Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
2 Korintiërs 12:10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.
Die Kersseisoen is 'n tyd wanneer ons meer as ooit gedurende die jaar ‘n lisensie het om oor Jesus te praat – wie Hy is, hoekom Hy gekom het en die kragtige verskil wat Hy aan ons lewens kom maak het. Dit is 'n spesiale tyd.
Nie almal wil die Goeie Nuus van Jesus hoor nie. Trouens, sommige mense raak sommer aggressief as jy net sy Naam noem, nè? Sommige van hulle sal jou vertel jy is belaglik en jou verneder, of jou selfs vervolg wanneer jy oor Christus praat. Die Bybelse Christen boodskap is in baie kringe taamlik ongewild. Dit is miskien selfs by diegene met wie jy jou Kersfeesviering gaan deel, onwelkom.
Die versoeking is baie groot om die boodskap af te water en om vir hulle 'n warm, sagte, donsige, Jesus-agtige Kersfees “voor te sit.” Maar die keersy van die muntstuk is dat die gewilde Kersfees, soos dit deesdae gevier word, heeltemal onbybels is.
Die geheim is om, terwyl geskenke om die Kerstafel of -boom uitgedeel word - of hoe ook al Kersfees in jou kontrei gevier word - taktvol te wees. Ons weet ons moenie godsdiens in mense se kele afdruk nie. Tydsberekening is baie belangrik.
Maar terselfdertyd moet ons ook nie (as ons werklik in Hom glo) die Goeie Nuus van Jesus afwater nie. Ons moet ook nie verbaas wees wanneer mense ons haat omdat ons van Jesus praat nie. Die apostel Paulus sê in:
2 Korintiërs 12:10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.
Dit is waar dat mense opstandig kan reageer wanneer jy Jesus se liefde met hulle deel, maar wees dapper en soek in elk geval 'n geleentheid om dit te deel.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 29:11 ‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.
Familiebyeenkomste, soos Kersfees, kan tot groot seën wees. Dis wonderlik om jou geliefdes, wat jy dalk lanklaas gesien het, weer te sien en in te haal op al die nuus. Ja, dit is wonderlik … totdat spanning ontstaan en totdat iemand iets doen of sê wat iemand anders ontstel.
Julle weet almal waarvan ek praat, nie waar nie? Die feit van die saak is dat die meeste van ons al jare lank in ‘n familieband saamgegooi is. Dit is soos die ou Chinese water-martel-effek: daardie drup, drup, drup van 'n persoon. Sy ou irriterende swakhede, dieselfde ou swakhede, dieselfde ou blindekolle kan jou mal maak.
En al is jy hoe slim, en hoe oulik of hoe wonderlik, die selfde ou irritasie in daardie persoon se persoonlikheid of gedrag, gaan jou laat reageer. En voor jy jou oë kan uitvee, hang die onenigheid soos ’n donker wolk oor jou Kersfees. Dit bederf die tyd wat geseënd en spesiaal moes gewees het. Nog ‘n Kersfees is verwoes.
Ek het nou die dag van oor tot oor geglimlag toe ek op die stukkie wysheid afkom: die vermoë om verskeie tale te praat is 'n bate, maar die vermoë om jou mond in enige taal te hou, is onskatbaar.
Hoekom amuseer dit ons? Omdat ons dit maar al te goed verstaan, nè? Ons kan almal terugdink aan tye wat, as ons net ‘n wag voor ons mond geplaas het, dinge soveel beter sou gewees het.
Spreuke 29:11 sê: ‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.
As jy dus jou Kersfees saam met iemand gaan deurbring wat jou gewoonlik irriteer, dink net terug aan hierdie stukkie van God se wysheid om na die etenstafel te neem.
‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 5:43-46 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?
Omdat ons volgende week Kersfees vier, gesels ons hierdie week oor die voorbereiding van die viering. Hierdie keer konsentreer ons op die beplanning vir daardie ‘moeilike mense’ wat dalk by jou gaan aansluit.
Dit is baie hartseer, maar statistieke bewys dat in die meeste kulture gesinsgeweld tydens die Kersfeestyd, aansienlik toeneem. Dit gebeur al te dikwels, dat waar Kersfeesvieringe gesinne bymekaar bring, ou konflikte - dikwels deur alkohol aangevuur - na die oppervlak dryf om verhoudings te versuur.
Kersdag hoef nie slegs deur ‘n openlike en onaangename uitbarsting ontwrig te word nie. O nee. Die meeste families het ou wonde, vervreemdings en ‘n geskiedenis van konflik wat hulle teister. En dit is so maklik om in daardie dae van voorbereiding vir Kersfees, ou koeie uit die sloot op te grawe en te praat oor daardie ‘moeilike mense’ wat Kersfees om jou tafel gaan sit, nè? As dit iewers 'n klokkie lui, dan is hier goddelike raad om jou te help om reg te wees vir hulle koms: spandeer tyd om vir daardie mense te bid, in plaas daarvan om oor hulle te praat. Of, soos Jesus dit gestel het in:
Matteus 5:43-46 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?
Neem hierdie les en leef dit oor die volgende week en 'n half uit, en wie weet hoe Jesus hierdie Kersfees by jou etenstafel kan opdaag. . .
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Markus 16:14,15 Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.
Met Kersfees wat vinnig op pad is, beplan baie van ons hoe ons daardie spesiale dag gaan deurbring. Vir die meeste van ons sal dit ’n geleentheid wees om saam met die belangrikste mense in ons lewens, met ons geliefdes, deur te bring.
Kersdagvieringe is nie altyd die gemaklikste en die aangenaamste van tye nie, is dit? Ja-nee, hulle sê mos jy kan jou vriende kies, maar jy kan nie jou familie kies nie. Dit gebeur dikwels dat daar een of twee familielede in die geselskap gaan wees, wat moeilike mense is. Miskien is daar selfs een of twee, wat nie in Jesus glo nie en wat openlik teen alles Christelik is. Hm, hoe kan ons so ‘n situasie hanteer?
Die maklikste is seker om eenvoudig nie oor die betekenis van Kersfees te praat nie. Maar weet jy, Kersfees is 'n tyd wanneer ons 'n tipe van ‘n lisensie het om van Christus te praat; om die Goeie Nuus van Jesus se koms te deel. En dit, my vriend, is nie iets wat ons veronderstel is om aan "die kundiges" oor te laat nie. Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Dit is die totale taak van die hele kerk om die volledige evangelie aan die hele wêreld te verkondig.
As jy in Jesus glo, dan is jy deel van sy kerk. Jesus het dit inderdaad baie duidelik aan Sy dissipels gestel in:
Markus 16:14,15 Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.
Die hele wêreld en hele mensdom sluit die Kerstafel in. Dit sluit ook diegene, wat dalk nie bereid is om te luister nie, in. Vind ‘n manier. Vertel hulle waarom jy fees vier. Jesus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)
Oor die jare het ek baie mense ontmoet, wat op plekke woon waar hulle nie vryheid van spraak het nie. Wat my ontstel het terwyl ek na hul stories geluister het, is hul diep gevoel dat dinge onregverdig is.
Vryheid van uitdrukking is iets wat die meeste van ons as 'n fundamentele mensereg sal beskou. En tog word daar vandag, selfs in samelewings wat hulself as oop en ruim-denkend beskou, vryheid van spraak vinniger as wat ons dink, afgetakel. Sir Winston Churchill het dit jare gelede nogal profeties gestel:
Sommige mense se idee van vryheid van spraak is dat hulle vry is om te sê net wat hulle wil, maar as iemand anders iets terugsê, voel hulle beledig.
En dit is baie dikwels hoe dinge vandag in gesprekke verloop. Ja, waar die een groep mense dink net hulle is reg, het beskaafdheid, liefde en begrip so te sê verdwyn.
Die diskoers handel dikwels oor Christenskap; oor jou en my geloof in Jesus en oor die dinge wat God reg en verkeerd noem. Die opponerende magte probeer ons blokkeer; hulle wil ons verhoed om die waarheid te praat. Nou, hoe reageer ons dan? Deur terug te skree?
Ek dink nie so nie. Jesus sê in:
Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)
Dink mooi: hoe sou jy wou hê dat jou teëstanders - diegene wat heeltemal ander sienings as jy het, diegene wat jou kritiseer en verkleineer - jou behandel?
Wel, jy het gehoor hoe Jesus wil hê jy moet hulle behandel.
En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Prediker11:7,8 Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien. As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.
Ons dae op hierdie aarde – joune en myne – is getel. Ons het 'n beperkte tyd oor om 'n positiewe, blywende impak te hê op die lewens van diegene rondom ons - diegene wat die meeste saak maak.
Ons het hierdie week gesels oor hoe om ons gawes en die hulpbronne waarmee God ons geseën het, oral ten goede te gebruik. Ja, daar is 'n prys daaraan verbonde. Ons omstandighede is dalk nie ideaal nie en ons sien hoe dit dikwels deur onsekerheid bederf word.
Maar kom ons kyk realisties hierna. Die tyd wat ons oor het om die goeie dinge te doen, waarvoor God ons geroep het, word met elke sekonde wat aftik, korter. En terwyl ons in 'n driedimensionele wêreld leef, is dit die vierde dimensie, tyd, wat ons dikwels miskyk.
Prediker 11:7,8 Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien. As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.
As jy in Jesus glo, dan gaan jy jou ewigheid in sy teenwoordigheid deurbring. Dis fantastiese nuus, nè? Ons sal vir ewig besig wees om Hom te vereer. Maar dit beteken ook dat ons geleentheid om goed te doen; om die lewens van ander mense met Sy liefde te beïnvloed, en om te sien hoe mense tot 'n reddende kennis van Hom kom, verby sal wees.
Dit beteken dat daar 'n gevoel van dringendheid is. Ek stry nie dat dit goed is om te lewe, om die lig van die son te sien en om elke dag van ons lewe te geniet nie. Maar kom ons fokus ook daarop dat God ons geroep het om, waar ons ook al gaan, goed te doen voor dit te laat is.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Prediker 11:5,6 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.
Miskien het God jou geroep om namens Hom die een of ander goeie ding te doen? Miskien is dit om 'n finansiële bydrae te lewer, of om tyd en energie in iets of iemand te belê? Wat dit ook al is, dit behels altyd 'n opoffering.
Dis hoe dit werk wanneer jy Jesus wil volg. Jy weet vooraf dat dit altyd iets van jou sal vra om oor Hom en van sy liefde teenoor ander te getuig. En dit is wat dinge so moeilik maak. Dit is wat ons onseker maak, wat ons laat huiwer, wat daartoe lei dat baie mense handdoek ingooi voordat hulle begin.
Dis daardie vooraf koste-berekening. . .Jy moet in die geloof optree en jou belegging in gevaar stel, sonder die sekerheid van 'n meetbare, positiewe resultaat. Jy vra jouself af of die waarskynlikheid van 'n positiewe uitkoms die risiko regverdig? Maar in werklikheid is dit heeltemal die verkeerde vraag. Omdat dit nie God se teenwoordigheid en deelname aan dit, waarvoor Hy jou geroep het, in ag neem nie.
Prediker 11:5,6 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.
Ek is mal daaroor om vroeg op te staan om te begin plant en om nie voor dit aand is, op te hou nie. Met ander woorde, my vriend, hou op uitstel. Gooi jou volle gewig in die taak waartoe God jou ook al geroep het. Pak dit met durf en krag aan; met entoesiasme en toewyding.
Want as Hy jou geroep het om iets te doen, dan is Hy saam met jou daarin betrokke. En Hy is die een wat alles sal laat gebeur. Staan terug. Kyk na die volle prentjie, reken op God en slaan jou hand aan die ploeg!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Prediker 11:3,4 As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of 'n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie.
Een van die moeilikste dinge, is sekerlik om in geloof op te tree wanneer dinge rondom ons onseker is. Ja, dis swaar om ons tyd, ons energie en ons hulpbronne in goeie werke te belê, wanneer die uitkoms baie onseker lyk.
Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê dat al waarvan ons seker kan wees, is dat ons eendag gaan sterf en nou belasting moet betaal. Alles anders is onseker. En soos ons gister gesien het, sal selfs die goeie dinge in ons lewens wat vandag rotsvas lyk en voel: 'n huwelik, 'n huis, alles eendag tot 'n einde kom.
Miskien voel jy dat God jou op een of ander manier aanmoedig om ‘n opoffering te maak te midde van onsekerheid? Jy voel dalk dat die tydsberekening nie nou reg is om in hierdie of daardie goeie werk te belê nie. Die omstandighede lyk op die oomblik ver van ideaal af. Dink jy nou: "Miskien is dit beter om te wag, totdat die omstandighede beter is?"
Prediker 11:3,4 As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of 'n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie.
Met ander woorde, wanneer God ons roep om in geloof op te tree, lyk die omstandighede nooit ideaal nie. Daar is altyd, ten minste vanuit ons eng wêreldse perspektief, 'n element van onsekerheid. Maar weet jy, as ons wag totdat die omstandighede ideaal is, sal ons nooit sover kom om iets te doen nie.
Vertrou op God. Waag, ten spyte van jou omstandighede.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Prediker 11:1,2 Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.
Ons aanvaar baie dinge in hierdie lewe as vanselfsprekend, maar ons besef nie altyd dat hulle vandag hier is, en heel moontlik môre weg kan wees nie. Al lyk iets ook hoe permanent, gaan die dinge van hierdie wêreld almal eendag tot niet wees.
Ek is getroud met my pragtige vrou, Jacqui. Maar eendag sal een van ons, voor die ander een, hierdie wêreld verlaat. Ons huwelik sal verby wees. Ek is mal oor die plek waar ons woon. Maar eendag sal dit ook weg wees. Ek hou daarvan om in die bediening te werk, maar eendag sal my betrokkenheid hierin ook verby wees.
En dit is dieselfde met jou. Ons elkeen het soveel goeie dinge in ons lewens ... maar eendag sal selfs daardie goeie dinge tot 'n einde kom. Party dinge kan miskien gouer tot ‘n einde kom as wat ons ooit gedink het dit kan.
Daarom moet ons goed doen terwyl ons nog hier is.
Prediker 11:1 Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug.
En dit sal terugkom. Ons sal maai waar ons gesaai het. Maar in die volgende vers kom nog wyse raad:
Prediker 11:2 Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.
Met ander woorde, versprei jou goeie werke en liefde – onder jou gesinslede, jou bure en by die werk waartoe jy geroep is. Saai goeie saad waar jy ook al gaan – hier en daar en oral. Jy weet nooit watter slegte dinge een van hulle kan oorkom nie.
Versprei jou goeie beleggings, 'n bietjie soos 'n beleggingsportefeulje. Sodat as een van hulle afgesny is, as een van hulle onverwags tot 'n einde kom, daar nog meer daar buite is wat opbrengste kan lewer en vrugte kan dra.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Spreuke 17:24 ʼn Verstandige mens hou hom besig met wysheid, maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.
O, ek weet dat God eendag 'n kragtige werk deur my gaan doen. Eendag gaan Hy my na daardie ver land stuur om dit of dat te doen. Wonderlik. Ek kan nie wag nie. Eendag …
Het jy al ooit in jou hart die begeerte gehad om die wêreld vir Christus te beïnvloed? Om kragtig deur God gebruik te word, om die een of ander magtige werk te doen wat mense na hul asems sal laat snak?
Ek onthou hoe ek daardie wonderlike drome gedroom het en dit is 'n goeie ding. Ons moet groot drome droom. Ons dien immers 'n groot God, nè?
Maar daar is 'n groot gaping tussen om te droom en te doen. Ja, ‘n taamlike groot een. Dis eintlik 'n gapende kloof, tussen drome aan die een kant en die werklikheid aan die ander kant. Dit is 'n gaping wat baie Christene nooit oorbrug nie. Hulle hou net aan met droom en uiteindelik word daardie drome muwwerig. Hulle word verouderd en dan verdwyn hulle. Hoekom gebeur dit?
Spreuke 17:24 ʼn Verstandige mens hou hom besig met wysheid, maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.
As jy wil hê dat jou drome in werklikheid moet verander, moet jy aan die praktiese implikasies dink: Wat moet ek nou daaraan doen? Watter klein bydrae kan ek lewer? Met watter ander mense, wat ander Godgegewe gawes en vermoëns het, moet ek saamwerk? Hoe gaan ons hierdie taak befonds? Hoe kry ons dit aan die gang?
Alte seker moet dit alles met gebed en goddelike wysheid gedoen word. Maar dit is nie goed om jou te verbeel dat God jou na die uithoeke van die aarde sal neem, as jy nie sy wysheid gebruik om te beplan wat jy vandag reeds daaraan moet doen nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners