God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Ontferming van ‘n Vader

    Send us a text

    Psalm 103:13,14 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.

    ‘n Rukkie gelede het ons 'n goeie vriend vir aandete oorgenooi. Sy seun en skoondogter was verwagtend. Die ete is egter onderbreek deur 'n ontstellende telefoonoproep van sy vrou.

    Ek kon nie hoor wat gesê was nie, maar die oomblik toe ek sien hoe sy gesig verander, het ek geweet wat gebeur het. Sy skoondogter het 'n miskraam gehad; hulle het die kindjie verloor.

    Die uitdrukking op sy gesig op daardie oomblik was 'n weerspieëling van wat in sy hart aangaan. Dit was die deernis van 'n pa. 'n Pa, vir sy kinders, vir die pyn en verlies wat hulle ervaar het.

    En daardie hartseer oomblik was so eg en ontroerend. Die deernis van 'n pa se hart is opreg, totaal opreg.

    Psalm 103:13,14 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.

    Hoe maklik is dit nie om in die geroesemoes van die lewe, van jou lewe – die werklikheid van die deernis van God vir jou uit die oog te verloor nie? In sy groot en magtige Vaderhart verlang Hy na jou, Hy smag na jou. Hy voel al die pyn wat jy voel, asof dit sy eie is … selfs wanneer daardie pyn die gevolg van jou eie foute is. Want Hy weet dat jy feilbaar is; dat jy stof is.

    Onthou dus wanneer jy pyn ervaar, wanneer jy hartseer is, wanneer jy 'n verwoestende verlies ly … dat God se liefde vir jou, die deernis in Sy Vaderhart vir jou, nie bloot ‘n teorie is nie.

    Dit is ‘n werklikheid. Dis honderd persent eg.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hoe Ver? Hoe Groot??

    Send us a text

    Psalm 103:11,12 Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.

    Die lewe is geneig om, op een of ander manier, jou geloof af te takel. Daardie stampe en kneusplekke, die stres en spanning, en die modder wat die lewe na jou kant toe gooi, het elkeen maar 'n manier om ons blik van Jesus af te trek en om ons te laat fokus op ons onmiddellike probleme.

    Jy het dit ook al ervaar, nè? Maar aan die anderkant weet jy ook dat God jou so liefhet, dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf. Maar die lewe is en bly moeilik. Daar is wilde, deurmekaar dae, sieldodende dae vol sleurwerk en ander dae met 'n paar prikkelende versoekings daar buite . . . wat almal saamsweer om jou blik van die wonderlike liefde van God weg te skeur.

    Dit is tyd om stil te staan, tyd om te herfokus, tyd om God, die Heilige Gees, toe te laat om ons blik na Hom terug te bring. Kom ons lees wat staan in:

    Psalm 103:11,12 Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.

    Hoe groot is God se onfeilbare liefde teenoor jou? So hoog soos die hemel van die aarde af is. As jy met 'n ruimteskip van hierdie aarde af opstyg om die hemel te probeer bereik, sal jy, behalwe vir 'n hoogs onwaarskynlike kosmiese botsing, nooit aan die einde van die hemel kom nie. Dis hoe hoog dit is. Dit is hoe groot Sy onfeilbare liefde vir jou is.

    Hoe ver het Hy jou sonde, jou aaklige oortredings, van jou verwyder? Wat is die kans dat ons twee sal ontmoet as jy oos sou gaan en ek wes! My vriend, dit maak nie saak wat die lewe na jou toe kant toe gooi nie, moet nooit God se oneindige liefde vir jou onderskat nie. Moet nooit die verskriklike groot prys, wat Jesus betaal het om jou oortredinge volkome en geheel en al van jou te verwyder, vergeet nie.

    Jy is oneindig geliefd, jy is volkome vergewe … deur Jesus.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Wat is die Doel?

    Send us a text

    Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)

    Dit lyk asof daar drie verskillende fases in die lewe is. ‘n Fase waar dinge fantasties goed gaan, ‘n ander fase waar dit net - jy weet – oukeierig is. Of dan die fase waar die lewe om een of ander duistere rede, rampspoedig is.

    Dit maak nie saak in watter fase jy tans is nie, want selfs in ‘n goeie fase kan 'n gevoel van doelloosheid net so maklik insluip, as in die tye waar nie veel gebeur nie en veral in die moeilike tye. Jy vra jouself af: Wat is die doel van dit alles? Wat is die doel van my lewe? Maak ek regtig ‘n verskil?

    En al verloop jou lewe oor die algemeen redelik glad, kan die afwesigheid van 'n duidelike antwoord op daardie vrae jou tot raserny dryf. Koning Dawid van Israel het op verskillende tye in sy lewe deur elkeen van daardie fases gegaan. En terwyl hy nadink oor 'n paar baie moeilike tye, bid hy tot God. 

    Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)

    Ja, Dawid het keer op keer geleer om onder baie moeilike omstandighede op God te vertrou. Hy het geweet dat God sal uitreik en hom sal red. Maar die geheim lê daarin … dat alhoewel Dawid nie vooraf geweet het wat God se doel was nie, het hy geweet dat die Here sy doel met hom sou bereik.

    Alles is daar met ’n spesifieke doel – elke plant, elke dier en veral elke mens –'n doel wat reeds voor die skepping van die aarde vir hulle beplan is. Onthou God het jou geskep met 'n spesifieke doel in gedagte en Hy sal sy doel met jou bereik, selfs wanneer daardie doel nie vir jou heeltemal duidelik is nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • God Sal Jou Nooit Afskeep Nie

    Send us a text

    Spreuke 3:9,10 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

    Een van die dinge waaraan ons almal hierdie tyd van die jaar behoort te dink, is ons huishoudelike begroting, veral aangesien die lewenskoste dramaties styg en soveel druk op ons finansies plaas. Hoe gaan jy jou geld hierdie jaar bestuur?

    Sommige mense stel geen begroting op nie, hulle spandeer hulle geld lukraak en onverantwoordelik en hoop op die beste. Nouja, as jy regtig ryk is, kan dit ten minste vir 'n rukkie werk, maar vir die meeste van ons is dit beslis nie 'n opsie nie.

    Wanneer jy pryse die hoogte sien opskiet, die huur of verbandkoste styg en inflasie vier hoogty, dan voel jy nog meer onseker en jy dink by jouself … ek moet minder spandeer.

    Die eerste ding wat baie mense doen, is om die geld wat hulle aan die armes en vir God se werk gee, te verminder. Dit is die maklikste plek om te begin, want dit het nie 'n ooglopende of onmiddellike uitwerking op jou leefstyl nie. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, God verwag nooit van ons om te gee wat ons nie het nie, maar Hy verwag ook nie van ons om dit as ‘eerste besparing’ in 'n finansiële storm te beskou nie.

    Hier is 'n stukkie goddelike wysheid wanneer jy jou gesinsbegroting beplan in: 

    Spreuke 3:9,10 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

    Ek het nog nooit 'n beter beginsel vir my finansiële bestuur gehad as dié een nie. Selfs deur die onseker, skrikwekkende tye in my geloofsgebaseerde bediening, toe dit gelyk het of ons op ‘n finansiële ramp afstuur, het ek dié beginsel gehandhaaf.

    Wanneer ek en jy eers mildelik en opofferend aan God se werk gee, sal Hy ons nooit te kort laat skiet nie. God eer diegene wat Hom eer.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • ‘n Stewige Fondament

    Send us a text

    Spreuke 3:9,10 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

    As jy soos ek is, het jy nou alreeds die jaar wat voorlê begin beplan. Die doelwitte wat jy graag wil bereik, uiteengesit. Die vakansie wat jy dalk wil neem. Die verhoudings waaraan jy aandag moet gee. Daardie soort ding.

    Ons kan ons jaar óf oor-beplan óf aan die anderkant, onbeplan laat - afhangende van ons aard en ons persoonlikheidstipe. En nie een van hulle is reg nie. Te veel beplanning is in ‘n mate arrogant, asof ons die onvoorspelbare toekoms kan voorspel. Maar wanneer ons glad nie beplan nie, is ons 'n bietjie laks, want daar is sekere dinge binne ons mag waarvoor ons wel verantwoordelikheid moet neem.

    Ek wil vandag 'n Skrifgedeelte met jou deel as 'n fondament. Die versies bevat raad, wat ongeag jou idee oor die beplanning vir hierdie jaar wat voorlê, as rots kan dien vir die lewe soos dit ontvou:

    Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

    In hierdie lewe, waar ons nie die toekoms kan voorspel nie, is die beste beleid – die heel beste beleid – om met jou hele hart op die Here te vertrou, en nie op jou eie vermoë om alles self te hanteer nie. En terwyl jy Hom eerste stel, deur Hom te eer deur die wyse waarop jy leef, sal Hy vir jou sorg.

    En dit maak nie saak met watter gebeurlikhede jy hierdie jaar gekonfronteer gaan word nie, dien jy net die Here en vermy wat sleg is - dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Dis Nie ‘n Gemaklike Lewe Nie

    Send us a text

    Matteus 4:23,24 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

    Het jy al ooit die verslag van Jesus se openbare bediening in die Evangelies gelees? Dit is nogal opwindend, nè? Daar was genesings, duiwels is uitgedryf, skares het Hom gevolg en daar was wonderlike prediking. Dit was iets besonders, maar daar skuil veel meer daar agter. . .

    Ja, dit was opwindend. Wanneer die krag van God in hierdie een Man, Jesus, die Seun van God, na vore gekom het, was dit altyd baie opwindend.

    Matteus 4:23,24 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

    En vandag nog sien ons somtyds daardie wonderbaarlike krag wat deurbreek. Maar die gevaar is dat ons voortdurend die opwindende ervarings, wat ons eredienste meer en meer opwindend maak; die flitse, die knalle en die sterretjies, najaag. Ons wil gereeld opwindende ervarings hê as ons Jesus volg.

    Maar wag ‘n bietjie en kyk na sy openbare bediening. Hy en sy dissipels het honderde kilometers gestap – deur die reën en sonskyn, in hitte en koue, oor heuwels en dale. Soms het mense vir hulle slaapplek gegee. Ander kere het hulle op die harde grond in die oopte geslaap.

    C.S. Lewis het dit so gestel: Ek het my nie na godsdiens gewend om my "gelukkig" te maak nie, ek het altyd geweet 'n bottel Port sou dit kan doen. As jy 'n godsdiens wil hê om jou regtig gemaklik te laat voel, beveel ek beslis nie die Christelike godsdiens aan nie.

    Moenie verwag dat jou reis saam met Jesus 'n maklike een sal wees nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Hy is Steeds Op Soek Na Dissipels

    Send us a text

    Matteus 4:21,22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

    Waarna sien jy hierdie jaar uit? Gaan hierdie jaar maar weer ‘n herhaling van dieselfde ou, vervelige patroon wees . . .? Dieselfde werk, dieselfde roetine. Of sien jy uit na 'n avontuur? Wat gaan hierdie jaar vir jou inhou?

    Nouja, ek en jy het regtig geen idee van wat vir ons voorlê nie. Maar terwyl ons oor die drumpel van hierdie nuwe jaar stap, is daar iets wat ons kan doen om dit 'n bietjie interessanter en 'n bietjie meer opwindend te maak. En dit het alles te doen met ‘n borrelende gevoel van afwagting; 'n verwagting dat wanneer ons Jesus in die onbekende volg, dit 'n avontuur gaan wees.

    Gister het ons gesien hoe Hy Simon Petrus en sy broer Andreas geroep het om Hom te volg en wat hulle gedoen het. Maar Jesus wou nog meer dissipels gehad het.

    Matteus 4:21,22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

    Kom ons kyk hierna. Jesus het nog twee ouens, Jakobus en Johannes, uit hulle veilige, voorspelbare lewe na ‘n onsekere bestaan geroep. Hulle was gewoond daaraan om aand na aand, dieselfde ding saam met hul pa, Sebedeus, te doen. Hulle het die boot uitgehaal, hul nette laat sak, vis gevang, terugkom, die vis skoonmaak en dan hul vangs op die mark verkoop. Dit was hulle hele lewe. Maar toe Jesus hulle roep, het hulle dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.

    Jesus is steeds op soek na dissipels om Hom te volg. Is jy gereed? Sal jy gaan?

    . . .hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

    Dis God se Woord. Vars . . . vir jou . . . vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Werk of Avontuur?

    Send us a text

    Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

    Waarmee vul jy jou dag? Miskien gaan jy uit om te werk? Of dalk is jy 'n tuisteskepper? Of dalk is jy afgetree? Nouja, sê my, wat gaan 'n groot deel van jou tyd gedurende hierdie nuwe jaar in beslag neem? 

    As ék daardie vraag moet beantwoord, sal ek sê: ek werk, alhoewel "werk" nie so 'n goeie beskrywing is van wat ek doen nie. Ja, ek het vroeër “werk toe gegaan" en ek het baie hard gewerk, maar sedert ek die roepstem van Jesus op my lewe volg, voel dit vir my asof ek nog nie 'n enkele dag gewerk het nie. Verstaan jy wat ek bedoel? Wat van jou?

    Jy weet baie goed dat dit nie beteken dat alle Christene hulle huidige bestaan vaarwel moet toeroep en in voltydse bediening moet ingaan nie. Maar aan die ander kant, wat ook al jou dagtaak is, behoort ons tog almal wat in Jesus glo, eintlik in 'n voltydse bediening te wees.

    Kyk wat Jesus gesê het, toe Hy vir Petrus en Andreas by die see ontmoet het:

    Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

    Jesus het hierdie vissermanne van beroep, uitgedaag om vissers van mense te word; met ander woorde, Hy het hulle uitgedaag om hulle gawes en vermoëns te gebruik om die Goeie Nuus van Jesus met mense te deel. En kyk net watter wonderlike avonture het hulle beleef!

    Iemand het eenkeer gesê, 'n werk vul jou sakke. ’n Avontuur vul jou siel. Om die roepstem van Jesus te volg, en jou gawes en vermoëns op jou unieke manier te gebruik om ander van Hom te vertel, is ‘n ontsettende avontuur. Is jy gereed?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hoe Verander Genade jou Perspektief?

    Send us a text

    Efesiërs 1:3-8 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het

    Kan ek jou iets vra? Op 'n skaal van nul tot tien, in watter mate het die genade van God in Jesus Christus, jou lewe radikaal, heeltemal en totaal verander? Dis ‘n ernstige vraag.

    As jy ‘n mens is wat werklik in Jesus glo en verstaan dat om Jesus te volg, net soos Hy belowe het, beslis opoffering en lyding sal behels – en as jy smag na 'n beter lewe; ‘n ryker lewe; 'n meer oorvloedige lewe; 'n lewe wat ander lewens sal beïnvloed; 'n lewe wat werklik 'n blywende erfenis van liefde sal nalaat ... as jy hierdie mens is en God se genade jou lewe nie heeltemal verander het nie, dan is iets ernstig verkeerd. Iets ernstig!

    Efesiërs 1:3-8 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.

    Hierdie kosbare vers, die Woord van God, is die belangrikste ding wat ek vandag met jou moet deel. My woorde skiet tekort. Laat God se Woord diep in jou hart insink. Laat die seën, die guns, die radikale genade van God jou hart vul, jou kettings breek, jou vrymaak om alles te wees wat Hy jou geskape het om te wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Meer Guns as Waarvan Ons Kan Droom

    Send us a text

    Efesiërs 1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

    Hoe meer tyd jy spandeer om diep na te dink oor die genade van God, hoe meer lewensveranderend word dit. En ek glo dat dit absoluut noodsaaklik is. God se genade is bedoel om ons lewens radikaal te transformeer!

    Die lewenstransformerende genade van God wat Hy oor ons uitgestort het, toe ons Jesus se radikale geskenk aanvaar het, is die tema waaroor ons die afgelope week en 'n half saam gedink en geworstel het om in te neem. 

    Efesiërs 1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

    Ja, ons is reeds met elke geestelike seëning deur Jesus geseën. Ja, ons is voor die grondlegging van die wêreld uitverkies, deurdat ons sondes weggevee is en nou is ons deur 'n heilige en onberispelike lewe op pad na ons ewigheid in sy teenwoordigheid. Maar kyk weer na daardie laaste stukkie …

    In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.

    Ek en jy, is bestem om deur sy glorieryke genade, wat Hy aan ons betoon het, as sy kinders aangeneem te word. Genade op genade.

    Ek en jy behoort dood in ons sonde te wees. In plaas daarvan is ons lewend in Christus. As dit nie absoluut lewensveranderend is nie, weet ek nie wat is nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners