God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Ek Het Te Min Geloof

    Send us a text

    Matteus 17:19,20 Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?”

    “Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

    Het jy al ooit gevoel: "Ek het eenvoudig nie genoeg geloof om deur hierdie moeilike situasie te kom nie?" Net wanneer jy dit die nodigste het, en jy jou daar buite in daardie woestyn bevind,  lyk dit asof jou geloof jou verlaat het. Wel, jy is nie die enigste een nie!

     

    Omdat ek twee Wiskunde hoofvakke op universiteit gehad het, kan ek jou vertel dat dit presies tienduisend en ses dae is sedert ek, op die 15de Oktober 1995, na Jesus toe gekom het. Dis die dag wat ek Hom gevra het om my te vergewe en my lewe aan sy voete neergelê het.

     

    Soos jy jou dalk kan voorstel, was daar baie lief en leed in my lewe in die tussentyd. En, net soos jy, was ek tydens baie van daardie “donker dae” in die een of ander diep en donker put. Ek het gevoel asof my geloof tot niet is. Ja my vriend, jy is nie alleen nie. Trouens, ons is in baie goeie geselskap:

    Matteus 17:19,20 Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?”

    “Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

     

    Ek het onlangs 'n foto van 'n piep-piepklein mosterdsaadjie - die kleinste van alle saadjies wat in Jesus se tyd bekend was - op die punt van iemand se vinger gesien. Die byskrif het gelui: Staan terug, ek het 'n mosterdsaadjie en ek is nie bang om dit te gebruik nie.

     

    As dit al geloof is wat jy het, dan is dit meer as wat jy ooit sal nodig hê.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Lewe is Deurmekaar

    Send us a text

    Markus 8:11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.” Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

    As jy soos ek is, hou jy van 'n bietjie orde in jou lewe. Ek dink ons almal hoop dat die lewe sal sin maak; dat dit voorspelbaar sal wees; dat mense dinge vanuit ons perspektief sal sien en op ons sal reageer soos ons van hulle verwag. Of hoe sê ek?

     

    Maar nee, die lewe is ongelukkig nie altyd so nie. Neem Jesus as voorbeeld. Al wat Hy ooit gedoen het, was goeie goed. Hy het melaatses en blindes en bloeiende vroue genees. Hy het die genade van God aan sondaars en uitgeworpenes bewys. Hy het gepreek met krag en 'n plat-op-die-aarde logika wat mense ongelooflik diep geraak het. Tog was die godsdienstige leiers nie tevrede nie.

     

    Markus 8:11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.” Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

     

    Hoe vermetel! Hulle moes Hom toets? Hulle kon net nie al die goeie goed wat Hy doen erken en soos al die ander mense net verbaas en ontroer wees nie. Maar dit … dit is die prys wat gevra word om die Vader te volg.

     

    Mandy Smith, ‘n kunstenaar, skrywer en pastoor, stel dit so: Jesus het oor stofpaaie geloop, Hy het deur modderige poele geswoeg, Hy het duisende vieslike hande aangeraak. Hy het tafels omgekeer en gevestigde idees … én die dood ‘n finale nekslag toegedien.

     

    Klink dit na 'n goed geordende, veilige, voorspelbare lewe? Beslis nie! Wanneer jy kies om Jesus te volg, moet jy weet dat die lewe wanordelik gaan word.

     

    Raak gewoond daaraan. Dit is die prys om Koninkryk sake te doen.

     

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Tippie van die Ysberg

    Send us a text

    Jakobus 5:10,11 Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.

    Sukses is 'n woord wat ons almal graag gebruik. Wie wil nie suksesvol wees met alles wat hulle aanpak nie? Maar wees versigtig, al klink dit ook hoe aanloklik, is sukses 'n misleidende konsep. 

    Ek sê nie dat sukses as sulks 'n slegte ding is nie. Maar weet jy, partykeer hardloop ons in die verkeerde rigting om sukses te behaal. Ons motivering is soms verkeerd en dan doen ons ook dikwels dinge op die verkeerde manier. Dit is hoe ek vir jare gedurende die eerste helfte van my lewe geleef het, en ek beveel dit beslis nie aan nie.

    Maar weet jy dat dit aan die anderkant goed is om hard te werk vir die Here; om sy roeping te gehoorsaam en om onder sy leiding en in sy krag ons uiterste bes te doen. So sal ons dan sy plan, tot sy eer, tot vervulling sien kom.

    As ons na die Ou Testamentiese geloofshelde – Jesaja, Esegiël, Job en die ander kyk – is dit maklik om hulle, met alles wat hulle bereik het, as suksesvol te bestempel. Maar wat het hulle spesiaal gemaak? Kom ons kyk na:

    Jakobus 5:10,11 Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.

    Met ander woorde, die “sukses” wat ander mense raaksien, is net die tippie van die ysberg. Onder die oppervlak lê harde werk, volharding, laat nagte, verwerping, opoffering, dissipline, kritiek, twyfel, mislukkings en risiko's. Dis hoe sukses in die Koninkryk van God lyk.

    Maar onthou, dit wys ons net elke keer hoe vol genade en liefde die Here is.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gehoorsaam Sonder Teëpraat

    Send us a text

    Titus 3:1,2 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.

    Om met ons politieke leiers te spot, het vir baie mense in die samelewing deesdae ‘n soort van nasionale tydverdryf geword. Om nie eens te praat van hoe ons almal gereeld oor hulle kerm en kla, hulle aanval, ondermyn en verkleineer nie. Party mense sal sê … ons het goeie rede daarvoor.

    Is dit regverdig en redelik vir ons om ons leiers so te kritiseer? Vir diegene wat in demokrasieë woon, is dit redelik maklik om dit openlik te doen. Vir ander, wat onder streng politieke stelsels leef, kan opstande in die geheim plaasvind, maar of jy nou in jou hart brom of openlik murmureer, dit het dieselfde effek op jou gemoed. Dit vreet jou soos 'n kanker op.

    In die 1ste eeu nC het Christene baie swaar gekry. En in daardie konteks, kom hierdie Woord van God na hulle:

    Titus 3:1,2 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.

    Daar is nie 'n enkele regering in die wêreld wat altyd goeie en goddelike wetgewing maak, waardeur mense altyd eerbaar en regverdig behandel word nie. As ons kyk na God se ongelooflike liefde en absolute volmaaktheid, was alle regerings van die begin af, onvolmaak. Gegewe daardie werklikheid, laat ons net hierdie gedeelte weer lees en dit laat insink:

    Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Geniet Sonder Om Te Kla

    Send us a text

    Filippense 2:14,15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld

    Jy weet hoe dit gaan. Alles gaan klopdisselboom met nege uit die tien belangrike dinge in jou lewe – jou verhoudings, gesondheid, finansies. . .Maar daar is daardie een vlieg in die salf, wat jou soveel hartseer veroorsaak.

    En jy weet wat daardie vlieg veroorsaak nè? Ons wil kerm en kla oor daardie een ding, terwyl ons heeltemal perspektief verloor op die nege uit die tien ander dinge in ons lewens, wat so wonderlik goed verloop. Hoekom doen ons dit? Ja, ek dink dis seker maar ons menslike natuur.

    Dit kom soos ‘n teregwysing wanneer jy na Jesus kyk en besef dat Hy nie een keer oor sy lewe gekla het nie. Hy het soms sy dissipels vermaan. Ander kere het Hy die godsdiensleiers van sy dag gekritiseer. Maar sê my, kan jy aan een geval dink waar 'n enkele gekerm oor sy lippe gekom het? Ek kan nie aan een dink nie.

    Selfs nie eers toe Hy deur Judas verraai is, onregverdig verhoor, geslaan, uitgeskel en uiteindelik aan 'n kruis vasgespyker is nie. Nie een keer nie! Voel jy nie asof jy jou kop in skaamte moet laat sak oor jou kroniese en belaglike gekerm en gekla nie? Kyk wat staan in:

    Filippense 2:14,15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld.

    Wat moet ons sonder om te kla of te stry, volgens God doen? Absoluut alles! En hoekom moet ons alles so doen? Sodat ons onberispelik en rein sal wees, kinders van God, ligdraers in die wêreld, sonder vlek of rimpel.

    Laat ons vandag saam hierdie openbaring omhels. Dit maak nie saak hoe moeilik dinge raak nie, dit maak nie saak hoe onregverdig dit mag lyk nie, hou op met jou gekerm, hou op om te kla, hou op om te stry … skei uit daarmee en spring aan die werk!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Vergewe Sonder Vergelding

    Send us a text

    Kolossense 3:13,14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

    Daar is soveel verskillende maniere om die mense rondom ons lief te hê. En God begeer dat ons mekaar met liefde moet behandel. Nou-ja, wat doen jy as 'n verhouding tot niet gaan?

    Dis 'n ingewikkelde vraag, nè? Dink asseblief aan die slegste en seerste verhouding in jou lewe vandag. Ek weet jy het een; ons het almal. Sien daardie persoon se gesig vir 'n oomblik in jou gedagtes.

    Watter gevoelens wek daardie persoon in jou op? Woede, pyn, vrees … 'n begeerte na vergelding, selfs na wraak? Dit is almal redelik natuurlike reaksies teenoor iemand wat jou seergemaak het. En hoe meer onlangs dit gebeur het, hoe seerder maak dit, nie waar nie?

    Met my hele hart weet ek dat God jou wil bevry van al daardie negatiewe emosies – die vrees, die woede, en daardie vernietigende onvergewensgesindheid wat jou onderkry. Kom ons lees in:

    Kolossense 3:13,14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

    Vergifnis. Dit is die sleutel wat jou sal vrymaak. Ons kan kies om daardie persoon as 'n mens te sien - met al die swakhede wat in 'n mindere of meerdere mate maar net deel van menswees is.

    En wanneer ons hulle uit die beskuldigingsbank laat kom, en hulle sien as 'n mens wat foute gemaak het, net soos ons ook baie foute gemaak het, verdwyn die woede en kry ons dit reg om hulle te vergewe.

    “Hoekom moet ek dit doen?” mag jy vra. Omdat die Here jou vergewe het. Dit het Hom sy lewe gekos. Moet dus nie kwaad wees nie, vergewe mekaar. Vergewe hulle, want die Here het jou vergewe.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vertrou Sonder om te Twyfel

    Send us a text

    1 Korintiërs 13:7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

    Het jy al ooit ‘n punt bereik waar jy net eenvoudig genoeg gehad het van iemand in jou lewe? Dalk is dit 'n lid van jou uitgebreide familie, of dalk iemand met wie jy ‘n lang vriendskap het ... 

     

    Ek is seker ons het almal al sulke mense in ons lewens gehad. Daardie een familielid wat deur sy aanhoudende swak gedrag jou respek verloor het. Dis dit! Hy kom nooit weer vir Kersfees oor nie! Of daardie vrou met wie jy al jare lank vriende is, maar met die verloop van tyd het dit onmoontlik geword om met haar oor die weg te kom. En op 'n kol, het jy jou miskien onbewustelik van haar losgesny. Haar vriendskap is net nie die moeite werd nie!

     

    Hoe kom ons by daardie punt? Hoe gebeur dit dat ons 'n eens belangrike verhouding kan vat, en dit net so op die ashoop gooi?

     

    Miskien voel jy nou so ‘n bietjie ongemaklik? Miskien roer ek nou ‘n gevoelige snaar aan. Maar dan, miskien, net miskien, het daardie teer snaar vandag ‘n bietjie aandag nodig.

     

    As jy so 'n verhoudingsgeraamte in jou kas het, is hier 'n versie wat dalk nou nommerpas vir jou kan wees:

    1 Korintiërs 13:7 (Die Liefde) ...bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

     

    Het jy al ooit daaraan gedink dat ek en jy ook al party dae meer moeite, as plesier, in die lewens van diegene rondom ons veroorsaak het? Is dit nie waar dat ons die lewe vir ander bra onaangenaam gemaak het, toe ons deur ‘n moeilike tyd is nie?

     

    En tog het daardie ander mense ons verdra en ondersteun. Liefde verloor nooit vertroue in sy medemens nie. 

     

    Die Liefde ...bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Leen Sonder Om Iets Terug te Verwag

    Send us a text

    Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. 

    In vandag se tyd is die verwagting dat wanneer jy in iets belê, jy 'n opbrengs moet kry. Dit is tog immers wat die wêreldekonomie, aan die gang hou. Ek leen jou geld, en jy betaal my die kapitaal plus rente terug. Dit is die ooreenkoms.

    Wanneer dit by die ekonomie kom, is so ‘n ‘transaksie’ billik. Maar wat gebeur in ons interpersoonlike verhoudings? Wanneer jy iemand, byvoorbeeld, ‘n hupstootjie by die werk gee; wanneer jy uit jou pad gaan om ‘n persoon te ondersteun of hom op een of ander manier help, watter teenprestasie verwag jy in ruil daarvoor, hm?

    Dit klink mos reg? Ons is so geneig om die lewe op dié manier te benader: as ek 'n belegging maak, moet ek 'n opbrengs kry. Maar kyk hoe Jesus die hele idee van ‘n ‘redelike transaksie’ op sy kop draai met hierdie radikale uitspraak:

    Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

    Asof dit nie genoeg is om jou vyande lief te hê en goed te doen teenoor hulle nie, gaan Jesus voort om ons verwagting van 'n opbrengs op belegging te ondermyn. Ja-nee, dit kanselleer die mees fundamentele, van beide die ekonomiese en die interpersoonlike verwagtinge uit.

    Leen sonder om iets terug te verwag - dit is die slegte nuus. Maar wat is die goeie nuus dan? As jy dit doen, sal jy 'n groot beloning hê. Jy sal ‘n kind van die Allerhoogste God wees.

    Hoe wonderlik is dit nie wanneer ons stilweg in iemand anders belê en niks van hulle terug verwag nie, net om dan om die volgende draai te ontdek dat God ons op die mees onverwagte wyse seën?

    Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Wanneer Ek Dink

    Send us a text

    Psalm 119:59,60 Ek het die koers van my lewe oordink en na u verordeninge teruggekeer. Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou.”

    Ek wil jou vandag ‘n vraag vra: Hoe gereeld dink jy na oor hoe jy lewe? Hoe gereeld dink jy na oor die manier waarop jy op verskillende situasies, goeies of slegtes, en op verskillende prikkels in jou lewe, reageer?

     

    Dit is vrae wat jou lewe intens raak, want as jy net elke dag opstaan en op dieselfde manier op dinge – goed en sleg – reageer, dan gaan niks ooit verander nie.

     

    As ons dink dat dinge beter sal word; dat die mense daar buite gaan verander en dat ons omstandighede vanself sal verander - dan gaan ons baie lank wag, want hulle sal waarskynlik nooit verander nie. Nou-ja, wat is die oplossing?

     

    Psalm 119:59,60 Ek het die koers van my lewe oordink en na u verordeninge teruggekeer. Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou.”

     

    Goed, kom ons kom terug na my oorspronklike vraag. Hoe gereeld dink jy aan hoe jy lewe? Want weet jy, elke keer as ek die Bybel oopmaak, elke keer as ek God se Woord oopmaak, laat Hy my ernstig nadink oor my lewe. Hy skyn sy lig, sy heerlikheid, sy krag, sy liefde, sy vreugde en sy vrede in die donker holtes van my siel.

     

    En die impak daarvan is dat dit 'n verlange diep binne in my skep om Hom te eer, om Hom te gehoorsaam, en nie te talm nie en my te haas om sy gebooie te onderhou.

     

    Om daagliks my Bybel te lees, om God met my te hoor praat en dan in die lig van Sy Woord oor my lewe na te dink, keer my om nie te talm om Hom te gehoorsaam nie.

     

    Dit is hoe dit veronderstel is om te werk. Dis hoe God ons verander. Dis hoe Hy ons lewens verander. Dis hoe dinge beter word: Dit hang nie af van ander mense wat verander, of van my omstandighede wat verander nie.

     

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Een Siel op ‘n Slag

    Send us a text

    Kolossense 1:28 Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig. So wil ons graag elke mens in ’n volmaakte verhouding met Christus voor God laat staan.(NLV)

    Indien jy daagliks by my aansluit vir hierdie FRESH of VARS-boodskap - hetsy per e-pos of op televisie, oor die radio of deur een van die vele digitale kanale - het jy al ooit gewonder hoekom ek dit doen?

    Dit is 'n vraag wat ek myself gereeld afvra; want ek is die enigste ou wat hierdie boodskappe 365 dae per jaar skryf en opneem, en ek wil nie my tyd of joune mors nie. Dit sal ‘n tragedie en so 'n enorme vermorsing wees, as jy dink aan al die harde werk wat in die produksie van hierdie daaglikse boodskappe, wat oor die hele wêreld gestuur word, ingaan.

    Maar dit is nie nutteloos nie, want hier is die antwoord; hier is die rede waarom ons hier by Christianityworks doen wat ons doen, deur elke dag hierdie VARS-boodskappe te vervaardig, uit te saai en te publiseer:

    Kolossense 1:28  Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig. So wil ons graag elke mens in ’n volmaakte verhouding met Christus voor God laat staan. (NLV)

    Ek is passievol daaroor om te sien hoe jy - ja, jy, nader en nader aan Jesus kom in 'n ryk en kragtige verhouding, wat jou lewe sal transformeer. Dit sal jou in staat kan stel om ander persone in jou leefwêreld van Jesus te vertel – om hulle te help om dieselfde ding te doen.

    Kan ek jou vandag aanmoedig om 'n man of vrou van God se Woord te wees. ‘n Persoon wat diep in sy wysheid en raad gedelf het, sodat jy en dié om jou, eendag voor God kan staan as mense met volwasse verhoudings met Jesus Christus.

    Want dit, my vriend, … dit is die enigste manier waarop ons, die wêreld gaan verander. Een siel op 'n slag.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners