God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Bewys Genade

    Send us a text

    Jakobus 2:13 Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde. Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel. (NLV)

    Daar is 'n hele paar ongemaklike sake wat die Bybel aanspreek. Skrifgedeeltes waarvan ons liewer wil weg blaai en ignoreer. Versies wat ons ‘n bietjie ongemaklik laat voel, versies wat aanstoot gee. Vandag gaan ons na een van hulle kyk.

    Laat ek begin deur te sê dat ek glo 'n persoon kan slegs gered word deur God se genade; deur geloof in Jesus, wat gesterf het om vir ons sondes te betaal en weer opgestaan het om aan ons die gratis geskenk van die ewige lewe te gee.

    Maar ek onderskryf nie die eens-gered, altyd-gered filosofie nie. Nie omdat ek my eie teologie hieroor het nie, maar omdat die Bybel my daarvan oortuig het. Hier is daardie vers wat ek al vroeër genoem het:

    Jakobus 2:13 Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde. Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel. (NLV) 

    Om die Woord van God te verstaan, is dit noodsaaklik om te lees presies wat daar geskryf staan. En die letterlike lees van hierdie spesifieke vers sê vir ons dat as ons in Jesus glo, maar nie barmhartigheid teenoor ander betoon nie, sal Hy ook nie op die oordeelsdag barmhartigheid teenoor ons bewys nie. 

    Eintlik het Jesus 'n hele gelykenis oor hierdie ernstige ding vertel. Hy begin met die woorde “Die Koninkryk van die Hemel is soos …” en eindig met die onbarmhartige dienskneg wat gevange geneem en gemartel word totdat hy sy onbetaalbare skuld aan die koning kon terugbetaal.

    Laat ons dus glashelder hieroor wees. Om genade te betoon, is nie 'n opsionele ekstra nie. 'n Gebrek aan barmhartigheid teenoor ander van ons kant af, sal lei tot 'n gebrek aan genade deur God teenoor ons.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Moenie Skaam Wees Nie

    Send us a text

    Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood

    Hoogmoed is nie 'n goeie ding nie. Wanneer ons vol van onsself en ons eie belangrikheid is, is dit lelik, nè? En God staan die hoogmoediges altyd teë. Maar weet jy, soms kan trots ook 'n positiewe ding wees.

    Soos die meeste ouers, is ek trots op hoe my (nou reeds volwasse) kinders sukses behaal het. Hulle is almal goeie mense en verskaf my groot vreugde. Is dit dan verkeerd? Nie regtig nie. Trots is slegs 'n probleem wanneer dit misplaas is, wanneer dit op onsself gefokus is, eerder as op ander.

    En by ‘ander,’ sluit ek God in. Want weet jy, ek beleef dat 'n spul mense wat hulself Christene noem, nie trots is daarop om Christus as hulle Here te erken nie, maar in die aangesig van toenemende teenkanting, is hulle dikwels skaam daaroor. Hulle is selfs skaam om openlik te praat van die Verlosser wat Sy lewe vir hulle gegee het. Maar kyk wat sê die apostel Paulus in: 

    Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood

    As ons bely dat ons in Jesus glo, laat ons dan nie skaam wees om te erken dat ons Hom volg nie. Sommige mense sal jou beledig wanneer jy openlik van Christus praat, maar 'n sekere ou, Pat Steele dit stel so: Die tragedie van mense wat vir ewig hel toe gaan, maak my meer bekommerd as die vraag oor of mense van my hou, of nie. Ek is 'n volgeling van Jesus en ek is nie skaam vir die evangelie nie, want dit is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo.

    Moenie skaam wees om die Goeie Nuus van Jesus te deel nie. Iemand se lewe hang daarvan af!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Gaan Voort

    Send us a text

    Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom

    Sonde is 'n feit soos ‘n koei. Ek weet dit is deesdae nie 'n gewilde onderwerp om te bespreek nie, maar van wanneer af bepaal gewildheid die waarheid? Ja, sonde is en bly 'n feit van die lewe.

    En as ons onsself, ons lewens en ons verhoudings wil verbeter sodat ons môre 'n beter mens sal wees, as wat ons vandag is, dan moet ons die feite hanteer. Almal se sonde is ook nie dieselfde nie - jou sonde is ongetwyfeld anders as myne, maar ons het almal sonde om te hanteer. 

    Soms struikel ons, en ons struikel, en ons struikel, en val weer en weer ‘n keer terug in daardie selfde ou sonde. Ander kere is dit baie ernstiger – ons val tot ons plat op die aarde lê. Hoe dit ook al sy, op 'n stadium is dit maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat ons nooit oorwinning oor ons sonde gaan hê nie.

    Maar weet jy, dis ‘n gevolgtrekking waartoe ons kom wanneer ons vergeet dat God met ons is ... en dat Hy ons daaruit gaan red. Hoe kan ons seker wees daarvan? Hier is die antwoord in :

    Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

    Ons kan absoluut seker wees daarvan, want God werk in ons. Hier is hoe die 18de-eeuse voormalige slawehandelaar, John Newton, dit gestel het: Ek is nie die man wat ek behoort te wees nie, ek is nie die man wat ek wil wees nie en ek is nie die man wat ek hoop om te wees nie, maar deur die genade van God is ek nie die man wat ek vroeër was nie.

    Onthou jy kan nooit vir God uit die vergelyking laat nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Wees Verstandig

    Send us a text

    Spreuke 19:11 ‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

    Mense beledig gereeld ander mense en wanneer óns die slagoffer van ‘n belediging is, voel ons verneder en kry ons seer, nie waar nie? En iets binne-in ons wil met hulle afreken. Maar pasop, jy is op 'n gevaarlike plek.

    Een manier om op te tree, is om terug te veg. Afhangend van jou persoonlikheidstipe, sal jy miskien onmiddellik terugveg of miskien doen jy dit soos die ou duiwel dit doen; jy wag vir die beste geleentheid om deeglik wraak te neem.

    Ander mense kruip in hulle dop terug waar hulle wroeg oor die seer; hulle word bitter en verwronge en verval in passief-aggressiewe gedrag.

    Hoe dit ook al sy, wanneer jy woede in jou hart koester, is jy op ’n baie gevaarlike plek, want jy verloor jou logiese perspektief. Het jy al ooit opgelet dat ‘n mens nie jou weerkaatsing in kookwater kan sien nie? Op dieselfde manier kan jy nie in 'n toestand van woede die waarheid raaksien nie. Dit is eers wanneer die water kalm is, dat helderheid kom. Dit is waarom dit so gevaarlik is om uit woede op te tree.

    Spreuke 9:11 ‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

    Wat God hier sê, is dat ons met dure ervaring leer hoe om mense met geduld te hanteer wanneer hulle ons beledig. Maar let op: hier praat Hy nie van jou geduld terwyl jy besig is om jou wraak te beplan nie. Dit gaan ook nie daaroor om soos ‘n vloerlap behandel te word en om die stille martelaar te speel nie.

    Nee my vriend. Dit vereis goddelike geduld om jou humeur te beteuel. Jy word sterker, hoe meer jy van God se wysheid uitleef, al is dit soms moeilik. En hoe sterker ons word, hoe makliker kry ons dit reg om beledigings heeltemal te ignoreer. Laat die Heilige Gees hierdie versie op jou hart graveer: 

    ‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • My Beker Loop Oor

    Send us a text

    Psalm 23:5,6 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. (1953)

    Sommige mense is van nature pessimiste. Hulle is analitiese mense wat op die fynste besonderhede let en alles kan sien wat moontlik verkeerd kan gaan. Ander mense is natuurlike optimiste – die dromers, die beplanners. Maar daar is 'n derde soort mens. . .

    Jy het ongetwyfeld al gehoor dat jy óf 'n glas-half-leeg- óf 'n glas-half-vol-persoon is. Dit is tog hoe mense beskryf word. Ek is die half-vol-glas soort ou. Selfs wanneer die situasie nie noodwendig ideaal is nie, sien ek die geleenthede en potensiaal raak. Maar om dit te balanseer, sorg ek dat ek myself met 'n paar half-leë-glas-mense omring om my voete stewig op die aarde geanker te hou.

    Nou wie is hierdie derde soort mense wat heeltemal anders is? Ek noem hulle die 'beker-loop-oor'-mense, soos ons lees in:

    Psalm 23:5,6 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. (1953)

    Dis nog 'n Psalm van Dawid; die ou wat meer vyande gehad het as wat ek en jy op albei ons hande kan tel. Hy het geleer dat God altyd met hom is; dit maak nie saak hoe haglik sy omstandighede is nie. Kyk net na die beeld wat hy gebruik:

    U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders.

    Die vyand se leër storm op hom af, maar God het 'n tafel vir hom gedek - ‘n feesmaal voorberei. Dawid sien nie die beker as halfvol of halfleeg nie. Sy beker loop oor. Hoekom? Omdat hy weet dat God ook in daardie moeilike situasie by hom is.

    Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.  

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Geregtigheid en Liefde

    Send us a text

    Spreuke 21:21 Wie na reg en liefde strewe, aan hom word 'n vol lewe en eer geskenk.

    ‘n Mens se groeiproses het baie te doen met die handhawing van ‘n balans tussen die uiteenlopende magte wat in ons lewens toutrek. Ons moet daardie magte so bestuur, dat ons hulle op die regte tyd en op die regte manier aanwend.

    Daar is 'n tyd om af te breek en ‘n tyd om te bou. 'n Tyd om iemand te druk en te omhels en 'n tyd om hulle te laat gaan. 'n Tyd om te huil en 'n tyd om te lag.

    En daar is ook 'n tyd om aan te dring op wat reg is en 'n tyd om in liefde op te tree en ons benadering in liefde te versag, selfs wanneer dinge nie reg is nie, selfs wanneer daardie ander persoon heeltemal verkeerd is.

    Hoekom praat ons hieroor? Want deesdae, waar daar soveel interpretasies van die waarheid bestaan, dring sekere mense daarop aan dat slegs húlle weergawe korrek is, en dan tree hulle liefdeloos op teenoor dié wat van hulle verskil.

    Nouja, die waarheid is natuurlik belangrik en dit is vir ons belangrik om dinge te ondersoek. Maar elke oggend wanneer ek my digitale nuusdiens, wat nuus van betroubare bronne regoor die wêreld versamel, bestudeer, word ek getref deur hoe hard mense skree, en hoe min hulle luister, en hoe amper niemand liefde en respek toon nie.

    Spreuke 21:21 Wie na reg en liefde strewe, aan hom word 'n vol lewe en eer geskenk.

    Mense heg deesdae baie waarde aan wat reg is, maar hulle toon min liefde teenoor hulle naaste. Ongelukkig is daar meer self-aangestelde regters as van dié wat liefde en eerbied bewys.

    Maar God wil hê dat ons ‘n sin vir wat reg is en ook ‘n sin vir liefde moet hê. En wanneer ons die ewewig tussen daardie twee, dikwels botsende kragte, in ons lewens vind, beloof Hy vir ons 'n dividend: lewe, voorspoed en eer.

    Geregtigheid en liefde. Dit is God se plan. 

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vermy Sonde

    Send us a text

    Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

    Daar is twee benaderings tot byna alles in die lewe. Die eerste een is beslis die populêrste een. Dit is die halfhartige benadering. Die tweede; die een wat kampioene volg, is die roete van volle, 100% oorgawe en toewyding.

    As die twee uiteenlopende keuses op alles in die lewe van toepassing is; soos 'n huwelik, ouerskap, 'n loopbaan en wat ook al, dan is dit beslis ook van toepassing op elke persoon wat Jesus volg.

    Maar ongelukkig, volg so baie mense onbewustelik die halfhartige benadering. Hulle ingesteldheid word een van "Waarmee kan ek wegkom?" eerder as "Wat kan ek prysgee en wat kan ek opoffer, om God bo alles te eer?"

    Ons weet almal dat die lewe wentel om die keuses wat ons maak. En alhoewel, God ons altyd 'n keuse gee, is dit redelik duidelik watter een Hy wil hê ons moet kies:

    Psalm 97:10-12 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam.

    Wanneer ons onbewustelik in 'n halfhartige verhouding van Jesus wegdryf, lei daardie klein kompromieë ons kort voor lank direk na die bose. Dit is so maklik om weg te dryf in situasies waar ons daagliks deur al die bose mense rondom ons aangemoedig word om die verkeerde keuses te maak.

    Wanneer ons die pad van kampioene volg en altyd op soek is na wat ons kan opoffer om God met ons lewens te dien en wanneer ons die bose vermy, nee - wanneer ons die bose verag … dan is daar skielik 'n oorvloedige dividend wat ons nooit verwag het nie.

    God beskerm sy volgelinge, Hy red hulle uit die mag van goddelose mense. Hy laat sy lig oor ons skyn wanneer ons die begeerte het om regverdig te lewe. En daarby vul Hy ons met Sy vreugde.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Bo Alle Verwagtinge

    Send us a text

    1 Korintiërs 2:9,12 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet..” … Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.

    Vind jy dat jy soms rondskarrel om al die dinge op jou daaglikse lysie van take te doen? En dan eendag ontdek jy, dat dít waaruit jy altyd vreugde geput het, verdamp het.

    Ons weet almal dat wanneer 'n spons kurkdroog is, dit water nodig het om dit weer effektief te maak en dit in staat stel om sy doel te bereik. Dit is 'n groot paradoks wat in die fisika voorkom!

    Ons het seker almal al probeer om 'n gemors met 'n droë spons op te vee en ontdek dat dit heeltemal ondoeltreffend is. Slegs wanneer jy dit deeglik deurdrenk en goed uitdruk, sal dit herstel tot 'n nuttige, doeltreffende spons.

    Wel, miskien het jy vandag 'n deeglike deurdrenking en 'n goeie druk nodig om daardie onuitspreeklike vreugde in jou hart te herstel. Kyk, hier is dit in:

    1 Korintiërs 2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

    Die apostel Paulus sê verder dat selfs die groot leiers van die wêreld dit nie "verstaan" het nie. Dit is hoekom hulle Jesus gekruisig het. Maar …

    1 Korintiërs 2:12sê: Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. 

    In Christus het God reeds ondenkbare seëninge vir jou voorberei … hier en vir ewig. Laat die Heilige Gees jou vandag deurdrenk. Laat toe dat die Woord van God jou vandag onder druk plaas.

    Ons moet verstaan dat ons nooit in hierdie wêreld, wat in so ‘n verskriklike gemors verkeer, sal kan verstaan hoe ondenkbaar wonderlik die hiernamaals wat vir ons wag, is nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Tuinier se Werk

    Send us a text

    1 Korintiërs 3:6,7 Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.

    Wanneer jy jou gawes en vermoëns, jou tyd en hulpbronne gebruik om die liefde van Christus met diegene rondom jou te deel, is daar die versoeking om toe te laat dat trots insluip.

    Baie jare gelede was ek betrokke by 'n bediening waar die ongelooflik suksesvolle leier sy eie propaganda begin glo het. Hy het grootkop begin kry! 

    Hy het mense hulle regte ontneem, hulle vervreem en in baie gevalle afgesny. Ek was een van dié, wat hy afgesny het. Dit het seergemaak. Ek het nog net twee keer in twintig jaar, wat ek in die bediening betrokke is, gehuil. Dit was een van hulle. Maar uiteindelik het dinge so erg geraak, dat die bediening se direksie hom na baie jare van diens, in die openbaar afgedank het.

    Weet jy, ek is redelik seker dat sodra ons begin dink alles om ons draai en die oomblik wanneer ons trots word … op daardie stadium is God klaar met ons. Dit is hoe die apostel Paulus dit jare gelede gestel het in:

    1 Korintiërs 3:6,7 Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.

    Steek vandag jou hand in eie boesem – ek doen dit ook gereeld: Het ons ons eie propaganda begin glo? Het ons meer van onsself begin dink as wat ons behoort te?

    Die tuinier se werk (dit is ek en jy) is om te plant en nat te gooi. Maar God is die een wat dinge laat groei.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Groot Verdrukking

    Send us a text

    2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

    Dit voel tans vir party Christene asof hulle in ‘n situasie, wat ek, "die groot verdrukking" noem, leef. Dit voel asof die militante magte in die samelewing, wat die Evangelie teëstaan, erger gemobiliseer het, as ooit tevore.

    Het jy dit ook al ondervind? Wanneer ons sien hoe regerings deur wetgewing godsdiensvryheid beperk, en ervaar hoe daardie militante magte van die bose meer aktief word en meer aggressief die Christelike stem aftakel ... dan kan dit amper voel asof hulle wen.

    Ons word eers opstandig, dan moedeloos en sê vir onsself: Dit behoort nie so te wees nie! As God die Koning van die konings is, hoekom doen Hy nie iets hieraan nie? Hoekom voel ek dat ek ter wille van my geloof onregverdig vervolg word?

    Afhangend van waar jy woon, voel jy dalk nie verdruk nie. Maar, as jy soos ek, iewers woon waar die bevolking histories aangemoedig is om die Christelike boodskap te omhels; kom hierdie stygende gety van teëstand miskien as 'n skok … vandaar die gevoel van "die groot verdrukking."

    Maar dit behoort glad nie as 'n verrassing te kom nie. Ons sien hoe Paulus al tweeduisend jaar gelede aan Timoteus geskryf het in:

    2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

    Het jy dit raakgesien? "Almal"  - dit beteken dat daar geen uitsonderings is nie. As jy aan Christus toegewy is, sal jy vervolg word. En wat van die daardie voorspelling dat dinge erger en erger gaan word? Dit voel regtig nou so, nie waar nie?

    Maar, hier is die goeie nuus. Daardie bose mense, mislei hulself. En jy weet verseker jou Koning is steeds op Sy troon.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners