God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Woord VARS vir jou Vandag

By Jokkie Gauché on behalf of Berni DymetReligion & SpiritualityChristianityKids & Family
Download on the App Store

God se Woord VARS vir jou Vandag episodes

  • Word Produktief Oud

    Send us a text

    Psalm 92:13 -  16 Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots.

    Nie een van ons hou daarvan om vermorsing te sien nie. Ek bedoel, dit is sinneloos, nie waar nie? As jy iets het wat produktief kan wees, wat vrugte kan oplewer, wat lewens beter kan maak, hoekom sal jy dit dan in die riool afspoel?

    Ek is onlangs baie beïndruk deur 'n koerantberig oor 'n man in sy negentigs. Everald Compton is gebore in 'n klein, onbelangrike plattelandse dorpie, maar hy het ‘n buitengewone lewe gelei. Hy het miljoene vir liefdadigheidsorganisasies ingesamel om die armes te help. Hy het ryk geword sonder om ooit rykdom te probeer bekom. Hy was die katalisator vir die bou van 'n spoorkorridor om sy plaaslike boeregemeenskap te ondersteun.

    Hy het in alle opsigte 'n buitengewone lewe gelei. Hy is vandag in sy negentigs. En ons sal dink dat dit vir hom ‘n tyd is om ‘n rustiger lewe te hê? Nee, glad nie! Hy het nog groot planne: "As ek elke oggend uit die bed opstaan," het hy gesê, "dink ek altyd ek het alreeds iets goed gedoen, omdat ek uit die bed opgestaan het. En dan dink ek … met watter doel is ek vandag hier?” 

    Psalm 92:13 - 16 Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots.

    Ongelukkig sien jy te veel mense aftree, bloot om rustig na hul graf te verhuis. Wat 'n vermorsing van talent en ervaring!

    En dit is inderdaad nie God se plan nie. Selfs wanneer ons oud is, moet ons voortgaan om soos jong, gesonde bome vrugte te produseer. Ons is hier om vir almal te wys dat die Here goed is. Dis waarvoor jy hier is!

    En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Vrede en Vernietiging

    Send us a text

    Jesaja 26: 3-6 U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug. Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om! Die arm en verdrukte mense vertrap dit onder hulle voete.

    Een van die populêre argumente teen die bestaan van 'n almagtige, liefdevolle God, is die lyding wat in hierdie wêreld voorkom. Daar word beweer dat óf God ons nie lief genoeg het om dit te stop nie, óf dat Hy nie in staat is om dit te stop nie.

    Op die oog af klink dit na die perfekte argument teen enige idee dat so 'n liefdevolle God bestaan. Daar word nie net gevra: Hoe kan 'n God van liefde al hierdie lyding toelaat nie? Maar erger nog, hoe kan hierdie God van liefde eendag sommige van ons in die vurige ewigheid van die hel laat gooi?

    Maar, kyk na al die boosheid in hierdie wêreld, wat veroorsaak word deur die vrye wil wat God aan elkeen van ons gegee het. En skielik, te midde daarvan, maak die werklikheid van God se uiterste liefde, sy krag en sy oordeel skielik sin.

    Jesaja 26:3-6 U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug. Hy verneder die trotses, en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer. Hy gooi die mure om! Die arm en verdrukte mense vertrap dit onder hulle voete.

    As God waarlik God is, dan maak dit baie sin. Hy is daar om aan diegene wat op Hom vertrou, vrede te gee en aan diegene wat van Hom afhanklik is, veiligheid. Maar Hy sal vernietiging en straf bring oor die hoogmoediges en oor diegene wat die armes onderdruk. Hy sal al hulle groot werke in puin verander, sodat die armes en nederiges dit in die grond kan vertrap.

    Die God van liefde. Die God van geregtigheid en getrouheid. Hy is Almagtig.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Moenie jou Vryheid Prysgee Nie

    Send us a text

    Galasiërs 5:1 Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. 

    Vryheid is een van daardie begrippe waaroor baie mense hulle eie opinies het. Vryheid klink so edel dat ons dit almal begeer. Maar ongelukkig is die konsep van vryheid deur 'n selfsugtige, misleidende wêreld gekaap.

    Hier in die 21ste eeu, is die idee van absolute morele beginsels, van ‘n almagtige God, en die idee dat daar iets soos "sonde" bestaan… vir baie mense absoluut lagwekkend. Die wêreld kyk daarna en dink by homself, enigiemand wat dít glo, is heeltemal gek.

    En weet jy, selfs groot dele van die kerk is daarop ingestel om daardie morele opdragte, tot op ‘n punt waar hulle betekenisloos word, af te water.

    Maar God het elkeen van ons so lief, dat Hy ons uiteindelik konfronteer met die realiteit van die verskriklikheid van ons sonde. Hy leer ons wie Hy is en wat Jesus gedoen het om ons van daardie sonde vry te maak. Maar ‘n diep oortuiging van ons sondige rebelsheid gee ons ‘n nuwe geleentheid om te kies – óf ons die vergifnis waarvoor Christus sy lewe gegee het, gaan aanvaar en óf ons op ons eie sondige paadjie wil voortgaan.

    Dit was vir my 'n moeilike keuse om te maak, want my sonde was so groot. Die goeie nuus is dat, soos Dane Ortlund, ‘n Presbiteriaanse pastoor, dit stel: Jesus staan ons by téén ons sonde, nie teen óns as gevolg van ons sonde nie.

    Voorwaar goeie nuus! Maar nou is die vraag, hoekom sal ons terugval in ons sonde? Waarom sal ons dan ons vryheid prysgee en terugkeer na die boosheid van dít wat ons eens gedoen het, nadat ons die genade en barmhartigheid van God in Jesus Christus ontvang het? Kyk wat staan in:

    Galasiërs 5:1 Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Word Vinnig Slim!

    Send us a text

    Spreuke13:1 ‘n Wyse seun laat hom leer deur sy vader, 'n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie. 

    Een van die dinge wat ek baie irriterend vind as ek dink oor die opvoeding wat my ouers vir my gegee het, is dat dié dinge wat hulle my probeer leer het toe ek jonk en opstandig was, heeltemal reg was! Dis nogal ‘n ontdekking, nè?

    Daar is dinge wat ons ouers oor en oor in ons ingedril het, wat destyds nie sin gemaak het nie; dinge waarvoor ons destyds bloot ons oë gerol het en in ons harte en gedagtes gedink het, “Hulle het geen idee nie!”

    Maar weet jy, vreemd soos dit mag klink, het dinge soos om nie my sop te slurp nie; om my stoel na ete in te stoot en om die tafel af te dek sonder dat ek gevra word …. uiteindelik later in my lewe dividende opgelewer. Wie sou dit nou ooit kon gedink het? Beslis nie ek nie!

    Spreuke 13:1 ‘n Wyse seun laat hom leer deur sy vader, 'n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie.

    Ek wens ek kon vir jou sê dat ek 'n wyse seun was, maar ek was nie. Inteendeel, ek was 'n stadige leerder. Maar soos die jare aangestap het, het ek tot die onvermydelike gevolgtrekking gekom dat hoe vinniger ons lesse leer, en hoe vinniger ons raad aanvaar, hoe beter word die lewe.

    Ons het verlede week gesels oor hoe om teregwysing te aanvaar, maar ek wil dit tog weer onderstreep, want om kritiek en regstelling te aanvaar, is maar iets waarmee die meeste van ons sukkel, nè?

    Wysheid en trots, is volgens hierdie vers, totale teenoorgesteldes.

    ’n Wyse seun luister na sy vader se raad, maar ’n trotse seun luister nie na teregwysing nie.

    ’n Wyse hart is ontvanklik. ’n Trotse hart is geslote. Die lewe word soveel beter wanneer ons leer om teregswysing te aanvaar.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Dis my Reg?

    Send us a text

    1 Korintiërs 8:9-13 Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, 'n aanleiding tot sonde word nie. As jy wat hierdie kennis het, in 'n afgodstempel gaan eet en iemand met 'n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie? Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit 'n broer vir wie Christus gesterf het. Deur so teen die broers te sondig en 'n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie. 

    Dit is maklik om met ‘n “dit is my reg”-mentaliteit wat ons kultuur deesdae propageer, die Bybel te lees. Die gesindheid van "dis my reg!" veroorsaak dat ons die dinge van God heeltemal op die verkeerde manier interpreteer.

    Ons dink dat daar nog nooit 'n tyd in die geskiedenis was wat die samelewing, selfs die kerk, so verskriklik gepolariseerd was nie. ‘n Tyd toe mense meer passievol oor twispunte verdeeld was nie. Maar weet jy, dat daar reeds in die 1ste eeu n.C., toe die Christendom uit Judaïsme ontstaan het, verdeeldheid en geskille in die kerk was. Die apostel Paulus skryf in:

    1 Korintiërs 8:9-13 Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, 'n aanleiding tot sonde word nie. As jy wat hierdie kennis het, in 'n afgodstempel gaan eet en iemand met 'n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie? Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit 'n broer vir wie Christus gesterf het. Deur so teen die broers te sondig en 'n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.

    Hoe meer jy jou Bybel lees, hoe meer moet jy tot die gevolgtrekking kom dat die enigste reg wat ons het, is om kinders van God genoem te word en dat ons daardie gesindheid van “dit is my reg” vir Christus en vir ander moet neerlê.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Met elke Tree Wat jy Neem

    Send us a text

    Spreuke 3:6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

    Dit is maklik om te sê jy moet God, selfs deur moeilike tye, altyd vertrou. Om dit te doen, is baie moeilik, want om Iemand te vertrou, wat jy nie kan sien nie, terwyl jy jou probleem baie duidelik kan sien, gaan teen jou grein.

    Die bediening waarby ek betrokke is, wat hierdie daaglikse oordenkings produseer, word Christianityworks genoem. Hoekom? Omdat ek met my hele wese weet dat Christenskap inderdaad werk. Om Jesus te volg, werk. Om Jesus te vertrou, werk. Dit is wat die bemarkers die "handelsmerkbelofte" sou noem.

    Nou ja, as dit dan die geval is, moet dit tydens die goeie en die slegte tye "werk." Wel, kom ons praat vir 'n oomblik oor daardie slegte tye, die moeilike tye. Hoe maklik vind jy dit om op Jesus te vertrou wanneer jy voor 'n onmoontlike situasie te staan kom? Of sukkel jy op daardie tydstip om te vertrou dat Hy sal help?

    Ons weet dat ons Hom moet vertrou, maar die vraag is ... hoe kry ons dit reg? Hoe doen ‘n mens dit eintlik? Hoe vertrou jy Jesus in die moeilike tye?

    Spreuke 3:6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

    Ja, my vriend, dit verduidelik die "hoe". Daardie vers kom mooi in die middel van 'n gedeelte voor, wat praat van die vertroue op Hom in moeilike tye. Terwyl jy versigtig, soms met groot pyn, soms met ontnugtering in jou hart, in die versoeking kom om die verkeerde ding te doen, hou net aan met stap – dink met elke tree wat jy gee, aan wat God wil hê. Wat wil Jesus hê moet ek doen, wanneer ek in hierdie situasie is en terwyl ek hierdie tree neem?

    En redelik gou sal jy agterkom dat Hy jou tog in die regte rigting gestuur het.

    Met elke tree wat jy gee, dink aan wat Hy deur jou wil doen. Dis hoe.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    4 min
  • Uit die Leeu se Bek Gered

    Send us a text

    2 Timoteus 4:17,18 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen.

    Daar is tye in die lewe wanneer dinge redelik glad en pynloos verloop. Maar dan is daar ander tye wanneer alles om ons in duie stort, en op daardie stadium wil ons desperaat hê dat God moet inspring om ons uit die penarie te red.

    Wanneer laas het dit met jou gebeur? Onthou jy? Was jy in verskriklike nood. Jy het regtig vir God nodig gehad om op 'n kragtige, wonderbaarlike manier in te gryp; om jou, of iemand vir wie jy lief het, letterlik uit die leeu se bek te red. En toe begin jy bid en bid en bid … en partykeer tree God in. Ander kere nie.

    Soms sal Hy 'n geliefde van kanker genees ... ander kere sal Hy hulle laat sterf. Dit voel amper soos 'n lotery, of soos die opskiet van die munt. Nie baie bemoedigend nie, is dit? Is dit regtig hoe dit moet wees? Kyk watter raad Paulus aan Timoteus, sy jong volgeling, gee:

    2 Timoteus 4:17,18 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen.

    En. . . wat sê hy hier? Ja, God het keer op keer ingespring om vir Paulus te red. Hoekom? Omdat God 'n doel met sy lewe gehad het: om die Evangelie aan die heidene te verkondig. Maar dit sou nooit vir ewig aanhou nie. Paulus het dit geweet. Daarom het hy God vertrou om hom veilig in sy hemelse koninkryk in te bring.

    Vertrou God. Hy weet wat Hy doen.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hou jou Oog gerig op die Oorwinnaarskroon

    Send us a text

    1 Korintiërs 9:24-27 Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

    Ek is nie ’n besonder begaafde sportman nie, maar ek geniet dit om sport te kyk. In Januarie vanjaar was 'n jong vrou, Ash Barty, die eerste Australiër in vier-en-veertig jaar, wat die Australiese Ope ‘Grand Slam’-tennistoernooi gewen het.

    Jy kan jou seker voorstel, hoe die hele land feesgevier het, toe sy daardie groot silwer trofee in die lug gehou het. Sy is 'n nederige jong vrou. Sy het haar op die baan nederig gedra; en gespeel sonder enige toertjies en sonder om te probeer aandag trek. Maar ek het selde iemand gesien met 'n skerper fokus op haar spel as hierdie jong vyf-en-twintigjarige. Kom ons kyk wat sê:

    1 Korintiërs 9:24-27 Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

    Jy sal waarskynlik nooit 'n ‘Grand Slam’-toernooi wen nie. Ek beslis ook nie! En tog, as ons ons vertroue in Jesus gestel het om ons te red, is daar 'n veel groter prys wat op ons wag. Maar jy wen nie daardie ewige prys deur doelloos deur die lewe te dwaal nie; net so min as wat 'n tennisspeler 'n ‘Grand Slam’-toernooi sal wen deur onvoorbereid op die dag van die kompetisie op te daag, nè?

    Bly gefokus, hou jou oog op die oorwinnaarskroon.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Die Wedloop van Genade

    Send us a text

    Handelinge 20:22-24 En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig. 

    Hulle sê: Hoe steiler die opdraand hoe vinniger hardloop die sterkes. Dis ‘n interessante teorie, maar kom ons wees eerlik. Wanneer dit moeilik raak, kom ons al te dikwels tot stilstand.

    Wanneer dit swaar gaan, kom ons regtig maklik in die versoeking om die verkeerde ding te doen. Daar is 'n rede daarvoor. Die Bybel sê vir ons dat die duiwel soos 'n brullende leeu rondloop en soek vir iemand om te verslind. (1 Petrus 5:8).

    Hy wag altyd totdat ons op ons swakste is, voordat hy toeslaan! Die geswoeg van die lewe verander in 'n worstelstryd van skuldgevoelens. Nou maar sê my, wat doen jy wanneer jy swaarkry? Kom ons kyk na Paulus se woorde in:

    Handelinge 20:22-24 Maar nou moet ek die Gees gehoorsaam en na Jerusalem gaan. Ek weet nie wat met my daar gaan gebeur nie. Ek weet net dat die Heilige Gees in elke stad vir my sê dat probleme en selfs tronk op my wag. Ek gee nie om oor my eie lewe nie. Die belangrikste is dat ek my werk klaarmaak. Ek wil die werk voltooi wat die Here Jesus my gegee het om te doen—om mense die Goeie Nuus oor God se genade te vertel.

    Paulus was vinnig om te erken dat hy tydens die baie moeilike lewe waartoe God hom geroep het, baie foute gemaak het. Maar hy het waarskynlik meer as enige ander Bybelskrywer, getuig van God se guns. En dit is daardie onverdiende guns wat hom gedryf het om die Goeie Nuus oor die destyds bekende wêreld te verkondig, al sou dit hom uiteindelik sy lewe kos.

    Ons het elkeen die geleentheid om die keuse te maak tussen ‘n lewe wat worstel met skuldgevoelens en ‘n oorwinninglewe van vloei vanuit sy genade en guns.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

     Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min
  • Hoe om Kritiek te Hanteer

    Send us a text

    Spreuke 15:31 Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid. (NLV)

    Daar is twee vorme van kritiek waaraan ons blootgestel word. Die soort wat ons doelbewus wil afbreek en die soort wat ons wil opbou.

    Ja, daar is mense wat jou wil ontmoedig, jou tyd wil mors, en jou van die spoor af wil bring. Hulle kom oral voor. En die beste manier om dit te hanteer, is deur ‘n goeie onderskeidingsvermoë te ontwikkel. 

    As jy voor jou siel weet dat iemand ‘n twyfelagtige karakter het en dat sy uitkyk skeef is; hoekom, o hoekom, sal jy sy kritiek ter harte neem?

    Ons ontvang soms kritiek van mense wat werklik vir ons omgee en met die beste bedoelings raadgee. Die probleem is dat dit soms nie sensitief hanteer word nie. Hul kritiek klink dalk veroordelend, of dalk is hulle tydsberekening verkeerd, of ander kere voel dit asof hulle ons wil dwarsboom. Weet jy, dit kan selfs hul stemtoon of hul gesigsuitdrukking wees wat ons pla en dan weier ons om hulle goeie raad te aanvaar. Nou ja, wat is ons veronderstel om te doen?

    Spreuke 15:31 Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid. (NLV)

    Dit wys jou hoe belangrik onderskeidingsvermoë is. Dit gaan nie soseer daaroor of ons lus is om hul kritiek te aanvaar of nie, of die feit dat dit ons trots krenk en of dit dalk swak oorgedra is nie. Nee, die sleutelvraag oor die hantering van kritiek, is dit: Is dit nuttig? Sal dit 'n positiewe verskil maak as ek dit volg?

    Om onder die Wyses gereken te word, moet jy immers leer om waardevolle kritiek te aanvaar.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    3 min

About God se Woord VARS vir jou Vandag

From the publisher's feed

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke…

More shows like God se Woord VARS vir jou Vandag

Sherlock Holmes Short Stories by NOISER

Sherlock Holmes Short Stories

956 Listeners