God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • ‘Duiwelse’ Wysheid

    Send us a text

    Jakobus 3:14,15 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, 

    Ons het dikwels die idee in ons koppe dat daar groter en kleiner sondes bestaan. Moord, diefstal, owerspel – dit is regtig erge sondes. Selfsug, jaloesie, grootpratery – nou ja, hulle is nou nie goed nie … maar hulle is sekerlik nie sulke vreeslike groot sondes nie?

    Ek is nie seker waar die gewoonte vandaan kom nie, maar die meeste van ons verskoon ons eie slegte gedrag deur 'n knipoog en 'n stampie aan die ander ou se arm; want al weet ons dat dit verkeerd is, is dit tog nie só verkeerd nie.

    Wanneer laas het jy daardie jaloesie, wat jou iemand anders laat afkraak deur hulle agter hulle rug te kritiseer, in jou hart voel opborrel? Iets so eenvoudig soos dít kan ongekende skade veroorsaak, maar ons swyg daaroor om seker te maak dat dit vergete bly en maak asof dit glad nie belangrik is nie.

    En tog noem God jaloesie en selfsug en 'n nog paar ander … duiwelse wysheid. Kyk wat staan hier in:

    Jakobus 3:14,15 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,

    Gister het ons gesels oor goddelike wysheid – om dag na dag in nederigheid goed te doen aan ander. Maar selfsug, jaloesie en grootpratery is beslis die teenoorgestelde daarvan, dit kom van Satan, die vader van leuens.

    Kom ons verstaan baie mooi: dit is tyd om op te hou om verskonings te maak; tyd om op te hou om onsself die lisensie te gee om sulke verkeerde denkpatrone en emosies toe te laat. Hoekom? Omdat hulle vernietigend is; omdat hulle so ver verwyder is van die nederigheid en goedheid wat die Here ons God – dié een wat Jesus gestuur het om vir ons te sterf – vir ons begeer.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Ontvang Wysheid

    Send us a text

    Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig..

    Ons dink dikwels dat hoe ouer ons word, hoe wyser word ons. Dis mos wat veronderstel is om te gebeur? Maar weet jy, daar bestaan nie 'n direkte korrelasie tussen ouderdom en wysheid nie.

    Dit is een ding om baie inligting te hê en om kennis te hê - maar dit is heeltemal 'n ander ding om te weet wat om met daardie kennis te doen. Jy kan slim wees, maar soos baie mense byvoorbeeld 'n gebrek aan emosionele intelligensie hê. Jy kan hoogs intelligent wees, maar steeds onbevoeg wees om mense se emosies waar te neem, of insig in situasies te hê en deernis te toon wanneer dit nodig is.

    Nou ja, hier is die vraag: hoe groei ek en jy in wysheid? Dit is iets wat ons almal onsself moet afvra, want nie een van ons het al die antwoorde nie. Nie een van ons het ‘n vlak van volmaakte kennis bereik nie.

    Dit blyk dat, soos die meeste dinge, kom wysheid deur inoefening. Kom ons kyk in:

    Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.

    Dit blyk dat wysheid en begrip soos spiere is wat ons kan kies om te oefen of nie te oefen nie; vermoëns wat óf sterker óf flouer kan word. Hoe kan ons werklik wys en verstandig word? Deur reg te lewe en elke dag goed aan ander mense te doen sonder om daaroor te spog en sonder om erkenning te verwag en in nederigheid net stap vir stap, goed te doen.

    Aan wie kan jy dink wat op die oomblik net ‘n behoefte aan ‘n bietjie aandag het? Wie het vandag net ‘n klein bietjie vriendelikheid nodig, of aanmoediging, of 'n bietjie praktiese hulp?

    Wanneer ons onsself verneder en goed doen aan hulle, sal ons terselfdertyd in wysheid groei.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Jou Bestemming

    Send us a text

    Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. 

    Wat sê jy: het jy God gekies, of het Hy jou gekies? Wat het eerste gekom, die hoender of die eier? Dit is 'n verwarrende vraag, maar nie 'n onberekenbare een nie. Kom ons sit koppe bymekaar. . . 

    Hierdie vraag oor wie vir wie gekies het, is 'n hewige debat, en nie slegs onder Christene nie! Vanuit 'n ateïs se perspektief is die idee dat God die mense wat in Jesus glo, uitkies, en dat hulle in die hemel, eerder as in die hel beland, 'n ondenkbare idee.

    En omgekeerd, lyk die idee dat ons God kan kies, sonder dat Hy ons kies, na ‘n ondermyning van sy absolute soewereiniteit. Nouja, kom ons kyk wat Jesus hieroor sê:

    Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.

    Dit is duidelik dat dit God is wat (a) vir Jesus gestuur het om ons te red en (b) dat Hy ons na Christus toe trek sodat dié wat in Jesus geglo het, op die laaste dag opgewek sal word. Dit is hulle beloning in Christus. En wat van die ander mense?

    Wel, daar was 'n tyd in my lewe toe God die Vader my geroep het, maar ek het Hom verwerp. En baie mense doen presies dieselfde ding. Ek kan nie heeltemal seker wees nie, maar ek het 'n voorgevoel dat God op een of ander stadium feitlik almal deur Jesus na Homself roep. 

    Sommige van ons aanvaar die uitnodiging, ander verwerp dit. God het altyd geweet hoe ons sal reageer, maar dit keer Hom nie om die uitnodiging te rig nie. Wel, as jy nog nooit uitgenooi is nie - vandag is jy! Sal jy Jesus volg? Kies jou lot.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Hersteltyd

    Send us a text

    Joël 2:25 Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. (NLV) 

    Het jy al ooit gevoel asof God teen jou is? Dat Hy nie meer aan jou kant is nie? Dat Hy net aanhou om hindernis na hindernis oor jou pad te bring? Teëspoed op teëspoed kwadraat? Wel, jy is nie alleen nie.

    ‘n Verwarrende vraag wat ons almal al vir onsself afgevra het, is: wanneer iets slegs met my gebeur – hoekom ek van alle mense! – is dit van God? En indien wel, hoe kan dit dan strook met die feit dat Hy my, na bewering, baie liewer het as wat woorde ooit kan uitdruk?

    Die waarheid is dat niks op hierdie aarde gebeur sonder dat God dit toelaat om te gebeur nie. Dit beteken nie altyd dat Hy dit veroorsaak het nie. Jy verstaan tog, die oorlog in die Oekraïne was nie God se skuld nie. God weet lank vooruit wat gaan gebeur en alles pas by sy planne in.

    Maar soms bring God inderdaad beproewinge en rampe oor Sy volk. Ons sien in:

    Joël 2:25 Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur. (NLV)

    God se volk het teen Hom in opstand gekom. As gevolg daarvan het Hy teëspoed oor hulle pad gestuur. Wie het die leër teen hulle gestuur? Die Here het inderdaad. Hy neem volle verantwoordelikheid hiervoor. Kom ons kyk weer na die eerste sin van daardie vers se belofte:

    Ek sal herstel ...

    Soms kom teëspoed inderdaad uit die hand van God, veral wanneer ons teen Hom rebelleer. Maar sy doel – luister mooi hierna – Sy doel is altyd, altyd verlos. En Sy doel om ons te dissiplineer, is altyd om ons na Hom toe terug te bring.

    Ek sal herstel wat julle... verloor het.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Eenvoudige Seën van God

    Send us a text

    Levitikus 26:3-5 As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon. 

    Ten spyte van die ongelooflike vooruitgang op wetenskaplike gebied, soos byvoorbeeld om 'n man op die maan te plaas, of om superrekenaars, wat in die palm van jou hand pas, te ontwerp, is die lewe op hierdie aarde eintlik redelik eenvoudig en basies.

    Ek het onlangs 'n foto van ‘n oulike sê-ding, van die Farm Equipment Association van Minnesota en Suid-Dakota aanlyn gesien. Dit het gelui: Ten spyte van al ons prestasies, het ons ons bestaan te danke aan 'n ses duim laag bogrond en die feit dat dit reën.

    Voeg daarby sonskyn en suurstof. Dit is wat dit verg om lewe op planeet Aarde te onderhou. Nou hoekom kompliseer ons dinge dan? Dit lyk soms asof ons te midde van die wonders van die tegnologie-era waarin ons leef, die eenvoudige, kragtige seëninge van God uit die oog verloor het.

    So kom ons keer vandag terug na die basiese beginsels:

    Levitikus 26:3-5 As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon.

    En wat vorm die grondslag van ons bestaan op hierdie aarde in ons verhouding met die Almagtige, Liefdevolle God wat dit alles geskep het? Dit is voorwaar nie ingewikkeld nie. Hier is die bron van ongekende seëninge en rykdom, wat vir ons meer gee as al die snuisterye van hierdie aarde ooit kan bied:

    Kom my voorskrifte na, gehoorsaam my gebooie en lewe daarvolgens.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Grootste Voorreg

    Send us a text

    Romeine 8:15,16 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. 

    Die inspannende fase van kinders grootmaak van my jonger jare is verby, maar ek het begin wonder hoe ek dit sal hanteer as ek 'n oupa word. Dit het my regtig gepla. Maar die oomblik, amper drie jaar gelede, toe ek klein Olivia vir die eerste keer gesien het, was my hart met liefde oorweldig.

    En dit het my diep laat dink. Weet jy, dat as 'n sondaar soos ek so ‘n groot liefde vir hierdie klein kindjie kan ervaar en selfs bereid sal wees om my eie lewe te verloor om hare te red, hoeveel groter is God se liefde - vir jou en vir my . . . 

    Ons lees in:

    Romeine 8:15,16 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

    Olivia was 'n lieflike, onskuldige kind toe sy gebore is en deel van my familie geword het. Maar wanneer God ons in sy familie aanneem, is ons alles behalwe onskuldig, of hoe?

    Die Kanadese teoloog, J.I. Packer, het dit so gestel: Aanneming is die grootste voorreg van die Evangelie. Die verraaier word vergewe, vir aandete ingebring en die familienaam gegee.

    As jy in Jesus glo, dan is dít wat met jou gebeur het. As jy jou aan die kant van Christus skaar, dan is jy een van God se kinders en sal jy al die seëninge ontvang wat Hy vir sy mense het.

    Laat dit net insink.

    Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Nooit Tevrede Nie

    Send us a text

    Hebreërs 13:5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” 

    Die wêreld wat God vir ons geskep het om te geniet, is so fabelagtig ryk en oorvloedig. Daar is miljoene plante en diere. Miljarde kleure. Dink net aan die ongelooflike diversiteit van geure in kos. Soveel verskillende ervarings om te geniet. Ja, die wêreld is ongelooflik ryk en oorvloedig.

    En dink net: indien jy deesdae die middele het, kan jy binne 48 uur amper na enige plek op die planeet reis. Om dit te kroon, kan jy met 'n toestel wat net 'n paar cm by 'n paar cm is, dit alles in die palm van jou hand sien.

    Maar die grootste genot wat jy kan beleef, is om God self te ken. Daarom het Hy Jesus na hierdie aarde toe gestuur om te sterf en weer op te staan vir mense soos ek en jy - sodat ons vergewe kan word en, in Jesus se eie woorde, 'n oorvloedige lewe kan lei.

    Maar dan kom die versoeking van die dinge van hierdie wêreld. Net ingeval jy in die versoeking kom om deur dinge van sy skepping weggerokkel te word van God self (en wie van ons is nie) is hier ‘n waarheid waaraan jy kan vashou:

    Hebreërs 13:5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

    Dink daaroor na. God het vir Adam en Eva gesê hulle kan van enige van die bome in die tuin eet, behalwe van één. Kyk, daar is dit - hulle kan kies uit daardie ryk oorvloed. En wat doen Satan? Hy rokkel hulle weg om te fokus op daardie één ding wat hulle nie het nie. En ons weet almal wat die gevolg daarvan was. . .

    Wees dus dankbaar oor dit wat jy wel het, in plaas daarvan om jou te verknies oor dit wat jy nie het nie. Want daardie verleiding sal jou uiteindelik onuitspreeklike pyn veroorsaak.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vals Leerstellinge

    Send us a text

    1 Johannes 4:1 Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

    Hier is 'n ontstellende stukkie statistiek: daar is vandag meer as twintigduisend Christelike denominasies in die wêreld. Twintigduisend! Dis belaglik. Hoe is ek en jy veronderstel om die waarheid te ontdek as daar soveel verskillende perspektiewe bestaan?

    As ek nou sommer ‘n raaiskoot moes waag, sou ek gesê het dat daar miskien een of tweehonderd denominasies bestaan. Miskien hoogstens driehonderd. Maar nie naastenby twintigduisend nie! Oukei, ek weet daar is verskillende kulture, verskillende kontekste en verskillende perspektiewe. Diversiteit is 'n goeie ding, of hoe? Maar twintigduisend?

    Terwyl baie (hopelik die meeste) van daardie denominasies, en die kerke wat hulle verteenwoordig, die waarheid van die goeie nuus van Jesus verkondig, doen baie dit nie. Maar weet jy, dit is nie iets nuuts nie. Johannes, die Apostel in die eerste eeu nC, het dit so gestel in:

    1 Johannes 4:1 Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

    Vals profete mislei baie mense – onder andere deur die prediking van ‘n vals voorspoedsevangelie en deur selfaangestelde profete, apostels en evangeliste wat net hul volgelinge se sakke leeg tap. So baie mense word mislei! Nouja wat is die antwoord? Hoe maak ek en jy seker dat ons nie in ‘n vals leerstelling ingesuig word nie?

    Wel, die enigste manier om nie deur valse lering meegesleur te word nie, is om die Skrif self te ken! Maak elke dag jou Bybel oop en laat die Heilige Gees sy woorde vanaf die bladsye uitlig en op jou hart skryf.

    Dit is die beste toets van almal – wanneer die onfeilbare en onuitwisbare Woord van God, direk deur die Heilige Gees tot jou spreek. Dit is jou toets. Dit is die waarheid, want wees gewaarsku my vriend, daar is baie valse profete in die wêreld daar buite.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Uit ‘n Put, nie van ‘n Troontjie Nie

    Send us a text

     Lukas 15:8-10 Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

    Daardie gevoel van algehele ontoereikendheid voor God is een wat baie, baie mense, ek inkluis, al ervaar het. Wat van jou? Jy weet jy is nie waardig nie. Jy weet jy sal nooit goed genoeg wees nie.

    Jesus het dit geweet, daarom het Hy verskeie gelykenisse gebruik om ons gerus te stel en vir ons vrede in ons harte te gee. Hier is een van hulle:

    Lukas 15: 8-10 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

    Jesus sal altyd – altyd – agter die één aan gaan. Die één verlore skaap. Die één verlore muntstuk. Die één verlore kind. Die verlore jy. Die verlore ek. Dié een! En nie noodwendig die "beste" een nie. Ek het onlangs op die woorde afgekom wat hierdie kragtige waarheid by my tuisgebring het:

    God het Gideon in 'n parskuip, waar hy weggekruip het, gevind. Hy het Josef in 'n tronk gekry. Hy het Daniël in 'n leeukuil gevind. Hy het 'n eienaardige gewoonte om te midde van moeilike omstandighede op te daag, nie in die afwesigheid daarvan nie. Waar die wêreld ‘n mislukking sien, sien God ‘n toekoms. Volgende keer as jy onbevoeg voel om deur God gebruik te word, onthou dit - Hy is geneig om mense vanuit ‘n put te werf, nie van ‘n troontjie af nie.

    Wanneer God jou kry en jou nader aan Homself trek, maak dit nie saak waar jy is, hoe erg jou mislukking is en hoe onbelangrik jy mag voel nie – wees verseker – daar is altyd vreugde in sy hart oor die één verlore een.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Lewend vir God

    Send us a text

    Romeine 6:12-14 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.

    Gee jy om as ek jou vra: is jou lewe die moeite werd? Is jy gevul met 'n gevoel van vreugde wat jy glad nie in woorde kan beskryf nie? Of voel jy iets … minder as dit?

    Miskien dink jy dis ‘n onregverdige vraag, want die lewe het sy uitdagings en dalk staar jy vandag sommige van hulle in die gesig?

    Maar weet jy, selfs in die donkerste dae van my lewe, te midde van groot verraad en pyn, met trane wat oor my wange stroom, was daar ‘n vreugde in my hart - die blydskap van die Here. Wanneer ek terugdink aan daardie tyd, en hoewel ek dit nie vir my grootste vyand sou toewens nie, sal ek dit tog nie vir al die geld ter wêreld, verruil nie.

    Op daardie stadium het ek pas my lewe vir Jesus gegee, en ek het besluit om van die sonde in my lewe weg te draai en my lewe vir Hom te leef – toemaar, dis 'n stryd waarmee ek steeds besig is. 

    Romeine 6:12-14 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as 'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.

    Die wonderwerk wat ek ervaar het, was dat ek besef het dat ek saam met Christus gesterf het en saam met Hom uit die dood opgewek is tot ‘n nuwe lewe. Ek het my gawes en vermoëns vir Hom begin gebruik, alhoewel dit maar baie wankelrig begin het – baie soos 'n kleuter wat net sy eerste treetjies gee. . .Nouja, dit is 'om lewend vir God te wees', en daardie ervaring is uniek en onbeskryflik wonderlik!

    Mag die genade van God jou hart met 'n onuitspreeklike vreugde vul.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners