geskep is. Maar nou is die vraag: wie het dit in die eerste plek daar gesit, en wat het dit laat knal?
Dit is vrae wat die wetenskap eenvoudig nie kan beantwoord nie. Jy kan nie begin teoretiseer nie, want, wel, dan raak jy verstrengel… jy kan eenvoudig nie. Die idee dat iets uit niks gebeur het, is heeltemal onverklaarbaar. Dit sal, vanuit 'n wetenskaplike perspektief, in elk geval, vir ewig 'n onopgeloste raaisel bly.
Maar God verander die hele prentjie, want: In die begin het God ... alles uit niks geskep. Nou moet jy jouself dan afvra, hoekom sukkel ek en jy soms om te glo dat God dít of dát kan doen? As Hy die onmoontlike kon doen en berge kan versit - dan kan Hy sekerlik in ons behoeftes voorsien wanneer ons bronne heeltemal uitgeput is? Hoekom is dit so?
Oor die afgelope paar dae het ons gesels oor die kragtige waarheid dat geloof, selfs die kleinste hoeveelheid geloof, selfs mosterdsaadjie-geloof, dinge laat gebeur. Hier is dit, direk uit God se Lewende Woord in:
Hebreërs 11:1 en 3 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. ....Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.
Net omdat jy dit nie kan sien of verduidelik, of daaraan kan raak en voel nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Moenie bang wees om in geloof vir God te gehoorsaam nie. Sy planne word volbring ten spyte van jou klein, onvolmaakte en wankelende geloof. Sien jy, na watter ongelooflike vennootskap Hy ons nooi?
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Lukas 17:5,6 Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.
Ek het gister die eerste van twee groot geloofsuitdagings waarvoor my dierbare vriend, Lowell Wertz, wat reeds meer as 40 jaar ‘n sendeling in Afrika is, te staan gekom het, genoem. Vandag wil ek graag die tweede een deel.
Dit is wat Lowell uit sy hoofkwartier in Tanzanië geskryf het:
Een Desember was ons bedieningskuld die hoogste wat ons nog ooit ervaar het. Mindy [vermoedelik hul rekenmeester] het met my in verbinding getree en gesê die rooi ink op ons bankstaat is nou donkerrooi. Ek was moedeloos, aangesien baie behoeftige mense op my gewag het vir hulp. Toe ek ons huis verlaat om na die behoeftiges te gaan, het my vrou Claudia gesê: ‘Moenie geld spandeer wat ons nie het nie.’ Ek het gebid terwyl ek, sonder ‘n moontlike oplossing vir die finansiële probleem, na hulle gery het. Die Here het met my hart gepraat – ‘Ek het jou geroep om my sendeling te wees. Gaan doen jou werk.’ In geloof het ons die arm mense met geld, wat ons nie gehad het nie, gehelp. Mindy het uit die bloute laat weet dat iets vreemds gebeur het. Die bediening se posbus was gevul met geskenke soos nog nooit tevore nie! Ons bankbalans het daardie jaar in die swart afgesluit. Om in geloof te lewe, is nie 'n lisensie om dom te wees nie, maar 'n vereiste om God se wil te doen - God beloon swak, wankelrige maar nederige geloof.
Wat ‘n wonderlike getuienis. Maar, soos dr Barry Chant, ’n teoloog en onderwyser eenkeer gesê het: wanneer ons uitstap, stap God in. Maar moenie net vir Lowell glo nie. Moenie net vir Barry glo nie. Moenie net vir my glo nie.
Lukas 17:5,6 Die apostels sê toe vir die Here: “Gee ons meer geloof.” Maar die Here antwoord: “As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.
Glo vir Jesus. Hy beloon swak, struikelende, nederige geloof.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Matteus 6:6 Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.
Dit lyk vir my asof godsdiens, of godsdienstigheid, as ek dit so mag noem, 'n namaaksel is. Jy maak asof jy al die regte dinge doen, maar op die lange duur lewer dit niks eg op nie. Klink dit bekend?
Wat ons almal wil hê, is dat indien ons 'n verhouding met God gaan hê, dit iets opreg moet wees. Ons wil iets sinvols hê wat, veral wanneer ‘n mens deur ‘n moeilike tyd gaan, 'n verskil sal maak.
Ek het onlangs 'n e-pos van my dierbare vriend, Lowell Wertz, wat reeds meer as 40 jaar ‘n sendeling in Afrika is, ontvang. Dit lui:
Ek wil graag twee ervarings waar God my geloof beproef het, met jou deel. ‘Joy in the Harvest’ [die bediening wat hy lei] het $3 000 in die bank gehad toe ons in Tanzanië aangekom het. 'n Paar weke later het tienduisende verhongerde vlugtelinge in Kigoma aangekom. Ek het geweet wat God wou hê ons met die geld moet doen. In die geloof het ons al ons geld gebruik om vir die vlugtelinge kos te koop. Jy voel aan die eenkant maar altyd 'n bietjie bang wanneer jy voor so ‘n waaghalsige uitdaging in die geloof te staan kom. Maar aan die anderkant weet jy dat iets wonderlik besig is om te gebeur. My geloof het gegroei en ek het geglo dat God alles wat ons nodig het, kan voorsien. God begeer dat ons verhouding met Hom, en ons geloof in Hom, opreg moet wees.
En net daar is die kruks van die saak. Ons wil hê dat ons verhouding met God eg moet wees, maar om dit te laat gebeur, moet ons geloof eg wees en nie wankel nie. Ons sien in:
Matteus 6:6 Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.
Wanneer jou geloof op ‘n wankelrige godsdienstige pad is - maak erns met God!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send a text
Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
Wanneer ons emosies opvlam - ons woede, ons vrees of dalk 'n gevoel dat ons nie goed genoeg is nie, wat dit ook al mag wees – beroof dit ons van God se vrede. En in die afwesigheid van vrede, vind ons ons lewens op 'n oorlogsfront.
Nouja, wat sou jy verkies, vrede of konstante onmin? Dit spreek vanself, nè? Ons almal smag na vrede; ons wil nie vyandigheid en twis in ons lewens hê nie.
En terwyl jy deur die Bybel lees, ontdek jy dat vrede 'n baie groot prioriteit vir God is. Ons lees in die Ou Testament hoe sy mense seën wanneer hulle Hom eer.
En vrede is wat Jesus, te midde van die gevaarlike dae wat tot sy kruisiging gelei het, vir sy dissipels belowe het. En vrede is die belofte wat God dwarsdeur die Nuwe Testament vir diegene wat in Jesus glo, gee. Maar hoe ons sy vrede gebruik, is heeltemal 'n ander ding.
Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.
Kom ons dink daaroor na. Ons kan kies om die vrede van Christus toe te laat om ons denke te oorheers en in ons lewens die deurslag te gee, of om dit nie te doen nie en om ons eie koppe te volg. Wanneer ons besluit om dit nie te doen nie - en ons het al almal daardie keuse gemaak - eindig dit nooit goed nie, of hoe? Wanneer ons op die oorlogspad uit is, maak ons verkeerde keuses wat uiteindelik verskriklike gevolge het. Die lewe is gevul met konflik en konflik is uitputtend, dit maak seer en per slot van rekening is dit nie wat enigeen van ons wil hê nie.
Maar wanneer ons toelaat dat die vrede van Christus ons denke lei … bring dit vir ons vrede. En as jy mooi daaraan dink, gaan vrede gepaard met ‘n lewe van oorwinning. Laat die vrede wat Christus gee, jou denke beheer.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

958 Listeners