Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
1 Johannes 4:19 - 21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.
Ek wil beslis nie as 'n huigelaar gesien word nie. Nie omdat ek so sensitief is of omdat my reputasie vir my so belangrik is nie, maar omdat 'n huigelaar, die Evangelie van Jesus Christus in oneer bring.
Ja, ek weet dat die Evangelie soms twis meebring, want menige sondaar neem aanstoot wanneer die Bybel oor sonde en bekering praat. Dis onvermydelik dat hulle hul vir jou sal vererg en hulle kan jou selfs beledig en in lelike taal uitskel.
Maar wanneer jy ‘n Facebook-profielfoto van ‘n persoon se rooi motor sien, wat met woorde soos "Bekeer; Ware liefde; Jesus kom binnekort terug; Draai terug na God" bedek is… en wanneer dieselfde persoon op ‘n ander keer ‘n boodskap op Facebook plaas met 'n foto van sy president wat vir hom sê om homself te gaan … ek het nie woorde nie – dit is onomwonde skynheilig, eenvoudig skynheilig.
En daardie soort ding bring nie net die Evangelie in oneer nie, maar ek kan my ook nie indink dat God dit besonder baie geniet nie.
1 Johannes 4:19 - 21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.
As jy saam met broers en susters grootgeword het, sal jy weet dat daar langs die pad baie kere was wat julle nie saamgestem het nie, wat julle baklei het en argumente gehad het.
Ja, God het dit ook geweet toe Hy vir Johannes daardie woorde laat skryf het. En dit my vriend, is nie net as vriendelike raad bedoel nie, maar as 'n opdrag.
Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.
Moenie 'n huigelaar wees nie!
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Om vir mense waarvan jy hou, lief te wees, is redelik maklik - selfs al is daar 'n paar stampe en stote langs die pad. Maar om vir mense waarvan jy nie hou nie, lief te wees … Ek weet darem nie. Moet ek regtig? Móét ek? Jy verstaan mos dis nie maklik nie.
Ons word minstens dertien keer in die Nuwe Testament vertel om mekaar met 'n onvoorwaardelike, onfeilbare liefde lief te hê. Ons lees wat Jesus daaroor gesê het in:
Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Ja, daar word verseker al in die Ou Testament vir ons vertel hoe ons mekaar moet behandel, maar Jesus gee dit 'n skerp, nuwe fokus. Dit is so ingrypend, dat Hy dit "’n nuwe gebod" noem. Jesus beveel jou om God met alles wat jy is, lief te hê en om jou naaste soos jouself lief te hê. Hierdie nuwe gebod vat die hele Joodse wet en die geskrifte van die Profete saam.
Trouens, ons liefde vir mekaar moet so groot wees soos die liefde van Jesus, wat bereid was om vir ons te sterf; want dis die kenmerk van 'n ware Christen.
“As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is”.
Hierdie is nie 'n blote teorie-les nie. Nee, dit vertel ons hoe om ons lewens te leef; hoe ek en jy vir diegene rondom ons moet liefhê. Dit is maklik om selfs traag te word in ons liefde teenoor mense waarvan ons regtig hou. Maar jy weet tog hoeveel meer inspanning dit vra om diegene, van wie ons nie hou nie, diegene wat ons sleg behandel, diegene wat ons verafsku, lief te hê.
Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê..
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Handelinge 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.
Wat beteken die woord “kerk” vir jou? Is dit 'n gebou (vir baie mense is dit). Is dit die tradisionele diens wat jy op 'n Sondag bywoon? Of is dit 'n instelling, 'n gesin, of … wel, wat beteken “kerk” vir jou?
Deesdae lyk dit of die tradisionele siening van “kerk” besig is om ineen te stort. Baie van God se mense dryf weg. Party mense sal selfs so ver gaan om te sê hulle is klaar met speletjies. Ander sal jou vertel dat hulle by die kerk seergekry het. Miskien het die onlangse pandemie sy rol gespeel. . .
Wat van jou? Wat beteken "kerk" vir jou? Wat is jou verhouding met die familie van gelowiges in Jesus Christus? Terwyl jy jou antwoord op hierdie vraag oorweeg; kom ons kyk hoe dinge in die vroeë kerk gedoen is. Ons lees in:
Handelinge 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.
Ons word minstens dertien keer in die Nuwe Testament vertel dat gelowiges van "huis tot huis" ontmoet het, of dan meer spesifiek, in onder andere Cornelius of Maria of Lydia of die tronkbewaarder se huis.
Wat ook al die vorm is wat jou kerk vir jou aanneem, is daar drie dinge wat jy as gelowige, as dissipel van Jesus Christus, nooit moet verwaarloos nie:
Die eerste, is om ‘n kragtige gemeenskaplike doel te hê om as broers en susters in die geloof, mekaar aan te moedig om ander mense van Jesus te vertel. Tweedens, om tyd saam deur te bring, en derdens, net so belangrik, is om met vreugde en vrolikheid in mekaar se huise saam te eet.
Ja, kerk behels aanbidding, kerk behels leer, maar kerk is ook om werklik mens te wees, 'n gesin te wees en om 'n gemeenskaplike doel te hê.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 4:12,13,17 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali… Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”
Daar is, in die wêreld daar buite en ongelukkig selfs onder God se eie mense, 'n duidelike vlak van onkunde oor Jesus: Wie Hy volgens die Woord van God is, wat Hy vir die mense geleer het en wat Hy gedoen het.
As jy wil hê jou lewe moet gemaklik voortvloei, sonder te veel kabbels of onderbrekings, sonder te veel eise en te veel uitdagings, dan is, om in onkunde voort te leef oor die ware aard van Jesus, waarskynlik die beste ding vir jou om te doen. Beslis. Om in hierdie ongekompliseerde, luilekker lewe saam met dié Jesus van jou verbeelding voort te dryf; is waarskynlik die beste vir jou, eerder as om saam met die Jesus van die Bybel te leef … totdat daardie hele illusie eendag om jou in duie stort.
Want glo my, een of ander tyd sal dit. Op een of ander stadium sal die gemeenheid van hierdie wêreld, of jou eie sonde, of meer waarskynlik al twee saam, ‘n knuppel in jou hoenderhok gooi en dan sal die vere behoorlik waai.
Matteus 4:12,13,17 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali… Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”
Maar weet jy, wanneer daardie hele proses van “bekering” - om weg te draai van die dinge wat jy weet verkeerd is, en om uit jou plek van veiligheid te kom, wanneer teëspoed (soos Johannes in Jesus se tyd gearresteer is) jou tref - gaan dit beslis die knuppel in jou hoenderhok gooi. Wees gewaarsku, die lewe gaan nie verloop soos jy beplan het dat dit gemaklik sal voortvloei nie.
Ja, my vriend, dit is baie beter om Jesus toe te laat om jou op die regte koers te stuur, as om toe te laat dat jou goddelose weë jou vernietig.
"Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 4:8-11 Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.
Is daar iets in hierdie wêreld waarna jy smag? Sê my, watter plesier, watter besittings, watter spesifieke ding droom jy oor? Wat wil jy, voor jy die ewigheid beërwe, in jou hande hê? En wat is jy bereid om daarvoor te betaal?
Ja, dit is die natuurlikste ding ter wêreld om hoop en drome te hê, om, soos ons gesê het, plesier te hê en besittings te versamel en boonop nog erkenning en status, respek en mag ook te hê. Dit lyk onmoontlik om die versoeking te weerstaan wanneer daardie dinge ons op so ‘n subtiele, so ‘n verleidelike manier, in hul kloue kry.
Maar hoe meer ons die dinge van hierdie wêreld liefhet, hoe verder dryf ons van God se doel vir ons lewens weg. En kom ons verstaan mekaar baie mooi, dit is óf die een óf die ander, die wêreld se snuisterye, of God se planne. Jy kan nie albei hê nie. Ons lees van die derde keer wat Jesus versoek is in:
Matteus 4: 8-11 Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.
Satan het Jesus versoek nadat Hy veertig dae lank in die woestyn gevas het en gevolglik uitgehonger, swak, en gehawend was. En weet jy, wanneer jy jou bes vir God doen, maar al wat jy oënskynlik terugkry, is 'n wêreld vol lyding, dan word die snuisterye en die tierlantyntjies van hierdie wêreld ongelooflik aanloklik. Satan weet dit. Wanneer satan dus op daardie laagtepunt in jou lewe met so ‘n versoeking na jou toe kom, onthou net: ...daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 4:5-7 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee “en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”
Was jy al ooit in die versoeking om God op die proef te stel? Wanneer jy ‘n moeilike tyd beleef, neem jy die bokshandskoen en sit dit voor sy voete neer. “Here, dis nou die tyd om te bewys of U my regtig liefhet.”
Dit klink nogal logies en redelik, nè? God is lief vir my, ek het seer, Hy moet dus intree en dinge regmaak om my lyding te beëindig. Here, ek weet sommer dat as U nie opdaag nie, ek heeltemal ineen sal stort en uitbrand. Dis mos hoe dit werk, nè?
As die duiwel jou verlei om iets te doen, moet jy mos dadelik hond se gedagte kry! Dit moet 'n ernstige waarskuwingsein wees, nie waar nie? Toe Jesus vir veertig dae in die woestyn nie geëet het nie, het die duiwel gekom en Hom versoek om God op die proef te stel.
Matteus 4:5-7 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gegee” en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”
Waarom moet ons nie vir God op die proef stel nie? Omdat Hy altyd 'n vaste doel met ons lyding het: Hy wil óf iets in ons, óf in iemand anders doen … iets wat nie onmiddellik vir ons duidelik is nie. Watter vermetelheid het ons om sy oppermag te bevraagteken en te eis dat Hy vir ons gemak en gerief van koers moet verander en sy doel moet laat vaar?!
Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 4:1-4 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.
Jou vyand, die duiwel, het 'n aantal baie nare gewoontes. Bo-aan sy lysie is sy gewoonte om jou te skop wanneer jy lê. Ja, hy wag totdat jy op ‘n laagte punt is en dan verlei hy jou met ‘n belofte van ‘n wondermiddel vir onmiddellike verligting van jou lyding.
Lyding is nie iets wat enigeen van ons vir onsself toewens nie. Nietemin kom dit van tyd tot tyd oor ons pad. Die grootste lyding van my lewe het amper drie dekades gelede, te midde van 'n verskriklike verraad, gebeur. Dit het my byna vernietig.
Maar ek het later ingesien dat dit die grootste geleentheid was wat God my ooit kon gee. Dis waarom Jesus se versoeking te midde van sy lyding, my vandag steeds nog diep aangryp.
Matteus 4:1-4 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.
Wanneer jy ly, verlei die duiwel jou deur sy oplossing, om jou lyding in jou eie krag te beëindig, onder jou neus te swaai. Jesus kon, toe Hy swak en uitgehonger was, maklik daardie klippe in brood verander het.
Maar Hy het verkies om op God te vertrou en om op sy Woord te staan. Lyding maak nooit sin wanneer ons daar deurgaan nie, maar dit is dalk die grootste geleentheid van ons lewe: Om op God te vertrou. Om Sy getrouheid eerstehands te ervaar. Moenie dit misloop deur voor die versoeking te swig nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 4:1,2 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
Versoeking het hierdie neiging om jou te bekruip sonder dat jy dit sien kom. En dan, ewe skielik, is daar ‘n kolskoot! Jy sondig. En dan is jy verbaas oor waar de drommel dit vandaan gekom het!
As dit ooit al met jou gebeur het, en as dit aanhoudend met jou gebeur, laat ek jou dan gerusstel, jy is nie alleen nie! Dit gebeur met ons almal, want versoeking wyk nie. Dit gaan net aan en aan en aan … jou vyand, die duiwel, gee nooit, ooit … ooit moed op nie. Dit het selfs met Jesus gebeur. Ons lees in:
Matteus 4:1,2 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
Pas na Jesus se bo-natuurlike doop, waar die Gees soos 'n duif op Hom neergedaal het en die hemel oopgegaan en God gesê het: "Dit is my geliefde seun in wie Ek 'n welbehae het," … is Jesus deur die Heilige Gees die woestyn ingelei. In die Evangelie van Markus lees ons dat Jesus veertig dae en veertig nagte daar gevas het. Hy was, soos ons seker kan dink, op ‘n groot laagte punt en op sy kwesbaarste toe Hy deur die duiwel versoek is.
As dit met Jesus kon gebeur, hoeveel te meer kan dit nie met mense soos ons gebeur nie? Waarom is ons so verras wanneer versoeking sy lelike kop in ons lewens uitsteek?
Daar sal nie 'n dag verbygaan waarop die versoeking om te sondig, nie oor jou pad sal kom nie. Ja, sonde is altyd baie aktief, dit is altyd verleidelik en aanloklik, dit probeer altyd om ‘n voet in die deur te kry. Moet dus nie toelaat dat dit jou verras nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV)
Gister het ek 'n bietjie vertel van wat alles betrokke is by die vervaardiging van hierdie daaglikse boodskappe en wat dit verg om dit aan letterlik miljoene mense dwarsdeur die wêreld, wat dit elke dag kyk, luister of lees, beskikbaar te stel.
Ek deel dit nie om te spog nie. Nee, beslis nie - ons het baie foute langs die pad begaan! Nee, ons roem op die Here, in dit wat Hy deur FRESH /VARS gedoen het, maar nog belangriker, op dit wat Hy in staat is om in jou lewe te doen.
2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV)
Waarom begin hierdie vers met die woord “Maar”? Wel, dit volg op wat die apostel Paulus in die vorige gedeelte geskryf het oor sy bediening, waar hy deur baie lyding die goeie nuus van Jesus dwarsdeur die bekende wêreld verkondig het.
Ons weet tog almal dat nie alle mense ontvanklik vir die Goeie Nuus van die Here is nie. Ons het net gister gelees: nie alle mense kan vertrou word nie. Glo my, ons ervaar dit daagliks. Die klein Christianityworks-spannetjie wat hierdie boodskappe in 11 tale, onder andere in Afrikaans, vervaardig, ondervind groot teenstand – in sommige lande vervolging, selfs lewensgevaar, terugslae en aanvalle van die vyand.
Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.
Ek wil vandag vir jou sê dat dit ook op jou lewe van toepassing is. Dit maak nie saak watter teenstand jy in die gesig staar nie, dit maak nie saak met watter probleme jy worstel nie, dit maak nie saak hoe moeilik dit op die oomblik gaan nie.
Maar die Here is getrou! Hy sal jou sterk maak en van die Bose bewaar.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Tessalonisense 3:1,2 Ten slotte, broers en susters, bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie. (NLV)
Hier volg 'n stukkie nuttelose inligting: vandag is dit Fresh-boodskap nommer twee-duisend-een-honderd-ses-en-veertig wat ons hier by Christianityworks vir jou vervaardig. Nouja, ek het jou gewaarsku dat dit 'n stukkie nuttelose inligting is!
Nou hoekom deel ek dit dan met jou? Dit is nie asof 2 146 enige soort ronde getal of mylpaal is nie.
Nouja, of jy nou Fresh op TV kyk; oor die radio in enige een van 'n dosyn tale luister; dit in gedrukte vorm lees; in jou e-pos se in-kassie lees; of via WhatsApp of een van die ander digitale kanale sien, wonder ek of jy al ooit stilgestaan het om te dink wat betrokke is by die vervaardiging van 'n daaglikse boodskap.
Daar is eerstens die voorbereiding en die skryf van die materiaal, dan volg: vertaling, proeflees, opname en vervaardiging van die oudio's, die skiet en vervaardiging van die TV-programme, die verspreiding daarvan na stasies, die oplaai daarvan na rekenaars, die keuse van beelde vir die digitale weergawes, die ontwerp van bladuitleg ... dit is malligheid, nè?
Maar soos enigiets wat die moeite werd is, verg dit nogal moeite, vir 'n klein, maar toegewyde span. Daarom wil ek jou graag vandag vir 'n guns vra in die woorde van:
2 Tessalonisense 3:1,2 Ten slotte, broers en susters, bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie. (NLV)
Hoe meer mense met wie ons God se Woord deur FRESH / VARS kan deel, hoe meer lewens sal getransformeer word. Maar weet jy, op sommige plekke is dit gevaarlike werk.
Bid asseblief vir ons. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie.
Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners