God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Net ‘n Bietjie Trots

    Send us a text

    1 Korintiërs 5:6,7 Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.

    Begeer jy soms dat mense 'n beter opinie van jou moet hê? Daardie begeerte om net 'n bietjie meer erkenning te kry vir wie jy is en alles wat jy bereik het? En net daar, my vriend, is jy besig om ‘n gevaarlike koers in te slaan.

     

    Ek dink nie daar bestaan iets soos 'n klein bietjie trots nie. Trots het ‘n snaakse manier om vinnig te vermenigvuldig. Voor jy jouself kan kry, groei daardie begeerte om 'n klein bietjie erkenning te kry, tot 'n onversadigbare begeerte na erkenning. Ons begin dink dat ons geregtig is daarop, maar ons word uiteindelik daardeur verteer.

     

    Nee, ek dink nie daar bestaan iets soos 'n klein bietjie trots nie.

     

    Die eerste-eeuse kerk in Korinte was vol twis; hulle is aangevuur deur trots en hulle reg op erkenning. Daarom het die apostel Paulus vir hulle 'n streng brief geskryf. Hier is wat hy gesê het oor daardie klein bietjie trots in:

     

    1 Korintiërs 5: 6,7 Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.

     

    Wat 'n wonderlike prentjie. Dit neem nie baie gis om die deeg te laat rys en om heeltemal opgepof en vol warm lug te word nie. Net 'n bietjie is genoeg. Nou ja, wat is die antwoord? Gooi die hele bak deeg uit en begin weer met ’n nuwe mengsel. Sonder enige gis. Geen gis nie. Glad geen trots nie.

     

    Daar is geen plek vir ‘n klein bietjie trots in die lewe van iemand wat Jesus wil volg nie. Geen plek nie. Gooi die trots uit. Begin weer.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Na Wie Luister God?

    Send us a text

    Maleagi 3:16 Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam.

    Daar was 'n tyd in Israel se geskiedenis, toe hulle as volk vir die soveelste keer hul rug op God gedraai het en die gevolge van hulle rebellie teen Hom, moes ly …. Klink dit so effens, so vaagweg bekend?

     

    Toemaar, ek weet, want ons het almal al op ‘n tyd ons rug op God gedraai. En net soos 'n kind wat ongehoorsaam aan sy ouers is, en die gevolge moet dra; so sal ons ongehoorsaamheid en ons rebellie teen God, gevolge hê.

     

    Jy kan nie vrede hê wanneer jy teen Hom in opstand kom nie. Jy sal onder daardie omstandighede ook nie sy vreugde ervaar nie. En dit is presies hoe God met ons werk... omdat Hy ons liefhet. Die gevolge en die pyn van ons rebellie ... is daar om ons tot besinning te bring - dit is daar om ons te laat terugdraai na Hom toe.

     

    Kom ons kyk wat met die volk, Israel gebeur het. Hoe het hulle tot besinning gekom? Hoe het hulle God se aandag gekry?

     

    Maleagi 3:16 Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam.

     

    Na wie het God geluister? Na diegene wat Hom eerbiedig het. Die oorspronklike Hebreeus sê, aan diegene wat Hom gevrees het. Aan dié wat Hom geëer het. Aan dié wat Sy Naam eerbiedig het.

     

    Is jy miskien deur 'n tyd van rebellie? Het jy miskien jou rug op God gedraai? Is jy miskien nou in so ‘n situasie? Luister, 

    dit is nooit te laat om terug te draai nie. Hy is altyd gereed om te luister na diegene wat Hom vrees; na diegene wat Hom eer; na diegene wat Sy naam eer. Dis nooit te laat nie.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Swaarkry Dien ‘n Doel

    Send us a text

    Job 23:10,11 Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit ’n vuur. Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai. (NLV)

    Die vraag wat in ons gedagtes maal wanneer ons, soos almal, van tyd tot tyd, deur ‘n moeilike tyd gaan, is: Hoekom gebeur dit met my? Hoekom gebeur dit?

     

    Lyding is ‘n universele deel van ‘n mens se lewe. Daar is nie een enkele persoon wat vandag lewe, wat nog nie gely het nie. Daar is die pyn en ongemak van geboorte, die stampe en stote van grootword, die moeilike tienerjare … volwassenheid.

     

    Trouens, ek sal verbaas wees as jy nie nou, terwyl ek hierdie prentjie van lyding skets, gedink het aan een van daardie moeilike, lastige of pynlike tydperke in jou lewe nie.

     

    God, hoekom? Hoekom ek? Hoekom nou?

     

    As jy al ooit die boek Job in die Ou Testament gelees het, sal jy weet dat dit oor 'n man se lyding handel. Job was 'n regverdige man. Hy het God geëer in alles wat hy gedoen het. En tog het God hom verskriklik laat ly. Hoofstuk na hoofstuk vra hy sy vriende, vra hy God … hoekom?! Maar op 'n stadium beantwoord hy uiteindelik daardie vraag vir homself:

     

    Job 23:10,11 Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit ’n vuur. Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai.

     

    Dit kom daarop neer, dat alhoewel Job vir God geken het, al het hy sy lewe geleef soos God wou hê hy moes en al het hy nooit opgehou om God te volg nie … was die Here besig om hom te toets.

     

    Wanneer ons deur ‘n moeilike tyd gaan, toets God ons geloof in Hom. Hy toets hoe opreg ons begeerte is om Hom, ten spyte van ons omstandighede, bo alles te eer.

     

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Alles begin in die Hart

    Send us a text

    Spreuke 27:19 Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan. (NLV)

    Die een ding, dalk die belangrikste ding in die lewe, is om eerlik met onsself te wees. Dit beteken om indringend introspeksie te doen om te sien wie ons werklik is en wie ons geword het.

    Die vermoë om oor onsself, oor ons omstandighede, oor ons reaksies en oor die dinge wat ons beheer van ons emosies laat verloor, na te dink, is 'n Godgegewe gawe. Daar is geen ander skepsel op hierdie aarde wat op so ‘n vlak kan dink nie.

    Tog is dit al te dikwels 'n geskenk wat ons miskyk, bloot omdat ons maar net elke dag dinge vat soos dit kom. Ons reageer soos ons altyd gereageer het. . . ons gaan slaap, ons staan die volgende oggend op en herhaal dit alles op die ou afgesaagde patroon.

    Elke oggend sien ons ons eie gesig in die spieël. Maar wanneer staan ons stil om na te dink oor wat in ons harte aangaan? Hoekom voel ons so? Hoe kan ons vandag ons lewe anders leef en anders op die dinge daar buite reageer? Hoe dink jy?

    Spreuke 27:19 sê: Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan. (NLV)

    Daar is 'n groot moontlikheid dat, soos ons die onbeduidende, alledaagse dingetjies hanteer, laat ons die dae, die weke, die maande, selfs die jare verbyglip sonder om regtig te veel daaroor na te dink. Maar alles wat ons is, alles wat ons doen … begin in die hart.

    So wys jou hart wat in jou aangaan. Jou hart weerspieël watter tipe mens jy is.

    Nou ja, watter soort mens is jy? Wie het jy geword? Is dit wie jy regtig wil wees? Is dit hoe jy wil lewe? Dink daaroor na…

    Jou hart weerspieël watter soort mens jy is.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Net God Ken Die Antwoord

    Send us a text

    Psalm 139:23,24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad

    Ek en jy dink graag dat ons onsself redelik goed ken. Ons glo dat ons teen hierdie tyd van ons lewens 'n redelike goeie begrip het van wie ons is; waar ons sterkpunte lê en wat ons swakhede is.

     

    Maar as ons eerlik is, sal ons moet erken dat ons onsself nie regtig so goed ken nie. Jy dink dalk alles gaan voor die wind en dat jy heeltemal suksesvol is in jou poging om ‘n goeie mens te wees. . . 

     

    Maar toe raak jy skielik die kluts kwyt! Iets tref jou van die skeelkant af; jy reageer sleg, jy byt iemand se kop af en net daar beskadig jy ’n verhouding en faal jy God. En al jou goeie bedoelings lê aan skerwe.

     

    Hoekom het ek dit nie sien kom nie? Hoekom het ek dit gedoen? Wat het ek gedink?

     

    Dit het ook met koning Dawid gebeur. Hy voel onrustig en besef dat hy God se wysheid nodig het:

    Psalm 139: 23 en 24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad.

     

    Ek en jy is sulke komplekse wesens. Die ervaring uit die verlede wat ons gevorm het; hetsy goed of sleg, het ons gevul met hoop of wanhoop. So het vreugde en probleme ‘n groot invloed op ons hart en verstand gehad en ons gees weggevreet. 

     

    Die waarheid is dat ons onsself nie naastenby so goed ken soos God ons ken of verstaan nie. Dit is hoekom dit die moeite werd is om God te vra om ons te ondersoek, om ons denke deur te kyk, om ons te toets, om seker te maak dat ons op die regte pad is. Want net Hy weet werklik.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Waarheid Is. . .

    Send us a text

    Maleagi 3:13-17 Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak, sê die Here. Maar julle vra: "Wat het ons oor U gesê?" Julle het gesê: "Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige? Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!" Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. “Hulle sal vir My 'n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp,” sê die Here die Almagtige. “Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.”

    Laat my toe om jou vandag reguit te vra: Glo jy in Jesus? Indien wel, verstaan mooi: dit maak nie saak wat jy gedoen het en hoe sleg jy jou gedra het nie, jy is een van God se kinders. Sy deur bly oop vir jou om na Hom toe terug te draai.

    Hoe kan ek so 'n gewaagde stelling maak? Want jy sien dit keer op keer in God se Woord. Mense gedra hulle sleg en ja, hulle moet natuurlik die gevolge van daardie verkeerde gedrag dra, maar God is altyd gereed om hulle te ontvang wanneer hulle opreg berou en terugdraai.

    Daar was 'n tyd toe die mense van Israel hulle sleg gedra het. Hier is hoe God dit opgesom het:

    Maleagi 3:13-15 Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak,

    sê die Here. Maar julle vra: “Wat het ons oor U gesê?” Julle het gesê: “Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige? Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!”

    Dis nie goed nie, maar …

    Maleagi 3:16 en 17 Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. “Hulle sal vir My 'n kosbare besitting wees die dag as Ek ingryp,” sê die Here die Almagtige. “Ek sal goed wees vir hulle, soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.”

    Sien jy? Hulle het hulle baie sleg gedra. Hulle het dit onder mekaar bespreek en God het geluister. Al wat hulle moes doen, was om Hom weer te eer. En dit is al wat ek en jy ook moet doen. Eer Hom.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die ‘God is Nêrens te Vinde Nie’-gevoel. . .

    Send us a text

    Job 23:8 -11 Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie. Sou Hy in die noorde aan die werk wees, ek vind Hom nie daar nie, sou Hy na die suide toe draai, ek sien Hom nie. Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie.

    Ons het almal dae wanneer dit vir ons lyk asof God uit ons lewens verdwyn het. In teorie mag jy heel moontlik glo dat Hy jou nooit sal begewe of verlaat nie. Maar in die praktyk, nou-ja, waar is Hy dan? Hoekom voel ek so alleen in hierdie wêreld?

     

    Dit lyk dalk vir jou gek dat ek, 'n Bybel onderwyser, vir jou sou vertel dat dit met my ook gebeur. Jy’s dan Berni, die ou wat 'n noue verhouding met God het?

     

    Maar kom ek vertel jou baie eerlik dat ek ook soms voel “asof God nêrens te vinde is nie." Dit is 'n universele ervaring. Maar, ons weet tog God is natuurlik steeds by my en by jou. Dis tog sy belofte.

     

    Maar elke nou en dan neem Hy 'n tree terug en dan voel ons asof ons alleen is. In moeilike tye voel ons so ongelooflik geïsoleer. Job in die Ou Testament het verskriklike lyding ervaar. Hy is geteister deur onbeskryflike rampe en soveel pyn. Kyk hoe hy hierdie desperate gevoel van isolasie gestel het in:

     

    Job 23:8 -11 Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie. Sou Hy in die noorde aan die werk wees, ek vind Hom nie daar nie, sou Hy na die suide toe draai, ek sien Hom nie. Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie.

     

    Waarom tree God van tyd tot tyd terug? Dit is om ons te toets, om seker te maak dat ons soos goud gelouter word. Moet nooit ophou om Hom te volg nie. Selfs wanneer jy Hom nie sien nie, is Hy altyd net daar by jou.

     

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Geheime Gedagtes

    Send us a text

    Spreuke 27:19 Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan. (NLV)

    Ons het elkeen 'n verborge gedagte wêreld. Ons dink aan dinge wat ons met niemand anders deel nie, selfs nie eers met ons naaste vertroueling nie. Daardie geheime gedagtes bevat kragtige leidrade wat definieer wie ons werklik is.

     

    Dit is waar, nè? Ons dink aan dinge op dieselfde wyse as wat 'n bees sy koutjie staan en herkou. Ons dink hulle deur, ons rol hulle rond, en ons bekyk hulle van alle kante en – weet jy – daarvolgens beplan ons hoe ons gaan reageer.

     

    Soms is daardie gedagtes positiewe gedagtes. Een van die eienskappe van suksesvolle leiers, is dat hulle die toekoms en hul doelwitte oor en oor visualiseer ... en dan, nadat hulle daardie visie aan diegene rondom hulle verkoop het, lei hulle hul volgelinge in daardie rigting. Dit is die proses van

    denke en dade. Dit is goed.

     

    Maar wees versigtig. Soms is ons gedagtes negatiewe gedagtes. Gedagtes oor hoe mense ons seergemaak het, hoe onregverdig dit was, hoe seer dit was en dan volg gedagtes van haat en wraak. Dit volg dieselfde paadjie, eers die denke en dan die dade. Dis nie goed nie.

     

    Dink mooi: watter geheime gedagtes het die afgelope tyd jou gedagte wêreld in beslag geneem? Want ons sien in:

     

    Spreuke 27:19 Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan.

     

    Daardie geheime gedagtes weerspieël wat in jou hart aangaan en die reaksies wat hulle sal genereer – ja, altyd die gedagte en dan die reaksie wat daarop volg. Hulle weerspieël eintlik wie ons geword het. En terwyl ons hulle doelbewus ondersoek, kan ons dalk net ontdek dat die persoon wat ons geword het, in ‘n mate nie is, wie ons graag wil wees nie!

     

    Neem daarom bestek van jou geheime gedagtes, want … net soos jy jou eie gesig in water weerkaats kan sien, so weerspieël jou hart die soort mens wat jy is.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • ‘n Ierse Seëngroet

    Send us a text

    Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.

    Hoe dikwels het iemand iets positief oor sy vyande te sê? Trouens, hoe dikwels sê jy iets goeds oor jou vyande? Ek skat nie so gereeld nie. Dit is nie omdat ek jou wil beskuldig nie. Dit is maar hoe ons is, nè?

    Christene hou daarvan om die woord “seën” … baie te gebruik. Almal wil tog God se seën ontvang, nie waar nie? Een van die Griekse woorde wat in die Nuwe Testament vir seën gebruik word, is eulogia. Dit beteken om goed te praat van iemand of om iemand te prys, soos ons sien in 'n lofrede by 'n begrafnis. En dit is daardie woord wat in hierdie Bybelversie voorkom:

    Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.

    Vanuit God se perspektief vorm die beginsel om goed te praat van jou vyande en om hulle te seën, ‘n eenheid. Die keuse om jou vyande te seën, is iets wat in die hart begin. Die Iere het 'n pragtige seëngroet wat so lui:

    Mag die pad jou tegemoet kom.

    Mag die wind altyd van agter kom.

    Mag die son warm op jou gesig skyn.

    Mag die reën sag op jou velde val,

    en mag God jou in die palm van sy hand hou

    totdat ons mekaar weer ontmoet,

    Stel jou voor dat jy in jou hart, met jou woorde, in jou dade en in jou gebede daardie seën oor jou vyande uitspreek. Hoe anders sou jou houding teenoor hulle nie wees nie? Hoeveel meer vrede en vreugde sal jy nie in jou lewe hê nie? Hoeveel genesing sal dit nie vir jou verhouding met hulle bring nie?

    Spreek goeie wense uit oor diegene wat jou sleg behandel. Vra God om hulle te seën en nie om hulle te vervloek nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Heel Belangrikste Ding

    Send us a text

    1 Korintiërs 15:3-6 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood.

    Wat is die geskenk van die ewige lewe vir jou werd? Dink daaraan. Neem jou fokus vir ‘n oomblik af van die wisselvallighede van vandag en fokus op die geskenk van die ewige lewe. Wat is dit regtig vir jou werd?

     

    Hopelik is die belofte van ‘n ewigheid in God se teenwoordigheid vir jou nogal baie werd. Maar dit is nie 'n geskenk wat sommer net aan almal oorhandig sal word nie. Dit sal nie aan jou gegee word bloot omdat almal van jou gehou het, of gedink het jy is slim en eerlik en ordentlik nie. Dit sal nie vir jou gegee word net omdat jy nie gesteel of gelieg het, of gehaat, of vermoor het nie.

     

    Die geskenk van die ewige lewe is slegs vir die een wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy gesterf het om vir hulle sondes te betaal en dat Hy weer opgestaan het om aan hulle 'n nuwe lewe te gee, wat tot in alle ewigheid sal voortduur. Dit is hoe die apostel Paulus dit gestel het in:

     

    1 Korintiërs 15:3-6 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood.(NLV)

     

    Paulus noem hierdie gedeelte die kern van die boodskap … en dit is. Ek weet, ek weet, jy is so besig en jy het op die oomblik soveel dinge aan die gang in jou lewe. Maar tensy jy jou geloof in Jesus stel, sal daardie gawe van die ewige lewe nie joune wees nie.

     

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners