God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Die Goudstandaard

    Send us a text

    Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

    Ons dink selde oor wie of wat ons toelaat om ons denke en optrede te beïnvloed. In hierdie media gedrewe era verbruik ons meestal net "goed," sonder om eers te dink. Maar dit is 'n gevaarlike ding om te doen.

    Invloed - dis 'n kragtige konsep. Soos ons die afgelope paar dae gesien het, hou dit 'n groot seën in om onsself deur die regte mense te laat beïnvloed. Goddelike rolmodelle is kragtige wegwysers wat deur God daar geplaas is, om ons in die regte rigting te lei.

    Maar om onsself deur die verkeerde mense te laat beïnvloed, loop uiteindelik op 'n ramp uit. Om onsself te laat manipuleer deur wat die apostel Paulus “vyande van die kruis” noem; of dit nou individue, korporatiewe bemarkingsfoefies, die heersende sosiale tendense, politieke faksies, of gevaarlike geloofsoortuigings is… dit sal op die ou end rampspoedig wees.

    Dit maak sin, maar nou kom die vraag: hoe onderskei jy tussen goeie en slegte, met ander woorde, tussen goddelike en goddelose mense vir wie jy toestemming gee om in jou lewe inspraak te hê? Dit is eintlik heel eenvoudig. Jy pas die goudstandaard toe:

    Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

    Ek en jy behoort nie aan hierdie wêreld nie. Jesus het dit baie duidelik gestel dat ons, nes Hy, in hierdie wêreld is, maar nie van die wêreld nie. As jy dus twyfel, kyk na Jesus – Hy is die goudstandaard; die hemelse standaard.

    Mense, bestuursliggame, leiers … hulle kan almal sê wat hulle wil, maar as ons Jesus die Here van ons lewe noem, is Hy ons standaard. Hy is die heerser teenoor wie ons die ander mense, wat seggenskap oor ons lewens wil hê, moet opweeg.

    En as hulle nie aan die standaard voldoen nie, gooi hulle uit. Dit kan op die kort termyn seermaak, maar onthou, jy wag vir Jesus, jou Verlosser, om terug te kom. Dit is wat werklik saak maak.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Vyande van die Kruis

    Send us a text

    Filippense  3:18,19 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.

    Een van die dinge wat ouers die meeste vrees, is dat hul kinders die pad byster sal raak, wanneer hulle verkeerde vriende het en ander mense van twyfelagtige karakter toelaat om hul rolmodelle te word.

    Hoeveel keer, dink jy, het God gesien dat een van sy kinders op 'n dwaalspoor gelei is, omdat hulle die voorbeeld van die verkeerde mense gevolg het?

    Sê my, wie is jou rolmodelle? Wie is diegene vir wie jy jou hart oopmaak? Wie laat jy toe om ‘n invloed te hê op wat jy dink en hoe jy optree? En – hier is die kernvraag – kan jy hulle vertrou? Is hulle jou vertroue waardig?

    Gister het ons gesels oor die belangrikheid daarvan om die regte rolmodelle in ons lewens te hê... sodat ons, as dissipels (of leerders) van Jesus, ook sy vakleerlinge word - met 'n baie goeie indiensopleiding op die koop toe.

    Maar vandag wil ek 'n waarskuwing rig oor die keuse van verkeerde mentors in ons lewens. Kyk wat sê die apostel Paulus oor daardie einste ding in:

    Filippense 3:18,19 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.

    Daar is mense daar buite wat voorgee om Christene te wees. Hulle  gee voor dat hulle getroue volgelinge van Christus is. Hulle lyk en klink so wonderlik en oortuigend, maar as jy die vrug van hul arbeid ondersoek, is hulle allesbehalwe!

    Moenie jou hart oopmaak vir die verkeerde mense nie. Moenie deur die vyande van die kruis mislei word nie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wie is Jou Rolmodel?

    Send us a text

    Filippense 3:17 Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.

    Ek dink nie daar is een van ons wat nie 'n beter lewe wil hê nie. Ek praat nie net van wêreldse dinge soos gemak en sukses nie. Natuurlik is dit lekker om gemak en sukses te hê. Maar vandag praat ons van "'n beter lewe" as innerlike veranderinge; veranderinge ín ons.

    Wanneer jy terugdink oor die afgelope week, het jy sekerlik 'n paar, kom ons noem hulle maar stampe en stote langs die pad, gehad? Dinge wat nie heeltemal verloop het soos jy dit wou hê nie. Ja, dinge wat wrywing veroorsaak het, wat seergemaak het. Dinge wat - as jy dit anders kon gedoen het – heeltemal anders sou gelyk het.

    En as ons pynlik eerlik wil wees, sal ons elkeen moet erken dat ons beslis ook ‘n aandeel in daardie omstandighede gehad het. Dit is waarom daardie "beter lewe" impliseer dat ons moet leer, verander en ons swakhede en mislukkings te bowe moet kom.

    Weet jy dat praktiese kennis nie in klaskamers geleer word nie. Daarom dat aspirant skrynwerkers, byvoorbeeld, ‘n vakleerlingskap by ‘n meester doen sodat hulle die praktiese vaardighede van hul ambag, in die werkplek kan aanleer. 

    Hulle werk by meer ervare skrynwerkers en volg hulle voorbeeld, oor en oor, totdat hulle die vaardigheid bemeester het. Dit is oor die algemeen dieselfde in die lewe. Dit is hoe die apostel Paulus dit aan sy vriende in Filippi gestel het:

    Filippense 3:17 Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.

    Oor die jare, op my reis saam met Jesus, was baie van wat ek geleer het, indiensopleiding - om te kyk hoe diegene wat wyser en meer volwasse as ek is, saam met Jesus stap. Ek het gesien hoe hulle onder druk reageer en ek is deur hulle nederigheid en hulle godsaligheid geïnspireer.

    ‘n Mens noem hulle mentors, of rolmodelle en hierdie mense speel 'n ontsettende belangrike rol in ons lewens.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Bereik Jou Doelwit

    Send us a text

    Filippense 3:10-12 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.

    Een van die grootste leuens wat die duiwel al vir eeue lank vir God se mense vertel, is dat ons gered kan word en die gratis gawe van die ewige lewe kan hê, sonder om die wyse waarop ons lewe, te verander.

    As jy bekend is met die Goeie Nuus van Jesus, dink jy nou dalk …Wag so ‘n bietjie. Sê jy dat ek God se guns moet verdien deur goeie dinge te doen? Nee, glad nie! Net gister het ons gesien hoe die apostel Paulus sê in:

    Filippense 3:9 … en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo

    Dit is die Goeie Nuus, maar tensy ons daardie geloof uitleef, het ons nie werklik die genadegawe wat in Christus aan ons gebied word, aanvaar nie. Hier is dit in:

    Filippense 3:10-12 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.

    Die rede waarom Christus jou syne gemaak het, is om jou lewe te transformeer, en dit gebeur wanneer jy in sy lyding deel. Ek en jy, ons is nog nie heeltemal die mense wat Hy wil hê ons moet wees nie. Maar ons is besig om getransformeer te word, of ten minste … behoort ons daarmee besig te wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Al Wat Ek Wil Hê Is …

    Send us a text

    Filippense 3:8-10 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

    Wat is vir jou baie belangrik? Waaraan heg jy die grootste waarde in jou alledaagse lewe? Dis nie ‘n teoretiese vraag nie. Ek praat van die werklikheid, die manier waarop jy werklik jou lewe leef.

    Dit is nie 'n maklike vraag nie, want as 'n Christen behoort die korrekte antwoord... my verhouding met Jesus te wees. Maar hoe dikwels neem dinge soos jou trots, jou begeerte om gerespekteer te word, die dinge wat jy wil koop en ervaar, die plek in, van dít wat jou prioriteit moet wees? Hier praat die apostel Paulus oor daardie einste ding in:

    Filippense 3:8-10 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

    In vergelyking met om Christus as Verlosser te hê, is al daardie goed in ons lewens, "waardelose gemors" (eintlik staan daar "mis" in die oorspronklike teks). Paulus se ontmoeting met Christus het alles vir hom verander.

    Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

    My vriend, dit is tyd om vir eens en vir altyd te besluit wat jy regtig in hierdie lewe wil hê.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Absoluut Waardeloos

    Send us a text

    Filippense 3:4-7 Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik. Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, 

    Om ‘groot te word’ behels die proses om oor die jare volwasse te word, en natuurlik ook om minder afhanklik van ander en meer selfstandig te word. Dit is hoe dit hoort - maar daar is 'n vangplek.

    Toe ons kinders volwassenes geword het, was dit so 'n vreugde om te sien hoe hulle al hoe minder op ons hulp aangewese was en meer kon terugval op die dinge wat ons hulle geleer het. Selfstandigheid. Dis belangrik. Maar waar lê die vangplek? Wel, dit klink so...

    In jou groeiproses, wanneer jy al hoe meer selfvertroue ontwikkel, is dit maklik om uiteindelik heeltemal op jou eie vermoëns staat te maak, eerder as op God se genade. Hier is hoe die apostel Paulus dit gestel het in:

    Filippense 3:4-7 Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik. Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus,

    Paulus was regtig ‘n uitstaande mens. Hy het al God se reëls gevolg en in sy selfvertroue het hy gedink dat hy onberispelik is en dat hy in sy lewe saam met God ‘n groot sukses van sy lewe gemaak het. Tot op die dag wat hy Jesus ontmoet het. Dis toe dat hy besef het dat al die dinge wat hy voorheen trots op was - sy erfenis, sy geleerdheid en sy vermoë om die reëls getrou te volg - heeltemal waardeloos was.

    Moenie so selfstandig wees dat jy onafhanklik is nie. Wees genade-afhanklik.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Waarin of in Wie Glo Jy?

    Send us a text

    Filippense 3:2,3 Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis! Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie.

    Die onderwerp van besnydenis is een van die dinge wat my elke keer ek dit in die Bybel raakloop, eerlikwaar ontstel. Dit was 'n vereiste van die Ou Testamentiese wet, jare voordat narkose ooit uitgevind is. Eina!

    Manlike besnydenis was 'n fisiese teken om te bewys dat jy aan God se volk behoort. Dit was 'n wetlike vereiste onder die ou kontrak tussen God en sy volk, wat ons nou die Ou Verbond noem.

    Maar Christus het gekom om die wet te vervul. Daardie ou rituele en wetlike vereistes maak nie meer saak vir iemand wat in God se vergiffenis, deur Jesus se offer aan die kruis, glo nie. Vir ons is dit nie meer nodig om te voldoen aan die 613 gebooie en wette wat in die Torah - Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium - vervat is nie.

    Wat ‘n verligting ... ja, inderdaad, vir ouens soos ek! Onder hierdie Nuwe Verbond van genade gaan dit alles daaroor om te reageer op wat Jesus vir ons gedoen het, eerder as om die wet, wat niemand in elk geval in staat was om te gehoorsaam nie, te onderhou. 

    Maar … daar is steeds mense wat daarop aandring om die horlosie na die Ou Verbond terug te draai. Dit is wat die apostel Paulus oor hulle sê:

    Filippense 3:2,3 Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis! Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie.

    Paulus draai nie doekies om nie!  Hy wys ons dat ware aanbidding die aanbidding van God deur die Heilige Gees is, eerder as om reëls en regulasies te volg.

    Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. (Gal 5:1 NLV)

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Oor en Oor en Weer ‘n Keer

    Send us a text

    Filippense 3:1 Verder, my broers en susters, wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid. (NLV)

    Daar was tye in my lewe (en ongetwyfeld in joune ook) waar dit gevoel het asof die vreugde van die Here uit my lewe verdwyn het. Jesus het soos Hy beloof het, alles gesê en gedoen om ons blydskap volkome te maak. Regtig! Watter vreugde?!

    Daar is niks so bemagtigend as die vreugde van die Here nie. Geluk is bloot 'n emosionele reaksie op uiterlike omstandighede – wanneer dinge goed gaan is ons gelukkig; wanneer dit sleg gaan, is ons hartseer. Maar, weet jy, die vreugde van die Here is soos 'n fontein van lewende water wat van binne opborrel. Ons kan dit nie self laat gebeur nie, maar vir elkeen wat in Jesus glo, sal daar uit die diepste van sy wese riviere van lewende water vloei.

    Ek kan hierdie waarheid met jou deel, maar dit kan slegs 'n geringe impak maak. Maar wanneer God dit deur Sy Woord vir jou sê, sal die Heilige Gees jou verkwik op maniere wat die woorde van mense nooit kan nie.

    Filippense 3:1 Verder, my broers en susters, wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid. (NLV)

    Ek voel baie dieselfde as die apostel Paulus hieroor. Ek kom gereeld terug om met jou oor die vreugde van die Here te gesels, sodat jy voorbereid kan wees op al die gebeurlikhede van die lewe.

    Ons kan vandag oor baie ander dinge praat, maar dit is net dat die blydskap van die Here so belangrik is, so wonderlik is ... dat dit absoluut geen moeite vir my is om jou weer aan hierdie versie te herinner nie.

    Die blydskap van die Here is jou krag. En ek wil seker wees dat jy gereed is om sy blydskap te ontvang!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Aandring op Jou Regte

    Send us a text

    Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê 

    Op watter regte, dink jy, is jy vandag, met al die dinge wat om ons aangaan, geregtig? Daardie onaantasbare menseregte wat jy toegelaat moet word, om sonder inmenging, uit te leef.

    Dit blyk dat die lys menseregte waarop ons glo ons geregtig is, net elke dag langer word. Vryheid van denke, vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, vryheid van godsdiens … wie sou daarteen argumenteer? Dis nie ‘n moeilike vraag nie. Dis diegene wat dinge sê waarmee ander nie saamstem nie. Dis diegene wat assosieer met mense wat ander onsmaaklik vind. Dis diegene wat glo jou godsdiens is sommer ‘n klomp gemors. Dis wat vandag in ons wêreld aangaan; mense eis dat hul sienings, hul oortuigings, hul lewenstyl, onder die vaandel van diversiteit, deur almal aanvaar en sommer toegejuig moet word.

    Kom ons kyk: as ek en jy oor iets verskil, en ek dring daarop aan dat jy met my moet saamstem, en jy dring daarop aan dat ek met jou moet saamstem … hoe goed gaan dit werk? 

    Ek het nou die dag iets gelees wat my opgeval het: om op jou regte aan te dring sonder om jou verantwoordelikhede te erken, is nie vryheid nie, dis onvolwassenheid.

    As jy iemand is wat in Jesus glo, wat is jou verantwoordelikhede? Ons lees in:

    Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

    Ja, en soos die apostel Paulus dit later stel, het Jesus sy lewe vir ons afgelê, selfs terwyl ons in ons sonde sy vyande was.

    Dit lyk vir my of die enigste reg wat aan my as 'n dissipel van Jesus verleen word, is om my kruis op te neem en Hom te volg. En daar is ‘n prys om te betaal. Dit gaan baie kos!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Deernis en Begrip

    Send us a text

    Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 

    Oor die jare het nasionalisme – wat in sy kern eintlik gaan oor die belange van ‘n spesifieke groep – meer moeilikheid, meer pyn, meer oorloë en meer dood veroorsaak as wat enigeen van ons ooit sou kon voorspel. Hoekom is dit?

    Vandag vier twee baie uiteenlopende lande hul nasionale dag; hulle is Indië en Australië. Indië herdenk die dag toe hulle die boeie van Britse koloniale heerskappy afgegooi het en 'n soewereine, demokratiese nasie geword het. Australië daarenteen, vier die geboorte van ‘n moderne nasie met die landing van wit Britse setlaars by Sydney Cove.

    Dis twee baie uiteenlopende gebeurtenisse wat gevier word. In Australië veroorsaak dit konflik; aangesien talle mense vra dat hierdie, Australië-dag, afgeskaf moet word, as gevolg van hoe sleg die wit setlaars die oorspronklike inwoners van die land oor baie jare behandel het.

    Maar nou-ja, wat doen ons daaraan? En hierdie konflik is nie uniek aan Australië nie, dit word dikwels op verskillende maniere dwarsoor die wêreld ervaar. Die vraag bly dus ... wat de drommel doen ons daaraan? Want as ons die saak van alle kante ondersoek, kan jy die argumente vir beide kante sien.

    Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

    Genade, nederigheid, deernis, begrip, vergifnis. Dit is God se antwoord wanneer daar konflik tussen verskillende groeperinge of rasse bestaan. Dit is wat ons gesindheid in hierdie era van identiteitspolitiek moet weerspieël.

    Genade, nederigheid, deernis, begrip, vergifnis.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners