God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Moenie die Feite Ignoreer Nie

    Send us a text

    Johannes 17:14-17 Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (NLV) 

    Tydens Jesus se verhoor het Pontius Pilatus die vraag: “Wat is die waarheid?” gevra. Dit is 'n vraag, wat ek myself dikwels afvra. Ek dink ons behoort dit almal gereeld te vra, sodat ons nie meegesleur word deur die leuens wat om elke hoek en draai van die media-gedrewe-era waarin ons leef, in ons kele af geforseer word, nie.

    Ek klink 'n bietjie soos 'n sameswerings-teoretikus, nie waar nie? Ek is nie een nie - maar ek dink dis jou plig om dinge wat ander mense as feite en as die waarheid voorhou, te bevraagteken. 

    Aldous Huxley, die 20ste eeuse Britse filosoof met 'n selferkende, sterk anti-Christelike vooroordeel, het gesê: feite verdwyn nie, selfs nie eers wanneer hulle geïgnoreer word nie. Die gedagte word ongelooflik goed uiteengesit in sy boek, "Brave New World" ‘n wetenskapsfiksie werk waarin mense ‘n onmenslike, afgryslike lewe ly. Die held, 'n karakter genaamd Bernard Marx, is die enigste een wat werklik terugstaan en die sosiale manipulasie wat aan die gang is, bevraagteken. Hy word uiteindelik na 'n eiland verban omdat sy gedrag verskil van die standaarde en idees van sy tyd. 

    Om op te staan vir die waarheid was nog nooit 'n gewilde ding om te doen nie. Vra vir Jesus. Hulle het Hom daarvoor gekruisig. Dit is wat Hy in sy gebed vir sy dissipels gebid het:

    Johannes 17:14-17 Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (NLV)

    As ons na die hoofstroom, die sosiale en politieke denke, of na die vervalle sedes waarin ons gedompel word, kyk, is die waarheid deesdae maar skaars.  

    God se Woord is die waarheid. 

    En dit is vars … vir jou … elke dag. 

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Klippe Gooi of Voete Was

    Send us a text

    Johannes 13:1-5 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.

    Om mense lief te hê wat nie ook vir ons liefhet nie, is nie maklik nie, is dit? Trouens, ons instink is om hulle net so seer te maak, soos wat hulle ons maak. En net daar sien ons waarom daar soveel konflik in die wêreld bestaan.

    Ek onthou hoe ek as 'n seuntjie met van my skoolvriende baklei het en hoe ons mekaar met klippe bestook het. Ek weet dit is nie juis voorbeeldige gedrag nie, maar ons was kinders! Ongelukkig is daar vandag nog baie van daardie soort gedrag onder volwassenes. Hulle gooi figuurlik klippe na mekaar wanneer hulle nie saamstem nie. Kyk wat doen Jesus egter. Ons lees in:

    Johannes 13:1-5 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. 

    Wat my diep aangegryp het van die hele gebeurtenis, was dat Jesus ook Judas se voete gewas het, met die volle wete dat hy Hom sou verraai.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Tyd Vlieg Verby

    Send us a text

    Romeine 13:10,11. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. 

    Hoeveel tyd het jy oor om die mense om jou lief te hê? Wanneer sal jy jou laaste drukkie van 'n geliefde ontvang of gee? Die antwoord is, ons weet nie. Dit beteken dat liefde ons hoogste prioriteit moet wees.

    Dit is 'n ontstellende gedagte, nè? Lewens kom in baie gevalle sonder waarskuwing skielik tot 'n einde. Eendag sal ek my vrou, Jacqui, soen en ek sal haar vir oulaas omhels. En dan skielik kan een van ons weg wees. Dieselfde geld vir jou geliefdes.

    Dit is nie slegs van toepassing op ‘n mens se geliefdes nie, maar ook die mense wat jou hewig omkrap; die mense wat jou irriteer. Eendag sal jou verhouding met hulle skielik vir altyd beëindig word. Wat 'n tragedie sal dit nie wees, as jy nie elke geleentheid gebruik het om vir hulle liefde te bewys terwyl jy nog kon nie? Ons lees in:

    Romeine 13:10,11 Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. 

    Ons leef inderdaad in 'n belangrike tyd; 'n tyd van beproewing; 'n tyd van konflik; 'n tyd van steeds groter wordende vervreemding; beide in die breë samelewing en in ons persoonlike verhoudings. Luister mooi – hier is die waarskuwing uit die Woord:

    Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, 

    Wees lief vir daardie mense wat jy dalk verwaarloos het; daardie mense wat jy dalk seergemaak het …  Want om hulle lief te hê, is dieselfde as om God se wet te gehoorsaam. Wees lief vir hulle. Want die einde is nader, miskien baie nader, as wat jy dink.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Dis Lewe

    Send us a text

    Spreuke 24:11,12a Red dié wat na hulle dood toe gesleep word, dié wat val-val op pad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”,

    Een van die grootste twispunte tussen wêreldse mense en diegene wat aan Jesus behoort, is die kwessie van aborsie. Wêreldse mense vra: Waarom is die Christene so outyds wanneer dit oor aborsie gaan?

    Ek kan eerlik vir jou sê dat ek voor ek op die ouderdom van 36, 'n Christen geword het, niks verkeerd gesien het met aborsie nie. Ek kon nie verstaan wat verkeerd was daarmee nie; dit is tog beter om vooraf van die fetus ontslae te raak, as om 'n ongewenste kind in die wêreld te bring, is dit nie? Hoekom raak die Christene so opgeklits oor hierdie kwessie?

    Maar weet jy, die oomblik toe ek my lewe aan Christus gegee het, het ek heeltemal anders oor die saak begin voel. Ek kon die probleem baie duidelik insien. Kevin Sorbo van die Vitae-stigting stel dit so: “Op 22 dae is daar ’n hartklop. As dit nie ’n lewe is nie, vertel my dan wat is.” 

    Omdat ek op ‘n stadium anders gevoel het, kan ek beide die pro-keuse en die pro-lewe mense se standpunte insien. Wêreldse mense vra: Maar hoekom kan daardie Christene nie hul sienings vir hulself hou nie? Hoekom moet hulle so tekere gaan daaroor? Maar ons lees in:

    Spreuke 24:11 en 12a Red dié wat na hulle dood toe gesleep word, dié wat val-val op pad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”

    Dis hoekom. Aborsie is die neem van 'n lewe. En dié van ons wat in Jesus glo, het eenvoudig nie die opsie om te swyg daaroor nie. Daardie fetus ... is 'n lewe. En wanneer daar ‘n geleentheid is, moet ons doen wat ons kan om lewens te red.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Geseënd is die Mens wat in Versoeking Standvastig Is

    Send us a text

    Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

    Versoeking is tog so ‘n aanloklike ding. Dit is so begeerlik. Ons weet tog as ons daaraan toegee, is dit vernietigend. Maar dit oorval ons alte maklik wanneer ons dit die minste verwag en ons laat ons keer-op-keer daardeur vang. 

    Ja-nee, ons het almal al in daardie slagyster beland. Alles verloop so glad, maar skielik verskyn een van daardie klein versoekinkies … dis so aanloklik, en dan, skielik, slaan dit jou soos 'n voorhamer. John Wesley het dit so gestel:

    "Net soos die gevaarlikste winde deur die kleinste openinge kan inwaai, so kom die duiwel ongemerk, maar gevaarlik, deur klein niksseggende insidente in, om op ongevoelige wyse, die hart oop te maak vir groot versoekings."

    Is dit nie absoluut waar nie! Dit is waarom die onopgemerkte kompromieë wat ons aangaan, so ongelooflik gevaarlik is.

    Maar versoeking is geneig om vinnig te kom en te gaan. Een oomblik is dit glad nie daar nie. Die volgende oomblik val dit jou aan - en voor jy jou oë uitvee, is dit weer weg. Die keuse wat ons in daardie oomblik van aanslag maak, is die kritieke ding.

    Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

    Tydens die aanslag kan ons kies om óf daaraan toe te gee, óf om dit te weerstaan. Versoekings toets die egtheid van ons geloof. Dit toets die standvastigheid van ons karakter in Christus. En elke keer wanneer jy die versoeking weerstaan, elke keer as jy die toets slaag, word jy meer en meer soos Hy.

    Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Daar is Net Een Weg

    Send us a text

    1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.

    Hoekom kritiseer die samelewing Christenskap deesdae so dikwels? Wat maak die Goeie Nuus van Jesus vir so baie mense aanstootlik? Dit voel asof die vervolging van Christene besig is om toe te neem. Hoekom is dit so?

    'n Ruk gelede het ek 'n klein bybelstudiegroepie van uiteenlopende mense uit verskillende tradisies en perspektiewe bygewoon. Ek was dus nie verbaas oor die verskillende opinies nie.

    Daar was een man daar wat vas geglo het dat die Bybel net een van baie rigtingwysers na God is. Hy het Boeddhisme en die Koran bestudeer. Hy het allerhande verskillende maniere ywerig ondersoek. Hy het honderde dollars op CD's van ghoeroes en ander materiaal spandeer.

    Toe ons die Evangelie van Johannes bestudeer, was hierdie man se opinie dat dit slegs figuurlik gestel is, as 'n soort metafoor. En dat dit belaglik is om te glo dat Jesus werklik water in wyn kon verander! En daardie stukkie waar Jesus sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kan na die Vader kom behalwe deur My nie” … is volgens hom beslis verkeerd vertaal en oorgedra. Daar is volgens hierdie man ook baie maniere om na God te kom. Maar weet jy, dit is nie wat God sê nie.

    1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.

    Net omdat ons 'n waarheid ontken, maak dit dit nie minder waar nie. Dis die offer van Jesus aan die Kruis wat betaal het vir jou sonde en myne, Sy dood en opstanding het die deur wawyd oopgegooi na 'n ewige verhouding met God. Daar is slegs een manier. Jesus. Dís die waarheid.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Ek Behoort Net aan God

    Send us a text

    Psalm 73:25,26 Wie het ek in die hemel behalwe U? Ook op aarde soek ek net vir U. My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.

    Sê my, wat is bo-aan jou gebedslys? Wat is die drie top dinge waarvoor jy vir God wil vra? Miskien is dit gesondheid, of finansiële sekuriteit, of 'n beter huwelik? Wat is nommer een, twee en drie op jou lys?

    Hier by Christianityworks het ons 'n webwerf genaamd PowerfulPrayer.org. Waarom noem ons dit “kragtige gebed”? Want die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, is dié soort wat kragtige resultate lewer. Ontelbare mense van regoor die wêreld plaas hul gebedsversoeke anoniem hier, en dan bied ander mense vrywillig aan om 'n weeklikse e-pos te ontvang om te bid vir ‘n aantal mense. Kyk gerus hoe dit werk … PowerfulPrayer.org.

    Ons ontvang allerhande gebedsversoeke. Sommige van die dinge waaroor mense skryf, is werklik tragies soos: huweliksontrou, gebroke gesinne, oorloë, lewensgevaarlike siektes en nog soveel meer. Dis vir my 'n voorreg om vir mense te bid en hulle te bemoedig. Ons word in die Bybel beveel om vir ander mense in te tree.

    Weet jy, daar is een spesifieke gebedsversoek wat ek baie selde sien. Dit lui: Ek wil meer van God hê. Ek wil nader aan Jesus kom. Hoekom is daardie gebedsversoeke so skaars? Die psalmdigter skryf in:

    Psalm 73:25,26 Wie het ek in die hemel behalwe U? Ook op aarde soek ek net vir U. My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd. (NLV)

    Dis korrek om vir jou behoeftes hier op aarde te bid. Maar onthou: alles in hierdie lewe sal eendag vergaan; ons verstand en liggaam sal swak word; niks sal oorbly nie.

    “Maar God – in die Hemel, ek het net vir U. My God … U is vir alle ewigheid my bron van krag. Here, ek smag na U. Here, trek my na U toe. Here gee my meer van U!”

    Dit is God se Woord. Vars …vir jou…vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Maak ‘n Plan

    Send us a text

    Spreuke 2:10-12 Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. Dit sal jou weerhou van ’n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge. (NLV)

    Vertrou op God. Ja, ons weet ons moet. As jy al ooit ’n Bybel oopgemaak het, het jy God dit al oor en oor en oor hoor sê: Vertrou op my. Maar jy kan nie sê jy vertrou op Hom en dan armpies gevou sit nie. 

    Oor jare in die bediening het ek baie mense in diens geneem. Sommige was wonderlik, maar te veel van hulle was lui. “Wel, dit is ’n Christelike bediening,” was hulle verskoning. “Dit gaan alles oor liefde, dus hoef ek nie hard te werk nie.”

    Ek het 'n ‘preek’ vir alle nuwe werknemers ontwikkel: Ek sê vir hulle dat ek verwag dat hulle foute sal maak. Ons maak almal foute. Dis normaal. Ons tel ons koppe op, ons blameer mekaar nie, ons leer uit ons foute en ons gaan aan. Maar … daar is drie dinge wat ek nie sal duld nie – ’n slegte gesindheid, oneerlikheid en luiheid.

    Ongelukkig is luiheid nogal algemeen onder Christene. “Wel, ek vertrou God, Hy sal dit hanteer, sodat ek my voet van die pedaal kan afhaal. Ek hoef nie regtig vooruit te beplan nie, dis sy werk, nie waar nie?” Nee, dit is nie!

    Spreuke 2:10-12 Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. Dit sal jou weerhou van ’n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge. (NLV)

    As jy met toewyding ‘n ordentlike lewe lei, sal jy wysheid kry. Jy sal dinge leer en dit sal jou vreugde verskaf. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien, met ander woorde vooruitbeplanning sal jou teen onverstandige besluite beskerm. 

    God verwag dus van sy kinders om 'n plan te hê. Hoekom? Want wysheid, kennis, beplanning en begrip sal ons daarvan weerhou om die verkeerde pad te volg. Hulle sal ons selfs beskerm teen diegene wat bose planne het.

    Moenie lui wees nie. Beplan vooruit.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Die Dwaasheid van Koppigheid

    Send us a text

    Deuteronomium1:43-46 Ek het dit vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie en in opstand gekom teen die opdrag van die Here. Julle was moedswillig en het na die Bergwêreld toe getrek, maar die Amoriete wat in daardie gebied woon, het teen julle opgeruk en julle verjaag soos 'n swerm bye dit sou doen en julle van Seïr af tot by Gorma uitmekaar gejaag. Toe het dit julle berou dat julle dit gedoen het en julle het julle nood by die Here kom kla, maar Hy het nie na julle geluister nie en Hom nie aan julle gesteur nie. So het dit gekom dat julle so lank by Kades gebly het.”

    Wanneer laas het jy iemand raakgeloop wat hardnekkig geweier het om na rede te luister? Iemand wat soos ‘n steeks donkie geweier het om toe te gee; al was dit, oënskynlik, vir almal duidelik dat hy in die verkeerde rigting op pad is? En hoe het jy gevoel?

    Dis nie ‘n grap om saam met hardkoppige mense te wees nie – maar as ons eerlik is, is ons almal van tyd tot tyd koppig. Iets ontwrig ons en ons steek viervoet vas. Ons wil van niemand iets weet nie. Soms sonder ons onsself in 'n onversetlike posisie af en isoleer onsself van almal - selfs van God.

    Nou ja, as ons miskien stop en daaroor nadink, sal ons sien hoe dom dit is. Maar wanneer ons ontsteld voel, ploeter ons hardkoppig voort. En sê my, hoe het dit in die verlede vir jou gewerk?

    Hier is Moses wat met die volk Israel praat toe hulle besonder hardkoppig was:

    Deuteronomium 1:43-46  “Ek het dit vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie en in opstand gekom teen die opdrag van die Here. Julle was moedswillig en het na die Bergwêreld toe getrek, maar die Amoriete wat in daardie gebied woon, het teen julle opgeruk en julle verjaag soos 'n swerm bye dit sou doen en julle van Seïr af tot by Gorma uitmekaar gejaag. Toe het dit julle berou dat julle dit gedoen het en julle het julle nood by die Here kom kla, maar Hy het nie na julle geluister nie en Hom nie aan julle gesteur nie. So het dit gekom dat julle so lank by Kades gebly het.”

    Hulle het hardnekkig geweier om die Here se bevel te gehoorsaam. Hulle het hulle eie koppe gevolg en teen die Amoriete opgetrek en 'n verpletterende neerlaag gely. Sou jy dink dit is ‘n slim ding om te doen? Dis mos simpel en hardkoppig!

    Onthou: Wanneer ons teen God in opstand kom, moet ons nie verwag dat Hy ons sal help wanneer alles verkeerd loop nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • ‘n Wonderlike Strategie, Maar…

    Send us a text

    Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”

    Westminster Abdy in Londen is die plek waar elke Britse kroning sedert 1066 plaasgevind het. Ongelooflik. Dit bestaan al amper 'n duisend jaar, maar baie dele van hierdie argitektoniese meesterstuk is natuurlik eers later aangebou.

    Sedertdien, is daar oral wonderlike katedrale gebou; die een groter as die volgende. En deesdae bou ons natuurlik eerder mega-kerke met gesofistikeerde bestuurstrukture, grootse planne en slim bemarkingstrategieë.

    Daar is niks hiermee verkeerd nie. Daar is ook niks daarmee verkeerd dat jy of ek planne maak om groot dinge vir God te doen nie. Maar soos Winston Churchill eenkeer gesê het, "Hoe mooi die strategie ook al is, mens moet af en toe na die resultate kyk".

    Jy ken seker die gelykenis van die saaier, waar Jesus gewys het hoe ons goeie bedoelings om Hom te volg, kan slaag of misluk. Dieselfde Woord van God kan op harde grond val en nooit wortelskiet nie. Dit kan ook in vlak grond val, ontkiem en dan in die hitte van die dag vergaan. Dit kan ook deur onkruid en dorings – die sorge van hierdie lewe - verswelg word. En dan verduidelik Jesus die gelykenis in:

    Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”

    Met ander woorde, wanneer God se Woord in ons harte wortelskiet, is dit veronderstel om vrugte te dra. Ons is veronderstel om 'n verskil in hierdie wêreld te maak. Dit is wonderlik om groot planne te hê; maar om Jesus te volg, gaan nie daaroor om 'n wonderlike strategie te hê nie, maar om resultate te lewer - 'n goeie oes op te lewer.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners