God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Grootste Wonderwerk

    Send us a text

    1 Petrus1:15,16 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

    Stel jou voor dat jy 'n kosbare, soliede goue beker in 'n vullishoop ontdek. Jy tel dit op - dit is vieslik, dit is bevlek, dit het ‘n hap uit. Jy begin dit skoonmaak totdat dit so helder soos goud skitter. Pragtig! Maar wat gaan jy nou daarmee maak?

    Wel, wat gaan jy daarmee maak? Gaan jy dit in 'n vertoonkas sit waar dit skoon en veilig gaan bly? Waarskynlik. Maar wat sou God daarmee gedoen het? Wel, eintlik ken ons reeds die antwoord daarop, want dit is presies wat Hy met jou en my gedoen het. Nadat Hy ons op die vuilgoedhoop opgetel en skoongemaak het, het Hy ons direk in die middel van die ashoop teruggooi. Regtig?

    Leonard Ravenhill, die twintigste-eeuse evangelis en skrywer, het dit so gestel: Die grootste wonderwerk wat God vandag kan doen, is om 'n onheilige persoon uit 'n onheilige wêreld te neem, hom heilig te maak, en dan terug te sit in daardie onheilige wêreld en hom heilig te hou.

    God se plan was nog altyd om jou te red, jou lewe te transformeer, jou rein en heilig te maak, en jou dan terug te gooi in die roesemoes, sodat jy deur Hom gebruik kan word, om iemand anders uit die modder te sleep.

    Maar pasop vir die slagyster. Wanneer Hy jou op die ashoop teruggooi, is dit so maklik om; ten spyte van jou reinheid van binne, jou glans te verloor en om van buite soos almal om jou te begin lyk. Pasop, my vriend, dit is ‘n ernstige waarskuwing:

    1 Petrus 1:15,16 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

    Moenie dat die wêreld se sonde op jou afgee nie. Bly heilig, want die Here jou God is heilig.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Evangelie Word Verflou

    Send us a text

    Johannes 3:19-21 En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

    Daar is deesdae baie druk op Christene om hul geloof -  hul begrip van die Evangelie van Jesus Christus - in ‘n nuwe baadjie te klee; hulle moet die ‘outydse interpretasie’ aanpas by die hedendaagse sosiale en morele tendense. Dit skep baie spanning.

     

    Toe ek aanvanklik in Jesus begin glo het, het alles so eenvoudig gelyk: die Goeie Nuus dat sy dood vir my sondes betaal het; dat ek vergewe is deur Sy lyding en 'n nuwe lewe ontvang het - 'n ewige lewe, deur Sy opstanding.... Dit was eenvoudig: Wat God gesê het, is goed, was goed. En dit wat Hy gesê het verkeerd was, was verkeerd. Ondubbelsinnig … en eenvoudig.

     

    Maar redelik gou het ek ontdek dat diegene wat nie in Jesus glo nie, nie heeltemal tevrede was met my eenvoudige wêreldbeskouing nie. Daar was groot dele daarvan wat hulle aanstoot gegee het. En so het die druk begin om kompromieë aan te gaan oor hierdie suiwer en eenvoudige waarheid. Die Evangelie moet so verflou word, dat dit hulle sonde makliker kan akkommodeer.

     

    Maar Jesus het self in 

    Johannes 3:19-21 gesê… die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

     

    Kom ons verstaan dit mooi. Toe Jesus saam met sondaars gekuier het, het hulle verander. Hy het nie. Moet dus nie die Evangelie verflou en versag nie. Moenie jou lig verdof nie.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Dr Livingstone, Neem Ek Aan?

    Send us a text

    Eksodus 33:13-16 As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”

    Wanneer iets werklik belangrik is, is dit die moeite werd om dit te herhaal, nè? En wat vandag vir my en vir jou en vir enigiemand anders wat in Jesus glo, werklik belangrik is, is om nie sonder Jesus voort te jaag nie.

    Moses het baie ontberings verduur terwyl hy Israel uit hul slawerny in Egipte uitgelei het. Dit het begin met Farao se leër wat hulle agtervolg het. Kort daarna het die Israeliete begin brom en kla. Daar was ook talle uitdagings oor kos en water … dit het net aan en aan en aangegaan.

    Kom ons kyk ‘n bietjie na Moses se opregte gebed tot God in:

    Eksodus 33:13-16 As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”

    Moses wou eenvoudig nie die tog sonder God aanpak nie.

    David Livingstone, die beroemde 19de-eeuse sendeling wat na Afrika gekom het, het as volg gebid: God, stuur my na enige plek toe, maar gaan net saam met my. En verbreek enige verbintenis in my hart, behalwe die band wat my hart aan U bind.

    Watter reis ook al vir jou voorlê of watter struikelblok jy ook al geroep word om uit die weg te ruim … moenie alleen gaan nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Waag Dit om Anders Te Wees

    Send us a text

    2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

    Jesus het baie beloftes aan sy dissipels gemaak. Een van daardie beloftes, waarop ons met uitroepe van lof en hallelujas, kan staan, is, dat as hulle Hom vervolg (wat gebeur het) hulle ons ook gaan vervolg.

    Dis nou vir jou 'n vrolike gedagte, nè? Maar dit is waar, is dit nie? In sekere lande, soos die een waar ek woon, was dit vir Christene vir baie jare redelik maklik om hulle geloof uit te leef. Op ander plekke is hulle erg vervolg. Waar jy ook al woon, ongeag jou situasie, is vervolging reeds hier óf dit is net om die draai.

    Maar, al ervaar diegene van ons, wat dit tot op hierdie punt maklik gehad het, hierdie stygende vlaag van vervolging met groot skok, is dit niks nuuts nie. Kyk wat skryf die wyse ou apostel, Paulus, aan sy leerling Timoteus in:

    2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

    Wie is die ‘almal’ wat vervolg gaan word? Elkeen wat met ware toewyding aan God in Christus Jesus wil lewe.

    As jy dus na die maklikste manier soek om vervolging te vermy, moet jy ophou om jou ware toewyding aan Christus te wys. Jy moet maar net onopsigtelik bloot deel van die skare word. Ek kan immers net in privaatheid in Jesus glo, en in die openbaar soos almal om my lyk. Dis die perfekte oplossing om vervolging te vermy.

    Maar soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het: Dit sal 'n hartseer dag vir die kerk en vir die wêreld wees, wanneer daar geen onderskeid meer tussen die kinders van God en dié van hierdie wêreld is nie.

    Jy is die lig van die wêreld. Hou op om te probeer inpas.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Meer en Meer Soos Jesus

    Send us a text

    Romeine 8:28,29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.

    Sê my, hoe verander jy 'n waarheid - selfs 'n Bybelse waarheid - in 'n leuen? Maklik! Jy sny dit in die helfte, of haal dit uit konteks aan of verkieslik albei. Kyk net na die duiwel. Die vader van leuens. Hy het dit in 'n kunsvorm verander!

     

    Hier is 'n voorbeeld:

    Romeine 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

     

    Halleluja, loof die Here, dis mos hoe die lewe moet lyk. Zippedy-doodah! Dit klink wonderlik … totdat jy die volgende vers lees:

    Romeine 8:29 God het hulle geken voordat Hy die wêreld gemaak het. En hy het besluit dat hulle soos sy Seun sou wees. Dan sou Jesus die eersgeborene van baie broers en susters wees.

     

    Wat het God besluit? O! Dat ons soos sy Seun moet wees; daardie bebloede, mismaakte Verlosser wat leweloos aan die Kruis gehang het. Ja, die beproewings wat ons in die lewe deurmaak, is nie daar om ons persoonlike doelwitte van gemak en sukses te bereik nie, maar dit is bedoel om ons meer en meer soos Jesus te maak.

     

    Die kruisiging kom altyd voor die opstanding. Dit gaan seermaak, want die heiligmaking waarna God in my en jou lewe, deur al die angswekkende op- en afdraandes, kinkels en draaie werk, het 'n baie hoër doel.

     

    Soos iemand eenkeer gesê het: Ek het gevind dat om meer soos Jesus te word, baie beter resultate lewer as om 'n beter ‘ek’ te word.

     

    God het jou uitgekies voor die grondlegging van die aarde. En Hy sal ín jou en déúr jou en vir Sy koninkryk, alles ten goede laat meewerk deur elke beproewing wat jy in die gesig staar. Hoekom sal Hy dit doen? Om jou meer en meer soos Jesus te maak.

     

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Moenie Jouself Bluf Nie

    Send us a text

    Romeine 14:9-12 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is. ”Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.

    Daar is 'n risiko, ja, 'n enorme groot risiko, dat hoe meer ons in ons verhouding met Jesus groei, en hoe meer ons lees en die Bybel leer ken, hoe groter is die kans dat ons so ‘n effe verhewe bo ander kan voel.

     

    Dit is een van die lewe se groot paradokse. Christus beveel ons om nederig te wees; om ons kruis op te neem en Hom te volg waar Hy ook al mag lei, wat dit ook al mag kos. Dit is presies wat Hy gedoen het toe Hy sy lewe vir jou en vir my afgelê het.

     

    Ek verstaan! Jy kom nou al 'n hele entjie saam met Jesus en jy begin dinge net mooi onder die knie kry. Ja, jy begin nou al gemaklik voel in jou Christus-pak waarmee jy jouself beklee het … net soos die Skrif sê jy moet. . .

     

    Ek doen al hierdie Christelike dinge. Ek praat al die regte taal. Ek het dit perfek bemeester! Ag nee, kyk net na daardie vrou wat laat by die kerk ingestap het. Sy het nie eers haar hare behoorlik gekam nie. Kan jy nou meer! Sy moet bykom.

     

    Wag. Staan stil en doen selfondersoek :

    Romeine 14:9-12 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.

     

    Wil jy regtig op daardie dag voor die regterstoel jou trots, jou gevoel van meerderwaardigheid teenoor die Here verduidelik? Regtig?!

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Neem Standpunt In

    Send us a text

    Romeine 14:7,8 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

    Kan ek jou vandag vra, wat daar in jou lewe is wat jou geloof in Jesus op hierdie oomblik laat wankel? Watter gebeurtenis, watter twyfel, watter bekommernis, watter vrees, watter verhouding probeer sy bes om jou geloof te ondermyn?

     

    Daar is altyd iets, nè? Soms is jy net uitgeput en dan begin jy wonder of jou geloof in Jesus enige werklike verskil in jou lewe maak, wat nog te sê van in die lewens van diegene rondom jou. Twyfel en vrese sluip in, en in elk geval lyk die gras anderkant die draad altyd groener. 

     

    Die rede waarom ek dit so goed kan verwoord, is omdat ek self ook al in daardie posisie was. Ja, die geloofsreis is ‘n opdraande stryd, en hoewel ons dalk nie daaroor wil praat nie, is dit ‘n werklikheid. Dis baie eg.

     

    Maar net wanneer jy op moedverloor se vlakte is, wanneer jy alle hoop verloor het om die struikelblokke in jou geloofsreis te oorbrug, kom God met 'n kragtige, lewegewende Woord om jou weer op te bou:

    Romeine 14:7,8 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

     

    Die skrywer, die apostel Paulus, weet waarvan hy praat. Hy was dikwels ter wille van Christus in doodsgevaar. Sover ons weet, is hy uiteindelik ook gemartel omdat hy die opgestane Christus verkondig het. Maar redelik vroeg in sy lewe het hy besluit : Of ek dan lewe en of ek sterwe, ek behoort aan die Here.

     

    My gebed vir jou vandag is dat die Woord van God jou onwrikbare hoop sal gee. Of jy leef of sterf, wees sterk. Jy behoort aan die Here.

     

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wie Sal op die Troon Sit?

    Send us a text

     Openbaring 3:21,22 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.

    Die ewigheid lyk onbereikbaar ver weg, nie waar nie? Hoekom is dit? Wel, waarskynlik omdat ons so besig is met die alledaagse geroesemoes, dat die moontlikheid van die "ewigheid" moeilik is om te bedink.

    Maar weet jy, die waarheid is dat jou daaglikse bestaan – wat dit ook al behels – wesenlik gekoppel is aan hoe jy jou ewigheid sal deurbring. Want daar is 'n stryd om jou siel te wen.

    Satan probeer jou altyd van Jesus afrokkel. Hy voer listige planne uit sodat jy jou ewigheid saam met hom kan deurbring. Maar dan is daar natuurlik ons eie sondige begeertes, wat as ons hulle nie weerstaan nie, hulle ons op dieselfde paadjie van verderf sal lei, sonder dat Satan ooit 'n vinger hoef te lig. 

    En asof dit nie genoeg is nie, skree die wêreld – al hoe harder– vir ons om ons belaglike vertroue op hierdie verouderde, irrelevante Jesus te laat vaar. Ja, in ons wandel met Jesus is daar baie aanslae waarmee ons te kampe het. Maar die beloning … die beloning, is beslis die moeite werd:

    Openbaring 3:21,22 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.

    Wie sal vir ewig saam met Jesus op daardie troon sit? Dié wat oorwin. Dié een wat die stryd van die lewe getrou stry. Dié een, wat al die padblokkades wat deur die wêreld en die vyand voor hom gestel is, te bowe kom. Dié een wat volhard tot die einde toe … net soos Jesus gedoen het.

    Moenie moed opgee nie. Die prys is beslis die moeite werd.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Besef Jy is Kosbaar

    Send us a text

    Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

    Het jy al ooit soos weggooigoed gevoel? Het jy al gevoel asof die wêreld jou gekou en uitgespoeg het?! Al die ander mense is gelukkig en goed aangepas; hulle gaan aan met hulle lewens, maar jy … jy is daar buite op die vullishoop.

    Dit hoef nie 'n volskaalse, katastrofiese ramp te wees om ons so te laat voel nie. Daardie gevoel van waardeloosheid kan aan ons vreet, bloot omdat al die mense daar buite soveel meer effektief en meer suksesvol as ons lyk.

    As ons na hulle kyk, lyk dit asof hulle lewens impak het en dan wonder ons of enigiets wat ons doen, hoegenaamd enige positiewe uitwerking op mense se lewens het. Ja, my vriend, daar is baie mense wat met sulke negatiewe gevoelens rondloop.

    Of dalk is jy, so effens verby die fleur van jou lewe, as ek dit so mooi kan stel. Al daardie jongmense wat soveel slimmer, soveel vinniger lyk, hulle laat jou voel asof jy tegnologies agtergebly het, en dat hulle soveel beter as jy kan presteer.

    Maar wag nou – as jy toelaat dat hierdie nare negatiewe gedagtes soos ‘n kanker aan jou vreet, kyk wat Jesus oor hierdie einste onderwerp sê in:

    Lukas 12:6,7“Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

    Dis so 'n eenvoudige prentjie, maar dis tog so kragtig. Dit is Jesus se boodskap vir jou. En weet jy, dit was nie net woorde om jou beter te laat voel nie, Hy was bereid om vir jou te sterf.

    Hy het gegaan en Homself vir jou aan daardie Kruis laat spyker, sodat jy die ewigheid saam met Hom kan deurbring. Moet dus nie bang wees nie. Jy is vir Hom baie meer werd, as wat jy ooit gedink het.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Jou Toekoms Wink

    Send us a text

    Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

    Kan ek vandag pynlik eerlik met jou wees? Ek dink nie dat diegene van ons, wat onsself Christene noem, enigsins genoeg tyd spandeer om opgewonde te raak oor die Goeie Nuus van Jesus en Hom genoeg daarvoor eer nie.

    Ek onthou 'n dosent van my – Ian Pennicook – van jare gelede, toe ek nog in die Bybel Kollege was, wat elke keer wanneer hy van die Kruis van Christus gepraat het, in sy trane verstik het. Die erns van dit wat Jesus vir hom gedoen het, het hom totaal oorweldig.

    Ek onthou hoe hy eendag, deur sy trane, gesê het: “Ek is jammer. Ek kan nie sommer net oor die kruis praat nie. Ons moet roem in die kruis.” Die erns van daardie stelling het sedertdien by my gebly. Deur al die voor- en teëspoed, deur die sleurwerk van die alledaagse, het die loutere heerlikheid van die Kruis van Christus my hart gevul.

    Maar nie net dit nie. Vir almal wat in Jesus glo, hulle sonde bely en weggedraai het van dít wat hulle weet verkeerd is, gaan daardie heerlikheid tot in alle ewigheid na hul lewens oorspoel.

    Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

    Alles wat Christus aan die Kruis verwerf het, sal vir alle ewigheid deur Sy krag, ons s'n word.

    Ek weet nie wat jou omstandighede is nie – dalk is vandag een van daardie alledaagse dae vir jou, of dalk is jy gedaan, of dalk verkeer jy in ‘n desperate wanhoop – maar watter soort dag jy ook al beleef, onthou die Kruis. Beroem jou daarop. En weet jy, dat daardie heerlikheid vir ewig en altyd joune sal wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners