God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Lyding vir Christus

    Send us a text

    Romeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

    Oor net 'n paar dae, op Goeie Vrydag, sal ons Jesus se kruisdood herdenk. Ons sal die prys wat Hy betaal het, die offer wat Hy gebring het, sodat ons vergewe kan word, vier.

    Goeie Vrydag is nogal 'n vreemde naam. Dink jy dis gepas? Onthou, dit verwys na ‘n dag wanneer Jesus se wrede teregstelling herdenk word – ‘n dag toe Hy aan 'n Kruis vasgespyker is waar Hy ontsettende pyn gely en gesterf het. Maar weet jy, dit ís gepas om te praat van Goeie Vrydag, want wanneer ons glo in wat Jesus vir ons gedoen het, word ek en jy vergewe vir alles wat ons teen God gedoen het. En daarby word ek en jy 'n nuwe lewe gegee om hier op aarde te leef en ek en jy kry 'n geskenk om vir ewig in sy teenwoordigheid te wees.

    Maar miskien is jou eie kruis van lyding hierdie Paasfees besig om jou plat te trek. Miskien is jou pyn besig om jou van alle vreugde te beroof. Miskien voel jy so afgestomp, dat jy die wonder van Paasfees en die pynlike dood en kragtige opstanding van Jesus se betekenis miskyk. Ja, dis reg, ons kan en moet ons verheug oor wat Christus vir ons gedoen het, maar …

    Romeine 5:3-5 sê: Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

    Let wel, enigiemand wat hulself onvoorwaardelik aan Jesus oorgegee het, sal ly. Maar in daardie lyding – in jou lyding – vorm God jou karakter sodat jy meer en meer soos Christus word. Dit vul jou met ‘n vaste hoop in Hom en Hy stort deur sy Gees sy liefde in jou hart uit. Verstaan jy nou dat die benaming Goeie Vrydag baie gepas is?

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Toegang Tot Genade

    Send us a text

    Romeine 5:2 Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 

    Wanneer laas het jy regtig iets verskrikliks gedoen? Iets so sleg, waar jy so ver gedaal het, dat jy skaars weer kon opstaan. En selfs toe jy wel opstaan, was jy te bang om God in die oë te kyk en Hom om vergifnis te vra.

    Dit is nie 'n lekker gevoel nie, is dit? Party dae struikel ons en ons dink: “Ag nee, dit was nie so erg nie. God sal my vir daardie sondetjie vergewe.” Maar ander dae begin ons die dag met die heel beste bedoelings om absoluut korrek op te tree, maar my liewe aarde. . . dan maak ons so 'n gemors van dinge - in ons gedagtes, met ons woorde en ons dade en ons doen nie net skade aan verhoudings nie, maar ons bring oneer aan God.

    En die skande daarvan oorheers ons emosies, dit oorweldig ons heeltemal, want ons moes van beter geweet het; omdat Jesus Homself gegee het om ons van daardie sonde vry te maak.

    As jy in Hom glo, dan ken jy die beginsel. Die bloed van Christus het jou van alle sonde gereinig. Met ander woorde, as jy jou geloof in Jesus stel, word jy volkome deur God vergewe. Maar in daardie oomblik van selfveragting, lyk dit asof daardie kragtige waarheid geen verskil maak nie. Kom ons kyk na:

    Romeine 5:2 Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.

    Jou geloof in Jesus het (benewens jou aanvanklike vergifnis toe jy Hom aangeneem het) jou ook toegang gegee tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. 

    Genade? Genade is wanneer God vir jou iets gee, wanneer Hy jou seën wanneer jy dit glad nie verdien nie. Om die waarheid te sê, genade kan net genade wees, wanneer dit onverdiend is, anders sou dit 'n aanspraak wees.

    Juig, oor die genade. Juig oor die hoop op die heerlikheid van God.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Deur Geloof Vrygespreek

    Send us a text

    Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

    Het jy al ooit, wanneer jy die verkeerde ding gedoen het, probeer om jou optrede - voor mense en in jou eie oë te regverdig? Dit word selfregverdiging genoem. Hoekom dink jy, doen ons dit?

    Dis 'n interessante vraag. Hoekom probeer ons onsself regverdig wanneer ons iets verkeerd gedoen het? Want ons het ‘n sterk gevoel dat reg en geregtigheid moet geskied. Ons wil mos altyd reg wees. En ons wil hê dat die mense moet dink wat ons gedoen het, heeltemal reg is, selfs al was dit nie reg nie.

    Hoekom praat ons in die dae voor Paasfees hieroor? Want die geskenk van die Kruis waarop Christus gekruisig is … is regverdiging. Hoe kan dit wees? Kyk wat staan in:

    Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

    Wanneer jy die woord "daarom" in die Skrif sien, moet jy jouself afvra, hoekom is die "daarom" daar …? En in hierdie geval verwys die apostel Paulus, na die vorige hoofstukke, waarin hy verduidelik het dat ons sondes volkome vergewe is deur ons geloof in wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het, omdat sy offer die prys wat geregtigheid geëis het, betaal het.

    Wanneer ons iets verkeerd gedoen het, het ons geen vrede nie, nè? Daarom probeer ons onsself regverdig, in 'n poging om daardie vrede terug te kry. Om die waarheid te sê, hunker ons na regverdiging, en die vrede wat dit bring.

    Maar as ons ware regverdiging wil hê, dit wil sê om sonder enige gevoel van skuld, sonde of minderwaardigheid voor God te kan staan - ware vrede te hê... is daar net een manier. Deur ons geloof in Jesus, wat reeds die prys vir ons sonde betaal het, te plaas.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • ‘n Klein Vonkie

    Send us a text

    Jakobus 3:3-5 Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek. 

    In vergelyking met die res van jou liggaam, is jou tong nie besonder groot nie; nie so groot soos 'n hand of 'n voet nie, nè? Maar al is hy hoe klein, kan hy 'n wêreldse verskil maak; hy kan seën of hy kan pyn veroorsaak. Hoe gaan dit met jou tong?

    Ons het nou die dag saam na hierdie versie gekyk:

    Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

    Met ander woorde, soos Jesus dikwels gesê het, die tong praat uit dít wat oorvloei uit die hart. Sonder reinheid van hart, sonder 'n hart wat kies om nader aan Jesus te kom, ‘n hart wat daarna smag om Hom te volg, om Hom te aanbid, om Hom te gehoorsaam … sonder daardie soort hart, is daar selde iets goeds in die oorloop.

     

    Maar dit maak nie saak hoe rein jou hart is nie, daar sal steeds dinge wees wat jou irriteer; dinge sal gebeur om jou te laat ontplof.

     

    Jakobus 3:3-5 Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek

     

    Beheer jou tong.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Moenie Hierdie Fout Maak Nie

    Send us a text

    Jakobus 3:2 Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. 

    Wanneer ek en jy terugdink aan ons lewens, kan ons almal geleenthede onthou waar ons dinge gesê het wat mense seergemaak het – ons leuens, kritiek en vernedering – wat hul harte soos dolke deurboor het.

    Dit is ontnugterend wanneer ons besef dat ons mense langs die pad seergemaak het; dat ons deur wat ons vir hulle gesê het, dalk 'n spoor van vernietiging agter ons gelaat het, nie waar nie?

    Ek het eenkeer iemand hoor sê dat woorde tonne krag bevat. Dit is waar. Wat ons sê, en veral die wyse waarop ons dit sê, vertel die ander persoon presies wat ons van hulle dink.

    Al is jy iemand wat uit gewoonte mooi dink voor jy praat, kom ons erken maar dat baie van ons die eerste ding wat by ons opkom, sonder om te dink en sonder enige soort filter, uitblaker. Maar al is jy beheersd in jou stemtoon en versigtig met die woorde wat jy kies, is daar absoluut geen twyfel dat jy, net soos ek, ook al mense seergemaak het met wat jy gesê het.

    Ja, en weet jy, soms is die skade wat ons woorde doen, vir 'n leeftyd lank daar.

    Jakobus 3:2 Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou.

    Dink net – 'n persoon wat nog nooit iets verkeerd gesê het nie, sal … perfek wees! Dit verg baie selfbeheersing – iets waaroor ons in die volgende paar dae sal gesels.

    Goed, maar onthou vereers net dit: woorde het krag. Die krag om goed te doen en die krag om skade te berokken. Elke woord wat ek en jy sê, sal tot 'n mate die een of die ander gevolg hê.

    Wees versigtig met wat jy sê.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Waar die Hart Van Vol Is. . .

    Send us a text

    Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” 

    Kan ek jou vra: hoe behandel jy mense … mense by die werk, jou gesin by die huis, jou bure? As jy na hulle kyk, sien jy hulle as mense, of behandel jy hulle as voorwerpe?

    Jou antwoord is ongelooflik belangrik, want dit vertel ‘n mens wat in jou hart aangaan. Met tegnologie wat deesdae so gevorderd is, is dit maklik om jouself fisies en emosioneel los te maak van die mense met wie jy in aanraking kom.

    Dit is so maklik om mense bloot as objekte te sien; skaakstukke wat op die bord rondgeskuif moet word om jou te pas, in plaas daarvan om hulle as mense te sien. Om hulle te sien as mense met hoop, drome, begeertes en swakhede net soos ons – en hulle met die deernis, waarna hulle smag, te behandel.

    Uit die bloute is ons skielik eendag op 'n donker plek. Ons hart is verhard en uit ons monde vloei die bose planne wat ons in ons hart beraam. Glo jy my nie?

    Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

    Wat ons vir ander sê, verraai wat in ons harte aangaan. Hoe ons ander behandel, toon duidelik wat ons van hulle dink. Kom ons laat dit net nog een keer in ons harte insink:

    Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Maar ek Is ‘n Goeie Mens...

    Send us a text

    Openbaring 1:4,5 Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, ...en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos

    As ‘n nuwe Christen, het ek gewonder hoekom Jesus vir my moes sterf. Hoekom moes Hy om my onthalwe deur al die lyding gaan? Ek is immers nie ‘n misdadiger nie. Ek het nie gesteel nie, ek het niemand ooit aangerand of vermoor nie. Hoekom moes Hy vir my sterf?

    Daar sit die knoop; ek en jy is tog nie só sondig nie, is ons? Ag, nouja, ons het wel 'n paar foutjies langs die pad gemaak. En, daar is seker dinge wat ons anders sou gedoen het as ons ons lewe oor kon gehad het. Ons sou byvoorbeeld nie soveel mense seermaak het nie. Maar dis tog nie genoeg om Jesus aan die Kruis te laat sterf nie … regtig?!

    Maar ons weet God is 'n heilige God; 'n God met ‘n standaard van honderd persent volmaaktheid. Hy is ook 'n regverdige God. As God inderdaad God is, en as Hy werklik bestaan, sou jy tog per slot van rekening wil hê Hy moet regverdig wees, nie waar nie?

    Maar hierdie selfde God is 'n God van liefde. Hy is Geregtigheid en Liefde. Die enigste manier wat Hy gehad het om sy liefde aan ons te bewys en om terselfdertyd sy geregtigheid te laat geskied, was om Jesus, sy Seun, te stuur om gekruisig te word. Jesus moes met sy bloed betaal, sy lewe prysgee, om die prys vir jou en my sonde te betaal.

    Openbaring 1:4,5 Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, ...en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos.

    Soos Charles Spurgeon dit gestel het: Jou integriteit hou jou dalk uit die tronk, maar dit verg die bloed van Christus om jou uit die hel te hou.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Blokkeer Satan

    Send us a text

    Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

    Satan het 'n brandende begeerte om nare speletjies met jou hart en jou verstand te speel. Moenie toelaat dat hy jou onverhoeds betrap nie, want hy is besig om jou van God af weg te trek en van Jesus af weg te lei. Nouja hoe hanteer jy dit?

    Miskien glo jy dat die duiwel, Satan, die vader van leuens, 'n persoonlike mag van boosheid in hierdie wêreld is ... of, miskien nie. My gesonde verstand sê vir my dat as Jesus geglo het dat Satan bestaan, daar geen rede vir my is om daaraan te twyfel nie.

    As ek om my rondkyk, sien ek sy vuil vingermerke oral in hierdie wêreld. Besef jy dat hy op 'n missie is om jou weg te trek na 'n ewigheid saam met hom en al sy demone in die hel en so om te verhoed dat jy jou kruis opneem en Jesus volg?

    As jy al ooit met Satan gestoei het, sou jy ontdek het dat hy 'n sluwe ou siel is; dat hy in staat is tot gewetenlose agterbaksheid waarvan ek en jy nooit eers gedroom het nie. Nouja, hoe kan jy dan sy bose strikke vermy, as dit nutteloos lyk om teen hom te probeer veg?

    Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

    Die antwoord is om jou allereers aan God te onderwerp; deur te bid en die begeertes van jou hart aan sy voete te lê; deur Hom te eer; sy onderrig te eerbiedig; op sy vermaning te let; deur Hom bemoedig te word en om sy waarheid te ontdek wanneer jy jouself in sy Woord ingrawe en daarin verlustig. Dan … dan sal jy alles hê wat nodig is om die duiwel te weerstaan. Dan sal hy van jou wegvlug.

    Soos Billy Graham dit eenkeer gestel het: Die beste raad is om jou met die Woord van God te vul en jou gedagtes elke dag te vernuwe. Wanneer ons gedagtes op Christus is, het Satan bitter min beweegruimte.

    Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • ‘n Jaloerse God

    Send us a text

    Eksodus 20:2,3,5  Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; (’53 vertaling)

    Kan ek jou vandag vra, wat is die een ding in jou lewe wat jy sou sukkel om op te gee, as God dit van jou eis? Watter besitting, watter posisie, watter gewoonte … sou jy sukkel om prys te gee?

    Vir my is dit tegnologie. Ek was nog altyd ietwat van 'n bleeksiel - ek het vir byna twee dekades 'n IT-maatskappy bestuur. My stokperdjie is om al my tegnologiese toestelle – my horlosie, foon, tablet en rekenaar – perfek te sinkroniseer.

    As God my sou vra om dit alles op te gee en terug te gaan na pen en papier, sou dit vir my 'n groot stryd wees. Nouja … wat sal vir jou moeilik wees om prys te gee?

    Die rede waarom ek dit vra, is dat party van ons wat bely dat ons in Jesus glo en beweer dat ons sy dissipels is, baie mooi moet dink of daar enigiets in ons lewens is, wat ons dalk geneig is om voor God self te plaas.

    Eksodus 20:2,3,5 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; (’53 vertaling)

    Nou sê my, hoekom is God 'n jaloerse God? Omdat Hy ons baie liewer het as wat ons ooit kan besef. Hy het sy Seun, Jesus, gestuur om vir ons te sterf en ons sonde te vergewe sodat ons kan sien hoe lief Hy ons het.

    En Hy wil nie hê dat ons om die bos gelei word deur enige bedrieër van hierdie wêreld nie, of deur die duiwel om ons van Hom weg te lok nie.

    Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie 

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Olie van die Heilige Gees

    Send us a text

    Joël 2:28,29 Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien. In daardie tyd sal Ek my Gees laat kom selfs op dié wat nie in aansien is nie.

    Was jy al ooit te lank in die son? Ek onthou hoe ek as kind 'n paar keer bloedrooi gebrand het. My ma het my met olyfolie gesmeer om die pyn te laat bedaar. Daardie olie, was die wonderlikste raat.

    Nouja, ons het die laaste paar dae gesels oor hoe God vir Israel deur 'n plaag van sprinkane en 'n ernstige hongersnood vir hul sonde gestraf het. Dit was aaklig. Maar God se doel met ons lyding is altyd - altyd! – om ons te verlos.

    God het deur die profeet Joël vir sy mense beloof dat ‘n goeie tyd op hulle wag, indien hulle na Hom toe sou terugdraai.

    Joël 2:26,27 Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie 'n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.

    Maar dit is nie al nie ... nee, nie naastenby nie. Want daar was 'n selfs groter seën wat God vir Sy volk beplan het … ‘n belofte wat God vandag nog vir Sy mense het:

    Joël 2:28,29 Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien. In daardie tyd sal Ek my Gees laat kom selfs op dié wat nie in aansien is nie.

    My vriend, luister na my! Wanneer ons kies om ons van ons sondes te bekeer, wanneer ons met erns terugdraai na God, sal Hy sy Gees soos 'n genesende balsem – selfs op die geringstes van ons uitstort.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

958 Listeners