
Sign up to save your podcasts
Or


Send us a text
Joël 2:25-27 Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het. Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie 'n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
Wanneer ons deur moeilike tye gaan en wanneer ons die gevolge van ons eie sonde dra, is dit maklik om te dink dat God daar bo in die gemak van die hemel sit, en Homself verlekker as Hy sien hoe ons swaarkry. Maar dit is beslis nie die waarheid nie.
Daardie Germaanse idee van schadenfreude – die vreugde wat jy daaruit put om te kyk hoe iemand besig is om deur sy eie toedoen swaar te kry – is iets wat ons almal al ervaar het. Dis tog hulle verdiende loon! Of hoe? Nee, God werk nie so nie.
Maar wag, ons moenie ‘n fout maak nie - ons het immers gister gesien dat Hy ons die gevolge van ons sonde laat dra; maar, en dis die groot máár - sy begeerte is altyd - altyd! – om ons te verlos. Hy wil ons terug in sy arms hê. Hy wil ons, soos enige goeie vader, met sy liefde seën.
Dít is die belangrike beginsel wat Hy deur die profeet Joël vir sy mense wil leer:
Joël 2:25-27 Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het. Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie 'n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
My vriend, luister na my. As jy deur jou sonde van God weggedwaal het; en as jy jouself deur jou sonde in ‘n verskriklike wildernis bevind, dan praat God vandag van sy verlossende liefde met jou. Vandag roep God jou na Homself terug.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Joël 2:12,13 Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.
Dinge in die lewe kan soms sleg skeefloop. Die een oomblik gaan dit goed en dan gaan dit ellendig. Dit wissel van 'n tyd van oorvloed tot 'n tyd van hongersnood; van 'n tyd van vreugde tot 'n tyd van hartseer. En hoe verder ons van God af wegdryf, hoe erger word dit.
Tydens 'n baie hartseer tyd van die een sprinkaanplaag op die ander en ontsettende droogte in Israel, het God se uitverkore volk nie meer soos uitverkorenes gevoel nie.
Hoekom het dit gebeur? Wat was die oorsaak daarvan? Wel, God antwoord dit, redelik direk, deur die Ou-Testamentiese profeet, Joël. Ons lees in:
Joël 2:12,13 Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep.
God se uitverkore volk het deur hulle sonde van God af weggedryf. Dit het ook al met jou gebeur, nè? Ek verstaan. En eerder as om hulle verder te straf, eerder as om hulle nog ernstiger te vermaan, roep Hy hulle om met hulle hele hart na Hom terug te kom.
Kom met julle hele hart terug na My toe. . . Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde.
Soms, ja, so dikwels, loop dinge skeef in ons lewe as 'n direkte gevolg van ons sonde; joune en myne. Maar wanneer God toelaat dat die gevolge van ons sonde ons tref om ons weer tot ons sinne te bring, is sy doel – in sy groot en magtige hart – om ons terug te trek na Hom toe.
Kom met julle hele hart terug na die HERE jou God. Hy is geduldig en genadig.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 63:2,4 Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.
Elke verhouding in ons lewens loop die risiko om een of ander tyd af te koel en afsydig te raak. Wat eens 'n lewensbelangrike, passievolle, lonende verhouding was – hetsy met jou gade, of 'n vriend … of inderdaad, met God – lyk eendag skielik baie minder belangrik as wat dit eens op ‘n tyd was.
Ek wonder of jy op die oomblik aan 'n verhouding in jou lewe kan dink wat so afgeskeep geraak het? En dan krap jy jou kop en wonder … hoe het dit gebeur?
Die waarheid is dat baie mense, wat vroeër met 'n vurige entoesiasme in hul harte besluit het om hulle lewens vir Jesus te leef, se verhoudings met Hom inderdaad in so ‘n situasie verkeer. Dit is vandag afsydig en afgekoel. Hoe het dit gebeur?
Ja, ek weet hoe dit deesdae ‘n stryd is om kop bo water te hou en dat daar daagliks soveel dinge is om te hanteer, dat ‘n mens jouself maklik in daardie rigting laat afgly. Miskien bevind jy jouself op hierdie oomblik in een van die lewe se wildernisse, en dan wonder jy wat om daaraan te doen.
Koning Dawid het so 'n fase deurgemaak. Trouens, hy was in die woestyn van Juda. Ons lees hoe hy tot God bid in:
Psalm 63:1,3 Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.
Dit lyk vir my asof die hoofrede waarom ons ons verhouding met die Here ons God afskeep, is omdat ons nie ‘n brandende begeerte in ons harte na Hom het nie. Ons fokus soveel meer op die droë en moeë woestyn-omstandighede waarin ons onsself bevind, dat ons vergeet dat sy getroue liefde in die woestyn en op enige plek, beter as die lewe self is.
Moenie afgerem en afsydig raak nie. Dors na Jesus!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Titus 2:6,7 Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe in alles. Jy moet ’n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, (NLV)
Monogamie is een van die Christendom se grootste bydraes tot die samelewing waarin ons vandag leef. Dit het ongelooflike voordele meegebring, omdat dit van mans vereis om liefde vir een vrou te toon, om haar te dien en om selfbeheersing in verhoudings tot ander vroue uit te oefen.
Dinge is natuurlik nog ver van perfek af wanneer dit by man-vrou-verhoudings kom. In die meeste lande het vroue steeds in werksituasies, ten opsigte van inkomste en op baie ander vlakke nie dieselfde voordele as mans nie. En ja, baie, baie mans het steeds nie selfbeheersing geleer nie. Baie van hulle het ook nog nie, soos God dit altyd bedoel het, dié soort wysheid ontwikkel wat nodig is om vroue met liefde en respek te behandel nie.
Ons het die afgelope paar dae deur 'n paar verse gewerk oor ouer mans en -vroue as rolmodelle, en hul plig om jonger mans en vroue te leer hoe om op te tree.
Titus 2:6,7 Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe in alles. Jy moet ’n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, (NLV)
Of jy dit nou wil weet of nie, mans is oor die algemeen fisies sterker as vroue. Dit het in antieke tyd tot baie wreedheid teenoor vroue gelei - en op sommige plekke, in sommige huwelike, en in sommige verhoudings is dit ongelukkig vandag nog die geval.
Alhoewel daardie vers tweeduisend jaar gelede geskryf is, geld die beginsel vir jong mans om wys te wees, vandag nog. Julle ouer manne, julle behoort hulle rolmodelle te wees. Julle moet hulle leer hoe om ‘n vrou te behandel, deur hoe júlle vrouens behandel.
As die ouer manne vandag deur hul goeie voorbeeld die jonger manne doelbewus, vriendelik maar ferm geleer het om wys, eerlik en ernstig te wees; dan sou dit 'n heel ander wêreld gewees het.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Titus 2:5 ...en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)
Goed, vandag … vandag kry jy 'n super dosis van die polities aanvegbare medisyne. En dit kom reguit uit God se Woord. Trouens, dit is ‘n twispunt tussen 'n Bybelse en 'n hedendaagse sekulêre wêreldbeskouing.
Ja, ons praat inderdaad van die rol van 'n vrou in vandag se wêreld. Wel, dit hang nogal baie daarvan af waar jy vandaan kom. Kulture het verskillende uitgangspunte in hierdie verband. Deesdae is daar al hoe meer dames wat twee rolle vertolk – dié van 'n beroep en ook dié van tuisteskepper.
Gister het ons gesels oor die rol van die ouer vroue om rolmodelle vir die jonger vroue in die samelewing te wees en om hulle te leer wat goed is. Maar nou kom ons by die intens, polities aanvegbare gedeelte in:
Titus 2:5 en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)
Toe dit in die 1ste eeu nC geskryf is, was 'n vrou se rol in die huis; om te kook, skoon te maak, babas te kry en groot te maak. Dinge het nogal baie verander sedertdien. Nouja… wat maak ons hier in die 21ste eeu nC, met hierdie vers in die Bybel, hm?
Al het die konteks verander, het vroue steeds 'n kragtige, prominente rol in die gesinslewe. As man, is ek lief daarvoor om my vrou te dien. En as vrou, is my vrou lief om my te dien. Ons doen dit op ‘n heel verskillende wyses, maar tog dien ons mekaar; ons sorg vir mekaar soos wat ons altyd veronderstel was dit om te doen.
Vroue, wees wys. Wees rein. Sorg vir julle huise. Wees vriendelik en wees bereid om julle mans te dien.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Titus 2:3,4 Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê. (NLV)
Enige sielkundige sal jou vertel dat, ten spyte van al die geslagteliksheidkwessies wat in sommige kringe aangevuur word, daar 'n paar baie fundamentele en kragtige verskille tussen mans en vroue is.
Ons het gister die mini-reeks oor die verskillende rolle van mans en vroue in die samelewing en in gesinne, volgens God se Woord, afgeskop.
Ons het begin met die ouer manne, wat as rolmodelle in die samelewing selfbeheersd, ernstig, wys en sterk in hul geloof, liefde en geduld behoort te wees. Dit klink vir my alles behalwe outyds. Nou ja, wat van die ouer vroue? Hoe moet hulle leef?
Titus 2:3,4 Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê. (NLV)
Een van die verskille tussen mans en vroue is dat vroue meer geneig is om te skinder, veral ouer vroue, wat meer tyd op hul hande het.
Maar, ouer vroue, luister: Dit is nie waarvoor jy bestem is nie. Jy is ook nie veronderstel om – soos party soms doen – uit verveeldheid rond te kuier en te veel te drink nie. Jy het werk om te doen! Jou plig is om die jonger vroue te leer hoe om hul mans lief te hê en hoe om hul kinders groot te maak.
Dit klink vandag nie vir jou so polities korrek nie, maar as jy daaroor nadink, is dit moeilik om dit as irrelevant af te maak. En gegewe die komplekse omstandighede waarin jonger vroue in die 21ste eeu kop bo water moet hou, was dié raad nog nooit so noodsaaklik of belangrik as nóú nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Titus 2:1,2 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. (NLV)
Het jy al ooit 'n ou boek opgetel, dit gelees en by jouself gedink, my aarde, dit is so outyds! Daardie sienswyse van toentertyd ... is vandag darem absoluut irrelevant. Die wêreld waarin ons leef het heeltemal verander!
Elke nou en dan sal iemand 'n advertensie uit 'n ou koerant op die sosiale media platform plaas. Ek het een raakgeloop wat wys hoe mense die rol van vroue in die 1950's beskryf het. ‘n Vrou se plek is in die huis. ‘n Vrou moet stofsuig, skoonmaak en koskook. Jy sal dit nie vandag waag om so iets te sê nie!
En net so wil dit lyk asof die manier waarop die Bybel geslagsrolle sien, in skrille kontras staan met wat hier in die 21ste eeu as die norm beskou kan word.
Ons gaan vandag, en oor die volgende paar dae, na 'n bietjie 'outydse' wysheid, as ek dit so mag noem, oor die rol van mans en vroue in vandag se wêreld afskop met hierdie versies in:
Titus 2:1,2 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. (NLV)
Die Bybel is baie prakties. Paulus praat met sy leerling Titus, en sê dat hy almal moet leer om volgens God se Woord te lewe.
Hy begin met die belangrikste van alle mense, die ouer manne. Hoekom? Want hulle rol is om ’n voorbeeld te stel. Hulle rol is letterlik om rolmodelle te wees.
Ouer manne, hy praat vandag met julle: Mense hou julle dop; luister dus na hierdie outydse stukkie raad. Pas selfbeheersing toe. Wees ernstig, wees wys en sterk op hierdie drie terreine – geloof, liefde en geduld. Mense kyk na julle.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 143:10 Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
Dit wil voorkom asof daar twee soorte mense in hierdie wêreld is. Dié met ’n leerbare gees, en dié daarsonder. Diegene wat oop is daarvoor om hulle foute te erken, uit hulle foute te leer en 'n beter lewe te lei ... en diegene wat nie daarvoor oop is nie.
Kan ek jou dus vandag vra, watter tipe mens is jy? Wag nou eers ‘n oomblik, dink nou mooi, moenie jouself bluf nie, want die menslike hart is baie geneig tot selfbedrog.
Dink terug aan die laaste konfliksituasie waarby jy betrokke was. Het jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou aandeel daarin, of het jy dalk die konflik die hoogte laat inskiet? Of miskien het jy sommer die ander persoon blameer?
Het jy vir God gevra om jou te wys hoe om te vergewe, en hoe om dinge volgende keer beter te hanteer, of het jy die hele episode begrawe met die idee om dit op 'n ander dag voort te sit? Dit is uitdagende vrae, nie waar nie. En terwyl hulle in jou gedagtes rondmaal, luister hoe koning Dawid, ‘n dienaar van die lewende God, in gebed oor hierdie einste saak geworstel het in:
Psalm 143:10 Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
In vers 3 van dieselfde Psalm sê Dawid dat ‘n vyand hom agtervolg, hom in die grond verpletter en hom in duisternis laat lewe soos dié wat lankal dood is. En … wat het hy gebid? Verpletter my vyand, vernietig hulle, o God? Nee, my vriend. Hy was baie slimmer as dit. . .
Dawid het geweet dat die belangrikste ding in daardie moeilike situasie was om God se wil te ontdek. Die beste pad vorentoe was om die Heilige Gees toe te laat om hom te lei.
Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Daniël 4:34,35 “Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie.
My ma het elke oggend ‘Die Sterre Voorspel’ in die koerant gelees. Dit is iets waaroor ons gereeld, toe ek 'n kind was, oor 'n koppie tee gesels het. Daar kan tog sekerlik geen kwaad daarin wees nie?
Dink jy daar is fout met 'n horoskoop? Wel, die waarheid is, dat dit 'n gruwel vir God is, want dit behels dat ons ons vertroue in iets anders as in Hom plaas.
Dieselfde geld vir karma, geluk, joga … 'n hele klomp oënskynlik onskadelike dinge wat hul wortels diep in ander gelowe het. Dit behels dat jy jou geloof in ander dinge as God self plaas.
Nebukadnesar was die koning van Babilon. Hy het homself omring met heksery, towenaars en waarsêers. Hy het selfs 'n groot goue standbeeld van homself laat oprig en geëis dat almal voor dit moet neerbuig en dit aanbid. Maar na 'n kragtige, lewensveranderende ontmoeting met die lewende God deur Daniël en sy vriende, het hy in
Daniël 4:34,35 gesê: “Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie.
Of, soos Dr Stephen Lawson dit stel: Die Here regeer. Nie Satan nie, nie die mens nie, nie God EN die mens nie, nie "die geluksgodin" "of ongeluksgodin" nie, nie toevallige gebeure nie, nie lukrake omstandighede nie, nie die belyning van die sterre nie, nie ongelukke nie, nie noodlot nie, nie goeie of slegte karma nie; Net God en God alleen!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Ps 37:8 Moenie kwaad word nie; laat staan die woede. Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
Sê my, wat laat jou woede van tyd tot tyd opvlam? Ons het almal snellers wat ons ons beheer oor ons emosies laat verloor. Wanneer die adrenalien deur ons are pomp, kan ons sommer regtig dom dinge doen.
Miskien is jy een van die gelukkige mense met 'n rustige geaardheid en het jy nie 'n groot probleem met woede nie. Wees dankbaar! Ongelukkig is ek nie so nie. Ek is gebore met 'n sterk aanvoeling van reg en verkeerd wat in my DNA ingeweef is en dit ontstig my verskriklik wanneer mense die reëls oortree. Om my woede te leer beheer, was daarom vir my 'n moeilike saak.
Miskien het jy daardie ou gesegde gehoor, dat wanneer jy kwaad is, jy eers tot tien moet tel voordat jy reageer. Maar selfs dan, soos Lucy, die spotprentkarakter, eenkeer gesê het: wanneer jy tot tien tel, beteken dit slegs dat jy die verkeerde ding met voorbedagte rade gaan doen!
Nouja, wat ook al jou persoonlikheidstipe is; wat is die ding om te doen wanneer een van daardie snellers dreig om jou woede te laat oorkook?
Psalm 37:8 Moenie kwaad word nie; laat staan die woede. Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
Daar is eenvoudige maar kragtige begrippe in hierdie kort vers. Eerstens: Weerhou jou van woede, laat dit staan, los dit. (Ek dink dit is seker dieselfde as om tot tien te tel?)
Tweedens: Draai weg van die aksies wat uit woede vloei. Moenie wraakgedagtes koester nie. Die oorspronklike teks sê letterlik dat jy daarvan moet wegloop.
Maar dan sê dit ook jy moet jou nie ontstel nie - met ander woorde moenie die lang, stadige lont van woede in jou hart laat wegbrand nie, want as jy dit doen, is daar net een uitkoms: jy sal sondig.
Kom ons herhaal dit, indien jy nog twyfel oor hoe jy jouself moet gedra:
Moenie kwaad word nie; laat staan die woede. Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners