God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Wanneer die Tyd Ryp Is

    Send us a text

    Jesaja 60:22 Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste 'n sterk nasie. Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here. 

    Het jy al ooit in jou omstandighede magteloos en vasgevang gevoel? Dit voel asof jy gevange gehou word in 'n dwangbaadjie, nè? Dit voel asof niks ooit gaan verander nie; asof jy vir altyd op hierdie spesifieke plek gaan vassit!

    Daar was 'n tyd toe Israel vir byna sewentig jaar as slawe in ballingskap in Babilon vasgekeer was. Sewentig jaar! Dit is 'n lang tyd. En aangesien Babilon destyds dié wêreldmoondheid was, het hulle nie hoop gehad dat dit ooit gaan verander nie.

    God het die profeet Jesaja gestuur om hulle te oortuig dat dinge op die punt was om te verander; dat Hy binnekort iets kragtigs, iets, buite hulle verwysingsraamwerk, gaan doen: Hy gaan hulle vrymaak om na die Beloofde Land terug te keer.

    As jy die laaste ses-en-twintig hoofstukke van die boek Jesaja in die Ou Testament lees, ontdek jy dat God hierdie profeet telkemale moes gebruik om hulle hieraan te herinner. Want wanneer jy vir drie geslagte in slawerny vasgevang is, sal jy sekerlik glo dat niks ooit gaan verander nie. Luister na God en, ek bid, dat jy sal hoor hoe Hy ook met jou praat:

    Jesaja 60:22 Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste 'n sterk nasie. Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here.

    Van klein tot groot, van stam tot magtige nasie, van slawerny tot herstel – dit is wat God aan hulle belowe het. Maar wanneer, o Here, wanneer sal U óns uit hierdie gemors kry? Hoe sal U dit doen? Antwoord ons, asseblief?

    Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wat Maak God se Hart Bly?

    Send us a text

    Psalm 147:11,12 Die Here verheug Hom in hulle wat Hom dien, in dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde. Prys die Here, Jerusalem! Prys jou God, Sion! (NLV) 

    Het jy al ooit gewonder, "Wat bring vir God vreugde?" Ons is na sy beeld gemaak en ons ervaar vreugde in ons lewens. Ons maak dus die afleiding dat God ook vreugde moet ervaar.

    Wat 'n fassinerende vraag. Wat bring vir God vreugde? En dan vra ons onsself af: Wat kan ék doen om Hom vreugde te bring?

    Behoort dit nie ons grootste begeerte te wees nie? Ek weet ek wil dinge doen wat my vrou se hart bly maak. En wanneer my kleindogter by my voordeur instap, weet ek dat Oupa graag haar lewe met vreugde wil vul. Weet jy, ek neem selfs my hond vir 'n wandeling, want ek weet sy geniet dit. Nouja … waarom nie vir God vreugde bring nie?

    Wel, as jy gewonder het hoe om dit te doen, hier is die antwoord:

    Psalm 147:11,12 Die Here verheug Hom in hulle wat Hom dien, in dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde. Prys die Here, Jerusalem! Prys jou God, Sion! (NLV)

    Kan dit regtig so eenvoudig wees? Moet ons net vir God dien en op sy troue liefde vertrou?

    Ja, maar hoe maklik is dit nie om te dink dat jou aanbidding van God ná 'n uur of wat op 'n Sondag, afgehandel is nie? En hoe maklik is dit om te vergeet om op God se getroue liefde te vertrou wanneer ons 'n paar hobbels en slaggate in die pad tref, of wanneer ons voel dat ons op die rand van 'n afgrond staan?

    Luister na my: God smag daarna om deel van jou lewe te wees. God geniet jóú as deel van sy skepping. Hier is die geheim: Hier is iets wat nie net vreugde in God se hart sal bring nie, maar jou lewe ook radikaal sal verander: vestig jou hoop op sy troue liefde. Prys die Here. . .! Prys jou God!

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Nou Is Die Tyd

    Send us a text

    2 Korintiërs 6:2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. 

    Hoe dikwels stel ons iets uit wat ons geweet het tot ons voordeel sal strek? Hoekom het ons om een of ander rede nooit genoeg aandag daaraan gegee nie? Ja, dis reg, ons het net eenvoudig nooit daarby uitgekom nie.

    Dit klink maar alte bekend, nè? Ek praat nou met myself! Ek vind dit maklik – eintlik baie maklik – om heeldag op my sitvlak te sit en werk, en om een van die belangrikste dinge wat ek vir my gesondheid kan doen - naamlik om op te staan en te beweeg - na te laat.

    Hoe lyk jou lewe? Watter goeie ding het jy oor en oor uitgestel? Sê my, het jy 'n goeie verskoning?

    Vir baie mense is die saak wat hulle aanhou uitstel, die hantering van sonde in hul lewens; hulle woede, hulle verslawings, hulle vyandigheid, hulle … wel, daar’s is 'n lang lys, kies maar. . . Maar wat doen ons? Ons maak verskonings: Ek is net te besig om dit te hanteer. Ek sal later daarby uitkom. . .

    Ek gaan vandag in liefde met jou praat – maar, laat my toe – om jou te gryp en jou deeglik te skud. Kyk wat staan in:

    2 Korintiërs 6:2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.

    Op daardie dag toe jy na God geroep het, het Hy jou gehoor, nie waar nie? Hy het jou gehelp, Hy het jou gered, nè? Maar sedertdien het sonde ingesluip en aan jou gevreet. Wag nou, ek sal dit anderdag hanteer … 

    Word wakker! Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. Moenie God se genade verkwis nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God se Appèl tot jou

    Send us a text

    2 Korintiërs 6:1 As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.. 

    Hoe dikwels het jy al gehoor van mense wat miljoene, selfs biljoene dollars met loterye gewen het en wat al die geld verkwis het? Wat 'n droom - om miljoene te wen. . .Maar wat 'n tragedie, om dit alles te verloor.

    Weet jy, 'n onlangse studie het bevind dat van die mense wat groot bedrae geld gewen het, 70% van hulle, alles binne vyf jaar verkwis het. Ek weet wat jy dink. Hoe kan mense so dom wees?

    Maar hier lê die knoop. Ons twee, ek en jy, as jy in Jesus glo, het baie meer as ‘n lotery gewen. Tonne geld? Dit klink wonderlik, maar jy weet tog jy kan dit nie saamneem nie. . . 

    Maar die genade van God deur Jesus Christus; die vergifnis; die krag van die Heilige Gees om 'n nuwe lewe hier op aarde te lei; en die vrye gawe van 'n ewigheid in God se Teenwoordigheid … dit is soveel meer werd as enige speeldingetjie of besittinkie wat hierdie wêreld ooit kan bied.

    Maar hoeveel mense verkwis nie daardie onbegryplike groot geskenk nie? Blykbaar nogal baie. Kyk wat die apostel Paulus in die 1ste eeu nC hieroor geskryf het in:

    2 Korintiërs 6:1 As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.

    Paulus het aan 'n kerk wat vrot van die sonde was, geskryf. Daar was soveel verdeeldheid en twis in die kerk, dat dit duidelik was, dat hulle besig was om die onbegryplike groot gawe van God se genade, te verkwis.

    My vriend, Jesus het jou sonde op sy skouers geneem toe Hy vir jou aan die Kruis gesterf het. Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. (2 Kor.5:21) Daardie groot liefdesdaad het ewige gevolge. Moenie dit verkwis nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Vir Ons . . .

    Send us a text

    2 Korintiërs 5: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. 

    Daar is tye in ons lewens wanneer ons iets vir iemand anders moet doen, iets wat baie van ons sal vra; iets wat baie opoffering sal behels. En sonder uitsondering maak dit seer.

    Jy het dit seker soos ek, ook al ervaar. En voor die einde van ons lewens het ons ongetwyfeld ook nog 'n paar van dié offers om te bring. Ja, maar kan jy jou vir 'n oomblik indink wat dit gevra het om die laste van die hele wêreld op jou skouers te neem?

    Ons weet hoe moeilik dit kan wees om die laste van net een persoon te dra; en twee of drie op dieselfde tyd kan ondraaglik wees. Nou praat ons van die hele wêreld. Regtig? Maar dit is presies wat Jesus vir jou en my gedoen het toe Hy aan die Kruis gesterf het.

    2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

    Jesus het aan die Kruis al die sondes van al die mense wat op daardie tydstip op die aarde geleef het; dié wat reeds gesterf het en ook dié wat nog sou lewe, op Homself geneem. Dit was nie genoeg dat Hy fisies op so 'n ontstellende manier moes ly nie. Nee. Hy het die sondes van die wêreld fisies gedra, ‘n daad wat ons op geestelike en emosionele vlak onbegryplik vind.

    En hoekom … hoekom het Hy dit gedoen? Sodat ek en jy in Christus deur God vrygespreek kan wees.

    Sodat ons ons lewens na die voet van die Kruis kan neem, en vergewe kan word. Sodat ek en jy deur geloof in Jesus vrygemaak kan word om die mense te word wat Hy ons geskape het om te wees. Dit is die goeie nuus van Jesus.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Selfsugtige Motiewe

    Send us a text

    Jakobus 4:2,3 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. 

    Partykeer as jy iets in hierdie wêreld wil hê, moet jy dit net vat. Soms moet jy stoei en wen om te kry wat jy wil hê. En hierdie manier van dink… dit is wat ons in soveel moeilikheid laat beland.

    Wou jy al ooit iets hê wat iemand anders het? Het jy al ooit die behoefte gevoel om iets te neem wat nie regmatig joune is nie? Want jy verdien dit mos?

    Jy verdien tog die krediet vir daardie groot prestasie by die werk, niemand anders nie. Jy verdien dit. Jy het hard gewerk, dus verdien jy 'n groter huis of 'n mooier motor, en om dit te kry, gaan maak jy berge skuld, want jy verdien baie meer as wat jy nou het en jy verdien dit beslis meer as die volgende persoon. Sê my, hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk, hm?

    Jakobus 4:2,3 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.

    Dis ‘n feit soos ‘n koei, nè?

    Ons wil dit alles vir onsself hê, vir ons plesier, of ons dit van iemand anders neem, en of ons dit van God eis. Wanneer gaan ek en jy uiteindelik leer, dat selfsugtige uitbarstings nooit, ooit vir ons gaan gee wat ons wil hê nie? O, dit mag tot korttermyn bevrediging lei, maar glo my, nooit tot langtermyn bevrediging nie.

    Hou op om so verbrands selfsugtig te wees, verneder jouself voor God en vra Hom vir goeie dinge wat tot sy eer na ander mense se lewens kan oorspoel.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Innerlike Oorlog

    Send us a text

    Jakobus 4:1 Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 

    Wie het rusies en argumente in hul lewe nodig? Wie geniet onenigheid? Konflik is 'n verskriklike ding wat ons van ons vrede en ons vreugde beroof. En hoe maklik is dit nie om die ander ou te blameer nie? Nou hoekom nie, dit is mos sy skuld!

     

    Jy dink seker ek is dof, maar weet jy, ek het tot die gevolgtrekking gekom dat om iemand anders te blameer, nooit enige konflik oplos nie. Nee, nooit nie.

     

    Wanneer ons die ander party blameer, voel ons dalk geregverdig; ons verontskuldig onsself vir die rol wat ons in die konflik gespeel het; dit gee ons dalk 'n korttermyn gevoel van verligting, maar dit los nie regtig die konflik op nie.

     

    Een van die grootste probleme wat ons in konflik ondervind, is dat ons ons eie emosies ignoreer. Daar is net ‘n klein vonkie van konflik, en voor ons onsself kan kry, ontplof dit. Ons dink nie voordat ons reageer nie en vra onsself nie af waar hierdie rusie vandaan kom en hoekom ons so reageer nie.

     

    En daardie twee vrae is baie goeie vrae om onsself af te vra, voordat ons weer op daardie gevaarlike pad van konflik beland. 

     

    Ons kry die antwoord in:

    Jakobus 4:1 Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?

     

    God sê vir ons: “Wag jong, kyk na jou eie hart. Stop en dink na oor jou eie emosies. Vra jouself af watter selfsugtige begeertes veroorsaak hierdie oorlog binne-in jou, voordat dit oorspoel na jou verhouding met die ander persoon.”

     

    Weet jy dat ons rusies en ons argumente nege uit die tien keer in ons eie harte begin? Wees dus bewus van jou eie emosies, hanteer jou eie selfsug, en jy sal baie minder konflik in jou lewe beleef.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Saai Saad van Vrede

    Send us a text

    Jakobus 3:18 Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. (NLV)

    Die hoofrede waarom ons onsself in konfliksituasies bevind, is omdat ons een ding wil hê, en die ander persoon die teenoorgestelde begeer. Dit is 'n resep wat ongetwyfeld tot konflik lei. 

    Trots, ego's en selfsug werk pragtig saam om die menslike kruitvat te laai. Ons steek viervoet vas, die ander party doen dieselfde en ‘kaboem’, daar het jy dit. Konflik.

    Jy sou gedink het dat ons nou al geleer hoe om nie in daardie lokval te beland nie, maar kyk net - hier is ons steeds. Dit is nou die tyd om te leer hoe om konflik te verhoed. Ons lees in:

    Jakobus 3:18 Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. (NLV).

    Dis 'n interessante konsep om op 'n vreedsame manier vrede te bewerkstellig. Stel jou net vir 'n oomblik voor wat sal gebeur as ons eerder vrede wil maak as om op 'n oorwinning aan te dring. 

    Vrede skep 'n wen-wen situasie. Dit is verstommend hoe dikwels konflik uit 'n eenvoudige misverstand ontstaan, wanneer twee mense uit verskillende perspektiewe na dieselfde kwessie kyk. Ek het al dikwels gesien hoe mense stry, terwyl hulle eintlik saamstem, en dieselfde ding, in wat ek ‘n gewelddadige ooreenkoms noem, op verskillende maniere vir mekaar sê. Wen-wen is die beste soort vrede.

    Maar soms kom vrede teen ‘n prys. Soms moet een party ingee, sodat die ander kan wen. As jy in nederigheid toegee, is dit nie so 'n slegte ding nie, maar hoe dinge ook al afloop, onthou dit:

    Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. 

    Om die vredemaker te wees, is nie altyd maklik nie; dit kan pynlik wees, dit kan verlies behels. Maar God sê dat Hy die vredemakers seën.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Wysheid wat van Bo kom

    Send us a text

    Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 

    Die meeste van ons sal erken dat ons nie so wys is as wat ons graag sou wou wees nie en dat ons nog baie het om te leer om dié mens te word, wat ons intuïtief weet, God wil hê ons moet wees.

    Ons het gedurende die laaste paar dae gesels oor goddelike wysheid -  hoe om dag na dag in nederigheid goed te doen. Ons het ook gekyk na duiwelse wysheid - selfsug, jaloesie, en grootpratery.

    Daar bestaan 'n skrille kontras tussen daardie twee pole, nie net in die Skrif nie, maar ook in ons eie harte en in ons eie lewens. Ek wil graag vandag by die tafel langs jou kom sit en saam God se wysheid geniet. Is dit reg so? Kan ek by jou aansluit? Wil jy van kop tot tone tot oorlopens gevul word met wysheid wat van Bo af kom?

    Wel, hier is dit. Ontvang met jou verstand, jou siel en jou gees – want die Woord van God is lewend en aktief:

    Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

    Hoe anders sal ons lewensreis nie lyk as ek en jy die res van ons lewens konsekwent volgens hierdie wysheid, leef nie?  Hoeveel beter sal ons lewens nie wees nie? Hoeveel ryker sal ons verhoudings nie wees nie? Hoeveel te meer sal diegene rondom ons nie vir Christus, in alles wat ons sê en doen, sien nie?

    Hier is nou die uitdaging: mediteer op jou eie tyd elke oggend vir die volgende week saam met die Here oor hierdie een vers. Pas dit dag vir dag getrou in jou lewe toe en kyk wat die Here in jou en deur jou sal doen.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Jaloesie en Selfsug

    Send us a text

    Jakobus 3:16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 

    Jaloesie en selfsug is twee van die mees basiese menslike emosies. Hulle manifesteer al van 'n baie vroeë ouderdom af -van wanneer 'n kind begin om sy eie wil uit te oefen.

    Dit is 'n ontnugterende gedagte, nè? Maar jy weet waarvan ek praat. Ons het dit almal al gesien. Een kind sien iets waarmee ‘n ander een speel – dalk ’n pop of ’n rooi brandweerwa – en hulle wil dit hê. Hulle gryp en neem dit af en laat die ander kind skree.

    Dit is 'n gedrag wat biljoene keer daagliks dwarsoor die wêreld plaasvind en nie net onder kinders nie, maar ook tussen volwassenes, tussen groepe mense, stamme en ja, selfs tussen nasies. En wanneer hierdie jaloesie- of selfsugtigheidspatroon buite beheer raak, is daar konflik; selfs oorloë en mense word vermink en vermoor as gevolg van 'n gedragspatroon wat ons, toe ons grootgeword het, al moes afgeleer het, maar nooit afgeleer het nie.

    Hoor hier:

    Jakobus 3:16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 

    Dit is presies waaroor ons sopas gesels het. Waartoe lei jaloesie en selfsug? Wanorde en allerhande boosheid – ja, talle vorme van gemene dade.

    Dít, my vriend, is 'n teken vir mense soos ek en jy om ons reg te ruk. Dit is tyd dat ons ophou om die skade wat jaloesie en selfsug veroorsaak, toe te smeer. Dit is tyd dat ons dit konfronteer, om hulle keelaf te sny elke keer as hulle hul lelike kop wil lig, want hoe langer ons hulle toelaat om voort te gaan, hoe erger word dinge.

    Al is dit sommige dae moeilik om nederigheid en opoffering uit te leef, weet ons dit lei tot goeie uitkomste. Maar, waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. 

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners