Sign up to save your podcasts
Or

Send us a text
Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”
Westminster Abdy in Londen is die plek waar elke Britse kroning sedert 1066 plaasgevind het. Ongelooflik. Dit bestaan al amper 'n duisend jaar, maar baie dele van hierdie argitektoniese meesterstuk is natuurlik eers later aangebou.
Sedertdien, is daar oral wonderlike katedrale gebou; die een groter as die volgende. En deesdae bou ons natuurlik eerder mega-kerke met gesofistikeerde bestuurstrukture, grootse planne en slim bemarkingstrategieë.
Daar is niks hiermee verkeerd nie. Daar is ook niks daarmee verkeerd dat jy of ek planne maak om groot dinge vir God te doen nie. Maar soos Winston Churchill eenkeer gesê het, "Hoe mooi die strategie ook al is, mens moet af en toe na die resultate kyk".
Jy ken seker die gelykenis van die saaier, waar Jesus gewys het hoe ons goeie bedoelings om Hom te volg, kan slaag of misluk. Dieselfde Woord van God kan op harde grond val en nooit wortelskiet nie. Dit kan ook in vlak grond val, ontkiem en dan in die hitte van die dag vergaan. Dit kan ook deur onkruid en dorings – die sorge van hierdie lewe - verswelg word. En dan verduidelik Jesus die gelykenis in:
Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”
Met ander woorde, wanneer God se Woord in ons harte wortelskiet, is dit veronderstel om vrugte te dra. Ons is veronderstel om 'n verskil in hierdie wêreld te maak. Dit is wonderlik om groot planne te hê; maar om Jesus te volg, gaan nie daaroor om 'n wonderlike strategie te hê nie, maar om resultate te lewer - 'n goeie oes op te lewer.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 3:17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Ek weet nie van jou nie, maar soms kyk ek na alles wat in hierdie wêreld aangaan – hoe mense optree en die rigting wat dinge inslaan – en ek dink by myself, dis klaarpraat met hierdie ou wêreld van ons!
Ja my vriend, is dit nie maklik om ontnugter, krities en veroordelend te raak oor daardie "spul sondaars daar buite" nie? Ons wil op ons teologiese perdjie klim en kla oor hierdie groep; hulle verdoem en vra dat God hulle in die hel moet toesluit.
Ja, ek weet, miskien is dit 'n bietjie kras gestel; maar is dit nie hoe ons soms voel nie? En so, het menige Christen, menige persone wat hulself as dissipels van Jesus Christus beskou, 'n siek, veroordelende houding. Dit het hulle óf laat stry met alles en nog wat, óf laat terugtrek in hul heilige ou kringetjie om hulle te beskerm teen daardie “spul sondaars daar buite” – asof Christene op die een of ander manier heilig is.
Maar is dit regtig ons werk? Is dit werklik wat Christus van ons vra?
Johannes 3:17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Kom ons stop net en dink vir 'n oomblik daaroor na. As Jesus nie gekom het om die wêreld te veroordeel nie, dan is dit seker ook nie ons werk nie. En as Jesus gekom het om die wêreld te red … nou ja, miskien is dit waarmee ons ook besig moet wees.
Natuurlik is dit maklik om oor almal en alles te mor en te kla! Maar ek is redelik seker dis nie hoekom God jou op hierdie aarde geplaas het nie. Ons werk is nie om die wêreld te veroordeel nie. Ons taak is om dit te red.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Petrus 3:3,4 Heel eerste wil ek julle herinner dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak en doen net waarvoor hulle lus is. Hulle sal soos volg redeneer: “Jesus het belowe Hy sal terugkeer, nie waar nie? Nou maar wat het van daardie belofte geword? Julle weet self: So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was.”(NLV)
Word jy ooit siek en sat daarvan om Nuus te kyk, te luister of te lees? Ek word. Hoe meer jy objektief probeer wees, hoe meer lyk en klink dit net soos 'n klomp humeurige mense wat stry en hulself sleg gedra – uiters sleg.
Miskien is ek nou 'n bietjie pessimisties ... en ja, natuurlik moet ons tred hou met wat in die wêreld aangaan. Maar dit lyk asof die nuus in 'n kakofonie van kritiek ontaard het.
En dan is daar regtig belaglike reëls soos: Skole wat woorde soos "ma" en "pa" verbied, omdat dit deesdae as geslag- kwetsend beskou word. Mans wat soos vroue aantrek om in vroue sport mee te ding en dan te wen. Mense wat wette toejuig wat toelaat dat babas in hordes uit hul moeders se baarmoeders geruk word.
En as iemand dit sou waag om op te staan en uit te wys dat dit inderdaad belaglik is, wil mense hulle stilmaak en kruisig. Maar hoekom sal dit ons verbaas? Kyk wat staan in:
2 Petrus 3:3,4 Heel eerste wil ek julle herinner dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak en doen net waarvoor hulle lus is. Hulle sal soos volg redeneer: “Jesus het belowe Hy sal terugkeer, nie waar nie? Nou maar wat het van daardie belofte geword? Julle weet self: So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was.”
Dit is tweeduisend jaar gelede geskryf. Niks het verander nie. Die twintigste-eeuse filosoof en teoloog, GK Chesterton, het dit so gestel: Elke groot beskawing gaan agteruit wanneer hulle vanselfsprekende dinge vergeet. En dit is presies wat besig is om te gebeur.
Glo jy in Jesus? Moet dan nie deel wees van daardie verval nie. Moenie die ooglopende dinge vergeet nie. Ons is almal sondaars. Jesus het gesterf sodat ons vergewe kan word, en Hy het opgestaan sodat ons lewens verander kan word. Ja … en eendag, miskien gouer as wat ons dink, kom Hy terug.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Jesaja 40:8 Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.
Die wêreld waarin ons vandag leef, het soveel verander van die wêreld wat ons selfs net twintig jaar gelede geken het – dink net aan die tegnologie, globalisering, mense se houdings, moraliteit … die manier waarop ons werk, hoe ons vermaak word...Ja, dit is 'n heel ander wêreld.
Ek het die dekade van die 1970's op hoërskool en op universiteit deurgebring. Eintlik is dit nie so lank gelede nie. Dit is dus nogal skrikwekkend om te besef dat 1972 so ver in die verlede is, as wat 2072 in die toekoms is. Dink net!!
Ek het onlangs 'n ou foto gesien van die hoofstraat van my tuisdorp wat in die 70's geneem is. Die motors en busse lyk so outyds. Die mense se klere, hul haarstyle - alles lyk baie anders as vandag. Dit was 'n skok. Dit voel dan soos anderdag ... dit was tog nie só lank gelede nie!
Daardie foto het my soos ‘n weerligstraal getref en my opnuut bewus gemaak van hoe baie ons houdings verander het. En nou praat ek ook van ons houding teenoor God, en veral teenoor wat Hy deur Sy Woord sê oor wat reg en wat verkeerd is. Die samelewing het so ver van daardie ononderhandelbare waarhede afgewyk... Dis ontstellend, maar baie van die kerke het dit kollektief en individueel ook gedoen. Miskien is dit tyd om ‘n bietjie wakker geskud te word.
Jesaja 40:8 Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.
Al daardie dinge wat ek nou-nou opgenoem het ... dit is soos die blomme en die gras. Modes, houdings en moraliteit sal verander. Tegnologie … wel, wie weet hoe dit selfs oor vyf jaar sal lyk?
Moet dus nie toelaat dat die dinge van hierdie wêreld; dit wat jy kan sien en aanraak en selfs jou gevoelens, jou laat vergeet wat God gesê het nie - want alhoewel die gras verdor en die blomme verwelk, sal die Woord van God vir ewig bly staan.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Johannes 2:23-25 Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.
Omdat ons sosiale wesens is, hou ons daarvan dat ons verhoudings rustig en sonder spanning moet wees. Dit behels dikwels dat ons ander mense tevrede wil hou en dat hulle dieselfde met ons wil doen. Maar hierdie proses waar almal mekaar die hele tyd tevrede wil stel, kan heeltemal te ver gevoer word.
Jy weet hoe verhoudings veronderstel is om te werk: Daar moet 'n balans tussen gee en neem wees. As ons dit regkry, is daardie verhoudings bevredigend en lonend, nè?
Maar geleidelik kan die verwagtinge van die ander persoon so groot word, dat dit jou hele lewe oorheers. Ons hou almal daarvan om erkenning te ontvang, maar voordat ons dit agterkom, is ons besig om na iemand anders se pype te dans; amper soos 'n marionet waarvan ander feilbare mense die toutjies trek. Jesus kon deeglik getuig van hoe verraderlik mense is:
Johannes 2:23-25 Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.
Hy het geweet Hy kon hulle nie vertrou nie. Hy het geweet dat Hy kort daarna deur daardie einste aanhangers verraai gaan word. Hulle was opgesweep en woedend, hulle het Hom geslaan en geskree: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”
Weet jy, dit maak nie saak hoe oulik en populêr jy op die oomblik is nie; jou aanhangers is 'n ongelooflik wispelturige spul. Hulle gedrag word bepaal deur hoe hulle voel en wat hulle wil hê en jy sal dikwels deur jou eie honde gebyt word.
Natuurlik, is dit lekkerder om ‘n pluimpie te ontvang en op die skouer geklop te word, maar wees soos Jesus. Onderskei wat in mense se harte is. Weet wanneer hulle motiewe suiwer is en wanneer nie.
Moenie lewe om deur die skare toegejuig te word nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Psalm 62:8 ,9 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug.
Ons het gister oor lyding gesels – die voorreg om vir Christus te ly terwyl sy seëninge deur ons vloei na die lewens van diegene rondom ons. En dit is 'n voorreg. Maar alhoewel jy met daardie waarheid mag saamstem, maak dit die proses beslis nie makliker wanneer jy besig is om te ly nie.
Wanneer ons deur lyding gaan, is dit nodig om te verstaan waaroor dit gaan, want wanneer ons ly, voel ons geloof baie ontoereikend. Ons voel kragteloos. Ons begin twyfel aan onsself en aan God. Kyk hoe Koning Dawid, 'n man wat meer lyding as wat ek of jy ongetwyfeld ooit sal deurmaak, dit hanteer het:
Psalm 62:7,8 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug.
Die kern lê daarin dat God wil hê dat jy die oorwinning, sowel as die eer moet ervaar. In Dawid se geval het dit behels dat hy sy vyande moes oorwin en oor Israel moes regeer. In jou en my geval sal dit iets heel anders beteken. Dit kan beteken dat jy baie dapperder was, as wat jy gedink het jy ooit sou kon wees en hierby het jy 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan, ervaar.
Wat jou omstandighede ook al is, die waarheid wat jou regtig hier sal help, is die feit dat God jou Rots is. Hy is jou plek van veiligheid. Hy sal nie wankel nie. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Dit is die waarheid waaraan jy kan vashou.
Plaas jou vertroue in God – dit is die benadering wat werklik help. Ek weet dis makliker gesê, as gedaan. Gaan na Hom en stort jou hart uit. Vertel Hom al jou probleme. Want Hy is jou plek van veiligheid.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Filippense 1:29,30 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.
Wanneer ons deur ‘n tyd van lyding gaan (soos ons almal ongetwyfeld soms gaan), is die laaste ding waaraan ons dink, dat daardie lyding 'n seën kan wees. Dit kan tog nie reg wees nie - wie sal ooit die twee woorde “lyding” en “seën” in dieselfde asem gebruik?
Wanneer ons oor die toekoms droom, droom ons altyd oor goeie dinge, oor seëninge. Nie een van ons sit ooit daar en hoop en bid vir 'n tyd van lyding nie. Nee, ons vermy lyding soos die pes. En omdat nie een van ons ooit wil ly nie, is dit gerieflik om die verband tussen seën en lyding, heeltemal uit ons gedagtes te verban.
Die apostel Paulus was 'n man wat beslis gewoond was aan beide seën en lyding. Kyk wat sê hy in:
Filippense 1:29,30 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.
Waarom het God jou geseën? Hoe het God jou geseën? Hy het jou geseën met die voorreg om Christus te dien. Sy seëninge aan jou is nie bedoel om by jou te stop nie. Dit is bedoel om tot sy eer deur jou te vloei na die lewens van ander. Dit is die eerste punt.
Punt nommer twee, is dat daar saam met daardie seëninge, wat deur jou vloei, die eer om vir Christus te ly, bykom. Wanneer jy dus die volgende keer swaarkry, onthou net dat wanneer jy met 'n rein hart en 'n positiewe gesindheid vir Christus ly, en steeds toelaat dat Sy seëninge deur jou vloei... bring hierdie lyding eer aan Christus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
2 Petrus 2:19 Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.
Dit is ongelooflik hoe ons na 'n rukkie gewoond kan raak aan ongemak of teëspoed – tot op die punt waar ons dit nie eers meer agterkom nie; tot op die punt waar ons selfs so gewoond raak daaraan, dat ons dit nie eers meer wil prysgee nie.
In 1973 het Jan-Erik Olsson tydens 'n mislukte rooftog vier werknemers van 'n groot Sweedse bank in Stockholm gyselaar gehou. Hy en sy vriend het hulle ses dae lank in een van die bank se kluise gevange gehou. Toe hulle vrygelaat is, wou nie een van die gyselaars in die hof teen hul ontvoerders getuig nie. In plaas daarvan, het hulle geld ingesamel vir die rowers se verdediging.
Dis waar die term "Stockholm-sindroom" ontstaan het. Dit beskryf die toestand waar gyselaars en hul gevangenes tydens gevangenskap 'n sielkundige band met mekaar ontwikkel.
Dit is moeilik om te glo, is dit nie? Maar dit laat my wonder of dit nie die perfekte analogie is om ons verhouding en gehegtheid aan die sonde wat ons gevange hou, te verduidelik nie. Dit kan selfs ons verhouding met die mense wat ons in daardie sonde gelei het, beskryf.
2 Petrus 2:19 Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.
Dit is amper ondenkbaar dat ons so verslaaf kan wees aan die sonde wat ons lewens totaal verwoes en die potensiaal het om ons van ons ewigheid in die teenwoordigheid van God te beroof. Ja, maar dis ironies dat ons baie goed weet dat daar sonde in ons lewe is, wat inderdaad daardie mag oor ons het.
Maar hier is die goeie nuus. Jesus het gekom om jou vry te maak van die mag van sonde oor jou lewe – heeltemal vry! Moenie in die Stockholm-sindroom se strik trap nie. Gaan na Jesus, want wanneer Hy jou vrymaak, sal jy waarlik vry wees.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 5:11,12 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”
Ons het elkeen ons eie risiko-beloning-verhouding. Sommige ouens is bereid om groter risiko's te neem in die hoop op groter belonings. Ander is meer konserwatief in hul benadering en aanvaar kleiner belonings, maar hulle leef 'n veiliger lewe.
As jy mooi daaraan dink: hoe sou jy jou risiko-beloning-verhouding beskryf?
Een van die grootste risiko's wat ons in die lewe kan neem, is om vandag 'n kleiner beloning van die hand te wys, met die idee om in die toekoms ‘n groter beloning te kry. In 'n onlangse artikel in die Wall Street Journal, beweer ‘n navorser dr. Kaileigh Byrne: Mense word oor die algemeen meer gemotiveer deur onmiddellike bevrediging of onmiddellike voordele, eerder as langtermyn voordele, selfs wanneer die langtermyn voordele baie groter is. Dit is ongetwyfeld heeltemal waar.
Maar, wanneer jy vandag dink aan jou verhoudings in terme van wat dit jou kan kos om Jesus te volg, en die risiko's wat jy bereid is om te neem, wag daar ‘n veel groter langtermyn beloning op jou. Kyk wat Jesus gesê het in:
Matteus 5:11,12 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”
Hoe reageer jy wanneer mense jou beledig, seermaak, en skaamtelose leuens oor jou versprei en bose dinge oor jou sê omdat jy Jesus volg? Is jy geskok, seergemaak en lus om wraak te neem? Dink net: wraak sal onmiddellike bevrediging bring!
Maar Jesus sê: as julle ter wille van My beledig en vervolg word, kry julle ‘n langtermyn beloning. Julle kan die beledigings met vreugde aanvaar en baie bly wees daaroor. Hoekom? ... want julle loon is groot in die hemel.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Send us a text
Matteus 5:43-45 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.
Van tyd tot tyd kom ons almal mense teë wat ons die harnas in jaag – dalk selfs mense wat ons aanstoot gee, verkleineer of probeer om ons skade aan te doen. Ons wens dit was nie die geval nie, maar ongelukkig is daar sulke mense in ons lewe. Nou ja, wat doen jy met hulle? Hoe hanteer jy hulle?
Party van ons is meer sensitief as ander. Ek is redelik dikvellig. Maar ander mense, soos my pragtige vrou, wat saggeaard en liefdevol is, kry maklik seer. Dit maak nie saak hoe jy bedraad is nie, eendag is eendag wat daardie buffels daar buite jou sal probeer seermaak.
Hoekom kan hulle nie soos al die ander gawe mense in jou lewe wees nie? Hoekom het hulle ‘n obsessie om vyandig teenoor jou te wees? En hoe gaan jy hulle hanteer?
Matteus 5:43-45 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen.
Wat ons dikwels wil doen, is om ons vyande te haat en om hulle terug te betaal – hetsy openlik of net heimlik. As alternatief kan ons hulle vermy, verwerp of straf ... dit is immers tog maar net menslik...
Maar Jesus het ons iets anders geleer. Hy het ons geleer om vir hulle te bid. Dit gaan so teen die grein, nie waar nie? Maar … doen dit, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.
Bid vir julle vyande.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
From the publisher's feed

956 Listeners